|
 |
|

|
|
Nommer 80 |
Afrikaans KOOK!!! |
23 Nov 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare! Julle is net betyds vir my klein geskenkie! Ek het
besluit om al die resepte op die Peterjasie webwerf in een eBoek saam te
vat en dit dan gratis aan intekenare beskikbaar te stel. Dit maak nogal 'n
handige en unieke Kersgeskenk (of verjaardag geskenk) wat dwarsoor die
wêreld per epos gestuur kan word sonder om posgeld te betaal. Om jou
eksemplaar te bekom regs klik
hier
en laai die boek af. Die hoofdoel hiermee is om meer intekenare te werf,
so versprei die boek maar, hoe meer siele hoe meer intekenare. Die eBoek
is in .pdf formaat en om en by 460 KB groot.
Ek het nog 'n
paar Feesresepte laer af, gaan kyk maar en lekker bak en brou!
Gaan van julle dalk ook oor Desember (23-29) by Rustenburg Kloof
kamp? Dalk loop ons mekaar daar raak!
Hier is nog een
van Minette se artikels. Minette is verbonde aan die Republikein, die
enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Minette ontvang graag kommentaar
per
epos. Sy wag angstig om van julle te hoor!
Groendakkies
toe met natuur se spietkops
DAAR jaag Greenpeace, daai beneukte omgewingsmense met ʼn mission, mos
die anderdag ʼn erfenisterrein in sy dinges in. Ek kan net dink watter
gru-gesigsuitdukkings en bloedstollende gille oor die oseaan moes sidder.
Nogal met hul vlagskip, die Rainbow Warrior II, 96 vierkante meter se
koraalrif in die Fillipynse eilande afgeskryf. Die arme mense. Hulle
bedoel so goed. En nou dit.
Getrou aan hul aard het hulle net daar ʼn tjekkie van N$50 000
uitgeskribbel om vir die “very regrettable” ongelukkie op te maak.
Om te wat? Koraaleiertjies te koop? ʼn Reuse bord op die ongelukstoneel
te plant? Wat lui: Koraalrif verwoes. Jammer, o so verskriklik jammer
vir die ongerief. Ons het betaal. Greenpeace.
Beamptes van die Tubbataha Nasionale Maritieme Park het glo die skade
bepaal en in ʼn gesamentlike verklaring met die Groenes gesê dis
verkeerde seevaartkaarte se skuld. Daarvolgens was die Warrior ʼn hele
2.5 kilometer van die heilige korale tydens die gru-ongeluk, maar helaas.
Nou vra ek jou. Hoe bepaal jy die skade aan ʼn koraalrif? Natuurlik is
dit ‘n ongelooflike verlies en het ontelbare delikate diertjies in die
slag gebly. Duisende jare se prag in sy kanon.
Maar hoekom die Groenes beboet? Hoekom nie die kaartsketsers nie?
Ek haal my hoed af vir mense wat hulle hele lewe aan die natuur en
bewusmaking wy. Dit kan nie maklik wees nie.
Nie met die oorweldigende apatie waarteen hulle moet veg nie.
Mense lag klimaatsverandering en die kweekhuis-effek af as mal
wetenskaplikes se laatnag formules vir massa histerie.
Verwoestyning gebeur so stadig dat ons kinders se kinders dit dan nie
eers sal sien nie.
Die osoon se gat wat destyds soveel opskudding veroorsaak het, se naam
is gat.
Besoedeling is een van daai dinge wat saam met vooruitgang gaan. Maak
vrede daarmee.
Orkane en vloede is deel van die Eindtye, niks anders nie. Nie ons mense
se skuld nie, aikona!
Greenpeace se tjekuitskryf vir korale is egter nie naastenby so erg soos
Bets se Trauma nie.
Jaag ek die anderdag die ingang na haar huis heel verby.
Toe ek uiteindelik die oprit na die pypsteelerf kry, sien ek die
patetiese figuur in die erf sit en huil.
“Wat is dit,” gil ek en spring uit die kar nog voor dit behoorlik tot
stilstand gekom het.
“My Witgat, my Witgat,” snik sy histeries.
“Toemaar, toemaar,” troos ek. “Dit gebeur met al ons boervroue in Afrika,
soms raak dinge net te veel. Kom ek gaan maak ʼn teetjie.”
Maar die vrou is buite beheer en wil niks weet nie.
Ek gaan sit toe maar langs haar op die grond en bid vir bedaring.
“Hoe KON sy?” skree Bets skielik en gooi haar arms in die lug. Ek skrik
my vaal. Miskien is die skade blywend. Die gewoonlik bedeesde vrou is
glad nie by nie.
En dan kliek ek. DIE WITGAT! Natuurlik! Gʼn wonder ek kon nie huis kry
nie, die baken op die sypaadjie is weg.
“Waar is jou boom,” vra ek versigtig en skuif ʼn entjie weg. Mens weet
nooit waartoe 'n goeie vriendin in ʼn oomblik van blinde woede in staat
is nie.
Bets se oë blits.
“ My buurvrou, in haar allerwysheid, het my Witgat afgesaag,” blaas sy.
“Omdat dit vir haar ‘stupid’ gelyk het. Oordat dit ‘nie juis ʼn vreeslike
mooi boom’ was nie. Afgesaag. Morsaf, gone, weg, vir altyd,” en daar
stroom die trane dat die maskara spat.
As dit nie vir die elektriese drade tussen Bets en die buurvrou was nie,
was ek bo-oor die muur.
Oor ék toe skuim om die mond van kwaad.
“Dagvaar haar! Laat weet die munisipaliteit, vir mnr. Vogt, mev.
Hoffman, die Ministerie! Dis onwettig, dis ʼn beskermde boom, dis inheems,
weet sy dan niks,” brul ek dat tot Bets verskrik terugstaan.
Ons het maar uit magteloosheid ʼn wyntjie op die Witgatte gedrink, wat
anders kan mens doen?
Kap asseblief nog bome af, ag toe? Dit groei mos weer.
En soos iemand nou die dag sê, interlock die vaal vlaktes, dit ry
makliker.
Koop en stuur geskenke die maklike manier
klik hier
en bestel aanlyn!
Musiek is die voedesel van liefde, so stuur an jou geliefdes CD's vol
liefde! Dis vinnig, maklik en veilig!
In
Patriot
#69 het ek gevra wat kambro was en ook die resep vir Kambro
Konfyt gegee.
Jasper Cloete
laat nou soos volg weet:
Kambro is 'n
wilde plant wat 'n knol onder die grond maak, die knol lyk baie soos 'n
patat ('n groot patat) en dit kom in die Karoo voor. Dit groei tussen
klippe en net klein blaartjies steek bokant die grond uit, jy moet dus
weet hoe die plant lyk om daarna te gaan soek, en dan is die knol onder
die grond tussen die klippe en met 'n groot gesukkel kan jy dit uit kry.
Ek weet nie wat is die Kambro se botaniese naam nie, maar dalk onthou ek
daarvan as ek weer op die plaas kom en vind meer uit oor die plant. As
jy iewers die kans kry om van die kambro konfyt in die hande te kry moet
jy beslis pro hoe dit smaak, dit laat jou dink aan kafferwaatlemoen
konfyt, maar dit het tog 'n unieke smaak.
Johann van Staden
stuur my die volgende uit Duitsland, baie dankie, Johann. Johanns sal kommentaar
verwelkom by
Johann.Van-Staden@t-systems.com
Laat herfs en
aardbewingslyding
Ons somer is verby. Sommer so skielik het dit regtig koud geword hier in
die omgewing van die Duitse Swart Woud. Die tekens was darem al 'n
rukkie hier, maar vroeg-oggend sonop-tyd (07:00) is dit donkerig, goed
koud, ys op die kar se vensters, en digte mis. Die oggend-mis op die pad
skep 'n effens geheimsinnige atmosfeer, wat verlore gaan in die
konsentrasie van bestuur. Deur die dag, as ons gelukkig is, skyn die son
ewe mistroostig, maar maak weinig inbreuk op die koue. So teen vier-uur
begin die son die stryd gewonne gee om sy plig te doen, en laat sy hande
in oorgawe sak. Knap na vyf-uur is dit al redelik skemer-donker, en
ses-uur het die donker oorgeneem. Laat-aand en snags is die hemel helder
met die wit sekelmaan wat loer-loer. Die meeste van die ryk
natuur-herfskleure het verdwyn en is vervang met dooie boomtakke wat
gryp-gryp en reik na iets onsigbaars in die lug. Plek-plek vind mens
darem nog 'n lewensreddende kleur-ontploffing van goud-rooi-bruin blare
en helder blomme al hangende teen vensterbanke. Hierdie oorgangstyd van
herfs na regte winter is vir my 'n ietwat dooie, onpersoonlike tyd.
Winter is winter wanneer mens sneeu in die strate sien - of dit nou die
reinwit vars sneeu is, of selfs die vuil-bruinswart sneeuhopies langs
die pad - wanneer die son af en toe 'n gasverskyning in die grys-groue
hemel maak, wanneer alles nat is - of nat lyk. Dan trek jy ook aan vir
die winter, en jy doen winter-dinge ; al is dit ook om jouself af te
sluit van alles en almal om jou en vas te val met 'n boek of 'n DVD. Jy
innoveer 'n pot warm kerrie met die potjies oor-kos in die yskas. Of jy
verbaas jouself met 'n pot groente-en-dinge sop. Dan het mens ook hier
die plesier om die lokkende Weinachtsmarkte te besoek en warm,
varsgebakte neute of grondboontjies te koop, 'n Bratwurst en broodtjie
met mostert te geniet, en Glühwein te drink vir daardie lekker
binne-warmte.
Maar dit is nie nou nie...nog nie. Nou oorleef jy maar net.
Die gewone dag-tot-dag dinge neem nou 'n ander dimensie aan. Ek kan nie
meer saans skoen-loos en hemploos ronddwaal in die woonstel nie. Die
donkerte trou met die koue en saam voer dit oorlog teen jou. In die
agtergrond lewe-raas CNN, en selfs daar is min goeie nuus. Nee, in die
laaste klomp dae nog geen goeie nuus gesien of gehoor nie. Die desperate
situasie in die Himalayas in Pakistan na die onlangse aardbewings
ruk-skud mens se hart. Hoe verstaan die seuntjie met die groot oë dat sy
vingertjies ge-amputeer moes word, die soel-gesiggie dogterjie dat haar
linkerbeen afgesit moes word. Die meisie in die tent-hospitaal wat nie
weet wie of waar sy is nie, en niemand ken haar nie, en niemand besoek
haar nie. Die kleuter-dogtertjie wat haar arm verloor het. Hierdie
amper-mensies wat alles verloor het nog voordat hulle iets gehad het.
Nie 'n huis nie, nie 'n lewe nie, nie iemand wat vir hulle lief is nie.
En ek kla oor die effense koue en donkerte in my woonstel en op pad werk
toe. Ek mor en kla oor die klere nie droog word in die woonstel nie. Ek
het 'n woonstel, ek het 'n kar, ek het 'n werk. Ek het warmte. Ek het
mense wat vir my lief is.
Volgende week sal die seuntjie en dogtertjie nie meer op CNN wees nie.
Iets anders sal die nuus van die dag wees. Maar die seuntjie sal nog
steeds vingerloos wees. Die dogtertjie sal miskien probeer loop met
krukke, as sy besonder gelukkig is om krukke te kry. Hulle sal
waarskynlik bitter koud kry. Hulle sal waarskynlik honger wees. Of dood
wees.

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se weeklikse pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Nou
as daar een woord is wat baie mense ‘n kramp op hul annerplek gee,
is dit juis die woord “doelwit”. Ja, ek weet jy sê waarskynlik:
asseblief tog
net nie nog ‘n lesing oor doelwitte nie. Jy is al moeg oor mense wat
skryf
en praat oor doelwitte, konferensies daaroor hou, doelwitte wat in jou
werk opgestel word. Doelwitte, doelwitte – genoeg daarvan gehad.
Dit werk tog in elk geval nie.
Maar ek wil vir jou by een klein geheim inlaat.
Maar jy belowe om vir niemand te vertel nie.
Belowe?
Goed, want dis ‘n bes bewaarde geheim.
Want jy sien, die geheim is dit…
Doelwitte werk!!
Suksesvolle sportsterre, biljoenêrs, besigheidsmense, beroepsmense,
entrepreneurs weet die oomblik wanneer jy ‘n teiken stel, aktiveer dit
energie en rigting. Doelwitte gee dryfkrag, gee aan ‘n droom
realiteitsbetekenis.
So eintlik sou ek sê jy’s verkeerd, doelwitte mag na ‘n afgesaagde
konsep klink… maar dit werk. Mense wat gedurig kla oor hul lewe,
finansiële toestand, werk ens ens is gewoonlik ook mense wat nie
doelwitte stel nie. En ook nie weet hoe om die regte planne en aksie in
werking te stel om by doelwitte uit te kom nie.
Doelwitte is nie ‘n vervelige konsep nie… maar ‘n fantastiese en
inspirasievolle stukkie lewenstaktiek om opwindende rigting tot
vervulling van jou drome te gee. (sherbert, dat ek myselwers nou so ‘n
goeie sin kon uitdink!!)
So laat die wat dink doelwitte is vir die voëls, maar so dink. Wil jy
egter suksesvol wees?
Op pad wees iewers heen? Nie toelaat dat mense en gebeure jou in ‘n
rigting stoot en stamp nie? Is jou antwoord hierop JA - kry dan vir jou
doelwitte, kry rigting!!.
Nogal belangrik om te weet doelwitte word in meer as een faset van jou
lewe opgestel.
Dit is sluit in:
Beroep / loopbaan doelwitte
Finansiële doelwitte
Geestelike doelwitte
Sosiale doelwitte
Watter aspekte van jou lewe kan jy nog aan dink waar jy doelwitte voor
kan opstel?
Al wat ek eintlik vandag vir jou wil sê, doelwitte is belangrik indien
jy jou een lewe op planeet aarde met vreugde en met betekenis wil vul.
Besluit hoekom is ek gebore, hoekom lewe ek, en waarheen wil ek met my
lewe.
Hier is vir jou ‘n uitdaging. Kom ons eksperimenteer. En hierdie
eksperiment is net tussen my en jou – jy hoef vir niemand anders daarvan
te
vertel nie. Komaan, jy kan immers niks verloor nie.
Kry vir jou net een doelwit. Net een klein doelwit. Dis al. Doen nou die
volgende:
Wees baie spesifiek wat die doelwit moet wees. Nie iets soos ek wil ‘n
miljoen rand maak nie. Dis te vaag en te groot en te wyd. Eers net ‘n
klein doelwit.
Skryf hierdie klein doelwit neer.
Skryf die datum van voltooiing / bereiking van die doelwit neer.
Gaan nou en doen daardie doelwit.
Laat weet my wat daardie doelwit is… ek hoor graag van jou.
st@pitkos.co.za
‘n Sprankie Wysheid vir die dag
“’n Verwaande mens kom nêrens omdat hy dink dat hy reeds daar is.” -
Anoniem
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:
Eg Afrikaans
Hierdie is een van die handigste webwerwe wat ek nog teëgekom het.
As jy raad of hulp of inligting soek, gaan na Egafrikaans en plaas
jou versoek by hulle Hulpnavrae. Die versoek word dan in 'n
weeklikse nuusbrief na duisende mense uitgestuur. Ek het nog altyd
'n hele paar antwoorde op enige van my versoek geky, probeer dit
gerus, dit werk! |
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
'n Goeie advokaat
moet nooit 'n getuie 'n vraag vra as hy nie voorbereid is
vir die antwoord nie, veral nie as hy in Elsies Rivier praktiseer nie!!!!
Tydens 'n hofsaak in die Elsies Rivier Magistraatshof roep die aanklaer
sy
eerste getuie na die getuiebank - 'n bejaarde ou dame. Hy nader haar en
vra:
" Mevr. Jantjies, ken jy my?"
Sy antwoord: "Ja, of course ken ek jou Mister Williams. Djy't dan voor
my
groot geword - maar was jy nie 'n disappointment nie! Djy lieg en
bedrieg,
hoer agter jou vrou se rug en skinner van ander mense. Djy dink djy's a
big
shot, maar het nie die brains om te wiet dat djy maar net 'n ordinary
office clerk gaan bly nie. Ja-nee, ek ken vir jou!!!"
Die arme advokaat was geskok. Hy weet nie mooi wat om te se nie en wys
in
die rigting van die advokaat vir die verdediging, en vra: "Mevr.
Jantjies,
ken jy die advokaat vir die verdediging?"
Sy antwoord weer: " Ja, of course, vir hom ken ek ook vandat hy 'n
laaitie
is - hy's lui, drink 'n bietjie te veel en sy law practice is van die
worst
innie land. Hy't ook al drie keer op sy vrou ge-cheat. Ja, ek ken hom."
Die advokaat vir die verdediging val amper van sy stoel af van skok.
Net toe roep die Magistraat die hof tot orde en vra die advokate 'to
approach the bench', en se toe in 'n sagte, dog ernstige stem vir hulle:
"As
enige een van julle twee donners vir daai antie vra of sy vir my ken,
dan
moer ek julle altwee in die tronk!!!!
'n
Universiteitstudent moes 'n kortverhaal met so min woorde moontlik skryf
en dit moes elemente van godsdiens, seks en 'n speurverhaal bevat.
Die wenner se inskrywing het gelui:
"Liewe hemel, ek is swanger. Ek wonder wie is die pa."
|
|
|
Die Resep(te) |
|
Hier is nog 'n paar Feesresepte, meer volgende keer!
|
|
Blitsvinnige
Vrugtekoek
2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek)
2 eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker
1 koppie (250ml) botter of margarien (verkieslik botter)
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies
2 sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3
minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook
vir nog 2 minute. Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie
by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is. Plaas in gesmeerde
broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk
mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker
voor bediening.
Koue Kersfeespoeding
1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies 8
malvalekkers
¼ koppie suiker
½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
¼ teelepel fyn neut
250ml room
¼ koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en
los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die
krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in.
Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.
En as jy Kersdag
in die buitelug gaan wees, hier is iets om saam met slaai en brood te
geniet:
Gekookte Sout
Beestong
Was 'n beestong, wat 3 dae of langer in pekel gele het, goed en verwyder
al die kliere of harde deeltjies wat ongewens is. Week die tong 1 uur
lank in vars koue water.
Bedek met vars koue water en laat vir 3 tot 4 uur lank stadig kook of 55
minute lank as dit in 'n drukpot gekook word.
As die tong sag en gaar is haal uit die water en trek die skil
sorgvuldig af. Laat die tong dan in die vloeistof afkoel waarin dit
gekook het om 'n gedeelte van die verlore sappe weer op te neem.
Om die tong koud op te dien, word dit opgerol sodat dit op die sykant
staan en dan in 'n ronde vorm styf vasgedruk. Sit 'n bord bo op en plaas
gewigte daarop om dit so saam te pers.
Keer uit die vorm wanneer dit heeltemal koud is of voor dit opgedien
word en versier met takkies pietersielie.
Pynappelvrugtekoek
(Lewer 1)
1 blik fyngemaakte pynappel(410 g)
115 g botter (125 ml)
200 g suiker (250 ml)
5 ml gemengde spesery
500 g vrugtekoekmengsel
5 ml koeksoda
240 g koekmeelblom (500 ml)
2 ml sout
5 ml bakpoeier
2 eiers (geklits)
Dreineer pynappel en behou sap. Plaas pynappel in 'n kastrol saam met
125 ml van pynappelsap. Voeg botter, suiker, spesery, vrugtekoekmengsel
en koeksoda by en verhit tot kookpunt. Prut oor matige hitte vir 3
minute. Laat afkoel.
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout goed saam en voeg by vrugtemengsel.
Voeg eiers by en meng goed. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak
in oond van 180 grade C vir ongeveer 2 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Haal uit oond, laat effens afkoel en keer uit. Wanneer heeltemal koud,
bewaar in lugdigte houer tot benodig.
Familiekerskoek
(Lewer 1)
500 g koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml sout
250 g botter
375 g bruin suiker (470 ml)
500 g vrugtekoekmengsel
2 eiers (geklits)
375 ml melk
10 ml koeksoda
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout good saam en vryf botter in tot
mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg suiker en vrugtekoekmengsel by en
meng. Voeg geklitste eiers by en meng. Los koeksoda in melk op en voeg
by meelmengsel. Skep in gesmeerde, gevoerde koekpan en bak in
voorverhitte oond van 180 grade C vir 1-1 1/2 uur, of tot toetspen skoon
uitkom. Haal uit oond, laat effens afkoel en keer uit. Wanneer heeltemal
koud, bewaar in lugdigte houer tot benodig.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op 10
Desember 2005…
Wia
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
JEUGKAMPE
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Sel: 082 8282 551
Faks: 012 991 2073
www.danvillehulp.co.za
elecnet@mweb.co.za
BANKBESONDERHEDE
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Verw: (Kos - of - Kersfees of dit waarvoor die donasie is asb)
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Hare te laat groei. - neem 1
eetlepel paraffien, 1 eetlepel brandewyn en 1 eetlepel kasterolie. Skud
alles goed deurmekaar. Vryf eenmaal per week die kopvel goed daarmee in die
aand.
Hare wat uitval - vryf elke aand en elke more 'n bietjie vaselien of
klapperolie
goed by die wortels van die hare in. Welriekende kasterolie is ook
doeltreffend.
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
AL DIE VELD IS
VROLIK
Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS
Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit'; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier.
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom 'n oupa-uil.
Oral in Karooland is 'n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos--kan jy beter kry?
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei--blomme uitgestrooi.
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons'rig' goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!
[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai--
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Hulp met
skooltake??
Klik hier! |
|
|
Teken in op hulle
nuusbrief,
klik hier
en stuur leë epos. |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|