| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
27 |
'n Passie vir
Afrikaans |
23 April |
|
Dagsê!
Die volgende was vir
my gestuur al die pad van Aussie af! Ek moes hier en daar sensor om dit
meer aanvaarbaar vir die algemene publiek te maak! Julle moet die
oorspronklike weergawe sien! Ek neem die skryfster nie kwalik nie, ek en
spinnekoppe is glad nie maatjies nie! Dis nou wat ek beskrywende
skryftalent noem. Ek kon die hele episode duidelik voor my sien afspeel!
Morning. Ek
leef darem nog dankie.
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, bedlampie brand baie domesticated
en
sag met die komplimente van Wetherley's, minding my own business toe ek
so
geskarrel in die kamer hoor. Dog eers dis die blerrie mot wat wil
selfmoord
pleeg teen die bulbpie en skerm. Kyk. Nee, mot sit ook rustig teen die
olyfgroen muur.
Net weer terug by die boek toe wéér! Skarrel. Skarrel. (Kriewel in die
nek
af). Probeer lees. Skarrel. (My oë vernou). Probeer konsentreer. Lig
brand. Skarrel. Kyk kyk kyk. En skielik!
Ek skrik alles regop en weg en pap en styf wat kan! Haarskeerder, alias
romanspinnekop teen 100km/h oor die vloer en teen die bedkassie. Ek
bevuil my beste linne in 'n ander kleurskakering in.
Daar gaan die boek, bedlamp, bakkie met afgeëte druiwetrossie,
koeldrankglas, flits, bottel water, name it. Tot die selfoon. En die
Doom is
in die kombuis! In 'n ommesientjie flits ek soontoe en terug in die
Adamspakkie, nie nou tyd vir mooimaak en aantrek nie..terug.
Daar sit ta nog. Ek spuit. Die harige duiwelsvloek verdwyn agter die
bedkassie in. Met die wegtrek van die muur af om nou te kyk jy sien,
skielik hol daai aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my oë. Ek
verlaat
myself, my water breek, my knieë swik, my longe vul, lippe parteer van
mekaar, 'n kreet verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe.
GIL! Maria Callas het in haar beste Lucia Mad Scene nog nie so
performeer
nie. Bure se kinders ruk regop in hul beddens. Ma's en pa's maak
groot-oë
vir mekaar. Honde blaf onrustig... Met dié spuit ek weer verwoed.
Arachnida
se kind plof grond toe - of eerder - spring. Ek sê dankbaar 'n gebed
boontoe vir die uitvinder van Doom Super (vir alle crawling insects -
alhoewel die ding nie crawl of 'n insek is nie - vir my is dit
meerdoelig!)
Of dit nou die gif self was of die gesig van 'n top-primadonna op haar
beste met angswekkend gesperde kakebene, vasgevang op 'n C# drie oktawe
bo middel C sal ek nou nie kan sê nie. Op daai stadium het my brein nie
meer gewerk nie. Afgeskakel. Voorbereid op my laaste oomblikke op
hierdie planeet..in 'n flitsoomblik besef ek ek het nie eers 'n
testament nie. Maar dit is nou maar tot daarnatoe. Meer belangrik, ek
het nog nie eers my boek klaargelees nie! Ewentewille.
Intussen het die spider laat spaander na die en suite toe. Nog is het
einde
niet. Voor die wasbak op die vloer vind ons mekaar. Sy 8 onverskrokke oë
pen in my 4 vas (dra mos bril onthou! - dankie tog vir die sielkundige
voordeel anders was dit 8 teen 2!) Hy: gewapen met miljoene hare,
magtige
mandibels, 'n vet vieslike agterlyf, ek weet nie eers hoeveel bene nie,
en
die feit dat hy 'n spinnekop is!! Ek: gewapen met slegs 'n Doom blikkie
(gevaarlik laag al in inhoud) in my bewende, dog ferm hand. Niks anders
nie.
Nie eers 'n lende-kleed om my lieste om my van moontlike vernedering
te beskerm sou ek nou die tydige met die ewige verwissel nie, en die
polisie op my sou afkom twee weke later nie. (Ek sien al die
koerantberig: The
bloated, naked body of a confined recluse was discovered late last night
in
a Windhoek southern suburb). Op een gebied is ons twee egter gelyk:
spoed. Voordeel (vir spinnekop): ek is buite myself van angs vir
spinnekoppe. Ek kon netsowel Cornelis Arachnophobia van der Merwe gewees
het. Waar spinnekoppe en ek saamkom kan ek teen die spoed van witlig
beweeg.
Terug by my stand off. Op daai stadium besef ek dit is nou of nooit. Met
Lords of the Rings se horribale scene van 'n fenomenale spinnekop en
gemummifiseerde bodies vars in die wankelende Alzheimer-geheue (ek het
mos
'n spasma geskiet in my been in die fliek met die scene soos ek op my
stoel
geklim het) besluit ek net te hel met cfc's, te hel met krimpende
reënwoude, te hel met die osoonlaag en al die pikkewyne wat gaan
sunburn, te hel met kaapstede en sydneys wat gaan versuip onder stygende
oseane. My lewe is op die spel. Ek sak soos 'n fighter jet op die vyand
af, releasing my weapons of mass destruction.
Spinnekop lig sy pote en kake in die lug, aanvallend, kap woes na my, sy
sigbare enemy wat sopas 'n enema gehad het. Sy retireer, verstik, veg
teen
die onsigbare Irakese indringer in haar borste. 'n Quick roundabout in
die
badkamer (ek het weer gevlug terug na die veiligheid van my koningin-bed)
en die vieslike satansbraaksel syg stikkend en roggelend neffens die
porseleinvoetstuk neer.
Ek verlekker my in haar uitmergelende rukkings soos die gif haar
tydelike
bestaan met die ewige verwissel. Op die bed dans 'n jubelende en
oorwinnende, dog erg getraumatiseerde Jeanne d'Arc boerinnetjie (met
apologie aan Anette). Die seemingly onmoontlike is reggekry. Met
geweldige
inspanning kry ek myself sover om die lyk op 'n moerse lang papier op te
scoop en sonder veel seremonie in die toilet te dump. Plunck! Vir oulaas
en
ook om haar verder te verneder urineer ek sommer ook op haar. As sy NOU
nog
lewe....! Met 'n welkome swoesj van die toilet verdwyn die hoerkind uit
die
oog oppad na die Gammams reclamation water works van die munisipaliteit
om
later weer gedrink te word. Dalk sal sy tog weer so kan wraak neem?
Vir die oomblik, egter, het moi die saak gewen. Ek sê stilletjies 'n
gebed
op vir water borne toilets en dat ek uitgespaar is. Stadig begin ek die
kamer tot sy oorspronklike vorm en toestand herstel, voor ek uitasem,
dog
effe ontsteld nog, terugklim in die bed. Die Doom blik, bliksoldaat, my
beste vriend, sleutel tot my verdere toekoms, 'n armlengte ver. Ek kyk
vir
Mr Doom en hy vir my. Ons smile vir mekaar.
Saam het ons al baie battles geveg, en gewen. Pofadder (ok ek het 'n
graaf
gebruik), wriemelende honderdpote in rooi en swart kringe in my stort,
eindelose spinnekoppe, kakkerlakke, krieke, name it. EN nou vanaand, die
Duiwel self...
Ek groet, oopmond, hortend, hygend,
getraumatiseer, amper asof ek iets van
my innocence, my maagdelikheid (!) verloor het...
Sela Attila the Hun
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Dokter aan
pasiënt wat baie slegte rokershoes het en ooglopende tekens van te veel
drank toon: Hoeveel sigarette rook jy per dag?
Pasient: So 40 dokter. Dokter: Dink jy jy sal dit kan opstoot na 80 per
dag? Pasient (wat gemeen het hy gaan
aangespreek word oor sy 40):
Seker dokter, maar hoe dan so?
Dokter: Miskien val een van jou longe plat en dan is daar meer plek vir
jou lewer!
Mike was net
besig om aan die slaap te raak toe sy vrou hom wakker skud en sê die
telefoon lui. As die telefoon so laat lui, sê sy, is dit sekerlik vir
hom en nie vir haar nie en sy maak haar oë toe. Mike strompel uit die
bed uit. Toe hy weer terugkom, is sy vrou al aan die slaap, maar sy word
wakker. 'Dit was toe nie vir my nie', sê Mike. Sy vrou rol uit die bed
uit en is al halfpad deur toe,
toe Mike byvoeg:
'Dit was die verkeerde nommer..' |
|
|
Die Resep |
|
Hier is iets so Suid Afrikaans soos kan kom!
Hertzoggies is soos ek verneem, na Generaal Hertzog vernoem. Ek is seker
daar is nie veel Suid Afrikaners wat nog nie
hieraan gesmul
het nie. En as julle nog nie geproe het nie, maak gou gou 'n baksel,
julle sal my vir altyd dankbaar wees! |
|
Hertzoggies
1 k botter
3 k meelblom
1/2 t sout
3/4 k suiker
2 t bakpoeier
1 k klapper
1/2 k fyn suiker
4 eiers
Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die
botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan
word. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n
bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en
strooisuiker by. Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C
( 375 - 400 F) tot gaar. |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Vriendin, Melaney wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
VLAGLIED
Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: F.J. JOUBERT
Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy's die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf'nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.
|
|
|
Brokkies |
|
Die
Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (President
Kruger Kinderhuis)
(Margaretha Ackerman
Tehuis) (
Eric is gebore! ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek is ook op soek
na nog Kermiswenke,Klik
hier! |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|