Ontmoet vir Ado

 
 
'n Paar weke gelede kry ons mos 'n nagtelike besoek van een van die minderbevoorregte agtergeblewenes. Dit was sy gelukkige aand!

Ten eerste probeer hy toe by my dogter se tuinwoonstel inbreek, maar sy hoor hom en ontbied vir Fox sekuriteit wat hom die skrik op die lyf jaag. Ek noem dat hy gelukkig was want ek sou nie vir Fox gewag het nie, hy sou oorlť minderbevoorreghte agtergeblewene gewees at as hy die huis probeer het.

Sy geluk hou toe, want hy laat waai oor die muur na my bure wat aan ons regterkant woon. Hy is toe doodveilig daar, want hulle het nege katte wat toe geen probleem vir hom is nie. Dink net as hy oor die heining na die bure wat agter ons woon gespring het, daar woon twee pitbull honne wat altyd honger lyk! En wat van die bure links van ons, hulle het maar net drie boerboel brakke, en hulle is kleurblind, gaan net vir swart!

Wel, R12,000 se alarms en heinings later voel ons nou weer veilig. Ons besluit toe om vir ons ook 'n wag- en beskermhond te kry, en vandaar Ado. (ADO = ADOrable!)

Ado - 23 Julie 2003, 5 maande oud

Ado is 'n Bouvier des Flandres, en eendag wanneer hy groot is hoef hy nie eers kwaai te wees nie, met 'n bakkies soos syne sal hy enige indringer afskrik! Op die oomblik is hy nog 'n "ag shame, hoe oulik" hondjie, maar gee kans, soos hy vreet gaan hy massief wees!

Ons het hom nou al amper 'n week, en gistraand verras hy ons deur nie meer te tjank nie!! Hy en Sheba, ons sypaadjie labrador (jammer Sheba!) is nou groot pÍlle en hol die wÍreld, of sal ek liewer sÍ die tuin vol. Ek ys elke keer as hulle deur die beddings hol en vroulief se blomme waai soos konfetti op 'n bruilof, maar dit word gesien as aanvaarbare verliese, toekomstige beskerming geniet voorkeur! Fyntuin was buitendien nie so 'n goeie plan nie.

Ek beter gaan kyk wat buite aangaan, dis VEELS te stil!!

Hou die ruimte dop vir verdere wedervaringe van Ado!

23 Julie 2003 - Ado is nou al groter as ons ander brak, Sheba! Die twee speel 'n hond uit 'n bos! Letterlik! Ado het in minder as 4 maande van 8.8 kg na 23 kg "ontplof" en het ook sy eerste honneskoolklas bygewoon. Hy loop al mooi aan sy halsband en "sit" wanneer hy beveel word, maar "down" net as hy lus het of moeg is! En dan bly hy sommer "down" Regte hardekwas! Ons het altyd vir ons honne "Sa!" gesÍ, maar by die skool is die bevel "watch", en hy "watch" al blaffend en grommend as dit by die aanval les kom! So "watch" die spasie vir verdere nuus!

18 Desember 2003 - Ado is nou al GROOT, hy het nou as hoofhond oorgeneem by Sheba, sy weet dit nog net nie. Sy baard is nou al mooi lank, ons moet maar saamleef met die feit dat ons natgemaak gaan word elke keer as hy water gedrink het.  Hy het 'n wil van sy eie, as hy eers lÍ dan lÍ hy en niemand kan hom laat opstaan nie. Ek het hom al so lÍende, doef doef by die trappies afgestoot, maar wat lÍ is hy!

Hy het nou al sy 2de somerskeer gehad. Die lyf is mooi kortgeskeer, die kop in 'n minders mate, die baard en ore gaan ons los, soos dit 'n goeie Bouvier betaam!

Die hond ken nie sy krag en gewig nie, as ons op die grasperk speel en hy kom op jou afgehol, moet jy padgee, en vinnig ook, of jy's plat! Hy lyk skrikwekkend as hy so op jou afstorm, g'n wonner die mense wat in die pad voor ons erf verbystap, stap aan die anderkant van die pad nie!

11 Februarie 2004 - Ado verjaar! Hy is vandag een jaar oud! Hy het 'n wil van sy eie! HY besluit wanner hy wil kom of gaan, en as hy horisontaal verkeer is dit amper onmoontlik om hom op sy voete te kry! Hy hou nie van deurmatjies nie, vir hom is die goed net in die pad! Ons Welkom matjie is nou net Wel, so moet nie dink julle is nie welkom by ons huis nie! Volgens Ado hoort potplante nie in potte nie. Hy verplant gereeld die potplante, en tensy die pot van sement gemaak is, is dit ook daarmee heen. En as dit net KLAM is buite sal hy voetspore of "blommetjies" op die ligte teŽls nalaat! Ek is al 'n ekspert met 'n mop! Ten spyte van al sy streke het hy diep in ons harte gekruip! Ja-nee, daar is net een Ado!

30 Maart 2005 - Ado is nou al heel tuis hier by ons, dis nou SY erf! Hy het opgegooi by die honneskool en is nou maar net dom. Hy en Sheba is nou eers groot maats. Hulle het 'n stuk dik tou waarmee hulle speel en as ek sÍ "Waasie TOU!" dan laat waai hulle! Ado kry die tou gewoonlik eerste en dan trek ek en hy tou. Dan gee ek my punt vir Sheba en ek kan maar loop want hulle trek tog te lekker teen mekaar. Tot hulle opmerk dat ek nie meer daar is nie dan kom soek hulle my. Ado se gunsteling uitstappie is na die veearts, sy gee vir hom swieties! Dis die enigste hond wat ek van weet wat my sleep van die kar tot binne in die veearts se gebou.
Ado hou ook daarvan om na die plaaslike winkelsentrum te gaan. Met ketting om nek stap hy ewe kordaat op die sypaadjie. Die sypaadjie het hy vir homself wan ander voetgangers gee wyd pad! By die winkelsentrum wag ek en Ado buite. Ek kan aan enige jongman wat 'n meisie soek raad gee. Kry vir jou 'n hond soos Ado want al wat 'n meisie is wil kom gesels, hy is 'n regte "babe magnet"

 
     
 

Ado, een jaar oud! (En geskeer!)

 
 
 
 

Die verjaardagkaartjie wat Maggie in AustraliŽ vir Ado gemaak het