|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
48 |
'n Passie vir
Afrikaans |
17 Sept 2004 |
|
Wees gegroet!
Sien julle die
Netflorist banier hierbo? Klik gou daarop en stuur vir daardie spesiale
persoon 'n bos blomme! Of sommer net tjoklits! Hulle sal dit vreeslik
waardeer!
Hoop dit gaan goed
met almal. Ek luister nou die dag na RSG en daar praat hulle oor die
Staatsdiens en dat hulle 'n tolvrye nommer het waar jy kan gaan kla as enige
Staatsdepartement se diens nie na wense is nie. Hier is die nommer:
0800701701 .Ek wonder hoeveel duisend mense het hulle in hulle
oproepsentrum. Ons het rede gehad om die nommer te bel en die dametjie
was beleefd en kon ons probleem uitsorteer. EN sy het Afrikaans gepraat!
Wel gedaan, staatsdiens!
Ek soek 'n paar
mense om saam met my vir hulle 'n nesesier op te bou en terselfdertyd
ook 'n ekstra geldjie te verdien. Julle het al gehoor van die Clientele
geleentheid. Nie almal van ons is bemarkers nie maar as ons saamstaan en
mekaar help kan ons die ding laat werk. Stuur vir my
ePos
en dan praat ons verder.
Hier is nog een van
Tienie Holtzhausen se artikels, stuur gerus vir haar
ePos as julle daarvan hou.
Kupido en die
prikkelpop
Deur Tienie Holtzhausen
My buurvrou is met reg trots op haar blonde dogter. Behalwe vir haar
knap brein (sy's besig om vir tandarts te studeer), beklemtoon sy graag
haar pragtige bates met laehalsies en kort rokkies. Dié dalk dat een van
haar oulike professore hom spesiaal oor haar ontferm.
"Sy kan mos nie haar talente onder 'n maatemmer staan en versteek nie,"
verdedig hy haar by die dekaan toe van die personeel klagtes indien oor
haar skrapse kleredrag.
Toe die klagtes verder gaan en hy ook beskuldig word van meer as net 'n
vaderlike gevoel vir haar, is hy op sy agtervoete. "Geen man is mos van
klip gemaak nie," vererg die slimme hoogleraar hom, verklaar die saak
gesluit en weier om na 'n verdere skewe woord oor haar te luister.
Toe dié mooie meisiekind nog net 'n paar maande se studies en praktiese
klasse oorhet, nooi my buurvrou my oor vir tee om soos gewoonlik
eindeloos met haar dogter te spog.
Maar dié dag is daar 'n treurige trek op haar gesig. Sy't so gehoop haar
dogter is teen die tyd al moeg om in die bondel te vry en maak plan om
ten minste 'n verloofring aan haar vinger te kry, kla sy.
Wat my mos toe inspireer. Ek het hoeka 'n lewensdroom om a lá Kupido
iemand se toekoms 'n romantiese kinkel te gee. Ek is egter versigtig. Ek
wil nie hê buurvrou moet dink ek is oorgretig nie.
Maar as sy eers my broer se seun met sy breë skouers en sy goudbruine
sixpackmaag ontmoet het …
Ek hou my geheimsinnig. Noem wel dat hy 'n vlieënier is wat al die
wêreld deurgerits het vir sy werk. En hoe bekommerd ek is oor hy
oujongkêrel se kant toe begin staan. Toe ek 'n bietjie aandik oor sy
bankrekening, begin sy belangstelling te toon. Wat my aanspoor om ook te
vertel van sy hemelse glimlag en sy stel pragtige wit tande.
"My kind móét net beïndruk wees," raak sy toe net so entoesiasties. "En
sy soek juis pasiënte vir haar finale krooneksamen."
Gelukkig het die ou 'n gekroonde tand wat hy lankal wou laat oordoen
omdat dit te geel is na sy sin. En met my buurvrou se hulp en fyn
gekonkelry kry ons hom by die universiteit in haar dogter se
tandartsstoel.
Hulle kliek toe dadelik. En kort voor lank wiééé, wiééé, wiééé haar
boor. Eindeloos en pynigend. Maar hy stres nie. Staar net diep in haar
oë en raak by die minuut meer verlief.
Wat sy nie raaksien nie, is hoe jaloers haar 'vaderlike' professortjie
die hele knusse toneeltjie gadeslaan.
Met die kroon klaar, is dit tyd vir die finale passing. Nog net haar
professor roep vir goedkeuring om dit te kan vassit. Hy draai die
pronkstuk eers van kan tot kant en bespreek die kontoere met haar. Sy
vat dit by hom en verduidelik weer wat sy gedoen het. Dit alles reg voor
die pasiënt se oë waar hy oopmond met watterolle en 'n suier lê. Met die
oor en weer aangeëry van die kroon, glip dit uit iemand se hand en val
in sy keelgat af.
Hulle laat hom louwarm Engelse sout sluk en sy vinger in sy keel druk.
Oor en oor. Sy klap sy rug. Probeer alles. Tevergeefs. Die kroon is
verby 'n punt van terugkeer. Dit sit. En uitstel vir haar eksamen, gaan
sy nooit kry nie.
Sy rig haar sielvolle oë pleitend op die slim proffie. Maar hy was nie
sonder plan nie. Na hy haar snikke tot bedaring gebring het, kyk hy haar
dramaties aan. "Juffrou, in my kantoor se boekrak is 'n boksie waarop
daar geskryf staan: 'noodhulp'. Bring dit gou vir my, dan los ek jou
probleempie sommer gou-gou vir jou op."
My buurvrou se arme dogter is moedeloos en in trane toe sy my die res
van die storie vertel: "Ai, tannie, toe ons die goed voor tannie se neef
neersit en aan hom verduidelik wat hy met daardie bottel kasterolie, die
teesiffie, tweezer en die vergrootglas moet doen …"
Maar die ou besef toe darem die erns van die saak en voer sy opdragte
deeglik uit. Twee dae later is hy terug. Bleek en bewerig, maar kroon in
die hand. Heel en ongeskaad, behalwe vir 'n onmiskenbare reukie wat
verklap deur watter ongewone paadjies en kanaaltjies dit was.
Sy en die proffie doen toe ekstra moeite om die kroon deeglik geskrop,
gesteriliseer en geparfumeer te kry. Genadiglik betyds vir haar eksamen.
Sy sement dit vas en bedank beide haar pasiënt en haar professor vir hul
"wonderlike samewerking".
Dinge werk toe nie uit soos ek en my buurvrou beplan het nie. Nie dat my
neef nie probeer het nie. Maar, nes hy lekker romanties is en wil vorder
tot die soenstadium, skram die mooie blonde student weg. Skoon
verwilderd, vertel hy my later.
Die professor was gelukkig daar om haar te troos. En met haar laaste
eksamens agter die rug, het hy 'n voltydse vryer geraak. Hulle is 'n
maand later getroud.
My neef was ook op die troue. Met 'n visioen van 'n meisie aan sy sy.
Waar die twee mekaar onophoudelik en tot vervelens toe beklou. Maar ai,
telkens as hy haar so 'n innige, langasem mangelkus gee, draai ek maar
net my kop weg.
Want sien, nes my buurvrou kan ek toe nie ophou wonder nie: Wie sê daar
het nie dalk verskriklik per ongeluk 'n piepklein stukkie van daardie
kasterolie-mengsel oorgebly nie? Halsstarig aan't klou iewers in die
kroon se binnekant.
Toegesement vir 'n leeftyd.
|
 |
|
'n Tikkie Humor |
|
Die dokter
ondersoek Koos se toekomstige vrou. Toe hy klaar is, roep hy Koos
eenkant.
Dokter: Kyk, dit is 'n lelike ding waaroor ons ongelukkig nou moet praat.
Koos: Ek weet dokter, maar sy het baie geld.
Wat noem jy 'n
vrou wat 24 uur per dag weet waar haar man is?
'n Weduwee.
'n Non staan
eendag by 'n verkeerslig in Johannesburg, en Koos help haar
ewe vriendelik oor die woelige straat.
Non: Ag, baie dankie; ek het nie geweet daar is nog sulke ordentlike
jong mans in die bose stad nie.
Koos: Ag, dis niks. Enige pêl van Batman is my pêl.
Wat is die
vroulik van impotent? Parralaks
Maraaitjie stap
by die libry in en daa sien sy vi Gammat diep ingedagte met die
Bybel in sy hanne.
Sy se: "Gammat, en as djy dan nou hie sit en Bybel lies? Ek dog djull's
Moeslems?"
"Nay", se Gamat, "ek soek wek."
"Innie Bybel nogals?" vra Maraai.
"Dja" se Gamat. Hie innie boek van "Job" |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede.
|
|
Betaal jy dalk
teveel vir jou korttermyn versekering?
Klik hier vir 'n vinnige gratis aanlyn kwotasie en kyk
hoeveel jy kan spaar. Ek het persoonlik R600 per maand gespaar.
|
|
|
|
|
|
Wil jy 'n neseier opbou en terselfdertyd nog 'n
ekstra geldjie verdien ook? Wie sal nie wil nie, klik gerus
hier en
vind uit hoe!
Klik hier vir meer
geldspaar/geldmaak moontlikhede op die internet!! |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. 'n Resepte eBoek maak die ideale
geskenk, geen posgeld om dit na daardie spesiale persoon selfs in 'n
ander land te stuur nie, stuur net per ePos! |
|
Ek hou van beesstart as hy so afval van die been, en ek hou van sosu oor
my brood, so ek reken hierdie volgende resep is net die ding!
SOUSERIGE BEESSTERT
2 kg beesstert (in porsies gesny)
paprika
koekmeelblom
250g swoerdlose spekvleis (in blokkies)
2 groot uie (gekap)
2 knoffelhuisies (gekneus)
60ml tamatiepasta
10ml roosmaryn
500ml droë rooiwyn
410g heel tamaties
250ml vleisaftreksel
sout
vars gemaalde swartpeper
Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie
vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en
braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in
dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roos
maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies
wat vassit, los te maak. Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg
beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas
deksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure. Geur na smaak.
Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water.
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
Alkohol is 'n baie wonderlike middel om vlekke mee te verwyder.
Dit verwyder vlekke van winters- en somersgoed.
Dit verwyder ook meubels, voertuie en huise.
Verder kan dit ook matte, beddens, jou familie, vrou en kinders verwyder.
Dit verwyder ook jou oordeelsvermoë, jou vermoë om te dink, selfs jou
vriende, klere, skoene, jou selfrespek, jou goeie naam en selfs jou werk. En
indien jy dit te veel gebruik verwyder dit selfs vir jou.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
DIE MANNETJIE
Woorde: JAN POHL
Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.
Kopiereg (1951) van teks en melodie: Die Musiekuitgewers-Maatskappy van
Afrika, Presidentstraat 161, Johannesburg. |
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|