Brood ens.

 
     
  Of dit nou potbrood, asbrood of vetkoek is, dit bly 'n noodsaaklike bykos!  
     
  Asbrood

750 ml bruisbroodmeel
25- ml witbroodmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
500 ml karringmelk
Meng dro bestanddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (ong 3 cm dik) op 'n groot stuk aluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.

Souskluitjies in 'n Ysterpot

125 g botter of margarien
60 ml fyn appelkooskonfyt
12.5 ml koeksoda
500 ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100 ml melk
750 ml kookwater
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)
Smelt botter en roer dan eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar l nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien warm, stip met botter.


Potbrood

15 ml heuning
700 ml warm water
1 kg broodmeel
10 g dro gis 10 ml sout
15 ml olie
Meng die heuning en 250 ml water. Sif die broodmeel, gis en sout saam.
Maak n holte in die middel van die bestanddele en voeg die heuningwater by. Knie deeglik.
Voeg die res van die warm water by terwyl geknie word. Voeg die olie by en knie tot elasties.
Smeer met olie en laat om te rys. Knie die deeg af. Smeer n swart gietysterpot met olie. Plaas die deeg in die pot en laat rys.
Plaas die pot in kole en sorg dat die kole reg om die pot is. Bedek en laat sowat 30 min ute bak.
Pak die kole op die deksel en laat nog 15 minute bak. Sit warm voor met botter.


Potbrood

Ek vat partykeer sommer kortpad as daar 'n Spar naby is en gaan koop dan 'n kilogram deeg daar. Ek voeg dan my eie byvoegsels by, soos, fyn gerasperde biltong, of kaas en uie of wat ookal. Dan spuit ek 'n platboompot met Spray n Cook, strooi bietjie mieliemeel oor die bodem, dan 'n vel waspapier, alles om te keer dat die brood nie brand nie. Dan breek ek die deeg in balletjies en rangskik die balletjies onder in die pot, dit laat die brood maklik breek as dit gaar is.

Dan plaas ek die pot op 5 houtskool brikette wat net mooi grys gebrand het, sit die deksel op en plaas 5 meer brikette op die deksel, dan los ek die spul vir so 50 minute voor ek loer en toets of dit gaar is. As die kors bietjie bleek lyk plaas ek die deksel terug en sit nog brikette op vir so tien minute, dan behoort dit reg te wees!


Bobaas bierbrood.

500 g koekmeel
5 ml sout
340 ml bier
1 pak bruin uiesop

Voorverhit die oond tot 180 C. Spuit n broodpan met kleefwerende middel. Sif die bruismeel en sout saam.
Voeg die bier by en meng goed. Skep in die bereide pan en bak sowat 1 uur lank.
Laat afkoel en keer uit.

Variasies:
# Spekvleis-bier-brood:
250 g spekvleis, fyn gekap
1 groen rissie, grof gekap en gesoteer tot sag
1 ui, fyn gekap en gesoteer tot sag

# Mielie-bier-brood:
410 g heel pitmielies, gedreineer
100 g gerasperde kaas

# Knoffel-bier-potbrood:
9 vars gekneusde knoffelhuisies, fyn gedruk
50 ml pietersielie, fyn gekap

Voeg die variasies se bestanddele by die basiese resep en bak soos deur die basiese resep beskryf.


Vetkoekies

375ml koekmeelblom ongesif  afgemeet    15ml bakpoeier
10ml suiker                                              5ml sout
500ml gaar koue rys                            
   410g (1 blik) geroomde suikermielies
125ml melk                                              1 eier
kookolie vir vlak braai

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in. Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot n sagte deeg. Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie. Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor.
Heerlik saam met stroop of heuning.


Mieliebrood in 'n potjie op die vuur

Bestanddele:
500g bruismeel
1/2 teelepel sout
1 koppie melk
2 eiers
1 blikkie geroomde suikermielies 410g
Bietjie pietersielie en paprika vir versiering
Metode
Vryf jou platboompotjie goed in met bietjie olie (deksel ook). Meng al die bestandele saam en stoom dit stadig oor lae hitte (omtrent 'n uur). Dis ook lekker om bietjie kaas, spek en gebraaide uie in te roer.



Potbroodwiele

Hierdie potbroodwiele word gemaak van gekoopte brooddeeg wat per kg by die meeste winkels se bakkerye beskikbaar is:
1 kg brooddeeg
tamatiepuree na smaak OF blikkie tamatie-en-uiesmoor
1 pakkie bruinuiesoppoeier
knoffel
1 blikkie mossels OF weense worsies (in skyfies gesny) OF gebraaide spekvleis
gerasperde cheddarkaas
250ml room
Rol deeg in reghoek en smeer tamatie oor. Sprinkel soppoeier en knoffel oor. Versprei vleis van jou keuse (mossels of worsies of spek) en kaas oor en rol dit op soos 'n rolkoek. Sny in skywe, plaas in gesmeerde oondpan, gooi room oor en bak vir 45 min teen 180C. Of plaas in swart platboompot en bak in buite-oond (gat in grond met kole om of op 'n rooster met 'n omgekeerde appelboks oorgetrek met foelie).


Nardus van der Merwe

Volgende keer as jy braai probeer gerus hierdie tameletjiebrood van my:

1kg klaargekniede deeg (Koop sommer by die shoppie)
Koppie Karamelsuiker
Houer Room

Meng room en suiker en kook tot suiker gesmelt is.

Maak deeg in bolletjies en pak in swartpot.
Gooi gekookte sous bo-oor en laat stadig bak tot gaar.

Jy vreet jou vingers af.


Dalene Minnaar
Dalene se Kaas en Bier Potbrood

Meng sommer in 3-pootpotjie die volgende: 1 x 1kg pak broodmeelblom, 2 x sakkies kits suurdeeg, sout, 1 groot eier, 1 eetlepel olyfolie en bietjie knoffel, halwe koppie louwarm water en 1 botteltjie bier.

Meng alles goed en deeglik saam. Roer dan gerasperde kaas in hierdie mengsel. Laat die potjie op 'n warm plek rus vir so 'n halwe uur. Maak nou 'n behoorlike vuur in 'h holte in die grond aangesien die potjie van alle kante af moet hitte kry. Nou behoort jou potjie lekker klaar te gerys het en die kole al lekker mooi warm. Krap nou die kole weg sodat daar net 'n paar koletjies rondom die pot oorbly, maar dit moet nie direk aan die pot raak nie. Sit 'n paar kole nou bo op die deksel, en dan kan jy maar die pot sy gang laat gaan vir minstens 'n halfuur. Na 'n halfuur kan jy maar loer of die potjie warm genoeg is en nog kole bykrap indien daar kort. Nou vir die laaste halwe uur. Indien jy wil kan nog gerasperde kaas bo-op gestrooi word vir nog 'n ekstra lekkerte. Gooi die broodjie uit en smeer bietjie botter/margarien bo-op en geniet sommer so warm met braaivleis.


Potbrood met soutvulsel
Nog 'n vinnige potbrood van gekoopte brooddeeg:
1 kg brooddeeg
Kies uit die volgende vulsels:
1. Gebraaide ui (skyfies), gebraaide spekvleis (250g), 1 k gerasperde cheddarkaas
2. 1 k gaar (bevrore) spinasie, 1 k fetakaasblokkies
3. gebraaide ui (skyfies), gebraaide sampioene (250g), 1 k gerasperde kaas
Sit helfte van brooddeeg (klaar gerys) in gesmeerde platboompot. Sit vulsel in en bedek met orige deeg. Sit deksel op en bak vir 45 min - 1 uur in buite-oond van jou keuse



Soet, sondige potbrood
HEERLIK!! Hierdie broodbolletjies kry 'n soetkorsie en dit maak selfs 'n karamelstropie daaroor. Amper so lekker soos poeding, maar dit kan saam met 'n braaivleisie geet word:
1 kg brooddeeg
1 k room
1 k bruinsuiker
Rol brooddeeg in balletjies en pak in gesmeerde platboompot. Meng room en bruinsuiker en gooi oor. Sit deksel op en bak 1 uur in matige oond.


Bierbrood
Ek vind die bak van brood intimiderend en beskou diegene wat sulke goue korsagtige wonders skep, as kunstenaars bo my vuurmaakplek. Hier is 'n lekker een uit wyle Sannie Smit se boek Potjiekos-gunstelinge. (Brood word natuurlik in 'n platboompot gebak.)
550 ml witbroodmeel
600 ml gebreekte koring
1 t sout
10 mg kitssuurdeeg
350 ml bier
6 t heuning
3 t gesmelte botter
100 ml lou water
Meng meel, koring, sout en suurdeeg in groot mengbak. Meng bier, heuning, botter en water en voeg by meelmengsel. Roer tot deeg maklik hanteerbaar word. Keer uit op meelbestrooide oppervlak en knie tot deeg glad is -- so 5 minute. Vorm deeg in bal, druk bokant effens plat en plaas in potjie wat aan binnekant liggies met olie gesmeer is. Bestryk deeg en binnekant van deksel met gesmelte botter. Bedek en sit pot in warm plek vir sowat 45 minute tot deeg in volume verdubbel het. Plaas pot oor stadige kole en sit sommer 'n paar kole bo-op deksel sodat jy hitte van daardie kant af ook het. Bak vir 45 tot 60 minute. Die brood moet hol klink as hy geklop word. Keer die wonderwerk uit, en bedank Sannie vir die resep.


Adele Sherriff

Hi daar, dit is mieliebrood resep wat ek by my ma gekry het, ek het dit
altyd by die huis gebak, maar toe gaan kamp ons en ek probeer dit, en ja dit
is lekkerder om die kampvuur met lekker plaasbotter en korrelkonfyt...

Mieliebrood

Bestanddele:

500g bruismeel
1/2 teelepel sout
1 koppie melk
2 eiers
1 blikkie geroomde suikermielies 410g
Bietjie pietersielie en paprika vir versiering
1 koppie kaas (strooi bo-oor deegmengsel)

Metode
Smeer die platboom pot goed in met olie sowel as die deksel. Meng nou al die bestanddele saam en gooi in swartboompot. Dit bak omtrent vir 1 uur oor lae hitte, hou maar net dop.
Indien verkies kan 'n mens groen rissies, bacon, uie, of feta kaas meng voor jy bak.


Elsabe van Zyl

Mieliebrood in 'n potjie op die vuur
Bestanddele:
500g bruismeel
1/2 teelepel sout
1 koppie melk
2 eiers
1 blikkie geroomde suikermielies 410g
Metode
Vryf jou platboompotjie goed in met bietjie olie (deksel ook). Meng al die bestandele saam en stoom dit stadig oor lae hitte (omtrent 'n uur). Dis ook lekker om bietjie kaas, spek en gebraaide uie in te roer.


Roosterkoeke

+/- 16
Sif volgende bestandele saam:
4k meel
5ml koeksoda
5ml kremetart
5ml sout

Vryf 50ml botter in

Maak aan met +/- 375 ml suurmelk tot n skondeeg.

Rol in n wors. Sny in skywe van 4cm dik en druk effens plat. Laat rys tot dubbel die grootte. Verhit n swaarboompan op medium hitte. Braai tot bruin en gaar. Bedien met botter en konfyt.


Danie - Egafrikaans

Vetkoek in Skottelbraai (Emily)

2 koppies koekmeel
40ml suiker
10ml bakpoeier
knippie sout
2ml gemengde speserye
2ml kaneel
1ml gemaalde naaltjies
2 ekstra groot eiers (geklits)
250ml kookwater
30g rosyne of korente
olie vir diepbraai
Sif dro bestanddele saam.
Klits eiers en meng met kookwater. Meng dro bestanddele geleidelik in totdat gladde deeg verkry is.
Roer die rosyne by.
Verhit olie in die CADAC skottelbraai en braai 3 tot 4 lepelsvol beslag in warm olie tot poffering en goudbruin. Draai om en braai anderkant ook liggies.
Verwyder van olie en dreineer op kombuispapier. Bedien warm. (Lewer omtrent 15 vetkoekies)


Marlene Badenhorst

Ek het 'n heerlike resep vir roosterkoek.
1 kg bruismeel
125 ml margarine
125 ml strooisuiker
10 ml bakpoeier
Sout
425 ml melk
Meng al die dro bestanddele saam. Vryf die botter in met die vingers. Voeg die melk by om 'n lekker deeg te vorm, sodat koekies gevorm kan word. Vorm koekies en laat staan om te rys voordat op die vuur gebraai word.


Susan Varnfield

Ek dink 'Jaffles' sal ook baie lekker wees vir kampeerkos. Vulsels met maalvleis, kerrievis, enige lekker vulsel wat oor die vuur gemaak kan word met 'n jafflepan.

(Ons het nog 'n ou jafflepan maar deesdae is die mos in 'n "snackwich" maker!- Peter)


Bettie Lourens

Ek het 'n maklik broodresep.

1pak Brooddeeg (die wat jy in die winkels koop)
250ml Bruinsuiker
250ml Room
Vorm groterige balletjies met die brooddeeg
Pak in swartpot
Strooi suiker oor
Gooi room oor
Bak soos 'n potbrood in 'n gat met kole bo-oor.


Susan

Potbrood


1. Plaas gesmeerde ysterpot in son om warm te word.
2. Sif saam: 6 kop. koekmeelblom
2 eetl. suiker
1 teel. Sout
3. Voeg 1 pakkie kitsgis by.
4. Maak aan met 625 ml sterk louwarm water.
5. Knie tot goed gemeng.
6. Plaas in pot om te rys.
7. Bak 1 uur op vuur. Gooi bietjie kole ook op deksel.

Gebruik deeg ook vir vetkoek.

Stokbrood

1. Sif saam: 2 kop. koekmeelblom
2 teel. bakpoeier
2 teel. suiker
2 ml sout
2. Vryf 2 eetl. margarien in bg. mengsel.
3. Voeg: 1 geklitste eier
75 ml melk
5 eetl. water by bg. en meng tot n stywe deeg.
4. Rol deeg uit: 20 mm x 350 mm
5. Rol om stok en versel punte met water.
6. Maak gaar oor vuur.