|
|
|
Party van die bydraes moet met 'n knippie sout gevat word. Ek stel ook voor dat julle 'n apteker of dokter raadpleeg voordat julle hierdie rate gebruik, ek aanvaar nie verantwoordelikheid as iets skeef loop nie! |
||
Aambeie 6 pakkies rhubarberpoeier 6 pakkies salpeter 1 pakkie epsomsout 2 bottels water. Kook tot 1 bottel oorbly. Drink 1 dessertlepel vol. Nadat jy gebad of gestort het, droog heel eerste jou hande goed af sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die aambeie verdwyn vinnig en nadat dit verdwyn het, moet jy hierdie ritueel aanhou doen, veral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit 'n gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg word sal jy nooit weer probleme met aambeie hê nie. Aknee/puisies. Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot pasta. smeer aan puisies net voor slaap tyd en was volgende oggend met warm (lou) water af.Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word sal puisies verdwyn. Alkohol hier is 'n boereraat
wat ek NIE aanbeveel nie!
Ambei
Babelaas - Neem die volgende oggend 2 Bayer aspirine, los op in 'n glas
water saam met 'n eetlepel suiker en eet daarna 'n hardgekookte eier. Binne
30 minute is jy goed soos nuut!
nog een van Annie |
||
| Badolie 1 Koppie amandel olie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning, ½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in n mengbak en sit dit dan in n bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik. Bednatmaak - Vang 'n streepmuis, slag af en braai hom, gee vir die kind om te eet, moenie vir hom se dis 'n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie Bloedarmoede - Twee groot rou
beet, grof gerasper in 'n glasbak. Giet 'n bottel Port daaroor. Borskwale - Hierdie mengsel
help vir algemene borskwale soos hoes, kroep, brongitis en so meer. Dit maak
slym los maar verlig ook 'n droë hoes. Dit verminder ook die sinus slym en
beheer dus die slym wat agter in die keel afloop(Post Nasal Drip) Sinus-lyers
vind grootliks verligting met die gereelde gebruik van hierdie mengsel. Borskanker Bors wat toetrek - Smeer ongebleikte linne met bokvet, strooi skoorsteenroet daaroor en plaas op die bors. Vir mammas wat borsvoed - as jou borste geswel is van die melk en pynlik is, pak koue koolblare oor jou borste, binne jou bra en slaap daarmee. Dit stink maar werk soos 'n bom. Word nogsteeds gebruik in Monrningside Clinic - hulle verskaf die koolblare aan alle nuwe mammas wat dit wil gebruik. (Wendy) Brandende mond (kerrie/speserye) - If you eat something spicy and it sets your mouth on fire eat one of the following, bread, or celary or something dairy. Don't drink water. Drink milk. Cynthia Weisbard Dieët - Ek het die perfekte
100% verseker dieet ontdek. Resultate is gewaarborg en dit kos jou nie geld
nie. Doring - As 'n doring in jou voet steek en dit breek af, krap 'n bietjie geel was uit jou oor en sit op die doring, Draai toe met 'n lap en doe volgende dag sal die was die doring uitgetrek het. Dowighyd Dronkenskap (genees van)- Gooi ongemerk 'n bietjie perdesweet in die drank Ekseem: Sit elke dag twee rooibosteesakkies in die badwater Ferstopping (Constipation) Fyt - Maak 'n pap vam knoffel of perdemis en sit op vinger Gewig verloor - Trek wilgerboomtoppe se blare soos tee, drink 'n koppievol drie keer per dag. As jy fan 'n giftige ding
gebyt is Hande/voeteroom Vir 'n "sonstreep" in die hare. Heeshyd - As iemand hees is, neem 'n telepel rou heuning, 'n lepel gestampte tésuiker, 'n telepel gestampte gemmer, dri lepels boegoe brandewyn, dit deurmakaar gemeng en dikwils gebruik. Hik - Rook hoendervere Hoes Medisyne Hoesmedisyne resep 1 bottel heuning Die res is alles Lennons, so die mate vir almal is dieselfde 1 bottel Peppermentdruppels 1 bottel Borsdruppels 1 bottel Jamaika Gemmer 1 bottel Turlingtons 1 bottel Paragorie 1 bottel Epejuana Tinktuur 1 klein botteltjie roulynolie Gooi alles saam, kook vir 5 minute en gooi in 'n bottel. Vat so twee groot slukke, of 2 groot desertlepels vol op 'n slag Hogere Bloeddruk: - Neen elke
oggend op 'n nugter maag een vars knoffelhuisie en kerf dit fyn. Laat dit
vir 'n paar minute net so staan om lug te skep. Sluk dit af met 'n glas lou-warm
water. Hondbyt - Pluk van die hond se hare uit en verbind op bytplek Insekbyte - Gebruik pypolie Jeuk - Kry verligting van muskiet- en ander insekbyte deur seep aan te smeer. Dit help gou gou. Klem in die kaak - Braai erdwurms in soetolie en smeer Koors/Fever - Not sure if you have this 'boereraat'. Very useful for families with babies and small children!! The little ones tend to pick up all sorts of infections and can run dangerously high temperatures, which can lead to brain damage or even death. The best and quickest way to bring down a temperature is a luke warm brown-vinegar bath - about two cups of brown vinegar in a small bath of water. If the patient is too ill to put into a bath, a sponge bath in bed will work just as well. The joy of having your little one well again is enhanced by the smell of 'slap chips' !!! It works!! Yvonne B Koorsblare - Gebruik gewone vanilla essens en plaas dit met 'n oorstokkie op die koorsblaar. (Herhaal so elke halfuur indien nodig) Die vanilla essens droog die koorsblaar op. Vir koorsblare wat NET begin: Smeer vanilje essens daarop. Dit help ook met slegte asem! Kopluise Krampe in die bene - Staan op 'n koue vloer Lintwurms - Eet vir 'n dag niks om die wurms uit te honger, plaas dan op nugter maag 'n stukkie brood op die tong om hule ne bo te lok, neem dan 'n sopie brandewyn om hulle dronk te maak en dan pergasie om hulle uit te werk Luise - Vryf mayonnaise in die hare en bedek vir 2 uur met stortkappie. Gail - Montana VSA Maagseer (Ulcers) Koop 7 heel
klein blikkies sambok salf. Deel elke blik in 4 sodat jy 28 het. Vir 28 dae
MOET jy dit neem. Soggens op jou nugter maag sluk jy 'n kwart blikkie se
samboksalf...rol dit in a bolletjie en sluk met water. Jy moet alles gebruik
al 28...die samboksalf smeer die maagseer en beskerm dit....en intussen maak
die samboksalf die seer gesond. Werk rerig. Maagsweer - neem drie druppels
:Fryers Balsum" of "Staaldruppels" op op 'n teelepel suiker en eet. Die
Balsum seel die maag en stop die pyn in 10 tot 20 sekondes. Muskietbyt - Maak koeksoda nat en smeer aan Niere. Koop 3 bottels
Harlemensies. Die eerste bottel word drie keer per dag gebruik... Omlope wat jeuk, of waterpokkies, smeer as (uitgebrande hout) aan, dit laat die gejeuk ophou! Pitswere - Maak 'n XXX-pepermentlekker effens nat, plaas op die pitsweer en verbind. Binne 'n paar dae is dit genees Psoriase op die kop: Puisies - Smeer vars suurlemoensap aan. Gail - Montana VSA Puisies - Smeer tandepaste aan die puisie voor jy gaan slaap. Die puisie droog gedurende die nag uit en sal geel (ryp) wees as jy opstaan. Maak puisie skoon met alcohol - indien jy nie mediese alcohol het nie, gebruik bv. whisky. MOENIE aan puisie druk nie - dit los merke. Vir sommer enige pyn of
kwaal-Zambuk salf! - Charlene
Snork - 'n Paar druppels olyfolie in elke neusgat Sooibrand - Eet 4-5 amandels per dag of suig een teelepel witsuiker Snork - 'n Paar druppels olyfolie in elke neusgat. Snyplek ontsmet - Sit 'n pruimpie op Sonbrand - Maak 'n papier
servet nat met appel asyn en plaas op die songebrande vel tot Sooibrand Drink twee eetlepels asyn. Die probleem sal vir 'n kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn. Spatare - 1 bottel martell brandewyn gemeng met 1 lb vars heuning. Neem en desertlepel oggend en saans, werk wondere Sproete - smeer bok- of donkiemelk aan Swanger raak - Dis maar 'n
kort 'raat'. Ek onthou 'n vriendin het my eendag vertel dat die oues van dae
gese het dat as 'n vrou sukkel om swanger te raak, moet sy 'die stysel
uitsny'. Vir witter tande en minder
ulcers in die mond: Tandpyn - Byt 'n aspirien op die tand vas en smeer die wang waar die tand is met bruin skoenpolitoer, of rook perdemis. Tong gebrand? - Sit suiker op die brandplek Vel Vel (seer na skeer) - Een eetlepel brandspiritus op drie eetlepels melk. Skud goed en gebruik as naskeermiddel Seer gebarste voete of hande. Koop die volgende: 'blue seal vaseline' gliserien en Johnsons se babapoeier, meng alles saam in 'n plastiekbak tot 'n room en smeer dit elke dag aan, dis meer koste effektief as al die duur goed en werk fantasties. Verslanking - Skud die kop van
links na regs en van regs na links wanneer u ookal 'n Vratte - Maak die vrat stukkend, smeer van die bloed aan 'n mieliepit en voer dit vir die hoenders, Die vrat sal verdwyn Vratte - Sny 'n ui/aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat. Gooi weg. Herhaal daagliks (Wendy) Vratte - plak "Ducktape" daarooor en laar vir 6 dae. Haal ag en vyl dan die vraf met 'n growwe naelvyl of voetvyl. Herhaal die proses vir omtrent 2-3 weke en die vratte sal weg wees Vratte - Neem een lang haar
van jouself, bind dit styf om die vraatjie, sny ander deel van haar af. Los
tot vraatjie afval. Het bietjie hulp nodig van iemand om te te help. Dit
werk, het dit al gedoen. Wintershande en voete - Traxa
- te koop by apteke - werk wondere. Wurms - Wildeals, getrek soos tee (nie kook) sal die wurms uitdryf, of wynruit, getrek soos tee |