| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
18 |
'n Passie vir
Afrikaans |
20 Februarie |
|
Dagsê!
Kos Stories – deur
Baaskok Frikkadel Lombaard
Die Dag Daarna
Daar is seker baie min mense wat op moeder aarde loop wat nie een of
ander tyd in hulle lewe een oggend wakker geword het en gevra het
“Watter trein het my getrap”. Dit is wanneer jy wakker word met daardie
onbeheerbare kloppende hoofpyn, wat erger word met elke geluid wat jy
hoor. Wanneer jy so snaakse nasmaak in jou mond proe en jou maag wat
omgekrap is, dan weet jy, jy het n meneer van n babbelas.
Daar is natuurlik baie teoriee oor wat die oorsaak van n babbelas is,
maar die geharde manne wat weet se natuurlik vir my dat dit die Coke wat
in die dop is wat die babbelas veroorsaak. Dit is ook heerlik om te kyk
na mense wat te veel “coke” gedrink het om te sien wat hulle aanvang.
Vandag wil ek nie oor die oorsake of die gevolge van veel drink praat
nie, want ons almal besef wat die gevare daaraan verbonde is maar vandag
wil ek kyk wat veroorsaak die babbelas en hoe dit vermy kan word.
Ek het al die uitdrukking gehoor “Die drankie het teen my hakskene
vasgeslaan en is nou reguit na my kop toe.” Dit gebeur natuurlik wanneer
jy iets drink op n lee maag. Die alkohol word binne minute in jou
bloedstroom opgeneem. Wanneer jy dus weet dat jy n drankie of twee gaan
geniet, eet iets vetterigs soos bv sardientjies, kaas of vleis. Wat dan
gebeur is dat die alkohol eers die vet moet afbreek voordat dit in die
bloedstroom kan inkom. Alles word dan ook nie gelyk in die bloedstroom
opgeneem nie.
Alkohol is mos geneig om jou redelik gereeld te laat gaan water afslaan.
Dit veroorsaak een of ander onuitspreekbare reaksie in jou liggam. Die
volgende oggend sit die brein uit om die gaping te vul wat die water wat
uit die liggaam is agter gelaat het.
Die liggaam het natuurlikke meganisme teeen alkohol wat kan help om die
inname van alkohol te beperk. Wanner mens n skoon brandewyn drink, kry
jy daardie brandgevoel in jou keel. Wanner jy agslaan op die brandgevoel
sal jy natuurlik ophou drink. Maar nou het ons mense maar ons eie idees.
Om die probleem van die brandende keel te oorkom gooi ons coke of
vrugtesap of enige ander koeldrank by die drankie. Wanneer ons dit doen
dan omseil ons hierdie belangrikke meganisme.
Om te voorkom dat daardie babbelas jou die volgende oggend tref moet jy
net die volgende in gedagte hou : Eet iets voordat jy begin drink. Drink
een drankie per uur. Drink baie water tussen drankies. Probeer om jou
drankies nie te meng nie. Hier kom koeldrank ook ter sprake. Gas
koeldrank het n geneigheid dat wanneer dit saam met alkohol gedrink
word, jou maag om te krap. Probeer eerder om droe wyne te drink. Hou by
dieselfde tipe drankie. Bestel en drink rock shandy’s. Dit lyk eksoties
maar die paar druppels alkohol wat daarin is kan jou geen skade aanrig
nie. En die beste van alles is jy kan heerlik heelaand daarop kuier
sonder dat iemand agterkom dat jy eintelik niks drink nie.
Elke mens het maar sy eie geneesmiddel teen die babbelas maar tyd is die
enigste geneesmiddel wat n babbelas laat verdwyn. Van die kure wat
gedrink word is natuurlik n Bloody mary. Party mense drink Lemon Twist
en alle ander snaakse konkoksies. Een wat ek nie uitgetoets het nie maar
wat blykbbar werk is Yogurt. Drink n glas yogurt die aand net voor jy
gaan slaap en dit sal verhoed dat jy met die hoofpyn sal opstaan. Maar
die beste geneesmiddel teen babbelas is bly weg van die drankies af of
andersins hou matigheid voor oe.
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
KLEIN
KOOS moet tydens ’n tekenles op skool ’n hond teken wat besig is om
hondebeskuitjies te vreet. Skaars het sy onderwyser hom egter die opdrag
gegee, of Klein Koos sit tevrede agteroor en verkondig: ''So ja, ek is
klaar.''
Die onnie kom kyk wat hy geteken het.
''Klein Koos,'' begin hy, ''maar ek sien dan geen hondebeskuitjies nie...''
Klein Koos: ''Dis omdat die hond hulle so gou opgevreet het, meneer.''
Onnie: ''En waar is die hond dan?''
Klein Koos: ''Hy’t weggehardloop toe hier niks meer kos vir hom was nie.''
Stamboom-vragie
Het jul hond ook ’n stamboom?
Nee wat, hy doen sy goetertjies sommer teen enige boom.
|
|
|
Die Resep |
|
Die Amerikaners reken hulle het lank voor ons in "Dutch ovens" potjiekos
gemaak. Maar 'n "Dutch oven" is nie 'n potjie nie, ek dink hulle kan by
ons kom kers opsteek! As jy nie 'n kenner is nie, maar jy wil tog 'n
besonderse potjie berei, probeer dié resep! |
|
Wors-en-Niertjie Potjie
genoeg vir 10
50 ml olie
25 ml botter
3 groot uie (gekap)
12 lamsniertjies ( middeldeur gesny, vliese en kerns verwyder)
50 ml koekmeelblom
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
12.5 ml tamatiepasta
200 ml hoenderaftreksel
50 ml droë wit wyn
8 varkworsies middeldeur gesny
200 g sampieone
50 ml brandewyn
12.5 ml gekapte pietersielie
Plaas olie en botter
in driepootpot en verhit oor warm kole. Voeg gekapte uie by en roer vir
3 minute..
Rol niertjies in 'n mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by
die uie in die pot. Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn
en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer.
Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een
maal om en dien op. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) |
|
|
|
|
amaKombi-Kombi
- Kontak Peet
as julle miskien die besienswaardighede in die Kaapstad omgewing wil
sien. Hy is 'n uitstekende toergids! |
|
|
|
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|