| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
22 |
'n Passie vir
Afrikaans |
19 Maart |
|
Dagsê!
Met my soektog na
Skrikkeljaarpoeding maak ek toe kennis met Amanda Viljoen wat ook
resepte versamel en ook 'n afskrif van die poeding resep wou hê as ek
dit in die hande sou kry. Een ding lei na die volgende en daar stuur sy
vir my 'n hele hoop Afrikaanse resepte. Nou kon ek doen wat ek lankal
wou doen en 'n ordintlike Afrikaanse resepte-afdeling op my webwerf sit.
Die hoeveelheid resepte groei nou daagliks, gaan kyk
hier! As enigeen van julle Tradisionele SA Resepte kan
bylas, stuur asseblief vir my aan, ek sal dit vreeslik waardeer! My
Engelse Tradisionele
Resepteblaaie was al nommer een op die wêreld
Top 100 Culinary
Sites,
wie weet,
miskien bereik die Afrikaanse blaaie ook beroemdheid. My webwerf
kry gemiddeld 300 besoeke per dag van oral, baie daarvan deur Suid-Afrikaners
wat oorsee woon. Lyk my hulle verlang baie na ons lekker kos! My
nuusbriewe gaan ook na oor 1000 lesers uit.
Soos ek al voorheen genoem het, ek is nie 'n kok nie, kon nie eers nou
die dag behoorlik vetkoek bak nie! Ek versamel die resepte, hoofsaaklik
om soveel as moontlik Tradisionele Suid-Afrikaanse resepte op een plek
saam te kry. Ek weet daar is nog baie wat ek nie het nie, maar eendag
sal my versameling hopelik taamlik volledig wees. Wat ek van hou is
wanneer iemand vir my vir 'n spesifieke resep vra en ek moet gaan soek
daarvoor! Na weke se gesoek kry ek byvoorbeeld die resep vir Jan Ellis
poeding uit Kanada van alle plekke!.
Ek is mal oor sommige van die name wat ons disse het, bv.
Telefoonpoeding, Doodvreet-lepelskons, Kannie-flop-appeltert, Dan
kry mens ook resepte wat met Heerlike-, Maklike-, Vinnige- of Outydse-
begin, dan moet jy maar weet, dis dood-eet!
My webwerf is hoog op baie soekenjins, plaaslik en oorsee en dan kom die
mense met allerande vrae na my toe. Gewoonlik moet die familie dan kom
met die oplossings veral skoonma loop deur! Ek was gevra om nou die dag
vir 'n tydskrif te gaan demonstreer hoe potjiekos gemaak word! Ek het
die geleendheid op roem maar laat verbygaan en vir iemand anders 'n kans
gegee!
En dan nuus van die Danville Hulpprojek. Karin se seuntjie Eric is
toe die week gebore, gaan lees
hier daaroor.
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
Wat is 'n Pa ?
(deur die oë van 'n kind)
Pa's werk baie hart en het baie papier gelt. Pa's hou baie van teevee
kyk op Saterdag. Pa's wil slaap op Sondag. Pa's maak braaivlys vir kos
en is sterk en sê hille is die baas.
Pa's het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee
nie uit en stof af nie. Pa's lees as hille kamer verlaat.
Pa's hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums
dra.
Pa's gee hart pak as ma so sê. Pa's gaan op vikansie en vat ma's en
kinners altyt saam. Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol
hare as hule slaap.
Pa's werk altyt as kinners iets wil doen, en het baie werk vir kinners.
Ma's het ook baie werk vir pa's. Pa's is kwaai maar hille is bang vir
ma's.
Wat is 'n Ma ?
(deur die oë van 'n kind)
Maas is baje mooi. Hille kleer hille gesigte in. Maas lees vir mens
stories. Maas kan goet sien, as jy klaar gebat het sien hille dis nog
vyl agter jou ore. As jy stout is sien hille deer 'n mier en vra wat jy
alweer doen. Hille maak groente vir kos en ons kry lekker poeding as ons
allis opeet. Maas moet baje slim wees, want ons jivrouens gee vir ons
hyswerk dan doen ons maas dit. Maas vat kinners skool toe en soen hille
voor anner kinners en tanies. Maas is altyt laat en sê kiners moet gou
maak.
As jy siek is pas Maas jou op. Maas het baje gelt vir tamatiesous,
pienatbater, seep en tannepasta, kofie en pap maar net biekie gelt vir
swiets. Maas sê altyt hille het nie gelt nie maar dan koop hille 'n
trolie vol goeters. Maas hou van winkels waar mens net 'n papierkie
teken want dan hoef jy nie te petaal nie.
Maas sê altyt hille is vet as hille ou kleere aantrek, niewe kleere pas
net reg en dan is hille maar. Maas is baje virsigtig. Hille sê altyt
pasop vir die karre en slyt al die dere. Hille is bang vir krieke, en
jaag die hond van die bet af.
Maas is baje vliks. Hille praat lank op die foon, lees boek en kyk dys
of de laaivs op tiewie en dan maak hille vinig kos voorlat Paas kom.
Maas gaan eendag hemil toe want hille bit baje en ken alis van Liewe
Hiesis. Ek is baje lief vir Maas.' |
|
|
Die Resep |
|
Hulle noem toe nou die dag op
7de Laan
van Skrikkeljaarspoeding. Aangesien dit Tradisioneel Suid-Afrikaans
klink en ek dit nie in my versameling het nie, doen ek toe oral navraag
en Martie stuur my toe die resep. Nou wonner ek, eet mens dit net elke
vierde jaar? Baie dankie, Martie! |
|
Skrikkeljaarpoeding
3 E botter
1/2 koppie suiker
1 koppie meelblom
2 T bakpoeier
2 eiers, geel en wit apart
2 E strooisuiker
1 en 'n kwart koppie melk
3 E appelkoos of aarbei konfyt
1/4 T sout
Meng die botter, suiker, meelblom, die geel van eiers en 'n klein
hoeveelheid melk.
Sit die mengsel in 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min
lank of tot gaar by 180 grade C.
Haal dit uit, gooi koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer
die styfgeklopte wit van die eiers (met suiker) bo oor.
Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is. |
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) (
Eric is gebore! ) |
|
|
|
|
As
julle in die buiteland woon en smag na Suid Afrikaanse kos en goedere
gaan kyk gerus hier,
miskien is daar 'n winkel naby jou. As jy weet van 'n winkel wat nie op
die lys is nie, laat my weet ek ek sit dit op! |
|
|
|
|
Ek
versamel yskasmagnete, my yskas hang al oor van allie magnete! Vir elke
magneet wat ek ontvang (van oorsee, wat die land/staat/stad moet
aandui) stuur ek een van SA aan die sender. Stuur my e-pos sodat ons kan reëlings
tref. |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|