| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
43 |
'n Passie vir
Afrikaans |
13 Augustus 2004 |
|
Dagsê
!
My gunsteling Suidwester, Minette Brink, is weer terug met een van haar
stories. Stuur gerus vir haar
ePos en laat haar weet wat julle daarvan dink.
Maar voor julle lekker begin
lees, kyk eers hierna! Port Alfred is geleë in een van die mooiste dele
van ons land. Jy het nou 'n geleentheid om 'n 10% aandeel (5 weke per
jaar) in 'n huis op die Alfred Marina te koop.
Klik hier vir verdere
besonderhede en fotos!
Namib se meisies
deur Minette Brink
DIE manne moet nou rustig iewers ‘n koffie gaan drink en die volgende
aandagtig deurlees totdat die waarheid insink: In hierdie land word ‘n
unieke spesie aangetref wat jy nêrens anders ter wêreld sal kry nie
naamlik die Namibiese meisie. (As al die mans nou klaar hulle siniese
gelag onder bedwang gebring het, lees asseblief verder.)
Dié spesie van die vroulike geslag word te veel onderskat en beswaarlik
na wense waardeer.
Want waar anders sal jy vrouens kry wat ‘n kudu kan jag, kan verwerk,
die bakkie se band ruil, dieselfde kudu in steakvorm kan voorsit vir
vyftig gaste en nie terapie hoef te kry as sy in een van die prosesse ‘n
nael tjip nie.
Namibiese meisies kan motorfiets ry, vier by viers deur die diksand
manoeuvre, visvang, kamp opslaan en vuurmaak. Hulle eerste vraag op ‘n
uitnodiging veld toe is nooit “is daar ‘n generator vir my blow dryer
nie,” maar “wanneer ry ons.” Dan kan die motorvensters die heelpad
oopbly en sal sy nie huil oor die haarslierte wat oor haar gesig wapper
of die stof wat haar kontaklense ontstel nie.
Hulle kyk die lewe vierkantig in die oë, huil as dit moet en deel slae
uit waar van pas.
Terselftertyd kan hulle optof en in ‘n ligte parfuumwolkie aansit vir ‘n
vyfgangmaal saam met staatshoofde waartydens hulle met vroulike intuisie
dieselfde staatshoofde kan oorreed om hulle beleid ten opsigte van
weeskinders te verander, of ten minste te oorweeg.
Hulle is nie verslaaf aan etikette en die nuutste moedgiere nie en sal
liewer hulle salarisse opgebruik om kwekerye leeg te koop en hulle
tuistes in oases te omskep. Sou daar geld oorbly, is dit hardeware
winkel toe om verf te koop om self die huis in ‘n kleure paradys te
omskep.
Hulle is leeuwyfies wanneer dit by hulle kinders kom en sal naels uitpak
wanneer enige iemand hulle liefgoed (veral hulle mans) bedreig.
Namibiese meisies weet om die minimum (indien ooit) blomme, kaartjies,
geskenke, vakansies op eksotiese eilande, onbeperkte kredietkaartlimiete,
wegbreeknaweke, ontbyt in die bed, skuimbaddens met aromaterapie kerse,
vollyf masserings en lang innige soene te verwag. Maar is meer as gereed
om die bederf uit te deel. Ongevraagd.
Hulle laat hulle mans soos mans voel wanneer hulle mans soos mans optree
en kan net so maklik hulle mans soos muise laat voel wanneer hulle mans
te veel begin piep.
En soos altyd het een van die manlike kollegas gou oor my skouer kom
lees en amper my agterkop weggeblaas van verontwaardiging. (Nee, vir ‘n
verandering was dit nie Neels nie.) “Wattttt, spoeg die man. “Namibië
het die lelikste girls in die wêreld. Nou probeer jy hulle so bemark?”
Ek lag vir hom, want dis nonsens. En as hy verwys na die plooie en die
dikwels sonverskroeide gesigte moet hy net sê. Ons KAN ook rome aanplak
en nooit in die son verskyn nie sodat ons op 80 soos 18 lyk, maar wie
sal dan saamgaan op buitelugtrippies en die aas aansit op Henties? Wie
sal bollemakiesies in die Swakopsee saam met die kinders maak en vir ure
sandkastele bou, rekmerke en al? Waar sal hulle meisies kry wat
duineborde teen 300 kilometer per uur kan hanteer en onthou het om die
politoer saam te bring?
Dis vir eers genoeg.
En die manne wat nie met my saamstem nie, moet maar bruide uit die
Ukraïne begin invoer. I dare you…
Onthou om
oudergewoonte aan Minette
ePos te stuur en te laat weet wat julle van die artikel dink.
My ander gunsteling
Suidwester, Nianell, is op 9 Oktober op Noot vir Noot, maak seker dat
julle almal kyk! Sy het ook by UKkasie opgetree, kyk gerus ook na die
programme hieronder!
|
UKkasie
Daar is
3 programme by UKkasie opgeneem en dit saai uit
7, 14 & 21 Augustus.
DKNT, Saterdae-aande, 19:30 op kykNET.
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Wat is die verkil tussen oefen en vry? Jy weet nie?? Dan moet jy
maar bly oefen!
"Slaan hom
bloedbek, Hugo!" gil 'n geesdriftige toeskouer by die boksgeveg.
"Jy is seker 'n ondersteuner van Hugo," sê die man wat langs hom sit.
"Nee, ek is sy teenstander se tandarts!"
Mens raak nooit
verveeld met jou man as hy 'n bokser is nie, elker keer as hy van 'n
geveg terugkom lyk hy anders!
Hier is 'n boereraat
wat NIE aan te beveel is nie!
ALKOHOL
Alkohol is 'n baie wonderlike middel om vlekke mee te verwyder. Dit
verwyder vlekke van winters- en somersgoed. Dit verwyder ook meubels,
voertuie en huise. Verder kan dit ook matte, beddens, jou familie, vrou
en kinders verwyder. Dit verwyder ook jou oordeelsvermoë, jou vermoë om
te dink, selfs jou vriende, klere, skoene, jou selfrespek, jou goeie
naam en selfs jou werk. En indien jy dit te veel gebruik verwyder dit
selfs vir jou.
|
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede.
|
|
Betaal jy dalk
teveel vir jou korttermyn versekering?
Klik hier vir 'n vinnige gratis aanlyn kwotasie en kyk
hoeveel jy kan spaar. Ek het persoonlik R600 per maand gespaar.
|
 |
|
Klik hier vir meer
geldspaar/geldmaak moontlikhede op die internet!! |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. |
|
WILDSVLEISBOBOTIE
50ml olie
1 ui, gekap
15ml kerriepoeier
750g gemaalde wildsvleis;
7ml sout
37,5ml bruin asyn
37,5ml fyn appelkooskonfyt
1 Granny Smith-appel, grof gerasper
50ml pitlose rosyne
1 sny witbrood
350ml melk
2 eiers
5ml borrie
4 vars suurlemoen- of lourierblare.
Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en
deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minuut
lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg
die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op
en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en
voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n
vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by.
Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die
eiermengsel bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond
teen 180C totdat die vla gestol het. |
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
SEGELIED (Aan ons Afrikanervolk opgedra)
Woorde: A.B. WESSELS
Musiek: STEPHEN H. EYSSEN, 1914
Oor die donkerblou hemel, dryf daar vlugtige wolke,
alles omwelwend skeppend 'n sterrelose nag.
Swaarder druk op my harte--twyfelmoedig gedagte,
verdowend my hope op die langverwagte dag.
Klagend huil deur die bome, weemoedwekkende winde,
snydend my siele maar waai die onheilswolke heen.
Vrolik kondig die Ooste, "Nuw' dag is gebore!"
Verdwyn dan gure wolke met u droewig' druipend reën!
Lank was die stryd vir lout're bestaan;
bitter die angs dat alles vergaan;
maar uit die dode ongemerk,
groei 'n volksgees vurig en sterk;
en sterker sal hy lewe
en geen vyand hom weerstrewe.
Vryheid en reg sal segevier.
Dié lied is die eerste sangstuk in Afrikaans.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die
Danville Hulpgroep) (
Die Kleuterskool ) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
Webmeesters, klik hier!
|
|