|
Hallo almal, hier's
ek weer!
Ek begin weer
met 'n artikel deur Minette Brink, verbonde aan die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië, Sy is een van my gunsteling
skryfsters. Sy het so 'n natuurlike skryfstyl en skryf oor alledaagse
goeters. Hier is nog een van haar artikels. As jy van die artikel hou,
stuur gerus vir haar
epos,
sy sal terugvoer waardeer!
Op pad na nêrens daar ver op die horison
Minette Brink
Hier volg 'n fantasie. Ek wil wegvlieg uit hierdie kantoor en myself in
ander plekke bevind. Driving along Sunset Boulevard saam met vriende in
'n convertible. Wind-innie-hare musiek met 'n kas Breezers op die agter
seat. Soos in die movies. Op pad na nêrens daar ver op die horison. Die
reis is die bestemming.
Daar is 'n Engelse gesegde wat lui: Never sit in front at the ballet. It
spoils the illusion. Dis waar ek wil wees. Ver weg van die voorste
gestoeltes.
Ek wil my raserige kop stomslaan met wonderlike scenery en illusies. In
limbo.
Daardie stil plek tussen realiteit en droom waar jy in beelde leef. In
my limbo is dit altyd pas voor sononder. Wanneer alles in silwer en goud
gestreep voor jou lê. My favourite tyd van elke dag. Stiltetyd.
Om dan stil te hou en die woestyn in te stap, vuur te maak en die
pienk-blou lug met een asemteug in te suig. Sodat my binneste behaaglik
pienk-blou sug. Ek word die lug, die vuur, die woestyn.
Ek kyk met wakker gekko-oë rond, sien verder as die horison. Ruik 'n
olifanttrop en skarrel weg, kruip tussen dennenaalde uit en verander in
'n uil. Hoe-hoe…
"Hoe ver is daai briewe," brul die Baas. Ek knip-knip my mense-oë
verward. Die fantasie ontplof in 'n duisend silwer skerwe. Baas loer oor
my skouer.
"Wat is 'wind-innie-hare' musiek," wil hy weet. Ek raak begeesterd. "O,"
babbel ek, "dis gewoonlik seventies-eighties musiek. Musiek wat jou
oplig, weglig, sodat jy flater- en voëlvry voel." Ah, gaan die lig vir
hom op. "Soos Bles se You're the Eagle, I'm the wind?" "Nee," keer ek in
absolute horror. Dan sien ek die geamuseerde trek om sy mond. Hy lag vir
my. "Toemaar," paai hy," ek verstaan presies wat jy bedoel."
Los alles. Loop tog net.
Ek vat die pad.
Maar nou sukkel ek om terug te klim in die leë convertible. Iets is
missing. Terwyl Baas met my gesukkel het, het my padmaats al die
Breezers gedrink en verder gehike.
"Hallo?" My stemmetjie weerklink yl in die koue aandlug. "Iemand daar?
Iemand wat wil saamry?"
Terwyl ek wag vir 'n antwoord skep ek my fantasie-reisgenoot. Hoe sal hy
lyk? Waaroor sal hy praat?
Ek start toe maar die kar en ry stadig verder. In die verte staan 'n
donker figuur. Ek dink ek gaan dit oplaai.
Toe ek langs hom stilhou, wonder ek. Hy's baie groot met 'n woeste baard
en kwaai wenkbroue. "Waarheen nou?", vra ek bewerig toe hy sy reuse lyf
langs my neerplof. "Noord," grom hy en ek ry. Hy vroetel in sy
flarderige rugsak en haal 'n kasset uit. Tom Waits kom sit in my ore. In
my hart.
Dan druk die Reisiger 'n kaartjie in my hand. Ek lees so tussen die dryf
deur. My naam is nie van belang nie. Ek is 'n skilder, 'n beeldhouer, 'n
skrywer, 'n Afrika-reisiger. Ek gaan Noord.
"Hoekom?" wil ek weet. In die donker kan ek voel hoe hy vir my gluur. "Jy
praat te veel," brom hy. "Bly stil en luister." Hy trek sy velhoed ver
oor sy oë.
Ek wil my eers bloediglik vererg en sê: "Hey, dis my fantasie hierdie.
Jy kan nie so met my praat nie." Maar hy sit onder my vel en ek wil hom
daar hou. Toe bly ek stil.
En skielik is ek rustig. Tevrede. "Bly by my," vra ek. "Ek wil saam met
jou Noord. Hierdie alleen travel is nou te veel vir my."
Hy skud sy kop. "Jy ken my nie," sê hy. Vriendeliker as vroeër, dog
steeds onverbiddelik. "En as jy my eers gewoond is, bly daar niks oor
nie. Die song is klaar. Laai my af."
Ek sien hom kleiner word in die tru-spieëltjie. Dan is hy weg.
Die convertible hou voor die kantoor stil. "Waar was jy?" vra Security.
"Noord," lag ek breed. "En môre gaan ek weer. En die dag daarna. En
daarna..."
|
|
Ons is maar 'n nasie
wat van ons pap hou, putupap, krummelpap, slap pap, stywe pap, elkeen
met sy variasies! Wanneer ons braai en daar's pap as bykos, skep ek altyd
vir my 'n groot skep uit en geniet die dan met botter, suiker en melk!
Weet julle wat 'n Vrystaatse hamburger is? Twee stukke stywe pap met
slap pap in die middel! Hier is een van daardie vele variasies wat
ek genoem het, geniet dit!
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, Vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
Sel:
0822946799
|
|
|
Kruger!
Ons gaan hierdie
naweek na ons gunsteling bestemming, die Kruger Nasionale Park. Ek kom
nou goed op dreef met die videokamera en die "editing" daarna op die
komper. Kan nie wag om te begin speel met die video nie. Ek hou
ook daarvan om panorama fotos te neem, gaan kyk
hier na 'n paar wat ek alreeds geneem het. Ons gaan weer
by Olifantaskamp,, met daardie fantastiese uitsig oornag. Ons neem die
skootrekenaar ook saam met die "Starry Night" sagteware daarop. Ons sal
hopelik ook die nagtelike hemel gaan bekyk. Ons gaan ook op 'n
sonsondergang wildrit, hoop ons sien baie naglewe. Ek het lankal al
agtergekom dat mens fantastiese video neem in die lig van die
wildbewaarders se kolligte! Terugvoet oor die uitstappie volgende keer! |
|