| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
20 |
'n Passie vir
Afrikaans |
5 Maart |
|
Dagsê!
Ek begin met nog een
van Minette Brink se artikels. Ek wonder hoeveel enkel ouers kan hiermee
identifiseer?
Help asseblief ons
'singletons' tog ook
Minette Brink
Ek soek 'n winkel wat verpakte porsies vir een verkoop. My gesin bestaan
uit een en twee halwes waarvan laasgenoemde nie tuna, snaakse pasta-mengsels
of spinasie-en-feta eet nie.
Nou moet ek noodgedwonge die héle pakkie (serves 4 to 6) wat-ookal
alleen verorber of dit in die yskas laat muteer tot 'n eksotiese fungus.
Van die disse kan ook nie gevries word nie en daarom moet ek soms
vergeet van kwylende lekkertes omdat ek nie kans sien vir smoked oysters
(op special) vier dae in 'n ry nie.
Of gestel jy word vir 'n braai genooi en jy het nie tyd om by die
slaghuis aan te gaan nie. Nou móét jy of nege tjops of agtien
hoenderboude of twaalf meter wors vat. En omdat jy armlastig is, kan jy
dit nie bekostig nie en los jy dan maar die ou braai.
Ek weet daar is afdelings in winkels waar jy porsies na keuse kan bestel,
maar ek gaan gewoonlik na vyf smiddae shop en dan is die hele Windhoek
ook daar en die assistente agter die toonbanke is te moeg om te gaan
krap vir twee los tjoppies en 'n halwe meter wors.
Wat van kasies vir een? Ek ly aan laktose-intoleransie en kan derhalwe
net een keer 'n maand myself vergryp aan suiwel in sy beste vorm. Die
geel blok sal dan heel verdrietig al hoe verder agtertoe skuifel in die
yskas en teen maand twee homself voorstel wanneer jy niksvermoedend die
deur oopmaak. Gouda, aangename kennis…
Ek is seker daar is baie singletons wat dieselfde probleem het.
Natuurlik is kleiner verpakkings duurder as die dis self, maar die
massas alleenlopers sal in strome begin koop en dan is die probleem mos
opgelos.
Nog 'n gerieflikheid wat met luide goedkeuring begroet sal word is
kinderoppassers in winkelsentrums. Ek kan alle bestuurders en eienaars
waarborg dat kliënte met kinders baie meer sal bestee as hulle tydsaam
en ongehinderd kan shop. Hoeveel maal het ek nie al by die huis gekom en
gesien dat ek alles behalwe dit wat op my 'lysie' staan aangeskaf het
nie? Net omdat ek die heeltyd moes keer en stoei en verskoning maak vir
kinders onder trolliewiele, twee gesprekke gelyk moes voer en dan in die
proses vier pakke Smarties inlaai in plaas van melk en botter nie.
My lyf is skoon seer as ek uit die winkel ontsnap en die kinders
hiperventileer van al die beweging om hulle.
Kan daar nie 'n ruimte ingerig word waar die kinders ingeboek word vir
'n uur of twee nie? Hulle kry dan elkeen 'n armband soos in die
hospitaal met 'n bar code op wat net die ouers kan verwyder met 'n
kodewoord. Dan kan mense met siek kindergryp-gedagtes nie die nasate
ontvoer nie, want alarms regoor die sentrum sal gillend begin loei en
alle ingange sal onmiddellik versper word. Dit sal 'n blye dag wees as
ek weer normaal kan inkopies doen.
Ek hou van kla.
Daar is nog iets wat my grensloos irriteer.
Hoekom moet ek na Boom-Shaka gangster musiek teen dertig duisend
desibels luister as ek in klerewinkels kom? Ek raak later so
verbouereerd oor my hart wat op die rand van ontploffing staan vanweë
die 'in-your-face' ritme dat ek alles neergooi en hygend teen 'n paal
buite my asem probeer terugkry.
Bedryfsielkundiges kan gerus ingespan word om winkeleienaars te oortuig
van die waarde van onder andere klassieke musiek wat strelend op die oor
en in die gemoed speel.
Daar is al bewys dat geharde misdadigers in lammetjies verander het na
die herhaalde blootstelling aan Mozart en Chopin.
En dat genoemde misdadigers hul eerste misdade in klerewinkels gepleeg
het as gevolg van die breingolf-versteurende musiek daarbinne.
Ek steek deesdae net my kop by 'n winkel se deur in om eers te hoor
watter geluide binne afspeel en laat ek net een beat te veel in die 'melodie'
hoor, dan beweeg ek so vinnig as moontlik weg.
Maar nou ly ons al honger en ons klere is aan flarde.
Iemand moet asseblief help.
As jy die artikel
geniet het,
laat weet asseblief vir Minette, ek wil darem dat sy weet dat
iemand haar werk lees!
Minette
is werksaam by
Die Republikein,die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië.
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
Liewe Pa en Ma,
Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en
Jannie geniet ons baie. Ek het eintlik vir Pa baie slegte nuus. Ou Anna wat in
die huis sou ingeslaap het terwyl Pa hulle oorsee is, se Tannie is dood en
ek het toe maar vir haar gesê sy kan die hele tyd wat pa hulle oorsee is
by haar familie in Soweto kuier. Dalk het Pa haar Tannie geken en is ek
nou die een wat die slegte nuus moet oordra.
Pa en Ma moet nou nie oor ons worry nie want ons is OK. Ek het Pa se
kruisboog uitgehaal so ons kan onsself verdedig. Jis maar die ding
skiet hê? Ons het cowboys en kroeks gespeel toe skiet ek na daai ou bank van
Ma wat oumagrootjie nog vir haar gegee het. Die pyl gaan deur hom. Die
Dokter wat vir Jannie steke in sy boud ingesit het, het gesê ons moet dit
liewers nie meer
doen nie. Ek het toe maar die bank vir die mense gegee wat
die vuilgoed wegry want ons moes hom stukkend sny om die pyl uit te
kry.
Gelukkig was dit die oue wat Ma altyd sê kom van Napoleon se tyd af.
Pa, ek het toe daardie stellasie wat aan die dak van die garage hang
wat Pa altyd bang was val op die kar, vir Pa afgehaal. Ek weet Pa dink nou dit
het bo op die Ferrari geval, maar dit het nie want ek het gedink dit sou 'n
helse skade wees en toe trek ek en Jannie hom eers uit. Ongelukkig het
die rak toe geval maar net op die vloer en van die blikke verf het toe
uitgespat en geloop. Van dit het teen Ma se nuwe BMW geval maar ons het dit
dadelik met paintremover afgehaal. Ek weet nie hoekom nie maar dit het meer
verf afgehaal as wat gespat het. Ek het Pa se kar toe weer ingetrek, maar
die vloer was toe baie glad van die verf en toe wil hy nie gou genoeg stop
nie en nou staan 'n gedeelte van sy
bonnet in die kombuis waar die stoof gestaan
het. Die stoof is nou naby die yskaste waaroor Ma dalk bly gaan wees
want sy sê mos altyd sy loop haar dood tussen die stoof en yskas. Die kar se
boot lyk nog mooi.
Ons het gister vir ons lekker vleis in die kaggel gebraai want dit het
gereent buite en die hout was ook alles nat. Jis, het Pa geweet petrol
ontplof as jy 'n blik vol oor die hout gooi. Pa s'n het nog nooit
ontplof nie maar Jannie sê hy dink Pa gooi diesel oor. Shame, die hond en Ma se
Persiese kat het groot geskrik en die hele TV kabinet omgehardloop.
Daai noodhulp lesse het nogal goed te pas gekom want ek het hulle dadelik in
die jaccuzi gegooi om die vlamme dood te maak. Ek dink hulle hou meer
daarvan in die hitte noudat hulle nie meer hare het nie. Pa moenie worry oordat
ons nie kan TV kyk nie, ons slaap nou sommer in julle kamer en kyk daar. Die
kaggel lyk nou kaal oor die Persiese mat wat nie meer daar is nie.
En Ma moet julle nou oor niks bekommer nie. Ek het die versekering
gebel en hulle het al kom kyk na dit wat gebeur het. Hulle sal dit seker
binnekort kom regmaak omdat Pa dit gereeld betaal het want die ou wat
hier was het gepraat van repareer oor nodige voorsorg wat Pa getref
het. Ek dink nie die ou wat hier was van die versekering kan spel nie want in
die brief staan repudieer weens nodige voorsorg.
Nou ja, ek is moeg geskryf en ons wil nog gaan kyk of ons nie die molle
wat
besig is in die tuin kan gaan uitrook nie. Dawie sê sy pa steek altyd
'n
verekussing of twee aan die brand, so ek het gedink ek sal maar twee
van
dié wat ma nie gebruik nie uit ma se trousseau-kis vat.
Geniet die vyf weke wat julle nog oorsee is en ek skryf volgende week
weer.
Liefde
Gertjie
(Minette, dink jy
dis Gertjie van Brandweer Ertjie-faam?) |
|
|
Die Resep |
|
Melkkos is een van my gunsteling disse. Op 'n koue wintersaand is niks
lekkerder nie. My ma kon sit SOOO lekker maak! |
|
Melkkos
3
k vermicelli
water om te bedek
knypie sout
2 t kookolie
6 k melk
2 stukkies pypkaneel
2 steranyse
3 huisies kardamom
1 E suiker
sout
3 E mielieblom
1/2 k water
2 E botter
Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat jy genoeg het om 3 koppies
te vul. Bedek met water in 'n kastrol, voeg 'n knypie sout en die
kookolie by en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant.
Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die
gekookte vermicelli daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie
wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut
vir 5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker.
Geniet dit! |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) |
|
|
|
|
Ek
is op soek na nog idees om 'n suksesvolle Kerkbasaar/Kermis te reël.
Gaan kyk hier na
wat ek alreeds bymekaar gemaak het. |
|
|
|
|
Ek
versamel yskasmagnete, my yskas hang al oor van allie magnete! Vir elke
magneet wat ek ontvang (van oorsee, wat die land/staat/stad moet
aandui) stuur ek een van SA aan die sender. Onthou, vir yskasmagneet
doeleindes is Windhoek ook oorsee! Stuur my e-pos sodat ons kan reëlings
tref. |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|