bukhuki

     

'n Annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, voorsien kinder-en jeugboeke aan kinders en jongmense tussen die ouderdomme van 0 en 14 jaar. Dit is ons doel om soveel as moontlik van alle Afrikaanse kinder- en jeugboeke wat op die mark beskikbaar is, in ons winkel aan te hou.

Dit is ons doel om soveel as moontlik van alle Afrikaanse kinder- en jeugboeke wat op die mark beskikbaar is, in ons winkel aan te hou. Ons wil graag 'n liefde vir lees help aanwakker, veral by jonger kinders. Ons probeer dan ook om 'n kindervriendelike atmosfeer te skep, en het 'n "vat-voel-en-lees-huki" waar besoekers aan die winkel na hartelus kan lees.

   

Die boeke in hierdie hoekie is van LAPA Uitgewers ontvang as bemarkingskopiee. Die tema in die winkel is die van 'n sprokieswoud. Boeke vir jonger kinders is op die grondvlak, tussen die paddastoele en aan die voet van die storieboom. Ouer kinders kan opklim in die boomhuis om by die boeke vir die ouer ouderdomsgroepe te kom. Daar is selfs twee feetjiestoele (met 'n tafel), waar mammas en ander mense kan sit en koffie drink terwyl die kinders by die boeke besig is (op hierdie stadium staan dit bekend as die "moeder-huki").

   

bukhuki het op 1 Augustus 2005 geopen, en ons beoog om 'n program aan te bied wat gereelde storie-ure insluit, sowel as ander aktiwiteite soos poppekaste en boekbekendstellings.

Kom kuier gerus in ons sprokieswoud in Lion's Square, Hoofweg 150, Somerset-Wes.

   

(Maandag-Vrydag 08:30 - 17:00,

Saterdag 08:30 - 13:00).

Kontak: Thea Bruwer (021) 851-9869

cobru@absamail.co.za