| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
38 |
'n Passie vir
Afrikaans |
9 Julie |
|
Dagsê
!
Voor ek begin. 'n spesiale
versoek. My vriendin, Maggie in Melbourne, het nog nooit melktert geproe
nie en ek het haar al oortuig dat daar niks lekkerder is nie. Is daar
miskien iemand in die Melbourne (Mount Waverley) omgewing wat een vir
haar kan bak en laat kry? Sy sal dit vreeslik waardeer! Stuur my asb
epos
as jy kans sien om dit te doen.
Ek het 'n week of
twee gelede genoem van die verrassing wat ek besig is om vir Minette te
reël. Wel, met Petunia se hulp is dit klaar, 'n eBoek met 20 van Minette
se artikels in. Regs klik op die omslag hieronder en laai die boek af,
lekker lees!
Terugvoer sal waardeer word!
Hier is nog een van
Frik Lombaard se interessante artikels:
Die Griekse
Eetgewoontes
In die nuwe testamentiese tyd het die Grieke lekker geleef. By hulle was
daar nie die wettiese beperkings op hulle eetgewoontes nie. Die grieke
was relatief ligte eters en dit was vir hulle nie ‘n voorkeur om vleis
by ‘n slaghuis te kry nie.
So nou en dan het hulle op feesdae skape of varke ge-offer maar die is
na die ete ge-eet. Die hoofmaal vir die Grieke was die aandete gewees.
Gewoonlik is vriende uitgenooi om hulle maaltye saam met hulle te kom
geniet. Vrouens, altans die dames, het nooit hulle maaltye saam met die
mans genuttig nie. Nou wonder ek of dit hier waar die Engelse spreuk van
"Barefoot and Pregnant in the Kitchen" vandaan kom.
Die Grieke se voorkeur in kos was ‘n tipe wors. Saam met dit het hulle
gewoonlik eiers, vis en kaas geniet. So nou en dan het hulle ook haas of
duif ge-eet. Aangesien die Grieke van sterk geure gehou het, het hulle
van hulle vis gesout en gedroog gehou. Hulle het natuurlik baie van
knoffel gehou en hulle kosse is voorberei is groot hoeveelhede olyfolie
en botter. Soveel so dat die kos in die borde gedryf het in die olie.
Vir spesiale geleenthede is ‘n omelet berei wat bestaan het uit meel,
eiers, kaas en heuning. Hierdie omelet is gekook in ‘n sterk gegeurde
sous, en dit is opgedien in ‘n vyeblaar .
In daardie tyd het die mense ge-eet met hulle hande en brood is gebruik
as lepels om die sous mee te verorber. Sodra die ete klaar is het slawe
die vloere uitgevee en die tafels uitgedra. Hulle het oomblikke later
weer teruggekom met die tafels wat gekreun het onder die nageregte.
Nageregte het bestaan uit neute, olywe, vye en koeke.
Na die nageregte het die wyn te voorskyn gekom. Daar is ‘n meester van
die fees gekies en dit was sy werk gewees om te besluit hoeveel water by
die wyn gevoeg moes word. Gewoonlik is die dit in die verhouding gewees
van 2 dele wyn met een deel water. Indien hulle my gekies het sou dit ‘n
ander prentjie gewees het. Die slawe het die wyn dan gemeng in groot
erde houers. Die drink sessies het tot laat in die nag aangehou. Dit het
gelei tot groot debatte wat gevoer is. Nog ‘n groot tydverdryf was om
mekaar raaisels te vra.
So is seker menigte aande deurgebring. In ons tyd na ‘n glas of twee
debatteer ons nie en nog minder vra ons raaisels. Hier noem ons dit
sommer net twak praat om ‘n braaivleis vuur. Waaroor praat julle alles
om die vuur?
Indien ek so sit en kyk na wat 2000 jaar gelede gebeur het wil ek nie
sien wat skryf die geskiedskrywers oor ons na 2000 jaar nie.
Laat maar gerus vir Frik
weet wat julle van sy artikel dink!
|
|
|
'n Tikkie Humor |
Piet word as 'n
verkoopsman aangestel. 'n Vrou kom en vra of die winkel pruimkonfyt het.
Piet soek oral maar kry niks, en stuur die vrou leë hande huis toe. Piet
se baas haal hom oor die kole en sê: "As so iets gebeur, moet jy vir die
klant sê hier is nie pruimkonfyt nie, maar wil sy nie ons appelkoos-,
druiwe-, of tamatiekonfyt koop nie."
Piet se volgende klant is 'n man wat toiletpapier soek. Piet kry dit
nêrens opgespoor nie en vra toe vir die man: "Jammer meneer, maar hier
is geen toiletpapier nie, maar wil u nie ons deurslagpapier, skuurpapier
of confetti probeer nie?"
SLIM VERTALINGS
G-string: Snakstringetjie / tergtoutjie
Sales rep: Koopseblief / kommissiekabouter
Toi-toi: Vakbond-vastrap / williewerkie-wals
Tantrum: Spin-jou-driewiel / vloermoer / baba-boogie
Doggie Bag: Woefkardoes
Stapler: Draaddrukkertjie / papiervampier
Softie: Sponskind / Jellie Japie
Appy: Moerjoggie / spykerkind
Backseat driver: Skouervlieg
Hang-over: Bewe-lewer
Halfjack: Polisiekoffie / bergieparfuum
Stew: Vleismoles
Make-up: Jeugdeeg / plooisement
Face-lift: Hysbakkies / glystopper /opstaanoperasie
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
|
Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie
maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede
waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sê, waar
'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My
nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my
vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet
bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan
terugkry.
Toe word ek
bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie
net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te
betaal! In 'n neutedop:
~ ek bou 'n
neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse
spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld
inkry!
Kontak my
per epos vir meer besonderhede |
|
| |
|
|
|
Die Resep |
|
Vir die van julle wat nog op die ou manier wil brood bak met
aartappelsuurdeeg, die volgende het ek ontvang van vriendin Annatjie: |
|
AARTAPPEL
SUURDEEG
1/2 Koekie yeast (moet koekie yeast wees)
Middelslag aartappel...fyn gerasper...belangrik...mooi fyn.
2 Eetlepels Suiker
1 Eetlepel Sout.
Sit alles in Consol Bottel...(soos vir vrugte inlê)
Maak bottel vol tot by nek met sterk lou water en roer goed
Maak toe met deksel...nie styf nie...en laat staan op warm plek
......die aartappels sal boontoe trek na die
deksel toe...dan is dit reg. Skud bottel...hou hand voor en gooi af...
maar nie als nie...hou sowat 1/4 van alles terug. Onthou...die
eerste keer of twee sal dit nie behoorlik rys
nie...dit vorm nog die suurdeeg basis.
Hierdie proses moet herhaal word sowat drie keer...dan is die suurdeeg
reg vir gebruik.
Moet nie te warm water gebruik nie...net sterk lou...anders maak dit die
suurdeeg dood.
Wie het vir my 'n broodresep (regte egte boerebrood) wat met
aartappelsuurdeeg gemaak word? My buite-oond gaan binnekort reg wees dan
wil ek begin bak!
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
ONS VLAG
Woorde: ERNST A. HARTWIG
Musiek: A. METHFESSEL; verwerk: ERNST A. HARTWIG
Nou waai ons Vlag en wapper fier!
Sy kleure is ons vreugde;
hul skoonheid spoor ons harte aan
tot ware, ed'le deugde.
Oranje dui op heldemoed
wat krag vind by die Here;
die Blanje eis 'n rein gemoed;
die Blou verg trou en ere.
Ons Vlag bly steeds ons eenheidsband.
Al kom ook sware tye:
dis God wat waak oor Volk en Land,
Suid-Afrika ons eie.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Kleuterskool ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|