| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
31 |
'n Passie vir
Afrikaans |
21 Mei |
|
Dagsê!
My gunsteling
Suidwester, Minette, het nog artikels vir my gestuur, hieronder is een en
hier is nog meer!
Lag tog meer...
TUSSEN al die gemorspos wat ‘n mens elke dag kry, is daar party kere een wat
die moeite werd is.
Ek kry die ander dag een van vriend A.W. en met apologie aan die
oorspronklike skrywer wil ek hopelik meer as een persoon laat glimlag.
“Twintig maniere om ‘n hoë vlak van geestesongesondheid te handhaaf:
Sit oor jou etensuur met ‘n donkerbril op in jou motor en mik met ‘n
haardroër na die aankomende verkeer. Kyk of hulle stadiger ry.
Roep jouself oor die interkom sonder om jou stem te vermom.
Elke keer as jou baas jou vra om iets te doen, vra of hy skyfies daarmee
saam wil hê.
Vervang die filterkoffie in die koffiepot vir drie weke met ‘decaf.’ Sodra
jou kollegas oor hulle kaffeienverslawing is, hervul die pot met espresso.
Begin al jou sinne met ‘in ooreenstemming met die profesie.’
Moenie loop nie. Huppel.
Vra vir mense wat hulle geslag is. Lag histeries sodra hulle antwoord.
Sing kliphard saam by opera-uitvoerings.
Span ‘n muskietnet om jou werksarea en speel die hele dag CD’s met tropiese
woudgeluide.
Wanneer jy geld by die OTM trek en dit word uitgereik, skree, “Ek het gewen!
Ek het gewen!”
Woon ‘n poësie-aand by en vra na elke voordrag waarom die gedigte nie rym
nie.
Laat weet jou gasheer vyf dae voor die partytjie dat jy nie meer kom nie,
want jy is nie in die regte bui nie.
Sê tydens aandete vir jou kinders dat jy weens ekonomiese redes een van
hulle moet laat gaan.”
Die lewe is te kort om permanent met strak gesigte rond te steier. Al is die
grappies vir party flou, moet ‘n mens nooit ophou om die humor in situasies
raak te sien nie. Daar is genoeg swaarkry, hartseer en ellende in die wêreld
en al hoe ons semi-normaal kan bly, is om te lag.
Dit sal nie help om maagsere te ontwikkel oor honger kinders, swak finansies
en verlore liefdes nie.
Kinders is ook altyd ‘n goeie bron van vermaak en ‘n mens kan gerus meer
aandag gee aan die goed wat hulle party kere kwytraak.
Ek kuier een aan by ‘n vriendin wat nou en dan ‘n dun sigaar na ete waardeer.
Ons sit buite op die stoep en gesels terwyl die kinders die huis afbreek.
Vriendin se vierjarige dogtertjie kom staan in die deur en bekyk ons met
sulke alwetende ogies.
“Julle gaan sterf,” kondig sy smalend aan. Die gesprek word kortgeknip.
“Ja my ding,’ sug haar ma. “Ons gaan almal eendag sterf.”
Dingetjie lig haar wenkbroue. “Nie eendag nie. Nou.”
“Hoe so,” vra ons.
“Daai gisaartjies van julle…” En sy loop kopskuddend en bitter beswaard weg.
Ons het toe maar die gisaartjies doodgedruk, al was ons dik van die lag.
My jongste is altyd aan die sing en die ander dag hoor ek die uit volle bors
weergawe van ‘n liedjie waarvan die wysie vaagweg bekend klink, maar die
woorde is nie so lekker nie.
“Watter liedjie is dit,’ vra ek.
“Bê-nuh-sistelien, duh-simpe-bê-nuh-sistelien,” sê sy met ‘n ma-is-nie-te-bright-nie-né
oge.
Ek het nie ‘n idee waarvan sy praat nie, maar na ‘n verduideliking van ‘daai
vet beer en die arm kind met die lap om sy lyf wat so deur die woud met die
skelm slang met die draai-ogies dans,’ gaan die lig op.
“Aaa! The Bare Necessities van Jungle Book,” juig ek.
Sy is ‘n rukkie stil.
“Moenie grappies maak nie. Dis wat ek gesê het. Bê-NUH-SISTELIEN!” Sy loop
vies weg.
Daar het jy dit.
Nou gebruik ek nie meer kragwoorde nie. Ek “bê-nuh-sistelien!” vir almal wat
my kwaad maak en dan gaan die woede sommer vanself weg.
Stuur vir Minette
Epos as julle van haar artikels hou, waardeer enige terugvoer!
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Die
kunsskilder was besig om buite teen 'n heuwel, op doek ‘n landskap te
skilder terwyl die plaasboer oor sy skouer kom loer het om te sien hoe
sake vorder. Hy vra aan die boer; “Miskien het jy ook waardering vir die
pragtige dinge in die natuur. Die lang goue vingers van dagbreek wat
oprys oor die oosterkim, die rooi gevlekte, swaelkleur eilandjies in ‘n
meer van vuur teen
sonsondergang, die wolke soos drake wat teen middernag die bleekwit maan
verslind”. “Nee” sê die boer; “nie onlangs nie, maar dan het ek al ‘n
jaar lank opgehou met drink”
Toe ek
klein was, het ek gedink my naam is Sherrap
‘n Agtjarige
dogtertjie het die volgende opstel geskryf oor Mense:
Mense bestaan uit meisies en seuns en mans en vroue. Seuns is niks werd
nie totdat hulle trou. Seuns maak aaklige broers. Hulle wil alles hê
behalwe seep. My Ma is ‘n vrou en my Pa is ‘n man. ‘n Vrou is ‘n meisie
wat groot geword het en kinders het. My Pa is ‘n goeie man en ek dink hy
was ‘n meisie toe hy klein was.
Grappe hierbo kom
van Gerhard se Grapkas
Teken in op sy weeklikse grapbrief, stuur 'n Epos aan
griesel@futurenet.co.za
met
STUUR in die onderwerplyn |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Ek het begin
kommissie verdien op die verkoop ven UK Lottery kaartjies asook wins
gemaak op items wat ek op die Ebay Internet veiling verkoop het.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Ek sal nie hier
van iets skryf wat nie werk nie, binnekort het ek geen lesers meer
oor nie, so klik hier en
gaan lees meer! |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Nog een van die Voortrekker resepte wat Elzeth aan my gestuur het |
|
Gebakte
karringmelkpoeding
Bestanddele:
1 koppie Meelblom
2 Eiers
1 koppie Karringmelk
2 eetlepels Botter
½ koppie Suiker
2 gelyke teelepels Bakpoeier
Metode:
Klits botter en suiker so goed moontlik, voeg eiers by en klits weer
goed, voeg nou die karringmelk en meelblom beurtelings by. Roer nou die
bakpoeier by. Poeding word op die gewone manier gebak
Let wel: Dikmelk kan in plek van karringmelk gebruik word.
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Vriendin, Melaney wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
DIE LIED VAN JONG
SUID-AFRIKA
Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van 'n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.
Die klop van die Voortrekkerwawiel
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.
Waar songloed in glorie die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika.
Die golwende veld is ons woning
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: "Handhaaf en bou".
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika. |
|
|
Dit en dat.... |
|
Studiebeurse
Glo dit ofte nie, maar internasionale maatskappye stel letterlik
honderdduisende studiebeurse beskikbaar vir enigiemand wat wil gaan
studeer! En jy hoef nie eers te soek daarvoor nie, dis alles in een gids
beskikbaar. Ook vir Suid-Afrikaners! Maar moenie my glo nie,
gaan kyk self! |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Pretdag op 8 Mei
) |
|
|
|
|
Geldmaakgeleenthede op die Internet
Klik
hier! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|