| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
37 |
'n Passie vir
Afrikaans |
2 Julie |
|
Dagsê
!
Dis moeilik om te glo dat helfte van die jaar al verby is. Een van die
dae koop ons alweer Kersgeskenke. Vriende van my woon in die dorpie
genaamd North Pole in Alaska. Elke jaar met Kerstyd word hulle
poskantoortjie oorstroom met briewe wat aan Kersvader gerig is.
Die heel eerste resep wat ek op my webwerf geplaas het was die
Elephant Stew
resep. Toe byt die versamelaarsgogga my en die res, soos hulle sê, is
geskiedenis! Intussen het die Elephant Stew resep al hoe langer
geword soos mens idees bygelas het. Ek het dit al ingestuur Guinnes
toe, maar hulle het nie so 'n kategorie nie. Gaan kyk gerus en kyk of
julle idees kan bylas. Van olifante gepraat....
Ek lees altyd graag van die artikels wat Frik Lombard skryf, hier is nog
wat hy my gestuur het:
Die Olifant as ete
In my soeke het ek afgekom op ‘n boek geskryf deur Alexis Soyer (1809
–1859). In hierdie boek beskryf hy nogal in redelike detail die
oorsprong van kos en hy gee ook ‘n paar resepte van hoe om sekere soorte
voedsels gaar te maak. Graag sou ek van die resepte wou weergee maar die
kruie en speserye wat hulle gebruik is onbekend en sal nie eintelik sin
maak nie.
Die Amerikaners en veral die van Texas af is geneig om te dink dat alles
groter en beter is by hulle. In die boek van Alexis Soyer word iets
beskryf wat groter en beter is hier in Suid Afrika en dit is die
gaarmaak van olifante. Die volgende beskrywing sal ek probeer vertaal in
my beste Afrikaans.
Sekere nomadiese volke van Asia en Afrika word geglo om versot te wees
op gebraaide olifante. Die Egiptenare het sover gegaan om hierdie
delikatesse in die hande te kry dat Koning Ptolemy Philadelphus hulle
verbied het deur streng wetgewing om olifante te jag. Dit het hulle
egter nie afgesit nie. Al wat die wet veroorsaak het was dat die olifant
se vleis nog ‘n groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het.
In sekere barbaarse volke het hierdie smaak ook byval gevind. Le
Valliant, ‘n gesoute reisiger vertel die eerste keer toe hy die eerste
keer ‘n Olifant se slurp ge-eet het wat deur die Hottentotte aan hom
voorgesit is. Hy het besluit dat dit nie die laaste keer is wat hy die
vleis gaan eet nie aangesien dit die mees eksotiese smaak is. Sy
voorliefde is egter vir die voet van die Olifant.
Le Valliant skryf soos volg:
Hulle sny die vier voete van die Olifant af. Daarna het hulle ‘n gat in
die grond gemaak van ongeveer 3 vierkante voet. Hierdie gat is gevul met
houtskool en bo die houtskool is droë hout gesit. Die vuur was heelaand
aan die gang gehou. Wanneer die Hottentotte gedink het dat die gat warm
genoeg is gedurende die nag, het hulle die gat leeg gemaak. Binne in die
gat is die vier pote van die Olifant gesit. Die gat is gevul met warm
as, houtskool en droë takke. Die vuur is aan die gang gehou tot die
volgende oggend.
Hier skryf Le Valliant dat hy die volgende oggend deur sy bediendes
bedien met vleis. Hy gaan aan om te beskryf dat nadat hy die reuk gekry
het hy nie vinnig genoeg die vleis proe nie. Sy slot opmerking is dat hy
nie kon verstaan dat ‘n dier so groot en lomp, so ‘n delikate en fyn
voortbring nie. Hy noem ook dat die Hottentotte die ander dele van die
dier ook gaargemaak en ge-eet het.
Dit is seker nie baie van ons se wens om gebraaide Olifant voet te eet
nie. Maar dit is seker ‘n ondervinding wat nie baie gou vergeet sal word
nie. Soos op die afgelope ATKV se kongres is daar ‘n krokodil gebraai.
Hulle se nie hoe dit geproe het nie. Miskien sal ek eendag waagmoed kry
om Olifant of Krokodil te eet. Miskien sal daardie moed kom wanneer ek
‘n bietjie baie van Noag sy wyn in het.
Laat maar gerus vir Frik
weet wat julle van sy artikel dink!
|
|
|
'n Tikkie Humor |
Hoekom
'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Seker
omdat ons die woord al te veel in Afrikaans verniel het.
Op 'n Maandagoggend, het die hele skool, soos gewoonlik, in die saal
vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die
eersterugbyspan geprys, die skoolkommitee hartlik bedank, die kinders
met stories bang gemaak...nie dat ek dink kinders skrik meer vir
enigiets minder as die doodstraf nie...wat hulle goed weet hulle nie
opgelê kan word nie. Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die
kinders wat hulle siviele eise teen die skool teruggetrek het, en vir
die wat nie meer in die klaskamers rook nie.
Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is daar
bybels, wat deur die Gideonorganisasie (dis die ouens wat bybels in
hotelle en openbare plekke plaas) aan die skool geskenk is. Die idee was
om vir alle kinders, wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar was, het twee van die
Gideonmanne na die skool gekom, om die bybels te oorhandig. Op diè dag
sit die twee so half eenkant, weg van die onderwysers af.
Toe die hoof klaar was met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders,
en sonder om ooglid te roer, waai hy met sy een hand in die rigting van
die twee Gideonmanne en sê: "Julle wonder
seker wat hierdie twee dose op die
verhoog doen?"
Nodeloos om te sê dat daar toe chaos uitgebars in die saal. Die
onderwysers het daarop gekla dat dit onmoontlik was om die volgende twee
periodes iets by die kinders tuis te bring,
daar hulle telkens uitgebars het van die lag.
Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee
kartondose, met bybels in, is onuitgedeel na die hoof se kantoor
verskuif.
Bogenoemde met dank
van www.eboeke.com
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Kontak my
per epos vir meer besonderhede |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Meeste Saterdagoggende verkoop ons plaaslike Supermark boerierolle in
hulle parkeerterryn. Die geur van braaiende boerewors is genoeg om
enigiemand rasend honger te maak. Hier is iets anders om met boerewors
te maak: |
|
WORSGEBAK
30 ml sonneblomolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10 ml matige kerriepoeier
2 ml borrie
500 ml kookwater
15 ml blatjang
5 ml sout
2 ml peper
500 g rou boerewors, in 4 cm-
stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes
300 g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering
Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag
en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai
'n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by,
verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.. Pak die
rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel
eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors
en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op
en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of
totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor. |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
AFRIKANERLIED
Woorde: H.A. FAGAN
Musiek: JOH. PETERS; verwerk: G.G. CILLIÉ
By die ruwe Kaap van storme, waar die oseane bots
en van oos en wes die golwe worstel om hul bakenrots,
waar die maagdelike velde nog in skuwe skoonheid bloos,
dit is waar jul wieg gestaan het, stoere Afrikanerkroos,
dit is waar jul wieg gestaan het, stoere Afrikanerkroos.
Werk en stryd was julle erfdeel, wat die vaderland jul gee,
maar waardeur jul arm gespier is en jul hart tot staal gesmee.
So gehard en so getemper, trek hul heen oor berg en vlei,
en herskep tot tuin van Eden Afrika se woesteny,
en herskep tot tuin van Eden Afrika se woesteny.
Elke vyand moes getem word wat jul opmars wou betwis:
die natuur se wilde kragte, die barbaar se sluwe lis.
En geen mag van vreemde wapen, geen verow'raar sal jul vrees:
nimmer in 'n slaaf se boeie rus die Afrikanergees,
nimmer in 'n slaaf se boeie rus die Afrikanergees.
Voorwaarts dan, getrou en wakker, moedig, kragtig steeds vooruit!
Geen geweld, geen dwinglands woede sal jul ideale stuit.
Laat jul roep oor berge dawer, oor die vlaktes voortgedra:
Ewig hoog die vryheidsvaandel, stoere kroos van Afrika!
Ewig hoog die vryheidsvaandel, stoere kroos van Afrika. |
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Kleuterskool ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|
|