|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 55 |
'n Passie vir
Afrikaans |
3 Desember 2004 |
|
Wees gegroet!
Wil julle glo, dis
al Desember, die jaar is amper op sy rug. Vir die van julle wat weggaan,
geniet dit en ry versigtig! Vir die van julle wat tuisbly, geniet die
paaie sonder verkeer! Toe ek nog "gewerk" het was hierdie die lekkerste
tyd van die jaar. Die kerspartytjies by die werk, "halfdag" werk op die
24ste en die 31ste, die doodstil paaie (ek praat nou van Johannesburg).
Ek het nooit daarvan gehou om in Desember met vakansie te gaan nie, te
besig, te duur, te warm, net TE! Ek het maar met Jan Tuisbly se
karretjie gery en die besige paaie na vakansiebestemmings vir die ander
gelos. Hierdie jaar egter het ons besluit om Kersfees in die Kruger Park
deur te bring. As ek dan nie 'n wit Kersfees met sneeu kan beleef nie sa
ek dan maar 'n witwarm Kersfees in die Park geniet.
Ek is op soek na eg
Suid-Afrikaanse mengeldrankies (cocktails) vir my nuwe
Cocktails bladsy,
Afrikaans of Engels. Stuur vir my
vonkpos as julle enige bydraes het
Hier is nog een van
Minette se artikels, geniet dit:
Trots
Minette Brink
(stuur vir Minette ePos)
TROTS is niemand se speelmaat nie. Met baie teer herinneringe blaai ek
die ander aand deur foto’s van my oorlede ouma. En ek begin lag, oor dié
ouma, koningin van Trots. In Boeretaal sal ʼn mens dit seker as plein
hardkoppigheid beskryf, maar dis juis wat haar uniek en so ongelooflik
spesiaal gemaak het.
Ouma was die grootste dame wat ek ooit geken het. Al het sy dit gereeld
te ver gevoer, tot groot (verskuilde) vermaak van die familie. Soos die
keer wat sy vir ons uit Johannesburg kom kuier het en ons afgepiekel het
Swakop toe. Met die uittog na die eerste strandpiekniek, is ons redelik
verstom toe Ouma van kop tot tone gedress, sykouse en Bally-skoene
inkluis, haar in die kar sitmaak. Ek is die taktlose een in die familie
en vra toe nou maar die vraag wat op almal se lippe brand. “Oums, ons
gaan strand toe. Oums kan mos nie met daai mooi klere gaan nie?” Sy gee
ʼn ligte, dog uiters vroulike snorkie en druk haar reeds perfek gedoende
hare reg. “Gmf, dink jy ek weet dit nie.” En dan met ʼn diep sug,”ek is
immers ʼn gas in hierdie dorp. Mens moet betaamlik lyk. Mens weet nooit
wie jy kan teëkom nie.” Ons is toe see toe. Ons het niemand teëgekom nie.
Maar Ouma was in haar element op haar reuse strandhanddoek en dis al wat
tel. Bally-skoenhakke pikant in die sand geanker.
Die ander saak van trots was die weiering om ʼn gehoorstuk te dra. Nie
dat sy aan ʼn erge graad van hardhorendheid gelei het nie, maar dit kon
dalk vir minder verwarring gesorg het. Sy en ma gaan koop eendag rokke
en die verkoopsman staan nader. “May I be of assistance,” vra hy baie
beleefd. “SISTERS? Nooooo, mother and daughter,” lag Ouma hoogs gevlei
terwyl sy deur die winkel wegwals.
Een aand bespreek stiefpa sy reisreëlings met ma. Hy was oppad Rundu toe
en sê hy gaan sommer vir Perd (een van laatlamboet se byname) saamvat.
“TE PERD,” stik Ouma in haar tee. “Gaan julle nie moeg raak nie?” En die
kommer oor die enigste kleinseun keep twee nuwe plooie om haar mond.
Ouma was gek oor televisiekyk, maar soms sou dié tegnologiese wonder vir
haar net een te veel wees.
Gillette se World Sport Special het haar tot raserny gedryf. Aan die
begin en einde van die program is daar die standaard skote van tollende
motorfietse, vallende bergklimmers, ruiters wat van perde aftuimel en so
aan voort. “O lot!” Die geskokte gilletjie sou aand na aand deur die
huis weergalm. Oor dieselfde ding wat sy die afgelope week na kyk en
elke keer oor skrik. Dan moet ons mooi verduidelik dat niemand seergekry
het nie en dat dit heruitsendings is, maar nee. So ‘o lot’ ons die hele
vakansie deur.
Verwarrende kuisheid het ook ʼn groot rol gespeel. Sou ons videos kyk en
daar’s ʼn vrytoneel (nee, niks onder die belt nie, ons is ordentlike
mense) dan sou sy heel geskok haar hand oor haar oë drapeer en so tussen
die vingers deur loer. En ‘ag nee, skaamte’ prewel. As ma dan sê miskien
moet ons liewer ʼn ander video kyk, dan skop Ouma vas. “Nee, nee, nee,
netnou mis ek iets.”
Uit respekte kon ʼn mens nie ʼn argument aanknoop nie, want die logika
agter dié versoek was verbysterend.
Ek verlang verskriklik na my ouma. Ten minste het ek ʼn ordentlike porsie
hardegatgyt geërf.
Moenie fout maak nie,
ek hou van Hot Dogs, ook die Suid-Afrikaanse weergawe, die Boerierol.
Wat my egter tot in my siel grief is die "afskeep" hotdogs wat mens
vandag te koop kry. 'n Broodrolletjie sonder botter of enigiets,
die worsie daarop en dan het jy 'n keuse van tamatiesous of mosterdsous
daaroor. Siesa! Wat van bietjie botter, 'n skyfie of twee tamatie en ui,
DAN die worsie en die sous. Dit sal hulle mos nie arm maak nie!
Hier is bietjie
geskiedenis oor doe Hot Dog (Warmbrak in Afrikaans?) deur Frik Lombaard.
Warm Brakke
Hot Dogs is al amper ouer as die berge. So ’n paar honderd jaar voor
Christus is daar al aantekeninge gemaak oor die verwerkte worsie gemaak.
Onder die koshistorikuste bestaan daar nie veel twyfel dat die worsie
die oudste verwerkte kossoort is.
Frankfurt in Duitsland wil graag die eer en erkenning kry vir die
skepping van die Frankfurter worsie. Maar die eer word toegereken aan ’n
Duitse slagter wat in ’n naburige dorp gewoon het, en die worsies wat hy
gemaak het na Frankfurt toe geneem het om te verkoop.
In 1987 het Frankfurt die 500 jarige bestaan van die “hot dog” gevier,
maar raai wie was boos vir hulle daaroor gewees? Niemand anders as die
Oostenrykse stad Vienna nie. Hulle het die Duisters aangevat en gesê dat
hulle stad die geboorteplek was van die vienna of weense worsie of die
hot dog.
Die algemene naam wat aan die worsie gegee was, was die “dachshund”. In
Amerika het meestal die Duitse immigrante die resepte oorgebring van
Moeder Duitsland af, en dit was nie baie lank gewees voordat die
dacshund in broodjies op die strate verkoop is nie. Wat die mense saam
gekry het was melk en suurkool. Dit was baie populêr gewees, want dit
was goedkoop gewees,
In 1893 is daar begin om hierdie lekkerny te verkoop in die sport
staduims van Amerika. In 1901 Het Harry Stevens, wat die konsessie gehad
het om roomys en koeldrank in die staduims te verkoop. Maar dit was
winter gewees, en sy besigheid het nie so goed gedoen nie. Die man kom
toe op ’n blink idee af en stuur van sy verkopers om rolletjies en
worsies te gaan koop. Hy maak toe die Dachshund rolletjies en hou dit
warm. Sy verkopers gaan in die skare in en begin verkoop. ’n
Onmiddelikke sukses.
’n Verslaggewer wat die bofbal wedstryd bygewoon het, skryf toe van
hierdie rolletjies wat verkoop is. Maar hy het een probleem gehad want
hy net nie geweet hoe spel mens dachshund nie. Hy noem toe die
rolletjies Hot Dogs. Net daar is die term gebore. Dit is ook hoekom
bofbal wedstryde en Hot Dogs sinoniem met mekaar is.
Maak nie saak wie die eers moet kry vir die oorsprong van die Hot Dog
nie, dit bly maar heerlik.
|
 |
|
Geskenk Idees |
Dit raak
nou al laat om geskenke te koop, so wat van 'n eResepteboek wat jy
net met 'n gepaste boodskap per ePos aanstuur? Hoe klink 101
Poedings vir Kersfees
en
101 Slaaie vir Kersfees?
Net die ding,
klik hier vir meer
besonderhede!
|
|
Doen dit die maklike manier, vermy die verkeer en
die massas, stuur blomme of 'n geskenkpakkie deur
Netflorist!
|
|
Gee vir kouself 'n geskenk en betaal minder op
jou motor en huisversekering,
klik hier vir 'n blitsvinnige gratis kwotasie
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Gehoor van die 17 blondies wat buite die kroeg staan en wag het - hulle
moet 18 wees om in te gaan!
Hoekom maak die blondine net een skoenveter vas? Op die skoen staan
"Taiwan".
Hoekom staar die blondine vasgenael na die resepteboek ? Die resep sê: "Moenie
roer nie".
Hoekom hou die blondine leë melkbottels in die yskas? Dis vir vriende
wat nie drink nie. |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Hier is geleenthede wat WERK! |
|
Ek het nou 'n splinternuwe
"eBiz" gedeelte op my
webwerf. Hier is van alles en nogwat oor besigheid bedryf op die
internet en internet bemarking, spesifiek gemik op werk van die huis
af. Klik hier en kom maak 'n draai. Ek het uiteindelik besluit om
die afdeling in Engels te doen aangesien Internet besigheid en
bemarking internasionaal bedryf kan word en baie mense nie Afrikaans
magtig is nie. Stuur vir my
ePos en vra vir 'n gratis eBoek propvol wenke oor internet
bemarking. |
 |
| |
|
|
Die Resep |
|
Julle moet seker dink dat ek van my trollie af is om in die middel van
die somer 'n sop-resep te plaas. Toemaar, êrens in die Noordelike
Halfrond is daar mense wat bibber van die koue en wat hierdie heerlike
sop sal waardeer. Die resep kom uit Anna Eksteen se Resepte eBoek.
Klik hier om die
boek vir jouself te kry of om dit as 'n geskenk per ePos te stuur.
|
|
BOONTJIESOP
MET SPEKBLOKKIES
500g pakkie droë suikerbone,
250g gerookte spek, in blokkies gesny
oornag geweek in koue water
1 varkpootjie
2.5liter water
1 groot ui gekap
1 wortel, grof gerasper
65g (1blikkie) tamatiepasta
2 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies
‘n paar gekapte takkies pietersielie
10ml bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies skoongemaak
olyfolie
Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in
kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae
hitte tot bros. Skep uit. Braai vark pootjie in dieselfde kastrol tot
bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by.
Verhit tot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel. Voeg res van
bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte
en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3ure of tot bone
sag is. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en
druk sommige van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na
smaak indien nodig.
|
|
|
Boeremusiekdagboek |
|
Vrystaat: Boeremusiekdag later in die jaar by die kampeerterrein
Kroon Park langs die rivier in Kroonstad maar die datum in nie
bevestig nie.
31 Desember 2004: 'n Deurnagdans word beplan vir 31 Desember
2004.
Vir alle Boeremusiek aangeleenthede kontak Kalie
by: 0825788907 |
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
|
Asbakkies
wat ruik - Veral
gedurende partytjies sit mens met vuil asbakkies wat sleg ruik. Gooi sout
onder in die asbakkies. Die sout absorbeer die reuk van die sigaret as.
Ek
is van plan om 'n boererate boek saam te stel sodra ek genoeg het, so as
julle van enige rate weet wat ek kan gebruik,
stuur asseblief
vir my. Dit gaan in eBoek formaat wees en ek sal aan elke bydraer wat 5 of
meer boererate stuur 'n afrkrif stuur.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
MY VADER KOM VAN RIVERSDAL
Woorde: C.G.S. DE VILLIERS
Musiek: Switserse (?) Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ
My vader kom van Riversdal,
la, la, la, la, la, la, la, la, la, la;
hy eet sy kos met bord en al,
la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la.
My ma is 'n boervrou, fris en sterk;
la, la, la, la, la, la, la, la, la, la;
kan bees inspan en skaap bewerk,
la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la.
My sussie is 'n gawe meisie,
la, la, la, la, la, la, la, la, la, la;
sy sing dolgraag, maar hou sleg wysie,
la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la.
My broertjie het 'n breë rug,
la, la, la, la, la, la, la, la, la, la;
selfs Pa is bang om hom te tug,
la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la.
Van kinders het ons ouers tien,
la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
Nou dink hul hul het rus verdien,
la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la, la.
La, la, la, la, la, la, la. |
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|