Ontbytresepte

 
     
     
  Anka Grobler

Ontbyt 1: Engelse ontbyt (roereiers en spek/worsies)
Eie keuse van spek en/of dun worsies (2 kg spek of worsies vir 20 mense. Indien albei: 1.5 kg van elk vir 20 mense). Braai in skottelskaar, skep uit en gebruik vetterige skottelskaar vir roereier.
Roosterbrood of vars brood - 2 snye per persoon.
• 30 eiers
• 1 liter melk
• 5 teeleps mostertpoeier
• sout & peper
Meng alles saam vir roereier en roerbraai laaste in skottelskaar, bedien dadelik.



Ontbyt 2: Ham, kaas en tamatieroosterbroodjies
Maak hierdie vir die dae as julle haastig is en min skottelgoed wil hκ. Geen panne, messe of vurke.
• 2-4 snye gesmeerde brood per persoon
• Tamatie, dun skyfies
• Ham skyfies, vars of geblik
• Kaas, in skywe gesny
• Uie, dun skyfies (opsioneel)
Maak toebroodjies en rooster.



Ontbyt 3: Maalvleis en pap (Cowboy-ontbyt)
• 4kg maalvleis
• 4 gekapte uie
• 3 blikke 410g tamatie-en-uiesmoor
• 3 blikke 410g gebakte boontjies in tamatiesous (opsioneel, anders 4 blikkies tamatiesmoor)
• Kruie, speserye, sout, peper
• Mieliemeel
• Water
• Sout
Vir slap pap: kook water in pot. Maak meel en sout aan met koue water tot pasta. Voeg versigtig by kookwater en roer deurentyd. Bedek en laat prut stadig vir 30 minute.
Braai uie in pot, verwyder en hou eenkant. Braai maalveis tot goudbruin. Voeg uie, tamatiesmoor, kruie en speserye by en laat kook vir 30 minute.



Ontbyt 4: Sunrise Surprise
Enkelporsie per persoon:
• 20 eiers
• 20 snye brood
• 20 snytjies ham of gaar repies spek (geblikte ham kan ook gebruik word)
• 20 snytjies tamatie (opsioneel)
• 20 snytjies kaas
Dubbelporsie per persoon:
• 40 eiers
• 40 snye brood
• 40 snytjies ham of gaar repies spek
• 40 snytjies tamatie (opsioneel)
• 40 snytjies kaas
Druk holte uit elke sny brood met omgekeerde koppie. Braai een kant op gesmeerde skottelskaar. Keer om en hou in skottelskaar. Breek eier oop in holte. Bedek skottelskaar met foelie sodat eier kan gaar stoom. Draai om en bedek met ham/tamatie/kaas. Gereed sodra kaas begin smelt.



Ontbyt 5: French Toast
• 20 eiers
• 1 liter melk (verdun na goeddunke)
• sout & peper
• 40 snye brood
Klits eier, melk en geur. Doop brood vinnig daarin en bak weerskante op skottelskaar. Bedien met die volgende: gerasperde kaas, konfyt/ stroop/ kaneelsuiker/ Bovril.



Ontbyt 6: Boerbrakke
• 4 kg Boerewors
• 20 - 40 'Hot dog buns'
• Blatjang, tamatiesous
Braai wors op skottelskaar en bedien met blatjang en tamatiesous op broodrolletjies. (Die broodrolletjies kan gevries word tot dit gebruik word - dit ontdooi binne 'n halfuur.)



Ontbyt 7: Vetkoek en kerriemaalvleis
• 4 kg brooddeeg, of maak jou eie:
• 20 koppies meel
• 500g - 750g botter / margarien
• 20 eetlepels suiker
• 10 eiers
• 5 teelepels koeksoda
• sout
• suur- of varsmelk om mee te meng
Meng droλ bestandele, behalwe koeksoda. Frummel botter daarin. Meng koeksoda met bietjie melk tot pasta. Klits eiers en voeg koeksodamengsel daarby. Knie goed deur, rol uit en sny in vierkante of sirkels en bak in diep olie.
• 3kg maalvleis
• 3 gekapte uie
• 3 blikke 410g tamatie-en-uiesmoor
• 3 blikke 410g gemengde groente
• kruie, sout, peper
• Kerrie na smaak
Braai ui, skep uit. Braai maalvleis tot gaar en voeg res van bestandele en gaar ui by. Bedien saam met vetkoek. Hou ook die stroop/konfyt en kaas byderhand vir die laaste vetkoek om die ete mee af te sluit.


Liza van der Merwe

Ek stuur graag ‘n 2 beproefde kamp ontbytresepte wat beproef en heerllik is. Hoop julle kan dit gebruik.

Sampioen-Ontbytbakkie

Benodigdhede :
GROOT bruin sampioene
Klein eiers
Repies spek – rek dit so lank as jy kan sonder om dit te breek
Speserye na smaak

Metode
Neem groot bruin sampioene breek stingels af ( pasop dat jy nie ‘n gat regdeur maak nie)
Neem 4 repies spek en maak ‘n kruisvorm.
Sit nou sampioen in die middel van die spek
Neem ‘n eier en gooi stadig in sampioenholte.
Gooi speserye na smaak op
Vou nou die sampioen en eier toe met die spek.
Braai in ‘n pan tot gaar.


Jakes Jacobs

Ontbytpizza

Spek
Sampioene
Ontbytwors
12 Eiers
Kaas


Braai die spek, sampioene en ontbytwors in ‘n “Teflon”- pan van ongeveer 43 cm in deursnee.
As alles gaar is maar dit gelyk in die pan.
Gooi nou die 12 geklitste eiers eweredig in die pan. Maak gaar oor lae hitte.
Wanneer die eiers amper gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor en los tot die kaas gesmelt is.
Sny in pizzaskywe en bedien.
(
By hierdie pizza kan byna enigiets bygevoeg word na smaak)


Ziploc Omelette

Kraak eiers (groot of extra groot) in 'n kwartgrootte Ziploc-sakkie (nie meer as 2 nie) - Skud dit goed
Sit 'n verskeidenheid van goed by (Kaas, ham, uie, groen rissies, tamatie ens)
Skud sakkie goed.
Maak seker jy druk al die lug uit die sakkie uit end maak hom toe (zip dit)
Sit die sakkie in 'n pot kookwater, kook vir 13 minute (kan gewoonlik so 6 sakkies in een pot kook.
Maak die sakkie oop en die Omelet sal sommer uit rol.
Jy kan selfs die vorige aand als in die sakkie meng.


Sarie van Rensburg

Maklike "Skottelskaar"-Eiers

Bestanddele:
Ongesmeerde gesnyde witbrood (redelike dik snye)
1 eier vir elke snytjie brood
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Smeer skottelskaar of ander braaipan of soliede braaiplaat met vet of spuit 'Spray-n-Cook'. Sit op kole.
2. Neem witbrood (bv 2 snye) per persoon. Druk met 'n bierglas (of groot ronde koekiedrukker) gate in middel van elke sny.
3. Smeer ronde dele en snye-met-gate margarien. Sprinkel ronde dele met knoffelsout en braai tot goudbruin op braaiplaat.
4. Plaas snye-met-gate op warm braaiplaat en breek 'n eier binne-in elke gat. Geur met sout-en-peper. Maak eier gaar volgens smaak en/of keer om indien verkies.
5. Heerlik saam met worsies of ham. Oorskiet tamatie-en-uiesmoor kan oor knoffel-sirkels gesmeer word.