Vinnige happies

 
 

en ligte etes

 
     
  Ou meid onder die kombers

1 blikkie weense worsies
2 eiers
3/4 koppie melk
knippie sout
1 teelepel bakpoeier
Genoeg meel om dun deeg mee te maak

Klop eiers goed, voeg melk en sout by
Klop weer, voeg meel en bakpoeier by
Klop weer
Doop worsies in deeg
Braai in warm olie tot deeg gaar is

Peter Thomas

Ons het nou die dag 'n lekker happie as voorgereg by ons braai gemaak. Ons het pita broodjies gekoop, middeldeur gesny (in die lengte) en die binnestes met knoffelbotter gesmeer, toe die helftes gehalveer en weer gehalveer totdat ons agt skywe van elke helfte van die pitabrood gehad het. Toe sit ons die broodjies op die braai, botterkant na onder, tot dit goudbruin was, ons kon nie voorbly met die lekkerny nie.  Nog lekkerder as jy 'n doopsous byderhand het!


Doreen van der Walt

Blitsige braai-idees

  Vinnige poeding: Sny piesangs (in die skil) in die lengte oop, maar moenie dwarsdeur sny nie. Stip die binnekant met botter en besprinkel met bruinsuiker. Braai tot gekarameliseer en die skil swart is. Sit voor met botterkaramelsous en vanieljeroomys.

  Vir 'n voorgereg, marineer groot garnale in gelyke hoeveelhede olie en suurlemoensap. Voeg fyngedrukte knoffel, sojasous en heuning na smaak by en braai vinnig tot net gaar. Geur met sout en peper en sit voor op vars roket, komkommerlinte of babaspinasie. Drup van die orige marinade oor as slaaisous.

  As slaai of bykos, braai aspersies op 'n warm roosterplaat tot sag en gaar. Bedruip met olyfolie. Geur met sout en peper en drup balsamiese asyn oor. Sit voor met 'n tamatie en soetrissiesalsa.

  Draai 'n heel brie of camembert in 'n dubbellaag geoliede foelie toe en braai oor lae hitte tot sag. Sit dit voor met stukke geroosterde Franse brood om in die kaas te doop. Om dit as nagereg te bedien, sit voor met beskuitjies en konserf, soos groenvye of kumkwarte.

  Lekker met enige seekos, is geroosterde sitrus. Halveer suurlemoene of lemmetjies en plaas met die gesnyde kant na onder op 'n geoliede roosterplaat. Braai tot goudbruin aan die onderkant. Sit voor met gebraaide vis of ander seekos soos calamari of garnale. Die warm suurlemoene gee meer sap en dit het dan 'n lekker, geroosterde geur.

  Gee gebraaide vis 'n slag nuwe geur. Meng 45 ml basiel- of tamatiepesto, 2 ml vars gemaalde swartpeper, 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil en 15 ml suurlemoensap en smeer oor die vis voor en terwyl dit gebraai word. Sit voor met aartappels en slaai.


Pasta ala Sansha
Vinnige kampkos wat binne 20 minute met 1 pot gemaak word op 'n gasstofie. (My dogter, Sansha, se gereg, vandaar die naam.)
1 pak pasta
1 blik tamatie-en-uiesmoor
1 blik boeliebief
1 blik 'sweetcorn'
Kook pasta, dreineer en gooi terug in pot. Meng 3 blikkies daarby in en verhit totdat gereg warm genoeg is. Bedien dadelik.


Spaghetti ala Tilla

Nog 'n heerlike pastagereg wat met min moeite gemaak kan word met 'n kamp.
1 pak spaghetti
250 g gesnipperde spek
1 ui, fyn gesny
1 blik sampioenroomsop
'Stir fry' groente (opsioneel)
Gerasperde kaas (opsioneel)
Kook pasta en dreineer. Braai spek, uie en 'stir fry' groente saam in pan. Meng pasta, spekmengsel en sop (ander sop van jou keuse, selfs 'n pakkie sop aangemaak met water of melk, kan ook gebruik word). Strooi kaas oor en bedien. 4 - 6 porsies.


Ann Aylwin

Ann se happie
Gooi blikkie soutvleis, blikkie suikermielies en roereier deurmekaar in braaipan en maak gaar. Kan ook uie of blikkie uiesmoor bygooi. Eet op pap of brood


Sharon du Plessis

Malvalekker Piesangs
1 piesang
2 blokkies sjokolade
2 malvalekkers
Skil piesang en plaas op foelie. Plaas 2 malvalekkers op piesang. Breek sjokolade oor. Draai foelie mooi toe en braai oor stadige kole vir 10 minute.


Sharon du Plessis

Heerlike voorgereg vir braaivleis
Pynappelwiggies Russians in skuins skywe gesny
Agurkies skuins gesny
Marineer alles vir n paar uur in pynappelsous. Ryg op sosatiestokkies en braai vir so 5 minute. Smul heerlik.


Sharon du Plessis

Romerige slakke op vuur
1 blik (800g) slakke, gedreineer
500 ml dik room
55 ml brandewyn
35 ml biefekstrak
8 knoffelhuisies, geskil en gekneus
2 ml vars gemaalde swartpeper
volkoringbrood om voor te sit
Verhit gietysterpan op vuur (kole). Plaas alles behalwe brood in pan en kook tot sous ingedamp en dik is. Sit slakke warm voor saam met volkoringbrood.


Liza van der Merwe

Worsie stokkies

Hierdie kan al by die huis voorberei word.

Benodighede:
Enige dun wors
Sosatiestokkie

Metode
Neem worsie en ryg op en af deur stokkie ( moet soos oondelement lyk)

Braai oor kole soos normaalweg.

Hierdie was eintlik ontwerp vir die klein mensies wat al gewoonlik doodhonger is teen die tyd wat die GROOTMENSE braai, dit gaan vinnig en hulle kan dit net van die stokkies afeet en dit brand nie die vingertjies nie.


Elsabe van Zyl

Gebakte Piesangs (vir die kinders)
Bestanddele:
6 piesangs
2 Flakes
12 malvalekkers
Silwer foelie
Metode:
Skil piesangs en plaas elkeen op foelie. Plaas 2 malvalekkers op elke piesang. Sprinkel sjokolade (flake) oor. Draai foelie mooi toe en braai oor kole vir 10 minute.



Gebakte Piesangs (vir die grootmense)
Bestanddele:
6 piesangs
40g botter
sap van 1 suurlemoen
3 eetl gekerfde klapper
fyn gekapte neute
3 eetl sagte bruinsuiker
3 eetl rum/brandewyn/van der Hum of ander likeur
Silwer foelie
Metode:
Skil piesangs, halveer en plaas op foelie. Sprinkel suurlemoensap, klapper, neute, suiker oor. Besprinkel met drank van jou keuse en sit laastens klontjies botter op. Draai foelie toe en braai oor kole vir 10 - 15 minute.


Tersia Welthagen

Peuselbroodjies- vinnig en maklik

Lang rolletjies,'French Bread' of brood
Sny die rolletjies of brood in snye en plaas die volgende daarop: -

Bolaag #1
Rasper die volgende baie fyn - hoeveelhede na smaak - wortel, ui, agurkies.
Meng met mayonnaise en voeg bietjie kerriepoeier, sout en peper na smaak by.
Smeer bo-op broodskyfies en sprinkle bietjie kaas bo-oor.
Plaas onder die roosterelement totdat die kaas borrel en goudbruin is.
*_*
Bolaag #2
Smeer toebroodjiesmeer (sandwich spread) bo-op en sprinkle bietjie kaas bo-oor. Rooster tot goudbruin.
*_*
Bolaag #3
Plaas biltongskyfies bo-op die brood en sprinkle met kaas. Rooster tot goudbruin.
*_*
Bolaag #4
Die immergewilde tamatie-en-kaas roosterbroodjie, maar sprinkle bietjie ' Portugese Chicken Spice' of 'Cajun Spice' bo-oor die tamatie voordat jy die kaas oorstrooi. Regtig NJAMMIES.

Sop-Broodbeskuitjies
Een brood klaar gesny
Pakkie uiesop (Ek het verskeie ander soppoeiers gebruik en almal werk soos 'n droom. {Hein})
Botter/ Margarien

Meng soppoeier met botter saam en smeer op snye brood. Moenie te veel botter gebruik nie. Sny elke sny in drie repe. Pak in die oond soos jy met beskuit sal doen. Droog soos beskuit.
Dit kan vir kinders gegee word i.p.v lekkers.

{Ek gebruik dagoud brood. Sny dikkerige snye, sny snye in drie en smeer bottermengsel reg rondom. Droog in mikrogolf op bord teen een minuut op slag tot droog/hard genoeg.


Broodjiesmeer
Neem 500g hoenderlewers en kook saam met 500g spek in water tot sag.
Maal fyn en voeg 'n blikkie geroomde sampioene by. Indien verkies kan Tobascosous, peper en/of sout of ander geurmiddels na smaak bygevoeg word.

Eiervulsel
Meng hardgekookte eier wat fyn gekap is, met gekookte slaaisous of mayonaise.
Voeg sout en peper by na smaak


KAASVULSEL
Meng gerasperde kaas met aangemaakte mosterd en gekapte pietersielie en voeg
sout en peper by na smaak.

EIER-KAASVULSEL
Meng gekapte, hardgekookte eiers met gerasperde kaas. Voeg slaaisous by om
dit te bind en sout en peper na smaak.

SARDIENTJIEVULSEL
Meng fyngemaakte sardiens met die hardgekookte geel van eiers. Voeg suurlemoensap,
sout en peper by na smaak. maak dit klam met gesmelte botter of olyfolie.

SALMVULSEL
Meng fyngemaakte salm met suurlemoensap en slaaisous en voeg sout en peper by
na smaak.

HOENDERVULSEL
Meng gemaalde, gaar hoendervleis met gerasperde pynappel en voeg slaaisous, sout
en peper by soos nodig.

TAMATIESOUSVULSEL
Meng gerasperde kaas met tamatiesous. Geur met uiesap soos nodig.

ROOMKAASVULSEL
Meng roomkaas met een van die volgende: gekapte, gevulde olywe, gekapte neute,
gekapte pietersielie, gerasperde pynappel, gekapte rosyne, fyngekapte ham of hoender-
vleis, gekapte gemmerkonfyt

GRONDBOONTJIEBOTTERVULSEL
Maak grondboontjiebotter klam met slaaisous en meng dit met gekapte dadels,
rosyne of dro vye.

KOMKOMMERVULSEL
Gekapte komkommer gemeng met slaaisous, sout en peper.


Danie Egafrikaans

Gepeperde Hoederlewers (Amalia)
Braai 1 gesnyde ui in 30 ml olyfolie tot sag
Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 225 g hoenderlewertjies by en soteer tot
lewers gaar is
Voeg 2 ml dro salie, 5 ml sout, 5 ml peper en 'n knippie pimento (allspice)
by
Druk grofweg fyn met 'n vurk
Spek op snytjies geroosterde brood en rond af met ekstra gebraaide uie en
grasuie


Danie - Egafrikaans

Kitssouthappie (Amanda Viljoen)

1 blikkie soutvleis
15 ml Royal bakpoeier
2 eiers
melk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm
500 ml meelblom
sout
olie
gekapte pietersielie

Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, geklopte eiers, sout en pietersielie by vleis.
Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol.
Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie; dit draai self om.
Braai tot bruin en laat afkoel.
Gekapte uie kan ook bygevoeg word indien verkies.


Danie - Egafrikaans

Melkkos (Hesma)

125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer macaroni)
150 ml koekmeel
5 ml sout
50 ml witsuiker
1l melk
3 ekstra groot eiers, geskei
50 ml margarien
3 ml vanieljegeursel
1 ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)

Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineer
Meng die dro bestanddele en meng met 250ml koue melk. Klits die eiergele en voeg by.
Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die melk.
Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie. Voeg die spaghetti by
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.
Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien verkies
Genoeg vir 4 mense (Ek maak dit sommer in die mikrogolf - baie minder kans vir flops)


Melkkos 2 (Zania)
500ml melk
2 eetl (maw 50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout

Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker in
Roer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor. Lekker eet.


Danie - Egafrikaans

Wasgoedbondeltjies (Amanda Viljoen)


3 koppie meelblom
1 eier
sout
113 gm (1/4 lb.) margarien
1 teel bakpoeier
kouewater
Sif dro bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit vleisvulsel in middel en vou toe.
Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in olie.
Vleisvulsel:
250 gm ( 1/2 lb. ) gemaalde vleis
1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout ( 1/4 teel )
2 teel olie
gekapte pietersielie
1 teel kerrie
1/2 ui gerasper
Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.


Gerda de Swardt
Braaibroodjie

Genoeg vir een broodjie.

Bestanddele
Twee dun (maar nie te dun nie) snye witbrood
Botter
1 x medium grootte wit ui
1 x medium grootte tamatie
Blatjang (Chutney) gebruik sommer "Mrs. Balls"
Sout
Peper
Kaas n paar snytjies dun gesny (n smaak tussen cheddar en soetmelk die smaak van die kaas moet nie oordonderend wees nie)
Gare of baie dun tou om die broodjie mee vas te bind
n Vuur wat lekker brand
n Koue drankie byderhand

Voorbereiding
Neem n slukkie van daardie lekker koue drankie en sit jou glas neer. Smeer die twee snytjies brood met n dun lagie botter aan beide kante. Sit hulle nou op n bord neer en pak dan die een sny met, eers n lagie tamatie, dan n lagie uie en dan n lagie dun gesnyde kaas dit moet die oppervlakte van die broodjie dek.

Strooi nou so n klein bietjie sout en peper na smaak op en smeer dan die blatjang bo op. Plaas die ander snytjie brood daarop met die botterkant na onder. Bind die gare of dun stukkies tou in n kruisvorm om die broodjie sodat die broodjie nou stewig vas is. Plaas die broodjie in jou spesiale rooster of sommer bo-op (jy kan n eierspaan gebruik om dit om te draai)

Gaarmaak
Gooi vir jou solank nog n drankie in. Krap n paar kole eenkant toe en toets die hitte asseblief ordentlik want die kole moet minder as medium warm wees, anders gaan jy jou broodjie verbrand. Plaas nou jou rooster (met die broodjie) op n staander of bakstene op die kole dit moet hoog genoeg van die kole af wees om nie te brand nie.

Hou hom baie mooi dop en neem solank nog n slukkie van daardie drankie wat jy nou nou al ingegooi het, want hierdie ding moet mooi beskou word.

Kyk, jy wil h die broodjie moet goudbruin en kraaksmaaklik daar uitkom. So die broodjie moet stadig braai dis die geheim. Die kaas moet eers smelt, voor die broodjie begin bruin word aan die buitekant. Hou hom daarom mooi dop en draai dan om sodat hy net so mooi goudbruin aan die anderkant kan word.


Susan

Deeg vir Bully beef skywe

1. Klits 125 ml melk en 1 eier saam.
2. Voeg by: 180 ml koekmeelblom
5 ml sout
knypie peper
3. Meng tot gladde beslag.
4. Doop skyfies vleis ( 1 - 1 cm dik gesny) in beslag en braai in olie.


Gerbrecht van der Vyver

Vleishappie

Neem twee dungesnyde stukkies vleis (steak, of vark steaks) plaas tussen die twee stukkies vleis ham en kaas en steek vas aan die kante met tandestokkies. Rol in meel en eier en braai dan in olie. Of 'n ander manier, braai op die kole! Dit is regtig lekker!


Eugene Claassen

Skorsies verrassingspakkies

1 skorsie per persoon
1 eier per persoon
Sout en peper na smaak

Maak so: Sny aan die steeltjie kant 'n dekseltjie af en hou eenkant.
Haal pitte uit. Strooi sout na smaak binne en breek die eier in die holte. Sprinkel sout en peper oor en plaas die dekseltjie terug op die skorsie. Steek dit vas met 'n paar tandestokkies.
Draai die skorsie toe in foelie en plaas in die kole. Bak tot 'n tandestokkie maklik deur die vel van die skorsie steek.
Haal uit en bedien. Die eier behoort gaar te wees binne in die skorsie.


Sampioenfees

1 250gr knoppies sampioene gewas
2 Eetlelpels botter of margarien
Foelie
Sout en peper na smaak

Draai die sampioene, gespik met die botter en gesmaak met die sout en peper toe in die foelie. Plaas eenkant op die rooster na die eerste klomp vleis van die rooster verwyder is en draai die pakkie gereeld sodat die hitte eweredig versprei. Wanneer die tweede sarsie gaar is, is die sampioene sag en sappig. Gebruik die sous in die pakkie om oor die vleis te gooi terwyl dit in die pan met 'n goeie skoot wyn stowe.