|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 67 |
'n Passie vir
Afrikaans |
27 Mei 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Dankie vir
Minette wat so lekker skryf. Ek moet tog 'n plan maak om in Nam te gaan
kuier, die manier wat sy die woestyn en duine beskryf laat my besef dat
ek iets groots mis! Ter stawing van bogenoemde kommentaar, die volgende
artikel van Minette!
Gobabeb, groot
gelykmaker in die woestyn
Minette Brink is verbonde aan die Republikein, die enigste Afrikanse
dagblad in Namibië.
DIE son brand meer as die vel in die Namibwoestyn. Dit skroei die
weerstand en die opstand weg.
En wanneer jy terug tussen vier mure sit, is jou hart en jou siel seer
omdat daar meer is as hier.
Sondagmiddag twaalfuur sit ek plat op die sypaadjie in die
parkeerterrein oorkant die Kalahari Sands.
Klein stukkie oornagtassie en 'n kamerasak. Ons gaan Gobabeb toe.
“Wat wil mens daar gaan maak in die niks? Twee hutte en 'n watertoring
en dis dit. G'n selfoonopvangs, TV of krag nie. Longdrops en was in 'n
koppie water. Vreemde wetenskaplikes wat agter torre aanhardloop in 45
grade Celsius. Wat wil mens daar gaan maak?”
Mens wil niks daar gaan maak nie. Mens wil net gaan kyk.
En die bussie kom aangejaag en ons moet klim. Absalom en Natascha en
Mercia en Herrn Nestroy en Donovan die drywer en aangename kennis.
Hy het nog nie die Gamsbergpas gery nie, sê die drywer, maar sal ons dit
maar vat?
Mercia beman die kaart en die res wikkel in vir die lang slaap.
Maar die mooi aan weerskante van die suisende bande oor die gruis praat
te hard en in stille eerbied aanbid ons die land.
Heuwels en berge en wuiwende gras. Rante bedek met klossies bos soos 'n
ou man se groterwordende bles in die laatmiddag son. Kranse en skeure en
rotse is grynsende skedels en slapende dinosourusse.
Kronkelkronkel deur die Kuisebpas en skielik is ons nie meer beleefde
vreemdelinge nie.
“If you fall from here you’ll fall from grace to the grass,” mompel
Absalom terwyl hy sy lyf wegtrek van die afgrond hier teenaan die bussie
se sy.
Ons sien die land deur ander oë. Neem foto’s van mekaar voor die
Solitairediekant en Walvisdaaikant se bord.
Minute word ure en die son trek water. Welkom in die Namib Naukluft op
die pad na nêrens. Stop, vra ek, tyd vir nog ‘n foto en Absalom soen die
grond.
“Is daar lewe na Gobabeb,” sug Natascha toe ons verdwaal.
Mercia en Donovan se skuld, want hulle luister na die grappe uit die
agterste gestoeltes en mis die afdraai.
Toe eet ons maar en deel wat ons het, “because here in Africa we share.”
En na dae en maande op die pad na nêrens is ons daar.
Gobabeb, watergat by die vyeboom langs die Kuisebrivier. En ons drink
bier en word geroskam oor ons nie flitse gebring het nie en daar is jou
tent.
“Ek gaan met 'n baas moet praat hieroor," brom Natascha in die donker op
pad rivier toe.
Voor die tent laat val sy haar macaronikosblik en tassie.
"Ek het nog nooit in my lewe gekamp nie. En wat van die skerpioene,"
klink dit weemoedig in die vallei.
En dié sien ons by die dosyne later die nag. Onder die ultravioletlig
gloei dié figuurtjies groen en pers in skeure en takke en boombas.
Na die tyd is ons kenners van gediertes en uit dankbaarheid klink ons 'n
laaste bier. Al wil Absalom die City Boy met mening op 'n dak klim om
net één sms vir die meisie in Windhoek te stuur.
Maar hier’s niks se selfoonbedrywe nie en tyd staan in elk geval stil en
wat is die haas?
In die nag val die boomskerpioene op die tent se dak en girtsgirts teen
die kante af. Maar voor ek kan sidder, oorval die woestynlug my en voor
die son word ek wakker en wonder waar ek is.
Voëls wat sing terwyl ek onder die net lê en wag vir die son se gesig om
oor die horison te beur.
Ek deel die stort met motte en onbekende goggas en 'n eksotiese
sprinkaan met 'n verweefde kunswerk in sy ragfyn vlerke.
En van daar af is alles 'n droom. In die bloedige son is vreemde
wetenskaplikes vereer vir die gehol agter torre aan. Daar is geëet en
gedrink en rondgewys en met verwondering gekyk in watter anderste wêreld
dié Gobabebbers bly.
Toe ons wegry, het ons vir lank halflyf by die vensters uitgehang om vir
Helen te waai en te waai en 'n laaste verlangende kyk oor die Namibsand
te gee.
En ons was stil, want ons het stukkies van ons siele daar agtergelaat in
ruil vir die stukkies wat ons daar langs die Kuiseb opgetel het.
Ons het saam die ontdekkings gemaak en soos kinders laf vir mekaar gelag.
"Because here in Africa we share."
Al is ons 'n boer en 'n plaasmeisie, 'n city boy van Oshakati, 'n drywer
van Khomasdal, 'n Ingilsman wat kaarte verkeerd lees, 'n afgetrede
ambassadeur of 'n Duitse Afrikaner met 'n liefde vir macaroni.
Raak ontslae van jou skuld, gaan aan met jou lewe
Klik hier
Ek ontvang die
volgende van Jenine Coetzer:
Ek is onlangs
gediagnoseer met O.G.A.A.T.S
Ouderdom Geaktiveerde Aandag Afleibare Teenwoordigheids Sindroom!
Dis hoe dit werk!
Ek besluit om die kar te was. Ek beweeg na die kar toe en sien die pos
op
die tafel. Ek besluit om net eers gou deur die pos te gaan. Ek sit die
kar
se sleutels op die lessenaar neer en gooi die gemorspos weg. Ek merk toe
dat
die snippermandjie vol is en besluit om dit in die asblik te gaan
gooi.Terwyl ek nou naby die posbus gaan verbyloop besluit ek om sommer
gou
die rekeninge te betaal. My tjekboek is skoonveld. Ek onthou ek het nog
'n
leë tjekblaadjie in die kamer en toe sien ek die koeldrank wat ek besig
was
om te drink langs die rekenaar. Ek besluit om die tjekblaadjie te gaan
haal
maar ek wil net eers die koeldrank op 'n veiliger plek neersit. Miskien
moet
ek dit op die yskas neersit. Oppad kombuis toe sien ek die potplante het
water nodig. Ek sit toe die koeldrank op die rak neer en sien my bril
wat ek
heel oggend gesoek het. Miskien moet ek dit eers bêre. Ek maak die
waterbeker vol om die plante nat te gooi en sien iemand het die
afstandbeheer van die TV in die
kombuis gelos. Ons sal nooit vanaand daaraan dink om in die kombuis vir
die
ding te soek nie so dit moet eers terug familiekamer toe. Ek gooi water
by
die plante en sit die afstandbeheer in die familiekamer en stap terug
kamer
toe terwyl ek dink waarmee ek besig was. Aan die einde van die dag is
die
kar nie gewas nie, die rekenings nie betaal nie, die vuilgoed nie
uitgegooi
nie, die koeldrank staan op die kombuisrak, my tjekboek is weg en kan my
karsleutels nêrens kry nie! Ek wonder nou nog hoekom ek vandag niks
gedoen
gekry het nie want ek was tog heeldag besig! Ek besef dis 'n ernstige
probleem en ek moet daaraan werk . . . ek wil net eers gou na my e-pos
kyk!
Ek probeer ook om 'n
volledige lys van ons land se feeste op 'n blad te sit, gaan kyk gerus
hier. As julle weet van 'n fees wat ek nog nie het nie, stuur
asseblief vir my die besonderhede. As julle fees wel op die bladsy is
maar sonder kontakbesonderhede, gee die ook vir my.
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Vanaand 11 Mei, se boerpot is £9.5 miljoen ( meer as R100 miljoen!!!)
Stel jy in kruie
en hulle gebruike belang? In my laaste paar Engelse nuusbriewe behandel
ek elke keer 'n verslkillende krui.
Klik hier om die lys van
kruie te sien wat ek reeds behandel het
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Ek het met niks
begin nie en ek het nog die meeste daarvan!
My Boererate
eBoek vorder fluks, sal een van die dae gereed wees! Ons beplan om dit
op CD te sit en as dit klein genoeg is om van die Internet afgelaai te
word ook vanaf my webwerf beskikbaar. As jy dus nog Boererate vir my het,
stuur
asseblief! My volgende boek sal oor Tuiswenke gaan, so as julle
daarvan het, stuur ook maar aan, dankie!
Kinders op die
agterste sitplek veroorsaak ongelukke, ongelukke op die agterste
sitplaek veroorsaak kinders!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
|
 |
|
Beplan die
avontuur van 'n leeftyd! Ek het vir my die stel VeZA CD's aangeskaf
en nou is ek ook 'n ingeligte reisiger. Die roetebeplanner is nou op
my skootrekenaar en kanse van verdwaal is nou baie skraal.
Boonop het ek ook 'n uitgewerkte roete en ek weet
wat op die roete te siene is. Hierdie is regtig aan te beveel,
gaan kyk gerus by www.veza.co.za
en oortuig jouself. |
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Ek hoor dat Manto
Disprin wil verban - dis glo wit en dit werk!
Met my dogter wat op
troue staan, kry die volgende vir my nuwe betekenis:
Pa se reëls
1. As jy voor my hek toeter blaas, beter jy iets kom aflewer. Jy kom
seker nie iemand oplaai nie.
2. Kyk my dogter in haar oë as jy met haar praat. Moet nooit êrens
anders kyk nie.
3. As jou broek te enige tyd lyk of hy los is, sal ek met 'n paar
spykers sorg dat hy bly waar hy moet wees.
4. Ek lyk nie net gemeen nie - ek IS gemeen.
5. Moenie met my oor politiek of sport of die weer praat nie. Al wat ek
wil hoor, is hoe laat jy my dogter terugbring. Al tyd wat ek verstaan,
is "vroeg."
6. Moenie rondtrippel as jy vir my dogter wag nie. Sy vat lank. Maak
jouself handig en was my kar.
7. As jy my dogter laat huil, laat ek jou huil.
8. Flieks met ouderdomsbeperkings is uit. Walt Disney is aanvaarbaar. 'n
Besoek aan haar ouma is nog beter.
9. Moenie vir my lieg nie, ek gaan jou uitvang.
10. Moenie gerus voel omdat ek 'n ouderling is nie. Ek doen dit net om
my vrou gelukkig te hou.
|
|
|
Die Resep |
|
Elzeth stuur vir my
die volgende:
|
|
So vir die winter-lekkerte: 'n effe anderste bobotie-resep wat ek by my
suster Liesel gekry het. Sy het dit by haar vriendin Jossie Spengler
gekry.
Jossie Spengler se Bobotie
2 grt uie + 30 ml botter = braai (maar nie te veel nie)
3 dik snye witbrood + 125 ml kookmelk = week en druk dan die melk uit
Meng saam:
15 ml borrie
22 ml kerrie
90 ml appelkooskonfyt
15 ml blatjang
187 ml asyn
15 ml suiker
15 ml pitlose rosyne of sultanas
1 gerasperde appel
sout + peper
Meng alles hierbo saam en laat STADIG stowe in kastrol vir 10 minute om
'n sous te vorm.
Voeg hierdie warm sous dan by 1 kg rou maalvleis (wat eers in die
kastrol effe los gemaak is).
Stowe stadig tot vleis gaar is. Roer af en toe.
Skep uit in 'n plat oondbak.
Klits 2 eiers en 1 k. melk. Giet dit bo-oor die vleismengsel. (Ek druk
lourierblare, so 2, of suurlemoenblare, in die mengsel in vir geur.)
Bak in oond totdat die eier gestol is.
As jy wil, dan kan jy dit maak tot op die punt voordat die eiermengsel
bo-oor kom, en dit dan in bakkies vries. Op die dag wat jy dit wil
gebruik, dan bak jy dit met die eiermengsel.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Boeremusiek nuus is
net dat ons volgende byeenkoms by Toutrekpark gehou word op 28 Mei.
Begin om 9vm en musikante is welkom om ons te kontak voor die tyd of
daar vir 'n speelbeurt. Toegang is R20 vir die dag en die toutrek ouens
gaan ook deelneem terwyl ons boeremusiek maak.'n Go-kart baan vir die
kinders en die beste sosaties in Pretoria asook ander eetgoed. Sommer 'n
lekker dag se vermaak vir almal met 'n lekker langarmdans die aand.
28 Mei - Vrystaat : Witwarm winteropskopdans
Manie Erasmus: Dans by Voortrekker Monument
11 Junie - Vriende van Boeremusiek:
Voortrekker Monument heeldag boeremusiekvermaak
25 Junie en verder ook elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
30 Julie - Vrystaat lededag
13 Augustus - Vriende van Boeremusiek:
Boeremusiek plesier vir almal!
2 September - Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Vriende van Boeremusiek Nuusbrief no 2
14
Mei 2005
Met ons eerste byeenkoms agter die rug en die volgende in sig, is dit
tyd om bietjie nuus oor
Vriende van
Boeremusiek
aan te dra…
Eers ons hartlike dank aan almal wat die byeenkoms op 9 April by die
Voortrekker Monument bygewoon het. U teenwoordigheid en deelname was
weereens ‘n bewys dat Boeremusiek nog lank nie dood is nie! Hierdie
eerste byeenkoms was ook ‘n waardevolle leerervaring en ons is vol moed
dat ons net kan verbeter op dit wat ons alreeds as ‘n groot sukses
beskou! Die terugvoer wat ons ontvang het was oorweldigend positief maar
soos dit maar gaan is niks perfek nie en was daar enkele gevalle waar
mense minder gelukkig was maar darem nie heeltemal negatief nie! Ons wil
derhalwe graag foute wat gemaak was regstel en probeer verhoed vir die
toekoms en daarvoor het ons ook verdere insette nodig.
Tydens die byeenkoms op 9 April is Kalie de Jager as sameroeper verkies
om leiding te neem en te besin oor verskeie aspekte rakende
Vriende van
Boeremusiek.
Die ander komiteelede wat hom met hierdie taak moet bystaan is:
Wia Kotzé (sekretaresse), Ben van der Linde , Gerhardt Olckers, Paul en
Betsie Roodt, Tom Senekal, Franz Steinhöbel en Ann van Vuuren. Hierdie
komitee sal ons help om te besin oor die wyse waarop
Vriende van
Boeremusiek
in die toekoms sal funksioneer. Intussen gaan ons voortmet reëlings vir
verdure byeenkomste by die Monument en elders.
Kalie en ek het kennis en kontak gemaak met die bestuur van
Toutrek
Suid-Afrika
wat ‘n pragtige terrein en saal het (op die hoek van Frederikastraat en
14de Laan Rietfontein) en graag saam met
Vriende van
Boeremusiek
byeenkomste wil aanbied. Die eerste byeenkoms saam met die Toutrekkers
J
is gereel vir 28 Mei 2005. Die byeenkoms begin om 9 vm en toegang is R20
per persoon. Vir hierdie skamele bedraggie ontvang u ‘n hele dag se
lekker luister Boeremusiek terwyl u kan kyk hoe die toutrekspanne dit
onder mekaar uitspook en die aand lekker langarm kan dans tot laat. Dus
– ‘n hele dag se gesinsvermaak! Toutrekpark het ook ‘n gelisensieerde
kroeg en geriewe vir verversings. Vir die kinders sal daar ‘n GO-Kart
baan wees! Hulle maak onder andere die heerlikste sosaties in Pretoria
asook pannekoek en al die ander geregte wat normaalweg by ‘n snoepie te
kry is. Kom kyk en ervaar gerus self hierdie besondere geleentheid!
Boeremusikante kry ook die geleentheid om weer hulle slag te wys. Maak
seker dat u sodra u arriveer ‘n tydgleuf bespreek om te kan speel. Nadat
almal ‘n kans gehad het om te speel sal ons weer die lys van voor af
volg! So wie eerste kom, kom eerste aan die beurt! U word ook versoek om
u adresbesonderhede met ons te bevestig – daar sal ‘n lys by die hek
asook by die Boeremusiektafel wees – aangesien heelwat van die vorige
nuusbriewe wat ons uitgestuur het onafgelewer teruggekom het.
Dan vertrou ons dat u ook die datums vir ons volgende byeenkomste by die
Voortrekker Monument aangeteken het en onthou! Die volgende
byeenkoms by
die
Voortrekker
Monument
is op
11
Junie
2005
en hierdie keer begin ons om
9 vm!
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op
13 Augustus
en 10
Desember 2005…
Ons hoor graag van u en sal kommentaar oor ons byeenkomste of sommer net
lekker geselsbriewe oor Boeremusiek waardeer vir insluiting by volgende
nuusbriewe!
As u verkies on ‘n elektroniese weergawe van die nuusbrief te ontvang –
stuur vir my e-pos!! Die adres is hier onder!
“Vriende”like
Boeremusiekgroete
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos: wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Hier is die nuutste
terugvoer van Elsabe oor haar projekte:
Daar was weer 'n
Seunskamp gedurende die naweek van 13 tot 15 Mei. vir berig en fotos
klik hier.
Hier is
terugvoer oor die Rainbow Kleutergroep:
Vrydae is in meer
as een opsig `n spesjil dag by Rainbow Kleuterskool!
* dis koekdag vir die verjaardagmaatjies van die week;
* almal dra hulle nuwe spogsweetpakke en
* daar word afgewyk van die normale roetine;
*kon ek vir `n beter rede vra om `n springkasteel te reel ?
Die kinders het in klasgroepies kom spring en dit het my kans gegee om
ook in die klassies te kuier. Hier is groot vordering te bespeur - wat
maniere, ontwikkeling en dissipline aanbetref. Die juffrouens kwyt hulle
baie goed
van hulle taak ! Eintlik staan ek verstom as ek terugdink aan die
outjies se vordering : verlede jaar kon min van hulle sê hoe oud hulle
is, woordeskat was beperk, en handvaardighede swak. Nou bou hulle
legkaart, teken , skryf
en babbel !! Die springkasteel was `n groot lekkerte. Die gegil en gelag
kon mens van ver af hoor. Menige besering is weggelag omdat die pret net
te lekker was. Ons moes keer want van die akrobate met opgehoopde
energie het
rowwe toertjies uitgehaal.
Ek het ook die Rainbow Rally beleef!! ! ( `n Harley Rally sal goed
vergelyk ) Vrydae word die straat toegemaak en die maatjies jaag met
hulle skopfietsies straat- op en straat- af . Wee jou as jy durf in die
pad kom !
Hulle swenk vir geeneen uit nie !
En net toe ek met `n gevoel van genoegdoening wou groet, kom ek op twee
dogtertjies af wat saam met Oom Attie by die stoor, skoene aanpas.Die
vreugde oor hierdie paar tweedehandse tekkies het my so geruk ( moes
hard
sluk ) en net daar het ek besef : elke goeie daad aan die kindertjies
word so opreg waardeer ! Ons durf nie ophou nie!
Hier is die Projek
se kontakbesonderhede, kontak gerus vir Elsabe as julle wil betrokke
raak of op die poslys kom.
Danville Hulp Projek
Elsabé Blignaut
Cell: 082 8282 551 na - ure
Huis: 012 991 3914 na-ure
Faks: 012 991 2073
Posbus 2839 Faerie Glen 0043
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen
E.pos: elecnet@mweb.co.za
Webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Bankbesonderhede
Danville Hulp Projek
Eerste Nasionale Bank – Brooklyn tak
Bankforum gebou -
Bronkhorst straat - NuMuckleneuk
Swift kode: FIRNZAJJ 926 (Internasionale inbetalings)
Takkode: 251345
Tjek Rek. nr: 62054634128
Nie Winsgewende Organisasie Art. 21
"Expectra 97 - Co 2003/017115/08
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
As julle weet
van enige boererate,
stuur
asseblief vir my, ek is besig om 'n eBoek saam te stel met
soveel Boererate as moontlik. Enigiemand wat my 10 rate of meer
stuur, kry 'n gratis eksemplaar wanneer dit gereed is! |
|
|
Lennon se botteltjies medisyne is al daar vandat ek
verstand het. In my pa se Algemene Handelaar winkel kan ek die boksies vol
Lennon's onthou. Ek probeer nou op die oorsprong en agtergrond van hierdie
medisyne kom, as enigiemand kan help, stuur asb vir my
epos.
Hier volg 'n gieoe voorbeeld van hoe Lennons aangewend was:
Borskwale - Hierdie mengsel
help vir algemene borskwale soos hoes, kroep, brongitis en so meer. Dit maak
slym los maar verlig ook 'n droë hoes. Dit verminder ook die sinus slym en
beheer dus die slym wat agter in die keel afloop (Post Nasal Drip) Sinus-lyers
vind grootliks verligting met die gereelde gebruik van hierdie mengsel.
Voordat jy begin, moet jy bewus wees dat baie mense die smaak van hierdie
mengsel onaangenaam vind. As jy dus iemand is wat te kere gaan vir die reuk
en smaak van medisyne, moet jy liewer los, want jy sal net jou geld mors. Ek
glo egter die reuk/smaak weersin is maklik beheerbaar, dit verg net 'n
bietjie selfbeheersing("it is all in the mind ! ")
Meng die volgende in 'n groterige glas bottel met 'n digte skroefdeksel:
1 botteltjie LENNON Paragora
1 botteltjie LENNON Turlington
1 botteltjie LENNON Ipekakuanawyn
1 botteltjie LENNON Borsdruppels
1 botteltjie roulyn olie
½ bottel heuning
Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is.
Neem een desertlepel vol soggens en saans.
Sodra jou toestand verbeter het kan jy net een keer per dag 'n desertlepel
vol neem.
Kinders van so drie tot agt jaar moet net 'n halwe desertlepel op 'n slag
neem.
Raadpleeg eers jou geneesheer voordat jy dit vir babatjies gee.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
BOSVELD-LENTE
Woorde: P. MCLACHLAN: Vers 1, 2; ANNEMARÉ SCOTT: Vers 3
Musiek: Sweedse Volkswysie; diskant: ANNEMARÉ SCOTT; verwerk: H. PIETER
VAN DER WESTHUIZEN
Vanmôre in die vroegoggenddou, fal-le-ra,
stap ons na die berge so blou, fal-le-ra.
Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou!
Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou!
Kom laatslapers, op, laat ons sing, fal-le-ra,
van skoonheid wat lente ons bring, fal-le-ra.
Die kleure van die bome--louter lentedrome,
dis Bosveld se fleur wat ons hier omring!
Die kleure van die bome--louter lentedrome,
dis Bosveld se fleur wat ons hier omring!
Die lied uit 'n hart vol geluk, fal-le-ra,
is mooier as rykdom en gesmuk, fal-le-ra.
Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk.
Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|