|
Dagsê!
Stel julle miskien
belang in Boeremusiek? My vreined Kalie en Wia probeel hul bes om die
tradisie te laat voortleef en ek admireer hulle daarvoor. Gaan kyk gerus
na hulle
webwerf. As jy bietjie na Boeremusiek wil luister, klik
hier en laai dan die
Vaaljapie Vastrap gespeel deur Willie Fourie af. Geniet die musiek!
Kalie-hulle verkoop ook Boeremusiek CD's, so gaan loer gerus in!
Dis met groot
jammerte dat ek onlangs verneem het van die afsterwe van Danie Smuts. Ek
het vir baie jare elke oggend na hom op die ou Springbokradio geluister.
Dis hy wat my inspireer het om ook met 'n
Boererate bladsy te
begin. Luisteraars het Boererate by die honderde vir hom ingestuur en hy
het 'n Boererate boek die lig laat sien. Kort voor sy afsterwe het ek by
hom gaan kuier en die foto geneem, seker die laaste wat van hom geneem
is, langs sy geliefde oond. Klik
hier om die foto te
sien.
|
|
|
Bloedige
vergissing
'N MAN loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond
wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel,
maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die
bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt
nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou koel, ''is nie my hond nie."
Die Suid-Afrikaner
en die sleehond
’N SUID-AFRIKAANSE toeris in Groenland wil graag die yswoestyn oorsteek
met ’n slee wat deur ’n sterk sleehond getrek word. Hy huur dus ’n hond
met ’n slee en die nodige toerusting, maar hy weet nie so reg hoe om die
dier aan die loop te kry nie.
''Dis heel eenvoudig,'' sê die Eskimo wat alles aan hom verhuur het, ''praat
net Eskimo-taal met die hond, meneer. As jy `Sjoe' sê, sal die hond
begin loop en as jy `Sjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'' sê, sal hy hardloop dat
hy bars.''
''En as ek wil hê hy moet stop?'' vra die Suid-Afrikaner.
''Dan sê jy bloot A Me ’N,'' antwoord die Eskimo.
Die hond staan ingespan voor die slee en wag, en die Suid-Afrikaner klim
op die slee. ''Sjoe,'' sê hy, en die hond begin loop. ’n Entjie verder
die yswoestyn in sê die man: ''Sjoe-Ai Me 'Nsig Da Rem'', en die hond
laat waai oor die ys.
Skielik sien die man egter ’n reusagtige afgrond voor hom opdoem. En
paniek pak hom beet. Hy het vergeet wat hy moet sê om die hond te laat
stilstaan. Hy weet dat hy hom saam met die sleehond te pletter gaan val,
en hy het nog net tyd vir ’n skietgebedjie. Aan die einde daarvan sê hy:
''Amen'' -- en wonder bo wonder, die sleehond gaan staan botstil. Vlak
voor die rand van afgrond steek die dier in sy vier spore vas.
En die verligte Suid-Afrikaner vee die sweet van sy voorkop af en
sê:''Sjoe! Ai, mensig, darem!'' |
|
|
Souskluitjies in 'n Ysterpot
125 g botter of margarien
60 ml fyn appelkooskonfyt
12.5 ml koeksoda
500 ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100 ml melk
750 ml kookwater
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)
Smelt botter en roer
dan eerskonfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout
beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en
laat opkook. skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hpies nie
opmekaar lê nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien
warm, stip met botter.
|
|