| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
33 |
'n Passie vir
Afrikaans |
4 Junie |
|
Dagsê!
Ons was die afgelope
naweek weer Kruger Nasionale Park toe, seker maar ons gunsteling
bestemming. Gaan kyk hier
vir 'n paar van die fotos wat ek geneem het.
Ek wou nog altyd
Namibië toe gaan. My pa het jare gelede vir 'n mynmaatskappy gehelp
diamante langs die Namibiese kus ontgin. Ons sou 'n jaar of so gelede
daar gaan vakansie hou maar iets het voorgeval en die vakansie is
uitgestel. Nou het ek nog meer rede om daar te gaan kuier, om vir
Minette te gaan ontmoet!
In een van haar
artikels skryf sy oor die land wat sy liefhet, Namibië, hier is die
artikel:
Diep dankbaar...
Met ‘n diepe dankbaarheid is ek na die vakansie terug in die land waar ek
hoort. Agt kilogram swaarder met ‘n tan wat klaar aan die afpeul is. Maar
dis ook reg, want hierdie jaar gaan lekker dinge gebeur, ek voel dit aan
(nee, nie met die helmet gebore nie) en ek is bly dié dinge gaan in hierdie
land gebeur tussen die menste mense in die wêreld.
Oy, die Kaap is groen en asemrowend en vol kultuur en dinge om te doen, maar
daar is ‘n melankolie in die lug, asof iemand die plek se siel gesteel het.
Die mense is vriendelik en pragtig en hoogs ingelig oor sake van die dag,
maar wat van sake van die hart? Waar is die spontaniteit, die warmte en die
blatante eerlikheid wat Namibiërs so uniek maak?
Ek trap sommer met die intrapslag op tone met dié veralgemening en dalk is
dit blote onaanpasbaarheid aan my kant om in ‘n Groot Stad te oorleef, maar
daar wil ek nie bly nie. En hulle sal my ook nie daar wil hê nie, want ek is
hopeloos te onverfynd vir daardie vorm van beskaafdheid.
Hulle doen ook oënskynlike vername dinge wat my laat opkrul van die lag.
Soos die “persoonlike” kolom in ‘n bekende dagblad wat as volg lui:
“Professor Doktor en Mevrou de Lillie van Swendelaarswater sal oor die
Kersseisoen saam met hulle dogter, Jillie, van Hoogenhoutsfontein, en haar
verloofde, Jip du Pré, op Stilstrand vakansie hou waarna hulle Europa sal
besoek.
Mnr. Ambie Dahl van Pniel sterk tans tuis aan nadat die kampeerstoel onder
hom meegegee het.
Me. Yosi de Haag en haar maltese poedel, Floozy, kuier tans by haar ouers op
Gordonsbaai waarna sy haar studies in Uiters Gevordere Wiskundige
Statistieke aan die Universiteit van Cambridge sal voortsit.”
En hoekom wil ons dit nou weet? Dan betaal hulle nog ten duurste om die
broodnodige inligting gepubliseer te kry.
Miskien sit ek die pot lelik mis hier, maar is dit nie ietwat belaglik nie
of is ek te kommin om te verstaan?
En hoekom is die alewige titels so belangrik?
Gaan staan in die ry by die supermark of die apteek, en binne vyf minute sal
jy dosyne kere aankondigings moet aanhoor soos “dit is my aanstaande
skoonseun, William. Hy is ‘n dokter. Van Toronto. In Kanada.” Die spreker
het groot hare en stywe dun lippies en ‘n stem wat deur been klief. Jy
verwag dat William van Kanada ook nasaal gaan oorkom, maar dan sê hy met ‘n
lekker Malmesbury-brei vir die apteker: “Miggag, Anita. Goed om jou weeg te
sien.” En die apteker begin lag en sê: Hallo, WILLEM, onthou jy my sowaar?
Tannie Hare ruk haar op en sleep vir Willem by die deur uit, seker om hom ‘n
les in Stellenbosch-etiket te gaan gee voor hy met haar dogtertjie mag trou.
Nee, werklik, sowat van tyd- en energiemors het ek lanklaas gesien.
Gee my ‘n duisend maal eerder boksiewyn in ‘n plastiekglas en ‘n stuk
biltong in die hand as ‘n kristalnommer driekwart gevul met Merlot teen die
perfekte temperatuur.
Gee vir my die Namibiese son en die woestyn en die veld, eerder as die
Kaapse wind en die Waterfront en die Berg.
Liewer onse kerk se mense wat ‘n halfuur laat by Hosea Kutako aangejaag kom
om jou op te laai en dan “sorry ek is laat” uit volle bors oor verwilderde
toeriste se koppe skree en dan terug in die kar sê: ons gaan by Kapps stop.
Ek het klaar vir die kinders Fantas bestel.”
Dan sit jy by Kapps en ‘n paar windverwaaide bikers kom ingedrentel en almal
gesels oor dit en dat en jy sug van lekkerkry oor jy by die huis is.
Omdat tyd hier stilstaan en mense nog tyd het. Vir mekaar, vir die lewe.
Omdat die Kaapse groen nooit die Namibiese groen kan wees nie.
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Volgende is aan
my gestuur deur vriendin Debbie van Potch! Dankie, Debs!
Die Ma ry met die twee kleintjies (3 en 5) in die kar. Die kinders is
onhebbelik en sy raas en raas, maar hulle wil nie luister nie, wat nog
van stilsit. Sy strip haarself en trek van die pad af, wiks die twee
goed, sit hulle terug in die kar en sê: Nou wil ek nie weer 'n woord
hoor nie.
Na so paar minute sê die seuntjie: "Mamma ek wil iets sê"
Sy sê: "Net vinnig, want jy is veronderstel om stil te bly" Sê hy: "Ek
wil net vir Mamma sê, Jesus gaan hiervan hoor!"
Toe ek ses maande verwagtend was met my derde enetjie kom my driejarige
ingeloop in die kamer toe ek net oppad stort toe is.
"Ma, jy is besig om vet te word" sê sy ondiplomaties. "Dis reg my skat
maar jy moet onthou mamma het 'n babatjie wat in my maag groei" probeer
ek skerm. "Ek weet," sê sy '' . . . maar wat groei in mamma se boude?"
Pieter wys sy seun hoe om die ritsluiter van die sweetpak toe te trek.
"Die geheim is," sê hy " . . . is om eers seker te maak dat die hakkie
van die een kant mooi in die ander pas!"
Sy seuntjie kyk hom met 'n frons aan en vra "Hoekom moet dit 'n geheim
wees?"
Dis Sondag en baie kerke gee deesdae mos spesifieke Sondae voor die
gewone diens 'n kort kinderdiens. Die dag vertel dominee van Daniël en
die leeukuil en al die kinders moet kom voor sit. Baie dramaties vertel
die dominee:
"En die koning vat vir Daniël en GOOI hom in die leeukuil. !" Die kerk
is tjoepstil en die een seuntjie het hom so ingeleef in die storie, hy
haak kliphard af: "So 'n bliksem!"
[Die dominee het blykbaar so gelag hy kon nie verder preek nie.. Het een
van die ouderlinge gevra om net af te sluit en na die tyd vir die ouers
gevra om asseblief nie die kind pak te gee nie want hy was die enigste
een wat regtig geluister het! ]
My vriendin het aan haar kinders die feite van die lewe probeer vertel
toe sy haar derde enetjie verwag.
Sy sê toe dat pappa 'n saadjie in haar geplant het en dat die babatjie
uit daardie saadjie groei.
Met 'n vraagteken op haar voorkop vra die vyfjarige "Toe pappa my
saadjie geplant het - was my gesig op die pakkie saadjies?" |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Ek sal nie hier
van iets skryf wat nie werk nie, binnekort het ek geen lesers meer
oor nie, so klik hier en
gaan lees meer! |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Ek het al baie interessante mense as gevolg van my webwerf ontmoet, so
het ek ook pas met Adri kennis gemaak wat vir my 'n paar van haar
gunsteling resepte gestuur het. Hier is die eerste een: |
|
Souskluitjies
Kluitjies
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien/botter
1 eier
100 ml melk
Sous
500 ml kookwater
25 ml margarien/botter
kaneelsuiker
1. Sif droë bestanddele saam.
2. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
3. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte
deeg. Voeg nog melk by indien nodig.
4. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in
kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig
terwyl kluitjies kook nie.
5. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi
kaneelsuiker oor.
6. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by
en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
MOET NIE dink dis makliker om dit sommer in die sousie te los nie. As jy
nog nooit in jou lewe rubber geeet het nie, sal jy nou! |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
DIE OSSEWA
Woorde: JAN F.E. CELLIERS
Musiek: PIETER DE VILLIERS, 1977
Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke al drukkend hul skowwe,
hul dra dit getroos en tevree.
En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna--
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.
Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe--
en ver is die tog van die dag.
Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur en die vrag bring hul daar.
So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad.
Hul bene, na swoege en swerwe,
lê ver op die velde verlaat. |
|
|
Dit en dat.... |
|
Studiebeurse
Glo dit ofte nie, maar internasionale maatskappye stel letterlik
honderdduisende studiebeurse beskikbaar vir enigiemand wat wil gaan
studeer! En jy hoef nie eers te soek daarvoor nie, dis alles in een gids
beskikbaar. Ook vir Suid-Afrikaners! Maar moenie my glo nie,
gaan kyk self! |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Pretdag op 8 Mei
) |
|
|
|
|
Geldmaakgeleenthede op die Internet
Klik
hier! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|