Die Peter-jasie Patriot

 

Nommer 23

'n Passie vir Afrikaans

26 Maart

Dags!

Ek behoort aan 'n interessante Yahoo Groep genaamd Netvriende. Ons kommunikeer in Afrikaans en is 'n bak klomp bymekaar. Ons sal sal nog lede verwelkom. Klik hier om aan te sluit en nuwe vriende te maak. Sien jou daar, dis lekkerrrr!

Minette het vir my nog artikels gestuur, hier is een van hulle. As julle dit geniet, laat vir Minette weet asb!

Naamvergatting
EEN van die voordele van ma-wees is dat jy onbeskaamd jou naam kan krater maak sonder dat iemand n oog knip.
Van die ongemaklike eendewaggel tot die belaglike kraamdrag tydens die groot wag, tot die Marmite of papsmeersels oor jou wang en die tantrums in die winkelsentrums is heel aanvaarbaar vir mammies die wreld oor.
Rekmerke, hangboude, oorgroot klere wat nie bymekaar pas nie, hare in n poniestert, ongeverfde naels, alles kan oorgesien word omdat jy n mammie is. Nie n goeie verskoning nie, maar n gemaklike een.
En so het ek in n mammie-gemaksone weggesak met die gedagte van eendag as die kinders uit die huis is, sal ek weer soos n mens lyk en mensdinge doen.
Maar toe maak ek die fout van my lewe en sleep vir vriendin saam na die preprimr se pretdag en my hele bubble ontplof ten aanskoue van driemiljoen pare o.
Ek het uitgesien na n dag van geraas en gejuig en vrolike kinders wat op klimtoestelle rondswaai en afval, terwyl mammies wegl aan die hotdogs en ander lekker eetgoetertjies. En dis wat ons toe met mening doen, totdat vriendin, kom ons noem haar Saartjie, met smaak aankondig dat sy ons ingeskryf het vir die boeresport.

Boeresport? stik ek aan my hotdoggie.
Jip, s sy en sleep my onsportief oor die vlakte na waar die rooi en blouspan ingedeel word.
Ek kan nie eers probeer verduidelik wat alles daar gedoen moes word nie, behalwe om te noem dat daai triek van die aartappel in die sykous waarmee jy die koeldrankblikkie tussen jou bene deur moes raakslaan, nooit, nooit weer mag gebeur nie.
Saartjie moet in die vervolg ook ver wegbly van rou eiers.
Maar die groot vergatting vind plaas toe die tannie met die magafoon my en Saartjie se name uitbulder om onmiddellik aan te meld vir die hindernis.
Hindernis? vra ek smalend en met baie, baie dun o.
O ja, juig Saartjie, wat, soos ek weldra sou uitvind, gebore is met die spoed en die stamina van n Olimpiese marathonatleet.
My kinders kyk my waarderend dog ietwat agterdogtig aan. Ek weet nie of Ma dit kan doen nie, s altwee gelyk.

Groepsdruk is n lelike ding en toe daai skoot afgaan is ek heel voor, om die eerste draai, Saartjie deur die tonnel, ek reg met die kruiwa, op teen die bult, oor die klimraam, alles nog onder beheer. Maar dis toe ek my voete op die trekkerbande teen die steilte neerplof, dat my lyf ALL SYSTEMS SHUT DOWN skree. Alles is verlam en ek hoor ver ver weg die dowwe histeriese gelag van almal wat di verleentheid moet aanskou.
Die trekkerbande zoem in en uit voor my o terwyl ek dapper, manmoedig, vir my kinders, die steilte uitsteier. Na drie ure (of so voel dit) is ek bo en rol toe maar teen die afdraand af tot onder.
Nog is het einde niet, en natuurlik sit ek vas op die mini-glyplank waarteen almal voor my teen die spoed van lig afgeseil het. (Nog n hotdog, nog n hotdog, koggel die ylende gedagtes deur my kop.)
Ek probeer n hoepel optel en fluit uit my aan- die- brand- bors, ekkanniemeerie, ekkanniemeerie, maar doer in die verte staan twee kinders en knik hulle koppe meewarig- mos ges sy sal dit nie kan doen nie. En met n allerlaaste poging in pyn, sleep ek myself oor die wenstreep en stort in n bondel van brandende asem ineen.
Toe ek bykom is die partytjie verby, alles opgepak, net my diepe, diepe verleentheid wat wyd gestrooi oor die speelgrond l.
Sal jy NOU saamkom gym toe, vra Saartjie met smaak en so kom alle verskonings tot n bittere en vernederende einde.
My kinders praat darem weer met my

Skakels

Peter-jasie


Boererate


Aardklop


Stormpies


Danville Hulpgroep


Boeremusiek


Nianell


Musiek


'n Tikkie Humor


Vyf blondines stap by 'n kroeg in, bestel 'n rondte drankies.

Hulle lig hulle glase en die een skree "op 51 dae" - die ander antwoord "51 dae".

Later bestel hulle nog 'n rondte, en na 'n ruk weer 'n rondte, en elke keer is dit "op 51 dae".

Die kroegman se nuuskierigheid raak te veel vir hom, en hy vra vir die 'hoofblondine' waaroor die 51 dae storie gaan.

Sy antwoord hom: "ons vyf het nou net 'n legkaart klaargebou. Op die boks staan 2 tot 4 jaar, maar ons is baie trots op onsself, want ons het hom in net 51 dae klaargebou !"

 

Afrikaanse Skakels

RSG


Kyknet


Eg Afrikaans


Die Knoop


Wat kyk jy


Wenke wat Werk


Minette Brink


Die Resep

Hier is nog iets lekkers om te probeer, sal graag wil weet hoekom hulle ystervarkies genoem word?  

Ystervarkies

Hierdie is 'n staatmaker

350g (625ml) Bruismeel
7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers

Stel oond op 200C (400F) en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifde
bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is. Skep in panne, maak gelyk en bak 15 - 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.

Stroop

375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper

Meng kookwater, suiker, sout en kakao in 'n dubbel kastrol, oor kookwater. Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn

 

Brokkies

 Die Danville Hulpgroep is nou ook betrokke by die President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die Danville Hulpgroep) (President Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman Tehuis) ( Eric is gebore! )

Argiewe

 
 
 

 
As julle in die buiteland woon en smag na Suid Afrikaanse kos en goedere gaan kyk gerus hier, miskien is daar 'n winkel naby jou. As jy weet van 'n winkel wat nie op die lys is nie, laat my weet ek ek sit dit op!
Dankie aan almal wat bydraes gestuur het, my lys word al langer. Satooz uit Auusie het laat weet dat hulle heelwat besokers kry as gevolg van my webwerf, so lyk my dit werk!
 

 
Ek is op soek na nog kermiswenke, gaan kyk hier en las by as julle nog idees het.  

 
 Ek versamel yskasmagnete, my yskas hang al oor van allie magnete! Vir elke magneet wat ek ontvang (van oorsee,  wat die land/staat/stad moet aandui) stuur ek een van SA aan die sender.  Stuur my e-pos sodat ons kan relings tref.  

 
.Ek sal enige terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter  
 

Druk jou speld op my besoekerskaart!

 

Kontak - Teken in/uit

Epos: peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy: