|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
Johann van Staden,
tans woonagtig in Stuttgart vertel van ons van sy leefwyse in die
vreemde. Skryf gerus vir hom by:johann.van-staden@t-systems.com
Hy hoor graag van julle
Hallo Peter en Peter-jasie Patriot
Vriende,
Hier vanuit 'n winterbeklemde,
grys-grou-vale Stuttgart in Duitsland mis ek al klaar die son en hitte
van die somer. Gelukkig kan ek uitsien na 'n warm Kerstyd saam met my
vrou en familie om die swembad en braaivure in Pretoria hierdie jaar.
Laas jaar was dit 'n wit en koue Kersfees vir my hier in die Noorde.
Ek was die afgelope naweek bevoorreg om die
Internasionale Motorskou in Frankfurt by te woon. Dit is amper iets
soos die Randse Paasskou, net erger, groter en meer mense. Volgens
inligting was daar meer as een miljoen besoekers hierdie jaar. Behalwe
vir groot uitstallings van die gevestigde motorvervaardigers was daar
'n redelike groot sigbaarheid van verskeie Chinese vervaardigers, met
name waarvan ek nog nooit gehoor het nie. In die meeste gevalle lyk
dit asof hulle hoofsaaklik probeer om huidige Westerse en Japanese
voertuie na te maak - jy sien 'n kar, dit lyk soos iets wat jy al
vantevore gesien het, maar jy ken nie die naam nie. Jy kan dan byna
seker wees dit is 'n Chinese produk. Ek het 'n redelik volledige
opinie oor die skou op my blog by
http://jvsenvriende.blogspot.com -
gaan kyk gerus daar en gesels saam.
Onlangse nuus in Duitsland is die
interessante uitslae van die verkiesing. Kanselier Schröder het dit
gewaag om 'n vroë verkiesing uit te roep, as gevolg van 'n redelik
stagnante ekonomie en hoë werkloosheid, en nie genoeg ondersteuning
van die parlement om sy beplande en nodige ekonomiese hervormings te
doen nie. Die uiteinde van die saak is dat geen party nou 'n
meerderheid het om 'n nuwe regering daar te stel nie, en daar word wyd
gespekuleer oor allerhande interessante koalisies en
samewerkingsooreenkomste. Uiteraard is dit nie 'n goeie ding nie,
aangesien geen party se werklike agendas uitgevoer sal kan word nie,
en ek glo dinge sal verder stagneer. Daar is net te veel en te groot
beleidsverskille om waardetoevoegende kompromieë te realiseer. Ek dink
daar sal vroeg in 2006 weer 'n verkiesing wees, en hopelik sal die
Duitsers dan 'n meer definitiewe politieke uitslag daar stel.
Dankie ook vir Elzeth vir haar
mikrogolf bobotie. Ek gaan dit verseker binnekort probeer. Mens
verlang maar na jou eie kos in die land van kool aartappels en
varkvleis !
Dan net 'n regstelling. My vonkpos-adres of
Peter se kaart is ongelukkig verkeerd. Ek nooi julle graag uit om met
my kontak te maak by
johann.van-staden@t-systems.com
; dit sal regtig baie lekker wees om van julle te hoor. Ek weet
ongelukkig nie hoe om daardie kaart-inskrywing reg te maak nie - as
Peter dit kan doen sal ek baie bly wees.
Ek het ongelukkig 'n onlekker,
krapperige keel en fris hoes op die oomblik. Dit voel asof drie
kaboutertjies met skuurpapier op en af ry-en-gly in my keel, en hier
is nie eers 'n bietjie boegoe-brandewyn om die pyn weg te vat nie. Wie
het raad (of raat !) vir my ?
Sonskyn-groete,
Die volgende
verhaaltjie het al in een van Danie se nuusbriewe verskyn, maar ek wil
dit hier ook plaas. Stof het gesê ek kan dit met graagte gebruik. Geniet
dit!
KAFEEKAT
Dit kom uit die pen van Stof
Epos:
reaksie@stof.co.za
Webwerf:
www.stof.co.za
Onder die skadunet by die padkafee sit ek suig-suig aan 'n strooitjie op
'n Dinsdagaand. Hier is mense te voet, mense per fiets, mense per
standaardvoertuie en mense per luukse voertuig. Almal vlug van iets af.
'n Huis, 'n werk, pyn, of eensaamheid. Hier is maskers van alle tipes.
Party lag luidrugtig om die swere weg te steek. Ander vertel strories
wat ooglopend 'n fantasievlug is. Die meeste eet in oordaad. Maar daar
is ook hulle wat net 'n koeldrank of pakkie skyfies het. Dan kom 'n
gemmerkat onder 'n tafel uitgekruip. Sy desperate groot oë staar my
smekend aan vir 'n stukkie vleis, terwyl ek net maar 'n glas sap by my
het. Hoe kan ek aan hom verduidelik dat ek verstaan, weet wat in sy
binneste leef? Dat ek ook soms met smeking pleit vir 'n bietjie
aanvaarding, bietjie sin.
Hy is waarskynlik al baie keer geskop, want hy koes benoud weg as ek my
hand uitsteek om hom te streel, te probeer om 'n geesgenoot gerus te
stel. Dan besef ek dat ek ook 'n spul ongevraagde skoppe al gehad het.
Hy miaau saggies, so asof hy nie eintlik wil steur nie. Dan hoor ek sy
kattetaal duidelik in mensetaal. Hy sê: "Ek is alleen, het lig hier
gesien skyn en kom kyk of hier dalk iemand mag wees wat omgee. Ek wil
nie pla nie, maar vra net 'n bietjie aanvaarding, dalk nog 'n happie kos
ook. Verskoon my as ek koes as jy my wil streel, want die skoppe van
ander is nog te vars. Eensaamheid maak my desperaat, en daarom is ek
hier tussen mense om dalk tog 'n stukkie liefde en dalk 'n happie kos te
kry. Maar ek sal verstaan as jy my ook skop, ek is dit gewoond." Dan kyk
kat en mens mekaar reguit in die oë, en ek weet hy verstaan wat ek
woordeloos aan hom sê.
Hy kom nader, maak sy rug effe krom, skuur teen my been terwyl hy spin,
en draf dan weg. Ek kan sien dat hy blom van slegs 'n oomblik se
aanvaarding. Hy kruip nie meer nie, maar draf met 'n trotse houding. Hy
los my dan alleen agter: eensaam. Tog dankbaar dat ek kafeekat se aand
kon verander. Maar elkeen rondom my eet steeds maar sy eie biefstuk,
drink sy eie melkskommel, praat sy eie dinge. Dan weet ek: dat dit nie
geweld of vuurwapens is wat die meeste sterftes veroorsaak nie, maar
eensaamheid. Giftiger as strignien, dodeliker as 'n kernbom, is
eensaamheid. Wens jou grootste vyand dan eerder kanker toe, maar
asseblief net nie eensaamheid nie, want eensaamheid is die mees
terminale toestand denkbaar. Niemand verdien dit nie. Intussen vergaan
duisende mense daagliks omdat eiebelang en haas maak dat ander verby
eensames storm en selfs bo-oor hulle rol in eiegeregtige ideale.
In Vierdestraat is 'n eensame mens, iemand wat reeds uit sy pad gegaan
het om vir JOU iets te beteken. Wat doen jy anders as om hom bloot maar
net te kritiseer in sy dagtaak? Is dit nie nou tyd om 'n broer vir 'n
broer te wees, 'n stut vir 'n medemens?
Ook in elke ander straat, in elke dorp, sal jy hom kry, 'n geskopte, 'n
eensame wat smag na net 'n klein bietjie waarde.
Hulle soek net "een om my hand te neem". Wees jy vandag daardie "een"
Dis amper alweer
tyd vir die jaarlikse personeel evaluering. Ek wens ek het die volgende
beskikbaar gehad toe ek nog daarvoor verantwoordelik was :-)
· "Sedert my vorige verslag, het hy 'n nuwe laagtepunt bereik - en hy
grou
nog steeds!"
· "Sy mense sal hom enige plek volg - al is dit net uit morbiede
nuuskierigheid"
· "Werk goed as hy onder gedurige toesig is en vasgekeer is soos 'n rot"
· "Hy is meer van 'n "won't be" as 'n "has-been"
· "Hy stel baie lae persoonlike doelwitte en en slaag nooit om dt te
bereik nie"
· "Hierdie persoon ontneem een of ander dorpie van 'n idioot"
· "Hy lei aan illusies van bekwaamheid"
· "Hy sal nog ver kom - hoe verder van my af hoe beter"
· "Hy werk hard daaraan om 'n punt sonder punt te maak."
· "Hy het miskien te veel met gom gewerk"
· "As hy nog dommer word, sal hy tweekeer per dag natgegooi moet word."
· "Hy het sy breins vir wetenskaplike navorsing geskenk voordat hy dit
klaar gebruik het."
· Die dwarsbalk het gesak en die ligte flikker maar die trein wil nie
kom
nie"
· "As jy hom 'n pennie vir sy gedagtes gee, sal jy kleingeld kry"
· "Hy sal met 'n rigtingwyser stry"
· "Hy het die vermoë om van enige vriend 'n vreemdeling te maak"
· "Hy bring baie vreugde as hy die vertrek verlaat"
· "As jy naby genoeg aan hom staan, kan jy die see hoor"
· "Wanneer sy IK 50 bereik, moet hy verkoop"
· "Wanneer jy twee persone sien gesels en die een lyk gefrustreerd, hy
is
die ander een"
· "Toe ander uit die fontein van wysheid gedrink het, het hy net
gegorrel"
· "Dit is moeilik om te glo dat hy 1 000 000 ander sperms gewen het na
die
eiersel toe."
· "Die wiel draai maar die hamster is dood".

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
ST
se weeklikse pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Hier
is 'n paar gevleuelde gadagtes van ST:
Begin jou dag reg!!!
Dis nie eintlik nodig om rede te voer oor die belangrikheid van jou dag
reg te begin nie. Miskien net om te sê ‘n dag wat reg begin word, lê die
fondament vir die res van die dag. Begin jou dag reg en jou dag draai
sommer lekker en ‘n sukses uit. Leef jou dag met meer energie. Leef jou
dag doelgerig
en voel vars, fris en vrolik.
Hoe doen ek dit? Hier is vir jou ‘n paar kriptiese wenke en gedagtes:
- Gaan staan buite, luister hoe die dag ontwaak, en haal ‘n diep teug
vars oggendlug in. Groet die nuwe dag – ‘n dag aan jou geskenk en aan
jou lewe toegevoeg.
- Doen strekoefeninge, spronge om jou lekker los en reg vir die dag te
kry. Gereelde oefening elke dag maak jou meer spoepel, gee energie gee
en laat jou stukke beter voel.
- Lees jou Bybel en bid. Dis jou geestelike voedsel vir die dag.
- Mediteer, visualiseer en bepaal drie belangrike doelwitte wat jy die
dag wil bereik. Laat ‘n prentjie of video in jou kop speel hoe jy
hierdie dag wil leef, doen en ervaar. Net vyf minute is hiervoor nodig
maar dit jou dag in ‘n positiewe rigting stuur.
- Stort of neem ‘n lekker bad.
- Kies die regte klere waarin jy hierdie dag goed sal voel. Klere help
jou om gemaklik te voel, gee jou selfvertroue en is deel van die pakket
wie jy hierdie dag gaan wees.
- Eet ‘n kragontbyt wat ‘n goeie balans tussen proteïne, vet en
koolhidrate bevat. Ontbyt is jou brandstof vir die dag se geesdrif,
woema, krag en energie. Drink hiermee saam ‘n gesondheidsdrankie soos
vars vrugtesap.
Nou is jy reg en gereed om hierdie dag voluit te leef en te werk; om te
lag en te geniet, verhoudinge te bou en vreugde te vind.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|
|