|
|
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 72 |
Afrikaans KOOK!!! |
5 Aug 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede.
My CD wat
Boererate sowel as Boeremusiek bevat, Rate en Plate, is
uiteindelik beskikbaar! Bestel jou eksemplaar sommer NOU!
Klik hier vir
besonderhede!
Hier is nog een
van Minette Brink se lekkerlees artikels. Minette is verbonde aan die
Republikein,
die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië
Daggatee en
liefde
Minette Brink
“DRINK jy daggatee?”
Ek stik aan my koffie en kyk die seunskind van my stip aan.
“EKSKUUS??!! Waar kom jy daaraan?” wil ek verstom weet.
Meneertjie kyk nie eens op van die graad twee huiswerkboek nie. “By die
skool,” sê hy nonchalant. En kleur verder in, sonder enige benul van die
emosies wat sy ma se binnegoed soos ʼn tuimeldroër laat rondtol.
Die gedagtes spin, want hoe benader ek nou dié te vroeg kwessie. Ek het
darem gedink ons sal eers skuins voor tienerstadium die dwelmpraatjie
hoef te hê.
Maar voor ek die hele bedryf kan aanpak, kyk hy met ʼn diep frons op.
“Wat is dagga, Ma?” En ek sug ongemerk, verlig tot in my tone.
Ek verduidelik toe dis plante wat mense rook.
“Hahahahaaaa,” skree Broer en Suster gelyk. “Hoekom, is hulle stupid?
Mense wat plante rook..hahaha.”
Dis nie die plek of tyd om toe te sê dat daai plante mense vreeslik
anderste laat voel nie, want dit sou hulle net verder verwar. Hamer maar
toe op die POLISIE en DIE TRONK waarnatoe jy gepos word as jy so stupid
wil wees om plante te rook. En daar daal weer ʼn kalmte oor die
huiswerktafel neer.
“Ugh,” kreun die jongste terwyl die potlood omtrent buig soos daai plomp
vingertjies hom vasklem.
“Hoe spel mens Christopher,” wil sy weet.
Ek dog sy’s besig om te oefen aan alle woorde wat met ‘g’ begin. Vanwaar
dié naam? Is die onnie waansinnig? Graad Eens wat met sulke…
“Di-ii-is haar boyfriend,” koggel die Broer.
Ek dog my hart gaan staan. Werklik. Ek het nie krag om nou al met sulke
nonsens te probeer byhou nie. ʼn Boyfriend, in graad een. Ek gaan dit
verloor. Ons gaan trek. Geen kontak meer met enige van die suf
samelewing nie.
“Is nie waar nie, hy’s my vriend. Ek skryf net vir hom ʼn brief,”
verdedig sy.
En toe vertel sy van die Christopher en hoekom hy haar vriend is.
Die meisiekind van my maak nie maklik vriende nie. Inteendeel, glad nie.
Ek verstaan nie regtig hoekom nie, want sy is die happy een, die een wat
soos ʼn hondjie by oop motorvensters met toegeknypte oë sing saam met die
wiele rol. “Visvang vir Jesusss, visvang vir Jesusss’ of ‘Jesus lafs mie
dis aai nou” al die pad, sonder ophou.
Haar eerste maande by die preprimer was nie lekker nie. Alleen onder ʼn
boom gesit en net gekyk wat al die ander jillende malende kindermassas
doen.
Maande lank. En toe kom sit Christopher eendag langs haar. Net sommer
gesit en niks gesê nie. Saam vir die ander gekyk. Niks gesê nie.
Dit was verlede jaar. ʼn Liefde wat so lank hou verdien op die stadium ʼn
brief, dink sy.
En met trane wat baie vlak in my keel sit, wys ek vir haar om sy naam te
skryf. ʼn Uur se werk en die eerste liefdesbrief in my dogtertjie se lewe
is klaar.
“Liewe Christopher, ek is baie lief vir jou.”
Dis so mooi, het ek geprys en gevoel hoe my hele wese swel van trots.
“Sal jy sy ma bel, vra sy na ʼn rukkie.
Want sien, Christopher is nog in die preprimer en kan nog nie lees nie,
dan moet ek sommer vir sy ma dit lees. En dan hou sy dit tot hy volgende
jaar ook graad een toe gaan.
Wie’t nou daggatee nodig?
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
|
Die volgende is
ook jare gelede deur my ma geskryf, jy kan dit sing op die wysie van
"Enjoy yourself, it's later than you think" |
|
Geniet Jouself Nou!
deur Fien
Jy swoeg en sweet jou lewe lank
Jy's altyd op die draf.
Jy hoop jy's eendag ryk,
Maar wat help al die geldjies dan
Jy's oud en wil beswyk!
Die nuwe kar wil jy nou koop
Jy het dit lank beoog.
Die reëntjie is jou laaste hoop -
Die wêreld bly maar droog.
Maar eind'lik is die redding daar
Van nou af gaan jy WOEL,
Maar wat help nou die kar vir jou?
Jou huis het weggespoel!
Jy dink nou aan die tafsy rok
Dis net die nuutste styl.
Jy tel die hoenders in die hok
Daar's werk nou vir die byl
Die laaste kop word afgekap
Genade is daar geen.
Spog jy nog met die nuwe rok?
Jou buurvrou het ook een!
Jou mielies het jy klaar verkoop
Jy's mos 'n flukse boer.
Jou troupak moet weer dien vir doop
Jy spaar om te gaan toer.
Jy plan al jare vir DIE dag
Geen haas - jy's nog gesond.
Maar wat help al die uitstel nou?
Jy's ses voet onder grond!
|
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
|
En nou, na vele
versoeke, Anna se nuutste boek - "Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna@minimax.cc |
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Nou weet almal
seker waarvoor staan SAA/SAL
SAA - Seek another airline
SAL - Soek ander lugdiens
Sielkundige vra vir Gammat : Kyk jy vir jou vrou se gesig
gedurende seks.
"Ek het eenkeer en sy het redelik de hel in gelyk."
"Hoe dan so?"
"Sy het by die venster ingeloer."
Die man vra in
die Restaurant vir die kelner of hulle wilde-eend het.
Die kelner, "nee meneer maar ons kan vir jou 'n makke de moer in maak".
|
|
|
Die Resep |
|
Vriende stuur
gereeld vir my resepte, die een is alweer van Elzeth wat al honderde gestuur
het! Dankie Elzeth
|
|
Nougat-koek resep
Broodpan:
Voer uit met waspapier (boom en kante, en hou stuk vir bo-oor.)
Rolkoek:
3 eiers
100 g suiker
5 ml bakpoeier
knippie sout
bietjie Van der Hum likeur
Metode: Klits eiers oor warm water en voeg suiker geleidelik by. Klits
tot dik en romerig. Vou droë bestanddele in en gooi in gesmeerde,
gevoerde, rolkoekpan. Bak 8 tot 10 minute by 200° C. Keer uit en laat
afkoel. Sny 1 stuk so groot soos boom van broodpan en 1 so groot soos
die oop bokant. Pak onderste stuk laagkoek in pan, dan helfte vulsel,
dan orige stukkies koek, ander helfte van vulsel, boonste stuk laagkoek.
Bedek met waspapier, druk goed vas. Plaas in yskas. (Nie vrieskas nie.)
Keer uit en verwyder waspapier.
Vulsel:
Room 250g sagte botter (nie margarine nie!!!) en voeg 1 blik versoete
kondensmelk geleidelik by.
Week 15 ml gelatien in 80 ml koue water en smelt geleidelik oor
kookwater.
Voeg dan die botter-mengsel, gelatien en die res saam.
5 ml vanielje
1 ml amandelgeursel
10 ml suurlemoensap
125g versuikerde vrugte en neute
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
13 Augustus - Vriende van Boeremusiek:
Boeremusiek plesier vir almal!
2 September - Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op
13 Augustus
en 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Terugvoer van
Elsabe oor al die projekte waarmee sy besig is:
Goeiemôre vriende,
Hoop dat al ons getroue ondersteuners sommer 'n wonderlike en baie
geseënde
week sal hê!!
Baie dankie aan almal wat so mildelik bygedra het om die onmiddellike
kos
nood te verlig. Ons kon die afgelope 2 weke weer kos aan al ons
minderbevoorregte mense uitdeel.
Ongelukkig is kos insamel 'n nimmereindigende werk, vandag het jy kos
vir
almal en binne 2 dae is dit klaar!. So moet ons maar gedurig oral vra
vir
bystand hiervoor.
Ons het genoeg kruideniersware om hierdie week vir die kinders
middagetes te
kan voorsien, maar ongelukkig is daar nie voorraad vir die
noodkospakkies
vir die naweek nie.
Ons sal weereens oral moet vra vir kos donasies. Help asb soos in die
verlede om vir al die kenisse, familie en vriende te vra om ons by te
staan
asb!!
Gou bietjie terugvoer.
MATHYS ROETS Konsert
Drie van ons getroue ondersteuners het dit op hulle self geneem om 'n
konsert ten bate van die Rainbow kleutergroep te reël ! - Ananda, Walda
en
Arina - duisende dankies hiervoor.
Die besonderhede is as volg:
Mathys Roets
Datum: 21 September 2005
Tyd: 19:00
Plek: Aula teater
Kaartjies: R100 - R80 - R60@
Navrae: Ananda 082 852 6930 (Pta Oos - Hatfield)
Arina: 083 299 9091 (Centurion)
Walda: 082 775 2959 (Pretoria Noord - Moot)
Ons moet almal asb help om die kaartjies te verkoop. Kontak
asb enige van hierdie dames.
Ons moet soveel moontlik kaartjies verkoop om al die kostes te dek en
daarna
nog 'n wins te maak wat ten bate van die kleutergroep is! - Ek weet dat
ek
soos altyd in die verlede weer op almal kan staatmaak hiervoor!. Kom ons
wys vir Mathys wat ons kan doen!!!
HANNON BOTHA
Hannon is aan al die dames bekend. Hy is 'n grimeer kunstenaar wat
wonderlike "Make-overs" doen! Hannon is bereid om 'n werkswinkel ten
bate
van ons projek aan te bied. Hiervoor sal ons ook sommer duisende
kaartjies
moet verkoop! Ons wag vir datums wat hy beskikbaar is - dan sal ek al
die
besonderhede bekend maak.
PROJEK LEKKER WARM SLAAP
Danksy ongelooflike skenkings en donasies vir komberse kon ons meer as
1000
- ja julle lees reg! - meer as eenduisend komberse uitdeel!! - So sorg
die
Here vir al sy kinders! Ons kort
nog so 300 om vir elke persoon tenminste darem 2 komberse te kan gee! -
Ek
glo dat ons dit teen die einde van die week sal inhê!!!!! Loer maar daar
in
die gangkas, daar lê dalk 'n ou kombers of twee wat 'n lyfie lekker warm
kan
maak.
Dankie aan almal wat gehelp het om dit moontlik te maak.
WARM KLERE
Ons kort nog baie warm klere asb. Ouderdomme - pasgebore tot 86 jaar oud
asb!
ANDEON PROJEK
Hierdie "grondpad" projek van ons laat mens net elke dag meer en meer
besef
hoeveel jy het om voor dankbaar te wees!!!!!
Met tye gaan dit maar rof daar - ek haal my hoed af vir Arnold. Hy
is 'n wonderlike mens en 'n groot christen! Sonder die genade en leiding
van God is dit nie moontlik om hierdie projek te bedryf nie.
Dit is vir ons ander maklik om te gaan help by al die elende, dan klim
jy in
jou kar en ry huis toe. Klim in 'n warm bad en bed! Vir Arnold is dit
nie
moontlik nie. Hy het 24 uur van die dag hierdie mense se lief en leed,
probleme, dramas, huismoleste ens!!!
Bid asb vir Arnold vir genade en wysheid om met hierdie projek te kan
volhou! Daar is 30 mense op sy plot waarvan 10 kindertjies is, met die
jongste maar 11 maande oud!. As ons nie maar vasbyt (kners) met die
ouers
nie, vat hulle die pad en dan verloor ons die kindertjies!. Van die
kindertjies daar was nog nie vir 1 jaar in dieselfde skool nie! - Hulle
swerf saam met hulle ouers, met die gevolg dat hulle ook nie op skool
kan
byhou wat staan nog presteer nie!.
Nietemin ons doen ons beste en glo dat ons wel 'n verskil in hulle
lewens
kan maak.
Ons kort 'n groot tenk vir die abolusiegerief se water. Hierdie water
wil
ons dan uitlei na waar ons groentetuine gaan begin.
Ons benodig die volgende vir ons groentetuin projek daar:-
Grawe, pikke, harke, kruiwaens, spitvurke ens.
Kunsmis vir groente
Groente saad.
Kyk maar daar agter in die stoorkamer, enige ou tuingereedskap is baie
welkom en kan 'n groot verskil maak.
Ons wil nou die land omploeg en behoorlik voorberei. Op hierdie manier
kan
ons hulle dan help om tenminste elke dag vars groente te eet (baie
belangrik
vir die kinders) en miskien later ook 'n inkomste daaruit te verdien!
Ek glo dat hierdie groentetuin projek baie geseën gaan wees en dat ons
op so
'n manier die mense ook kan ophef.
13 AUGUSTUS - LENTE TEE BY BLOUDAKKIES OUETEHUIS
Ek staan so skuldig hier voor die oues! - Het hulle belowe dat ons met
'n
lekker funksie die jaar sal afskop en het nou nog nie iets vir hulle
gedoen
nie!
Ons wil graag weer vir hulle 'n heerlike bederf oggend hou
Pedikuur, Manikuur, hare was en droog, lekker kuier en groot bederf!! 'n
Klein vermaaklikheidsprogram en hope heerlike koek en tee! en 'n lekker
pakkie om saam te neem kamer toe. Hoe klink dit??
Sal die persone wat hierby betrokke wil wees my asb direk kontak by
elecnet@mweb.co.za
Ek sal later meer besonderhede hieroor uitstuur. Dagboek asb hierdie
datum.
Ons het soveel as moontlik hande nodig, onthou daar is 120 bejaardes!
Ons sal dan in September vir die Margaretha Ackermann tehuis 'n
soortgelyke
funksie hou.
JEUGKAMPE
26 - 28 Augustus 2005 Pres. Kruger Kinderhuis seunskamp.
24- 26 September 2005 Pres Kruger Kinderhuis dogterskamp
28 - 30 Oktober 2005 Danville dogterskamp
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Dit dan my manuskrip vir vandag. Ons kruideniersware insameling is
prioriteit nommer 1 - 10!! Versprei maar die woord na almal en op die
manier kan ons help om die hongerpyne te stil.
Ek is tans nog by die huis en julle is welkom om my enige tyd te skakel
by :
Cell; 082 8282 551 e.pos elecnet@mweb.co.za
Gebruik asb hierdie e.pos adres vir enige korrespondensie.
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Gaan loer gerus op die webwerf - die nuutste fotos van die kos insamel
en
verspreiding is daarop onder "Danville Algemeen"
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
|
|
|
Molle - Die goedkoopste raat
is as jy honde het, moet jy die honde bolle (landmyne) in die molle se gange
of gate gooi.
Wat ook kan help is knoffel lelies -
dit het 'n pers blommetjie en ruik na knoffel.
Probeer ook Phostoxin in die gate gooi - dis baie giftig - kry besonderhede
by Ko-operasie.
Minder giftige opsies is knoffel ekstrak en kasterolie wat in die gate
geplaas word en weer toegemaak word.
Die goedkoopste raat is om die gat effens oop te grou en 'n ui wat
middeldeur gesny is, daarin te plaas. Klink eenvoudig, maar werk. Nou en dan
kom daar weer 'n mol, maar verdwyn oornag as die ui daar sit.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
MY HARTBEESHUIS
Woorde: Tradisioneel: Vers 1; G.G. CILLIÉ: Vers 2
Musiek: "My little Irish Cottage", EILEEN SUMMERS
Daar's 'n lief ou hartbeeshuisie op 'n plaas so wyd en vry,
nou verbind met soet herinn'rings, dis die liefste plek vir my;
heerlik geur die lentebloeisels, perske, peer en appelkoos,
en daar binne in die huisie bly 'n Afrikaanse roos.
[REFREIN]
O my lief ou hartbeeshuisie met jou kraal en moerbeiboom,
ek verlang na jou gedurig, o, ek sien jou in my droom.
As die oorlogswolke oor is en die lug daarbo weer blou,
kom ek weer, my hartbeeshuisie, na my liefste, en na jou.
In die mooi ou hartbeeshuisie woon my allerliefste nooi;
ek verlang na haar gedurig, sy's so vriendelik en mooi.
Hoe het ons twee saam gewandel, oor die plaas het ons gedwaal,
tot die lug vol helder kleure wys die dag begin te daal.
[REFREIN]
O my lief ou hartbeeshuisie met jou kraal en moerbeiboom,
ek verlang na jou gedurig, o, ek sien jou in my droom.
As die oorlogswolke oor is en die lug daarbo weer blou,
kom ek weer, my hartbeeshuisie, na my liefste, en na jou.
Musiek met vriendelike toestemming van die uitgewers, Cary & Co., Londen.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|