|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 59 |
'n Passie vir
Afrikaans |
4 Februarie 05 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Ek is nog steeds met
my Boererate projek besig. Ek is besig om 'n eBoek saam te stel oor
Boererate en Tuiswenke. Dit vorder al heel goed maar sal nog 'n rukkie
neem! As enigiemand enige Boererate vir my het,
stuur
asseblief! As jy meer as 10 stuur kry jy 'n eksemplaar van die boek sodra dit gereed is.
BAIE dankie aan die van julle wat alreeds bydraes gelewer het.
Weereens met 'n
ompad kom ek af op 'n artikel deur Estelle de Bruyn, een van daardie
telentvolle jong dames van Namibië wat so lekker kan skryf! Dankie, Estelle vir die toestemming
om dit te gebruik!. Estelle is werksaam by die Republikein,
die enigste Afrikaanse Dagblad in Namibië. As dit dalk vir julle bekend
klink, Minette Brink, ook van die Republikein stuur ook vir my gereeld artikels. Met skrywers soos die twee wens ek amper dat ek in Namibië
woon sodat ek ook daagliks die koerant in die hande kan kry.
Klik hier
vir die Republikein se webwerf
KAKKIES EN BAKKIES
deur Estelle de Bruyn
TOE ek vir die tweede keer so staan en skrop aan om die etiket se gom
van
die smeerkaasbotteltjie te kry, skop ek myself teen die enkel, skud my
kop,
loop asblik toe en gooi die botteltjie weg. Vir wat wil ek dit bêre?
In my huis is genoeg hol-goed om alles wat ek wil uitskep en oorskep te
akkomodeer. Hoekom sal ek nou 'n simpel smeerkaasbotteltjie wil bêre?
Dis seker maar een van daardie genetiese goed wat maak dat 'n mens 'n
opgaarder en versamelvoël of 'n minimalistiese net-wat-nodig is,
huisvrou
is. Ek is teen my wil en my smaak, ondanks pogings tot die teendeel,
onteenseglig in die eerste kategorie.
'n Paar jaar gelede het ek met my Ma baklei oor sy in haar sewentiger
jare
met 'n groot vol huis, dit steeds nie oor haar hart kry om 'n leë
roomysbak
of margarienbakkie weg te gooi nie. "Dis so handig my kind as jy los
goedjies wil bêre of ietsie klein wil vries," was haar verweer. Ek het
my
neus opgetrek, haar buitekamer ingevaar en voor die voet weggegooi. So
kan
g'n mens opgaar nie. En hier staan ek en wil sowaar 'n leë
kaassmeerbotteljie bêre, "want dit kan nog handig te pas kom."
Die res van my huis is klaar 'n opgaarplek wat enige versamelvoël sy kop
in
skaamte sal laat sak.
In die houtkissie op die buffet (die houtkissie het ek in 1992 in Luanda
gekoop) is rooibruin klippies wat ek by Saurimo opgetel het,
soutkristalle
wat ek by Walvisbaai opgetel het en 'n stukkie boombas van Oak Alley
plantation in Louisiana.
In my kruierak is 'n pakkie kits aanmaak Hurricane van Pat O'Brien in
New
Orleans wat uit 2000 dateer en wat lank terug al sy smaak moes verloor
het,
maar wat ek doodeenvoudig nie in die asblik kan gooi nie.
In my spaarkas hang klere wat ek seker in hierdie leeftyd nooit weer sal
dra
nie, maar die swart rokkie met die goue dubbelborsknope herinner aan
heerlike romantiese tye en Moët & Chandon nagte.
Die stukkende ivoorarmband in die juwelierskissie herinner aan 'n goeie
Capriviaanse vriend wat dit lank gelede as geskenk gegee het en beloof
het
dat teen die tyd dat die armband breek, my gebroke hart weer heel sou
wees.
In 'n laai kom ek op 'n hele spul aanboordstapkaartjies se
afskeurstukkies
af van daardie onvergeetlike vakansie deur Europa en Amerika na Kanada.
Maak jy my breekgoedkas oop is daar ook 'n verskeidenheid oorblyfsels
van ou eetstelle en teestelle. Vier van die blommetjiesborde uit my Ouma
se huis;
twee blou en wit Chinese rysbakkies (waaruit die kat deesdae melk
drink);
die oorblywende glasdeksel van 'n vreeslike mooi glasbak wat lank gelede
gebreek het; twee koppies en pierings met tiervelpatrone wat
veronderstel
was om stuk-stuk aan te groei tot 'n eetstel, soos die begroting sou
toelaat, maar nooit gerealiseer het nie; bakkies uit Maleisië wat van
kokosneutdoppe gemaak is en in my glaskas 'n enkele oorblywende antieke
Venesiese sjampanjeglas.
Teen my oorvol mure hang prentjies van La Dame a la Licorne (die dame en
die narwal) wat ek destyds in die Musée de Cluny in Parys gekoop het, 'n
Breë en Smal weg-afdruk en 'n karton relikwieë replika. Daar is
volstruiseierdoppe en tarentaalvere; 'n Harley Davidson vulpen wat nie
meer skryf nie, maar mooi is om na te kyk en wat ek by Elsabe persent
gekry het.
Ek is letterlik in die wip van my eie plesierlike genieting van tasbare
herinneringe vasgevang.
Om die rede is ek woes trots op myself dat ek sowaar daardie
kaassmeerbotteljie sonder 'n derde gedagte in die asblik kon gooi. Dis
ten minste 'n begin.
Hoe groot is Valentynsdag hier in Suid Afrika? Veral
onder ons Afrikaners? Persoonlik dink ek dis een van daai foefies wat
die prys van rooi angeliere die hoogte in laat skiet en die
blommewinkels skatryk maak in 'n dag!
Ek was werksaam by
'n onderneming met so 800 werknemers en die meisies/dames kon nie wag
vir daardie oproep om na ontvangs te gaan om 'n ruiker te gaan
afhaal. As sy dan terugkeer na haar lessenaar het almal
ge-"oe" en ge-"ahh" en haar dag was gemaak!
Nou hoekom maak jy
nie ook daardie spesiale persoon in jou lewe se dag nie an laat 'n
bossie blomme of tjoklits by haar werk aflewer. Netflorist is net die
mense om dit vir jou te doen,
klik hier en plaas 'n bestelling, makliker as dit kan dit net
nie wees nie!! En as daardie spesiale persoon 'n manspersoon is wat van
biltong of neute of wyn? Maak daardie ou wat jy al so lank van 'n
afstand bewonder gek van nuuskierigheid en stuur 'n anonieme geskenk!
Dit is veral handig
om Netflorist te gebruik as jy oorsee is en daardie spesiale iemand hier
in Suid Afrika is! Komaan, die net eenkeer per jaar Valentynsdag!
Valentyn wie???
Koop jy nou en dan 'n Lotto kaartjie? 'n Gelukkige ou
in Engeland het Woensdag meer as
£14
miljoen op hulle Lotto gewen. En dis nog niks, komende Saterdag is die
boerpot £15,000,000 (naastenby R150 miljoen!). Mens kan darem baie
swieties daarmee koop. Dis maklik om 'n kaartjie te bekom,
klik net hier en vat 'n
kans! (Dis vinnig en veilig) Onthou waar jy die wenk gekry het as jy wen!
Ons spandeer almal
teveel oor die vakansietyd en alles word ook duurder in die nuwe jaar.
Verlig die las deur jou kort termyn versekeringspremies te verminder,
vir gratis aanlyn kwotasie,
klik hier!
Is skool onkostes 'n kopseer? Doen
aanlyn aansoek vir 'n Barclaycard en betaal oor 'n jaar af! Doen
dieselle volgende jaar! |
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Sy het so baie
plooie, sy skroef haar hoed op!
Hy is so maer, hy lyk soos 'n potlood met 'n handbriek.
Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids!
Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor
die stoel en my klere lê in die bed.
Ek is nou so lus vir 'n Rennie ek eet sommer 'n pastei.
Van sit of staan bly lê die lekkerste.
Hy is so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so maer, as hy langs n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat
beweeg!
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op om weer te kan sit.
Hyt 'n lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet.
Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.
Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak
misbruik daarvan.
Ek is so de bliksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek.
Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n
vliegtuig-enjin ingesuig nie.
Ek haat mense wat honde aanhou, hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg
guts het om iemand self te byt nie.
|
|
|
Die Resep |
|
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Poedings vir
Kersfees en
101
Slaaie vir Kersfees.
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Hier volg 'n
resep uit een van die boeke. Dink net, 101 poedings! Sjoe!!
Hier is een
van my gunstelinge!
|
|
GOUE BROOD EN BOTTERPOEDING
4 koppies broodkrummels
4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei
2 eetlepels botter
appelkooskonfyt
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
4 eetlepels suiker
Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi
melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein
blokkies botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180C) tot ligbruin. Haal
uit. Smeer appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf
met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n
matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is. Bedien warm met vla.
|
|
|
Boeremusiek Dagboek |
By die Voortrekker
Monument:
9 April 2005
11 Junie 2005
13 Augustus 2005
10 Desember 2005
Ander byeenkomste:
5 Feb:
Witstak Jaarvergadering Plot 171 3de Laan Bredell
12 Feb:
Vaaldriehoek: dans by Club Dance Some More Vanderbijlpark
Port Elizabeth: Valentynsdans by Winterberg Laerskool in Uitenhage
19 Feb:
Hoëveld tak: Boeremusiekdag en -dans - Hein se Plaasoord Ermelo
26 Feb:
Port Elizabeth : Dans DF Malherbe hoërskool
Witwatersrand: Kuiersaam dag Birchleigh Hoërskool
Vrystaat: Oesdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
5 Maart:
Vaaldriehoek: Vereeniging stadsaal
12 Maart:
Port Elizabeth: Dans Rowellan Park Laerskool
26 maart:
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
9 April
Vriende van Boeremusiek: Eerste byeenkoms by Voortrekker Monument
30 April
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
28 Mei:
Vrystaat : Witwarm winteropskopdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
11 Junie
Vriende van Boeremusiek: Voortrekker Monument heeldag
boeremusiekvermaak
25 Junie en verder ook elke laaste Saterdag van die maand
vir die res van die jaar!
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
30 Julie:
Vrystaat lededag
13 Augustus:
Vriende van Boeremusiek: Boeremusiek plesier vir almal!
2 September
Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember
Vriende van Boeremusiek - afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier |
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
As julle weet
van enige boererate,
stuur
asseblief vir my, ek is besig om 'n eBoek saam te stel met
soveel Boererate as moontlik. Enigiemand wat my 10 rate of meer
stuur, kry 'n gratis eksemplaar wanneer dit gereed is! |
|
|
As jy fan 'n giftige ding
gebyt is:
Geef di lyder in: soet melk, olie, wilde dagga gekook, wyn en rou yers deur
makaar geklits, goud gefyl en ingegé, menswater (urine) met asyn, boegoe
brandewyn, 'n ou deurgerookte pypkop fyn gemaak ingegé.
(Van nou af bly ek
weg fan giftige goed af! - Peter)
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
HANDHAAF EN BOU
Woorde: B.A. DE WET
Musiek: "Brüder in Zechen und Gruben", HANS BAYER; verwerk: PIERRE MALAN
Sing van ons land in die Suide onder die Suiderkruis,
Sing van ons volk, sing luide, sing van ons taal en ons tuis.
Sing van ons volk, sing luide, sing van ons taal en ons tuis.
Land van die Voortrekkerhelde, woonplek van Boer en Brit,
Land met sy groot ruim velde, tuiste van swart en van wit.
Land met sy groot ruim velde, tuiste van swart en van wit.
Laat ons ons roemryk verlede altyd in ere hou
en in die stryd van die hede saamstaan en handhaaf en bou!
En in die stryd van die hede saamstaan en handhaaf en bou!
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer en die Andeon plotte! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|