Die Peter-jasie Patriot

 

Nommer 32

'n Passie vir Afrikaans

28 Mei

Dags!

Ek weet nie hoe dit daar by julle gan nie, maar ons twee honde het 'n menselewe! Die huis is hulle s'n en hulle weet dit. Maar hulle gee ons eindelose plesier en pas ons goed op. Die Bouvier is so skrikwekkend dat die ou wat nie bang is vir hom nie sy kop moet laat lees.

Die volgende stukkie is geskryf deur vriendin Rosi van Stellenbosch, hoop julle geniet dit soos ek dit geniet het:

Hondelewe

Ons het twee opregte honde. Hulle ma's en pa's was ook honde.
Eintlik is albei sypaadjie specials wat ons uit die hokke by die dierebeskermingsvereniging gaan red het van 'n moontlike genadedood. In albei gevalle was dit liefde met die eerste oogopslag.

George is die oudste (nou 13 jaar) en is 'n kruis tussen 'n malteser en 'n Toypom. Sagte wit hare, klein van postuur, lewendige swart ogies in 'n fyn gesiggie. Maar moenie dat dit julle om die bos lei nie. Hy skroom nie om ander honde, mense van wie hy nie hou nie, of die posjong aan te vat nie. Hoewel George hou van aandag, hou hy nie daarvan om vasgehou te word of op iemand se skoot te sit nie. Indien dit wel gebeur dat iemand hom vasgehou het, sal hy homself agterna verwoed skud om van alle vreemde reuke ontslae te raak en elke vasgedrukte haar weer los te kry. Hoewel hy die indruk van 'n patetiese hondjie skep, is hy baie dapper en sal in gevaarsituasies aan die voorpunt wees om die' vyand' aan te val.

Wouter is jonger (nou 10 jaar), effe groter van postuur met sagte krullerige bruin hare, swarterige ore en snor en die sielvolste twee o op hierdie ondermaanse. Hy is nou weer die liefdevolle hond wat almal te alle tye met uitbundige vreugde begroet en as hy net die kleinste kansie kry, op elke besoeker se skoot sal spring! Hy is baie jaloers en duld dit nie dat George meer aandag as hy kry nie. Dan word George sommer so met die boude weggestamp...nogal heel snaaks om te aanskou. Wouter se geliefkoosde sitplek is sy ounooi (dis nou ek) se skoot. Hoewel hy groter as George is en hom meestal domineer, is hy gladnie so dapper soos George nie. As daar gevaar dreig of iewers 'n harde lawaai is, ken hy net een pad en dis reguit na sy ounooi se skoot toe!

Hierdie twee brakke lei 'n regte hondelewe.

Saans as ons regmaak om te gaan slaap, gaan loop hulle gou hulle draaie buite, blaf vir oulaas vir die buurt se honde en krap gou 'n paar vlooie af, voor hulle hulle na ons kamer begewe. Synde daar net een hondemandjie is, l die een wat eerste daar kom, in die mandjie, en die ander een spring solank op die bed. Peet moan sy gewone moan van: Brom, brom, die honde moet daar onder slaap want hulle l my bene so vas brom, brom en dan kan ek nie omdraai nie en dan word my rug seer brom brom' . Dan draai hy om en binne sekondes is manlief in droomland. Sodra dit gebeur, kom spring hond nommer twee op die bed en elkeen wikkel vir hulle 'n gerieflike plekkie los iewers teen 'n warm lyf. En so slaap almal saliglik lekker tot mre oggend wanneer ek opstaan om te gaan koffie maak.

Moenie dink dat hulle dan opstaan nie. Hulle rek en strek hulle uit en steun van pure lekkerkry en wanneer die vlooie ook wakker word, begin brakke lustig te knibbel en te krap. Eers na hierdie ritueel spring hulle af om buite hulle dinge te gaan doen en die erf te gaan besnuffel of daar nie dalk gedurende die nag 'n kat was wat hulle heiligdom betree het nie.

Teen die tyd dat ons met ons koffie en beskuit doenig is, kom neem hulle langs ons posisie in en staar ons afwagtend aan vir die laaste stukkie. Hulle vrek oor beskuit. Die beskuitblik staan op die yskas en ek kan letterlik net aan daardie blik raak, dan kom hulle aangehol.

Behalwe etes en aandag, het ons honde elke dag twee hoogtepunte. Die eerste is teen tienuur wanneer die posbode die pos kom aflewer. Wanneer die man by ons straat indraai, begin die straat se onderste hond te blaf, en so kom die klank van hondehisteria soos 'n golf in die straat afgerol. Vir die posman het ons honde 'n spesiale blaf. Soveel so dat selfs ek met sekerheid weet dis nou die posman daar buite en ek kan maar gaan kyk watse slegte nuus die wreld daarbuite vir ons laat aflewer het.

Die tweede hoogtepunt is wanneer die koning van die straat verbykom, en dit gebeur ten minste twee keer 'n dag...wanneer die koning uitgaan en wanneer die koning terugkeer. Laat ek verduidelik. Aan die bopunt van ons doodloopstraat woon 'n Alsation. Elke dag ry hy saam met sy baas iewers heen. Hy sit op die voorste sitplek langs sy baas en kyk met hovaardige houding na al die histeriese honde agter heinings wat verbyflits. Wanneer hulle wegtrek is die hele buurt se honde al op hulle agterpote en so gaan dit aan totdat die motor aan die onderpunt van die straat wegdraai.

So nou en dan kom daar 'n bonus wat addisionele opwinding aan die dag verskaf. Dalkies sal 'n kat met arrogante skrede dit in ons erf waag, of miskien loop 'n blafwaardige karakter in die straat voor die hek verby. Dan haal brakke die blawwe diep uit hulle ingewande uit en spoeg dit verontwaardig en lankdurend in die rigting van die voorwerp van irritasie.

Ons brakke kry nie vreeslike fensie kos nie. 'Pal' hondepille en water is heeldag beskikbaar en hulle vreet maar so wanneer die lus hulle vang. Maar moenie dink hierdie twee brakke eet soos normale honde nie. Wouter is onbetwisbaar die baas. As hy eers by die pillebak sit, moet George maar wag tot hy klaar is. Hy neem behoorlik by die kosbak plaas....ja, hy sit....staan nie soos 'n kommen hond nie..... en so sit en vreet hy tot sy pens vol is.

Dan kry George 'n beurt. Hy weer neem 'n bek vol pille wat hy dan op die persiese matjie in die eetkamer neergooi. Dan rol hy op sy rug in die pille...heen en weer tot die pille omiskenbaar 'n George geur het...of hond dalk 'n pillegeur het. Dan neem hy 'n pil en gooi dit in die lug op, bespring dit en rol weer 'n slag daarop voordat hy dit verorber. En so gaan dit tot hy weer 'n bekvol pille gaan haal en op die mat neergooi.. Weird!

Nadat ons klaar aandete geet het, aanvaar die honde dat hulle die oorskiet gaan kry...veral as die kos na hulle mening lekker genoeg ruik. Dan neem hulle weerskante van my plaas en staar my onafgebroke afwagtend aan. As hulle lank genoeg wag sonder reaksie van my kant af, begin hulle geluide maak. Dikwels is daar geen oorskiet nie, want hierdie Adendorffs weet van bakke leegmaak. Maar sit sal hulle sit....tot ek desperaat en geirriteerd met hulle vasberade geluide, my hande in die lug opgooi en duidelik en afgemete s: Die kos is KLAAR! Julle moet PILLE vreet!! Dan word die sterte tussen die bene ingetrek en met kromgetrekte ruggies gaan l hulle net ver genoeg dat ek darem nog die verwytende skuins kyke kan sien.

As daar die dag bene is, spring George op vier pote rond soos 'n jong bokkie en gryp die aangebode been met 'n geniepsige hap wat soms my vingers ook insluit. Wouter sit ordentlik en wag en kyk my met sy sielvolle o aan tot ek die been vir hom uithou. Dan neem hy dit netjies en versigtig voor hy laat spaander na 'n kol ver van George af.

As dit koud is, soek brakke iewers 'n sonkol en l dan so lekker styf langs mekaar. As dit warm is, l hulle in die badkamer se hoekie agter die toilet. Dis seker die koelste plek in die huis? (Ek sal regtig nie weet nie!) As die weer nie uiters na enige rigting neig nie, l hulle op die sitkamer meubels...tot Peet se groot frustrasie.

Omdat hulle lang hare het, moet hulle elke drie maande die 'poochy parlour' besoek vir 'n was en sny. 'Kom ons gaan ry!' word aanvanklik met groot blydskap begroet en dan spring hulle uitbundig en stertswaaiend in die motor. Sodra ons halfpad is, begin hulle onbedaarlik te bewe en sodra ons naby die hondesalon is, begin hulle droewig te tjank. Dis seker wanneer die herinneringe aan die vorige trip begin inskop!

Wanneer brakke later gehaal word, lyk hulle soos twee wafferse rykmanshonde met strikke in die hare....of soos Peet s, soos twee regte moffiehonde! En hulle ruik seker ook vir mekaar soos moffies, want by die huis wil hulle mekaar tot my ergenis net bespring!

Peet se grootste pret met die honde is om, wanneer hy uit was en terugkeer, die toeter 'n paar keer te druk. Dan begin Wouter droewiglik te huil. Met sy sielvolle o na die hemel gerig, beklaag hy sy gepynigde ore terwyl George met histeriese blaffies die uitvoering aanvul. Dan weet die hele buurt dat Peet Adendorff tuis is.

En so gaan die dae verby. Brakke doen hulle ding en het vrede met die wreld. Solank hulle kos, 'n warm slaapplek en baie liefde kry, is hulle doodgelukkig.

Wat 'n hondelewe!

En die een van Elsab:

Uit Hemelhout is ons gesny,
'n klein ou skippie ek & jy.
Met liefde is ons neergesit,
op golwe groot & kruine wit.
Dit is 'n onbekende see,
waar Hy vir ons die rigting gee.
Met torings liefde langs die pad,
sal Hy ons om die rotse vat.
Hy het vir ons ook visgevang,
ons vasgehou in stormbang.
Hy het 'n hawe voorberei,
waar al Sy skippies veilig bly.
Skippie ek & Skippie jy..........
uit Hemelhout is ons gesny!

en van Annette:

Special Brekvis:

Ek het 'n special brekvis vi jou vindag:
'n glas fol omgee,
'n borkie fol liefde,
'n lepel fol vrede,
'n furk fol vertroue,
'n bakkie fol gebede
& niks maak vettie.

Maggi Jere jou so seen dat jou toointjies vuissies maak, jou ruggi nooit jeukkie, jou badwater vi ure warim bly & jou traainkies van blygeit kom.

 

Skakels

Peter-jasie


Boererate


Aardklop


Stormpies


Danville Hulpgroep


Boeremusiek


Nianell


Musiek


'n Tikkie Humor

Daar is nou 'n swart karaktertjie in die TV-animasieprogram Pokemon:
Sy naam is Filemon

Wat noem jy 'n vrou wat 24 uur per dag weet waar haar man is?
'n Weduwee.

Vraag: Hoekom neem Kubaanse atlete nie aan roei-items deel nie?
Antwoord: Alle Kubane wat kan roei woon reeds in Amerika.

Daar's twee soorte mense by 'n partytjie, die wat wil ry,
en die wat wil bly. En gewoonlik is hulle met mekaar
getroud.

Daar's net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos 'n BEJAARDE: stadig.
Soos 'n VOLWASSENE: deeglik.
Soos 'n TIENER: glad nie.

 

RSG


Kyknet


Eg Afrikaans


Die Knoop


Wat kyk jy


Wenke wat Werk


Minette Brink


Wegbreek


Geldmaak op die Internet?? Virseker!

Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle s, waar 'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan terugkry.

Ek het begin kommissie verdien op die verkoop ven UK Lottery kaartjies asook wins gemaak op items wat ek op die Ebay Internet veiling verkoop het.

Toe word ek bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te betaal!  In 'n neutedop:

~ ek bou 'n neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld inkry!

Ek sal nie hier van iets skryf wat nie werk nie, binnekort het ek geen lesers meer oor nie, so klik hier en gaan lees meer!

 
   

Die Resep

Hmmm, die een klink sommer vorentoe! Ek hou van die resep waar jy kaneelsuiker oor strooi, maar die een klink net so lekker!  

PAMPOENKOEKIES IN STROOP

KOEKIES:
500ml gaar boerpampoen                  250ml gesifte koekmeelblom
10ml bakpoeier                                 2ml sout
1 eier, geklits                                    kookolie

STROOP:
15ml botter 375ml suiker
200ml melk 15ml mielieblom
175ml koue water

Maak pampoen goed fyn. Voeg meel, bakpoeier, sout en eier by en klop tot gemeng. Skep teelepelsvol in warm kookolie, druk effens plat en bak aan weerskante tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel. Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt. Los mielieblom in water op en roer in n straaltjie by melkmengsel. Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies. Dien warm op. Lewer 3 dosyn koekies.

 

 

Afrikaanse Lied

Hier is iets nuuts! Vriendin, Melaney wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel: Ons Blrkas van Afrikaanse Volksmusiek

SEGELIED (Aan ons Afrikanervolk opgedra)

Woorde: A.B. WESSELS
Musiek: STEPHEN H. EYSSEN, 1914

Oor die donkerblou hemel, dryf daar vlugtige wolke,
alles omwelwend skeppend 'n sterrelose nag.
Swaarder druk op my harte--twyfelmoedig gedagte,
verdowend my hope op die langverwagte dag.

Klagend huil deur die bome, weemoedwekkende winde,
snydend my siele maar waai die onheilswolke heen.
Vrolik kondig die Ooste, "Nuw' dag is gebore!"
Verdwyn dan gure wolke met u droewig' druipend ren!

Lank was die stryd vir lout're bestaan;
bitter die angs dat alles vergaan;
maar uit die dode ongemerk,
groei 'n volksgees vurig en sterk;
en sterker sal hy lewe
en geen vyand hom weerstrewe.
Vryheid en reg sal segevier.

Di lied is die eerste sangstuk in Afrikaans.
 

Dit en dat....

Studiebeurse
Glo dit ofte nie, maar internasionale maatskappye stel  letterlik honderdduisende studiebeurse beskikbaar vir enigiemand wat wil gaan studeer! En jy hoef nie eers te soek daarvoor nie, dis alles in een gids beskikbaar. Ook vir Suid-Afrikaners! Maar moenie my glo nie, gaan kyk self!

Argiewe

 
 
 

 
Potjiekoskompetisies, rels en beoordeling! Klik hier!  

 
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid Afrika, kontak my en dan ruil ons uit!  

 
Die Danville Hulpgroep is nou ook betrokke by die President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die Danville Hulpgroep) ( Die Pretdag op 8 Mei )
 

 
Geldmaakgeleenthede op die Internet Klik hier!  

 
op my webwerf  

 
.Ek sal enige terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter  
 

Druk jou speld op my besoekerskaart!

 

Kontak - Teken in/uit

Epos: peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy: