|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 61 |
'n Passie vir
Afrikaans |
4 Maart 05 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Adri skryf nou die
dag vir my en vra of ek vir haar die betekenis en oorsprong van die
woorde van Siembamba het vir 'n taak wat haar kind moet inhandig. Wel,
hierdie soort ding is my kos en ek begin soek!
Klik hier om die
terugvoer te sien wat ek gekry het!. Dit wil ook blyk dat daar
meer as een weergawe van Siembamba is. So leer mens. Tesame met die
terugvoer ontmoet ek toe ook van die interessantste mense! Dankie almal
wat gehelp het!
Minette is ewe
skierlik op haar stukke en vol dinge, wonner hoekom? Hier is haar
nuutste bydrae, ek wonder of dit enigiets met die opgewondenheid te doen
het??
Laat tog asseblief
vir Minette weet as jy van die artikel hou of enige idees vir 'n
woestyntroue het. Het jy dalk self op die duine getrou? Laat
weet my,
met fotos asseblief! Ek stel toe aan Minette voor dat die musiek van
Sarah Brightman se Harem CD moet wees en van die klankbaan van Caravans.
In alle geval, hier
is die artikel:
Woestyntroue
Minette Brink (epos)
EN so val die
heldinne.
Die Engelsman sê ʼn woestyntroue is hoe dit gaan wees.
Ek weet nie of ek moet lag of huil nie, maar terwyl ek besluit, moet ek
solank begin met die beplanning, sê die Ridder.
Die oumense sê nie verniet die liefde kom soos ʼn groot maagkramp nie.
Dis eintlik erger, op my gevorderde ouderdom. Amper soos masels gemeng
met hogere koors en ʼn bietjie dronkverdriet.
Ek bel vir Saartjie. Bierhuis toe. Nou. “Bring papier. En pen. En brein,”
sug ek.
“Wat iddit,” brom sy. “Ek id verkoue.” En sy gee ʼn allamintige snuif.
“Ek trou. In die woestyn, glo. Kom help.”
Teen die tyd wat sy haar by die tafeltjie neerplak, is die verkoue
skoonveld, maar die oë is wyer as bierbeker-bodems.
“Is jy mal,” vra sy uitasem.”Hoe kan jy weer so ʼn fout maak?”
Ek maak haar vinnig stil en ruk die vars tydskrif uit.
Dit lyk of sy ʼn toeval gaan kry. Haar mond gaan oop en toe, maar nie ʼn
enkele geluid kom daar uit nie.
“Ja, ja, ʼn bruidsboek, ek weet. Dis nié hoe ek is nie.”
En ek begin vertel hoe my suster van kleins af die een was wat gedroom
het van die gevolg en die wasige wit rok en die duiwe en die koets en
die wat ookal.
Nie ek nie. My troue was kaalvoet in ʼn laprok met ʼn pap strooihoed op
die kop. In Sabie voor die magistraat en twee Zoeloes as getuies. Ons
het sommer die ringe teen R10 stuk by die soewenierswinkel langsaan
gekoop. En die orgidee voor die gebou gepluk vir die ruiker. Na die tyd
hanniemoen in ʼn tent langs die rivier met die watervalle gehou.
Want dis hoe ek is. Te veel frille en anderste valle maak my benoud.
“Maar kyk nou? Ek is soos een op verkeerde pille en my kop staan wasig
en wit toe.” Ek kyk vir Saartjie met smekende Basset Hound-oge aan.
En dis nie lank nie toe gons dit oor dié groot affêre tussen die duine.
Ons ‘bou’ net daar ʼn rok uit al die gesteelde boek-idees. Ons teken en
beplan en gesels en nooi sommer vreemdelinge na die jolige bedryf.
Spitbraaie met slaaie en brode en ellelange tafels, kelims vir piekniek,
lanterns teen die duine, wierook en vreugdesvure oral oor. Bottels
vonkelwyn en aarbeie met room, (ons gaan immers nou die huweliksdomein
met ‘n Engelse persoon betree).
Musiek, o watter musiek? Die Engelsman hou van rock en ek glo aan my New
Age-nommers. Hy sal gesokkie en ge-taai in ʼn swart pikkewynpak staan en
ek sal weer die kaalvoetding in ʼn flappende bont kleurlapperigheid doen.
Uitnodigings? Niks verhewe nie en geen trougeskenke nie asseblief.
Eerder kontantbydraes vir die Red-die-licheenfonds, of so iets. En kyk
nou net, dit gaan ons omtrent niks kos nie, tweehonderd gaste ofte not.
Ek en Saartjie is gedaan, maar hoog in die wolke. Bestel ʼn glasie om te
klink op die breinkrag van die vrou.
“Wat maak julle,” maak Neelsman keelskoon hier langs ons.
Met selfvoldane glimlagte vertel ons van die Groot Dag. Hy luister (vir
ʼn slag) sonder om in te tjip. Knik net hier en daar kop en lyk self baie
lus om dié bedryf langs die kus te gaan bywoon.
“Tweehonderd gaste, sê jy. Party tot ounag toe. Honderd kilo’s woestyn
in vir ekstra privaatheid. Musiek en kosse en drinkgoete. Klink lekker,”
sê hy met ʼn frons.
“Moenie worry nie, jy’s ook genooi,” lag ons te lekker.
“Is nie dit nie,” sê hy.”Ek dink net nie daar’s genoeg 4-by-4’s in die
land om al jou gaste tot daar te ry nie. En die ouer mense sal seker
slaapplek wil hê teen laatnag. En jy sal moet dink aan generators. Mens
kry nie eintlik sulke lang kragkabels nie,” en met ʼn wha-haa-haa loop hy
weg.
ʼn Bitter lang swaar stilte hang oor die huweliksbeplanners.
“Is daar orgidee voor die magistraat in Swakop,” vra ek in ʼn yl
stemmetjie.
Een persoon het nou
die dag net meer as
R90 miljoen gewen in die UK Lotto.
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Ons spandeer almal
teveel oor die vakansietyd en alles word ook duurder in die nuwe jaar.
Verlig die las deur jou kort termyn versekeringspremies te verminder,
vir gratis aanlyn kwotasie,
klik hier! Dit werk werklik! Ek self betaal nou meer as R400 per
maand minder
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Poedings vir
Kersfees en
101
Slaaie vir Kersfees.
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Begin die jaar se uitgawes nou vir jou onder kry?
Selfs die brandstofprys is op! Kry vir jou 'n
Barclaykaart en gaan op daardie welverdiende wegbreek of konsolideer
jou uitgawes. Doen
aanlyn aansoek en betaal oor 'n jaar af! Doen
dieselle volgende jaar!
|
 |
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Jenine stuur vir my die volgende:
n
Universiteitstudent gaan huis toe vir die vakansie en waarsku haar ouers
dat sy haar nuwe kêrel saambring. Die ou is 'n dwergie en die student
vra
haar ouers om asseblief tog haar sesjarige sussie in te lig.
Die ma neem vir kleinsus eenkant en sê: "Poplap, jou ouer suster kom die
naweek huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons,
maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?"
Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra. Ousus en haar kêrel
daag
op en toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haarself skaars beteuel.
Die
gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas
en
bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil
borde
kombuis toe en gaan berei die nagereg voor. Dis net Kleinsus en die
dwerg
aan tafel.
'n Ongemaklike stilte heers 'n rukkie, maar toe kan die meisietjie haar
nie
meer beteuel nie. "Sorrie, ek weet ek mag nie staar nie en ek mag nie
moeilike vrae vra nie, maar ek wil jou graag een ding vra: Ken jy vir
Sneeuwitjie?"
|
|
|
Die Resep |
|
As jy dalk 'n stuk rooibokvleis in die vrieskas het en wonder wat om
daarmee te doen? Wel, wonder nie meer nie, hier is 'n lekker potjie
resep.
|
|
ROOIBOK POTJIE
1 kg rooibokvleis in blokkies gesny
4 geelwortels, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 g spekvleis, gekap
6 aartappels, in skywe gesny.
125 ml olie
2 uie, in skywe gesny
10 ml gekapte tiemie
500 ml port of droë rooiwyn
Verhit olie in swartpot en soteer geelwortels, uie en knoffel totdat uie
deurskynend is.
Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel
op. Voeg
aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
By die Voortrekker
Monument:
9 April 2005
11 Junie 2005
13 Augustus 2005
10 Desember 2005
Ander byeenkomste:
26 Feb:
Port Elizabeth : Dans DF Malherbe hoërskool
Witwatersrand: Kuiersaam dag Birchleigh Hoërskool
Vrystaat: Oesdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
5 Maart:
Vaaldriehoek: Vereeniging stadsaal
12 Maart:
Port Elizabeth: Dans Rowellan Park Laerskool
26 maart:
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
9 April
Vriende van Boeremusiek: Eerste byeenkoms by Voortrekker Monument
30 April
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
28 Mei:
Vrystaat : Witwarm winteropskopdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
11 Junie
Vriende van Boeremusiek: Voortrekker Monument heeldag
boeremusiekvermaak
25 Junie en verder ook elke laaste Saterdag van die maand
vir die res van die jaar!
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
30 Julie:
Vrystaat lededag
13 Augustus:
Vriende van Boeremusiek: Boeremusiek plesier vir almal!
2 September
Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember
Vriende van Boeremusiek - afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier |
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Hierdie gaan nou 'n gereelde insetsel wees. Elsabe en haar spen
vrywilligers doen fantastiese werk onder die minder bevoorregtes van
Danville en Elandspoort. Ek sal hiermee graag aandag wilvestig op hulle
werksaamhede.
Hier is 'n briefie
wat iemand an Elsabe gestuur het, Elsabe gaan my doodmaak as sy sien ek
plaas dit hier maar ek dink almal moet lees wat sy en haar vrywilligers
doen:
"Vandag het ek
opgestaan met een liederlike hoofpyn. Het deur die dag probeer
“struggle” gedink niemand kan erger as ek voel nie. Ek kry toe een van
die e-mails rakende die Danville Hulp Projek en natuurlik kry my
nuuskierigheid die oorhand en ek besoek die
webtuiste.
Tot vandag toe was ek seker een van die mense wat nie regtig die omvang
van die Danville Hulp Projek besef het nie. My mond het letterlik
oopgehang toe ek die webtuiste besoek en sien wat alles daar aangaan. Na
elke bladsy wou ek net meer en meer sien. Die kindertjies is almal so
pragtig. Kan nie glo dat hulle so swaar moet groot word nie. Die ergste
van als is dat die mense van Wolmer so te sê op my agterstoep bly en tog
verkies ons om hulle te ignoreer. Soos iets wat net moet weggaan. Soos
my hart bloei vir hierdie mense wat deur elke dag “struggle” verdwyn my
enorme kopseer ook sommer en ek sê vir myself: Sies Cheryldene jy kla
oor ‘n hoofpyn terwyl daar mense met trane in hulle oë is omdat hulle
nie weet waar hulle vanaand gaan slaap nie. Wat nog te sê van waar hulle
kos vandaan gaan kry. Ek sak my kop in skaamte.
Dan is daar mense soos jy wat voorwaar vir hierdie mense hoop bring!! Jy
wat liefde aan hierdie mense bewys sonder om iets terug te vra. Elsabe,
ek haal my hoed af vir jou en skree HOERA dat God mense soos jy in ons
midde plaas. Voorwaar ‘n engel! Kyk mens na jou sien jy liefde in jou oë,
‘n omgee in elke druk maar die meeste van als ‘n vasberadenheid om jou
bes te gee vir hierdie mense. Jy is ‘n absoluut pragtige vrou en glo ek
dat God jou uit jou skoene uit gaan seen.
Ek weet dat elke bietjie hulp ‘n ver pad gaan. Ek sal definitief meer op
die uitkyk wees vir jou mails. My arm sal ek minder kort maak en my hart
ook oopmaak vir die mense. Ek sal graag eendag een van julle geleenthede
wil bywoon indien moontlik.
Intussen is jy ‘n “hero” in my oë. ‘n Hero is iemand wat mense red en jy
red hulle gewis van ondergang en moedopgee. Ek salueer jou vandag. My
wense vir jou en al jou mense is God’s rykste seen, baie blessings,
oordadige borge en helpende hande.
Hoop om van jou te hoor en te sien waar ek dalk my dienste kan aanbied.
Hoe gering ook al. Intussen dra ons julle in ons gebede en voorspoed met
al die nuwe uitdagings wat voorlê.
Liefde en groete
Cheryldene Pretorius
Hier is die Projek
se kontakbesonderhede:
Danville Hulp Projek
Elsabé Blignaut
Cell: 082 8282 551 na - ure
Huis: 012 991 3914 na-ure
Faks: 012 991 2073
Posbus 2839 Faerie Glen 0043
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen
E.pos: elecnet@mweb.co.za
Webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Bankbesonderhede
Danville Hulp Projek
Eerste Nasionale Bank – Brooklyn tak
Bankforum gebou -
Bronkhorst straat - NuMuckleneuk
Swift kode: FIRNZAJJ 926 (Internasionale inbetalings)
Takkode: 251345
Tjek Rek. nr: 62054634128
Nie Winsgewende Organisasie Art. 21
"Expectra 97 - Co 2003/017115/08
MATTHEUS 25
Vers 34 tot 40
Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê:
Kom julle wat deur my Vader geseën is!
Die Koningkryk is van die skepping van die wêreld af
vir julle voorberei.
Neem dit as erfenis in besit:
Want ek was honger en julle het vir my iets gegee om te eet,
Ek was dors en julle het vir my iets gegee om te drink,
Ek was ‘n vreemdeling en julle het my gehuisves,
Ek was sonder klere en julle het vir my klere gegee,
Siek en julle het my verpleeg,
In die tronk en julle het my besoek,
Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra,
wanneer hulle hierdie gedoen het?
En die Koning sal hulle antwoord:
“Dit verseker ek julle: Vir sovêr julle dit aan een
van die geringste van hierdie broers van My gedoen het,
het julle dit aan my gedoen!”
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
As julle weet
van enige boererate,
stuur
asseblief vir my, ek is besig om 'n eBoek saam te stel met
soveel Boererate as moontlik. Enigiemand wat my 10 rate of meer
stuur, kry 'n gratis eksemplaar wanneer dit gereed is! |
|
|
Snork - 'n Paar druppels
olyfolie in elke neusgat.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
VLAGLIED
Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: F.J. JOUBERT
Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy's die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf'nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|