|
 |
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 73 |
Afrikaans KOOK!!! |
19 Aug 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Ons is pas terug
van die Kruger Park,
klik hier vir fotos!
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede.
My CD wat
Boererate sowel as Boeremusiek bevat, Rate en Plate, is
uiteindelik beskikbaar! Bestel jou eksemplaar sommer NOU!
Klik hier vir
besonderhede!
Hier is nog een
van Minette Brink se artikels. Minette is verbonde aan die
Republikein,
die enigste Afrikaanse Dagblad in Namibië.
En, Minette,
uit 'n man se oogpunt beskou, daar is NIKS met jou bas verkeerd nie -
Peter
Ek fletter soos
'n vlinder in my nuwe kaftan
Minette Brink
TOE die derde persoon binne 'n week my nie met “Hallo, Minette” begroet
nie, maar wel met, “LIEWE D…., WAT HET JY INGESLUK,” toe weet ek.
Dit is tyd om die waarheid in die spieël en aan die bas te aanvaar en
iets te begin doen.
Ek moet erken ek het die afgelope weke agtergekom die broeke sit al hoe
stywer, die hemde al hoe knapper, maar ontkenning is 'n lelike ding.
En daar is altyd 'n groter nommer wat iewers in die kas rondlê.
Maar selfs die grootste paar jeans sit deesdae soos 'n stovepipe.
Ek ken min mense met skale (hey, ek weet hoe om my vriende te kies),
maar die anderdag sien ek Bets het sowaar een verskuil in haar badkamer.
Waag toe maar die kans en klim suutjies op. Ek wil tog nie die ding met
my logge liggaam breek nie.
Maar ek kan nie die syfertjies sien nie en suig toe maar asem op. Dit
help niks en twee arms moet toe maar help om die stuk pens in te hark.
Ek dog ek word flou en moes aan die bad se rand vasgryp om nie myself
teen die yskoue teëls te pletter te val nie. Yskoud soos my hart.
Want op 85 kilogram was ek laas so swaar soos op die vooraand van my
laaste kraamslag…
Ek doen nie die diet-ding nie. Dis 'n pyn, dit mors net geld en tyd en
baie min mense is suksesvol, daarvan is ek die beste voorbeeld.
Maar dié keer het ek beswaarlik 'n keuse en 'n beangste soektog op die
internet gee darem weer so 'n bietjie moed.
Nadat ek veertig verhale van “hoe ek 256 kilogram in twee dae verloor
het en ek het geëet wat ek wil” gelees het, is ek ready Freddy.
Gewapen met die koolsopdieet, gevolg deur die proteïendieet, dan
Nataniël se lensiedieet, die vrugtevas en afgesluit met 'n weeklank van
net water – die hele bedryf sal my drie maande vat waarna ek 12 kilogram
gaan weeg.
Perfek.
En daar begin ek en raak amper naar, want koolsop vir brekfis is nie
spek en eiers nie.
En daar hou ek dieselfde aand op, want my kop gaan ontplof en my vel lyk
soos die oppervlak van die maan.
Nou goed, dan kyk ons hoe lyk ons mediese fonds se beperkings op
spesiale operasies. Maar helaas, nêrens, maar nêrens word een enkele
woordjie genoem dat liposuction in die Minette-lid se geval wel
uitgevoer sal word synde dit bevorderlik vir haar geestesgesondheid sal
wees nie.
Tekkies aan en ek maak maar of ek nie hoor hoe blêr die kinders van die
lag toe ek oor my skouer sê: "Mamma gaan om die blok draf. Wees soet,
moenie die deur vir enige iemand oopmaak nie, behalwe vir Mamma, onthou
hoe’t ons laas baklei en Mamma tot donker buite in die koue sit en smeek
het om in te kom. Anyway, Mamma sal seker so 'n uurtjie weg wees."
En ek draf vuur en vlam die hele 15 treë tot by die motorhek, draai net
daar om en sleep myself blasend, hygend, rooiwarm en natgesweet tot by
die voordeur.
Klop met my laaste asem flou aan die deur en krys skaars hoorbaar:
"Mamma is terug, maak oooooopp……"
"Nee," sê die kind agter die deur, "ons mag vir NIEMAND oopmaak nie…"
Die volgende oggend toe Chinatown se eerste stalletjies oopmaak, staan
ek stywebeen voor die deur.
"Ek soek kaftans. In bulk. En terwyl julle my nuwe rokke laai, sal ek by
die restaurant sit en myself verdiep in die menu."
Daar kom 'n tyd in elke vrou se lewe…

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
"Julle
professionalisme het die verband proses 'n plesier gemaak ... "
Mornay van der Merwe
Klik hier
|
bukhuki |
|
n Annerster boekwinkel
in Somerset-Wes, Wes-Kaap, voorsien kinder-en jeugboeke aan kinders en
jongmense tussen die ouderdomme van 0 en 14 jaar.
klik hier |
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
|
 |
Die
Mieliestronk, beste ding sedert braaivleis of biltong.
Vir inligting en hulp met skooltake |
Kry 'n kredietkaart die maklike manier! Doen
aanlyn aansoek vir jou Barclaykaart!. Konsolideer jou
skuld en betaal dit op een plek af!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
|
En nou, na vele
versoeke, Anna se nuutste boek - "Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna@minimax.cc |
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van
Skooltake??
Die behoefte aan 'n webblad
waar Afrikaanssprekende leerlinge skooltaakinligting in hul
moedertaal kan bekom, het ‘n paar mense bygebly. Na dae en nagte se
spook en spartel is die webblad gebore:
www.skooltake.za.net.
Ondanks die feit dat 'n groot
deel van die gemeenskap nie toegang het tot internet nie, vereis die
skole in 'n toenemende mate dat skooltake internet verwyssings as
bronne moet hê. Aangesien Internet kiosk tariewe nie altyd in almal
se begroting val nie, is besluit dat inligting in Afrikaans
beskikbaar gestel sal word. Dit spaar baie tyd ten opsigte van
vertaling. Nou kan hierdie tyd wat verlore sou gaan aan vertaling en
verdere internet-soeke, eerder aangewend word om die leerinhoud van
die skooltaak na te vors. Op hierdie wyse word meer waarde geput
uit die opvoedkundige van 'n skooltaak.
Skooltake.za.net vra nie geld vir die diens nie, omdat dié wat die
diens die nodigste het, dikwels nie nog meer uitgawes kan aangaan
nie. Daarom dat skooltake.za.net staatmaak op vrywillige bydraes
van die wat wel 'n bydrae kan maak om die voortbestaan van
skooltake.za.net te verseker.
Skooltake in Afrikaans sal in
die toekoms makliker wees! Indien daar iets is waaroor jy ‘n taak
moet doen, maar die inligting is nie op die blad nie, stuur ‘n
e-pos, ons kry die inligting en sit dit op vir jou gerief.
As jy meer wil weet, 'n akademiese of
materieële bydrae wil maak of vanaand nog daardie taak vir
more-oggend moet klaarmaak, log in op
www.skooltake.za.net
Epos navrae na
skooltake@skooltake.za.net Ons
hoor graag van jou!
http://www.skooltake.za.net/ |
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Hoekom skreeu
Hadidas as hulle vlieg? Hulle lei aan hoogtevrees.
Die lewe is onregverdig:
As 'n onderwyser 'n fout maak, vee hy dit uit.
As 'n tandarts 'n fout maak, trek hy dit uit.
As 'n dokter 'n fout maak, begrawe hy dit.
As 'n regter 'n fout maak, word dit wet.
As 'n skoolkind 'n fout maak, kom hy volgende jaar terug. |
|
|
Die Resep |
|
Coert en Christine
van der Merwe stuur vir my die volgende, baie dankie:
|
|
Hoenderlewers
1 pakkie spek (250 g in blokkies gesny)
1 ui
500 g hoenderlewers (goed skoongemaak)
15 ml olie
1 blikkie ALL GOLD tamatie en uiesmoor
1 eetl worcestersous (HOT)
soetwyn of sjerrie - opsioneel.
sout en grofgemaalde swartpeper
Braai spek in olie tot gaar. Haal uit pan uit. Behou olie in pan.
Braai ui tot bruin in dieselfde olie. Voeg hoenderlewer by, Braai.
As gaar voeg by: tamatiesmoor, worcestersous en soetwyn en geurmiddels.
Bedien op roosterbrood.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
13 Augustus - Vriende van Boeremusiek:
Boeremusiek plesier vir almal!
2 September - Vrystaat en DOZI: Boeresportdag
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op
13 Augustus
en 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
JEUGKAMPE
26 - 28 Augustus 2005 Pres. Kruger Kinderhuis seunskamp.
24- 26 September 2005 Pres Kruger Kinderhuis dogterskamp
28 - 30 Oktober 2005 Danville dogterskamp
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Ons kruideniersware insameling is
prioriteit nommer 1 - 10!! Versprei maar die woord na almal en op die
manier kan ons help om die hongerpyne te stil.
Ek is tans nog by die huis en julle is welkom om my enige tyd te skakel
by :
Cell; 082 8282 551 e.pos elecnet@mweb.co.za
Gebruik asb hierdie e.pos adres vir enige korrespondensie.
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Gaan loer gerus op die webwerf - die nuutste fotos van die kos insamel
en
verspreiding is daarop onder "Danville Algemeen"
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
GIF…As iemand
gif ingekry het moet jy wildedagga pluk en in ‘n kastrol sit en
kookwater oorgooi en dit vir ‘n rukkie kook tot dit sterk getrek het.
Gee vir die persoon om te drink.
GIF…As iemand kosvergiftiging het..soos mossels of vis dan moet hy
gou ‘n sterk mengsel van suurlemoensap en asyn drink…en dan getrekte
kruisement water.
GIF…As iemand seepsoda ingekry het moet jy dadelik 3 eetlepels asyn
en 2 eetlepels klapperolie meng en vir hom ingee…hou aan tot alles
uit is.
GIF…Vir wanneer een persoon vergiftig is neem dan een glas warm
water zo warm as moonlik. Gooi een teelepepvol mostert daarin. Drink
so warm as moontlik. Die gif zal uitkom. Herhaal todat al die gif
uit is.
|
|
|
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
O, WAS JY OP DIE VLAKTE SKRAAL
Woorde: B. KOK, na Rob. Burns: "Oh, wert Thou in the cauld blast"
Musiek: F. MENDELSSOHN-BARTHOLDY
O, was jy op die vlakte skraal,
waar snerpend koud die winde dwaal,
my liefdeskleed sou jou omvou,
vir ewig trou, vir ewig trou.
Sou onheilstorms hewig tier,
rondom jou woed, rondom jou woed,
my liefde sou 'n mantel wees
wat jou behoed, wat jou behoed.
Of was jy in 'n woesterny,
verlate, vaal, verlate, vaal,
'n paradys sou daar verrys,
vol prag en praal, vol prag en praal.
Was ek 'n koning op 'n troon,
deur jou bemin, deur jou bemin;
die skoonste sieraad in my kroon,
my koningin, my koningin!
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|