|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 71 |
'n Passie vir
Afrikaans |
22 Julie 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Ek gaan iets
nuuts probeer, 'n boekveiling! Ek het 'n paar boeke wat ander mense
interessant behoort te vind, en die eerste een is nou op veiling. Dit is
Sangiro se Op Safari,
klik hier as jy
belangstel om te bie.
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede.
Die artikel wat
ek geplaas het wat my ma geskryf het, het nogal heelwat kommentaar
uitgelok, so ek plaas weer een van die artikels wat sy in die jare 50
vir die Koster Herout geskryf het. Meestal oor die lewe in 'n klein
plattelandse dorpie in daardie jare.
Ek plaas hierdie
spesiaal vir Elize Clark!
Die
Kappiekommando Kompeteer
deur Fien
Die dames van Koster besluit toe mos om 'n rewolwerklub te begin
Die volgende artikel deur Fien verskyn op 14 Mei, 1958 in die Koster en
Swartruggens Herout
Gewapen met veldkykers, selfvertroue en tien patroontjies elk het die
dames van die Kosterrewolwerklub verlede Vrydagmiddag op die
skietterrein van die Noordelike Skietkommando bymekaargekom vir hulle
eerste skietoefening, maar dit was nie lank daarna of die verbygangers
het lont geruik en gou-gou was daar 'n groot skare mense wat gekom het
vir, soos hulle vermoed, 'n braaivleis, (want die skietterrein is 'n
deel van ons dorpskamp). Hier moes ons egter die belangstellendes
teleurstel want die nodige voorsorgmaatreëls ter beveiliging van die
lewende hawe in die kamp was alreeds getref - dus het daar geen
moontlikheid van 'n braaivleis bestaan nie.
Op die skietbane aangekom, moes ons in twee rye en op dubbelpas na die
skyf marsjeer, maar hier het dinge egter byna in 'n oorlogstoestand
verkeer, want sonder waarskuwing is daar 'n paar skote met buskruit
geskiet, nie om ons in verwarring te bring nie, maar om die
noodsaaklikheid van bewegingloosheid duidelik te maak. Die gevolg was
dat wanorde onder ons losgebreek het en binne 'n paar sekondes was al
die skutters op die loop gejaag, en hulle het hulself agter die eerste
en beste beskikbare dekking verberg.
Hierdie voorval het ons baie senuagtig en prikkelbaar gemaak, en baie
geduld, sagte behandeling en takt moes aan die dag gelę word voordat ons
weer selfvertroue gehad het.
Die skyf, met 'n kol van omtrrent 1 1/2 duim in deursnit, was op 'n
afstand van 600 jaarts geplant, en ons was daardeur genoodsaak om ons
veldkykers (sterng verbied) te gebruik voordat ons kon korrel neem,
sodoende moes ons dan die vereistes van skietbaandisipline verbreek want
ons moes in seksies van drie in plaas van EEN op die front tree, nl die
skut, 'n tweede wat die veldkyker gebruik om die punt waarna die skut
moet mik te beskrywe en die derde wat moes dien as skietrus. Ongelukkig
het een van die "rekrute" vergeet om die rigmiddele suiwer regop te hou,
sy het albei haar oë styf toegeknyp en - gevuur, voordat sy uit die 'laai'-houding
in die 'aanlę'-houding was.
Dit was toe besluit dat dit veiliger sou wees om ons verder af te rig in
die 'sittende'-houding!
Daarna het ons geskiet sonder skyf en verskillende voorwerpe in die veld
was gebruik as mikpunte. Die "rekruut" met die veldkyker het vier
mikpunte beskrywe, en na die bevel van 'vuur' het een van die mikpunte
skielik in die lug gespring en die veld ingestorm. Dit was jammer dat
hierdie 'mikpunt' oom Org se kampioenbul was, maar ons kon toe niks aan
hierdie ou sakie doen nie. Gelukkig was daar een van die mediese tipes
onder die belangstellendes, en nadat hy tevergeefs al sy kennis in
eerstehulp aan die dag gelę het, was dit algemeen aangeneem dat daar tog
braaivleis gehou sou word.
Verder was ons geleer dat die rewolwer op twee maniere gebruik kan word
(a) as wapen vir een hand en (b) as wapen vir twee hande. Ek verkies
natuurlik die tweehandegreep - sodoende hoef ek nie korrel te neem nie
en ek kan die 'lęende' skiethouding inneem, met die kolf as stut vir my
ken!
Na die eerste rewolweroefening is ek oortuig daarvan dat daar nie EEN
agterlike skutter onder ons dames is nie, en ek kan waarborg dat ons
binnekort op bevel van 'snelvuur' sal kan staande laai, knielende korrel
en sittende vuur - (standaardtyd een minuut!). En as die bevel 'vul
magasyne' gegee word sal ons nie die rewolwers wegsmyt en na ons
kosmandjies storm nie, maar sal ons direk weet dat die opdrag is om aan
te lę en te skiet!!
Verder dat die terme 'oorgehaalde haan' en ontspan vere' niks met die
henne in die hok te doen het nie!
(bogenoemde teks is onveranderd gelaat)
Meganiek van Rewolwers
(Leidraad vir 'Rekrute")
Korrelbeskermer - voëlverskrikker
Laai - bęreplek vir rommel
Veiligheidsknip - haakspeld
Ruste in Haan - tydperk tussen sononder en dagbreek
Koppelring - troupand
Snellerbeuel - 'spiedkop'
Rigmiddele - padverkenners
Uitgooier - baas van kroeg
Arm van veiligheidsknip - greep in stoei
Mikkorrektor - snoeiskęr
Romp - uitsluitend vir dames
Haan - oorsaak van kannibalisme onder hoenders
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld Ł5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
|
En nou, na vele
versoeke, Anna se nuutste boek - "Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna@minimax.cc |
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van
Vriende.com
Vriende.Com
is 'n sosiale webwerf waar Afrikaanse mense regoor die węreld met
mekaar kan gesęls. Die atmosfeer hier is vriendelik en "laid-back".
Ons bestaan al reeds van Januarie 1999 af en is een van die oudste
Afrikaanse gemeenskappe op die Internet.
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
'n Argeoloog was
besig om te werk in die Negev-woestyn in Israel en kom toe af op 'n kis
waarin daar 'n mummie is. Nadat hy dit ondersoek het, skakel hy die
kurator van 'n beroemde argeologiese museum, en se vir hom: 'Ek het 'n
mummie ontdek van 'n man wat 3000 jaar gelede aan 'n hartaanval gesterf
het!' Waarop die kurator hom antwoord: 'Bring hom in, dat ons hom kan
ondersoek.' 'n Maand later bel die kurator die argeoloog: 'Jy was toe
reg omtrent die mummie se ouderdom EN die oorsaak van dood. Hoe op aarde
het jy geweet waaraan hy dood is?' 'Maklik', se die geoloog, 'In sy hand
was daar 'n kleitabletjie met die woorde: 'Tien duisend sikkels op
Goliat...' |
|
|
Die Resep |
|
Vriende stuur
gereeld vir my resepte, die een is van Elzeth wat al honderde gestuur
het! Dankie Elzeth
|
|
WARM
AARTAPPELBAKSEL
BESTANDDELE:
6 groot aartappels
2 middelslag uie
1 groot blik gekapte sampioene
1 pak spek (gesnipper)
250 ml vars room
250 ml vars melk
1 koppie gerasperde kaas (gouda of cheddar)
1 pakkie wit uiesop
vars swart peperkorrels
aromat of sout na smaak
METODE:
Kook die aartappels tot gaar (net nie oorgaar).
Braai uie, sampioene en spek saam tot gaar.
Sny aartappels (met skil) in skywe.
Pak 'n laag skywe in 'n platboom oondbak; strooi 'n laag sampioenmengsel
bo-oor die aartappels. Gooi speserye oor (vars swartpeper/aromat) en
strooi
gerasperde kaas bo-oor.
Herhaal laag aartappels ens. totdat jy 3 lae het.
Gooi die laaste laag sampioenmengsel oor en laaste laag gerasperde kaas
(sommer baie).
Meng die room, melk en wit uiesop saam en gooi bo-oor laag aartappels.
Bak by 180ş C vir 'n volle uur en bedien warm.
Geniet dit - dis smullekker
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
30 Julie - Vrystaat lededag
13 Augustus - Vriende van Boeremusiek:
Boeremusiek plesier vir almal!
2 September - Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op
13 Augustus
en 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Terugvoer van
Elsabe oor al die projekte waarmee sy besig is:
Goeiemôre vriende,
As die winter tog net sal wil wyk!!!- Ons het 'n groot kos krisis.
Ons het gister die laaste kruideniersware uitgedeel en die stoor is nou
dolleeg!!! Ons het GEEN kruideniersware meer om selfs net by die
grootste
nood te kan uitdeel nie!!
HELP asb! Die koue maak die honger nog erger!!!
Enige kruideniersware is meer as welkom. Nie bederfbare kosse soos
mieliemeel, suiker, mielierys, rys, blikkies kos, blikkies vleis,
blikkies vis, poeiermelk, hawermout, olie,sout en peper, broodsmere en
margarien is nou bitter nodig.
Afleweringsadres:
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 991 3914 of Cel 082 8282 551 skakel asb voordat jy ry.
Donasies kan in ons gewone rekening gedeponeer word asb.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
Stuur asb hierdie boodskap aan soveel as moontlik familie en vriende en
sommer ook kennisse en help ons asb om hierdie minderbevoorregte mense
in
nood te kan help.
Ek hoor graag van julle. Antwoord asb per e.pos elecnet@mweb.co.za
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
|
|
|
Kroep - Bind skilpadmis om nek
Kroep - Verhit 'n teelepel olyfolie oor 'n kerslig en gee in met
'n bietjie konfyt agterna om die smaak te verbeter. Binne 'n paar minute is
die kroep verby.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blęrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
SAAI DIE WAATLEMOEN
Woorde: Tradisioneel: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3, 4
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN
[1]
Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas 'n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!
[2]
Braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen.
My tannie dra 'n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai 'n koringkorreltjie,
en kry 'n boerpampoen!
[3]
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Spyker in my skoen!
Die nooi'ntjie brei 'n truitjie,
sy trek haar mond 'n tuitjie,
sing 'n wysie deur haar gorreltjie.
Wat sal ek tog doen?
[4]
Almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen!
Dan bak sy maar 'n kluitjie
en sę sy's klaar 'n bruidjie,
die vonkelwyn maak 'n borreltjie,
almal wil haar soen!
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|