Nommer 83

Afrikaans KOOK!!!

5 Jan 2006

Wees gegroet!

Voorspoedige nuwe jaar vir al die intekenare! Mag die jaar 365 aangename verrassings vir 'n ieder en 'n elk inhou!

Ek besef nou net dat hierdie nie sommer 'n hierjy nuusbrief is nie! Nie net is dit in Afrikaans nie maar ek het erkende joernaliste en ook 'n sielkundige wat my van artikels voorsien! Kom ons kyk of ons nie die intekenaargetal ten minste kan verdubbel, stuur asb hierdie adres
( http://funkymunky.co.za/nuusbriewe.html ) aan julle vriende en vra dat hulle ook inteken. Baie dankie!

Ek het in die vorige uitgawe genoem dat ek my hierdie jaar wil toespits op Internet- en Tuisbesigheid. Die hoe wat en waarom daaroor. Ek het 'n Yahoo Groep begin en ons het al 'n paar lede. Die doel daarvan is om idees uit te ruil oor Internet-en Tuisbesigheid (in Afrikaans). Om gratis aan te sluit, tik jou eposadres in die vormpie hieronder. Ek wil dit klein probeer ou so ek gaan die ledetal beperk.

Om die bal aan die rol te sit gee maak ek 'n gratis eBoek beskikbaar:
How to build a  profitable small business in one year. Klik hier om dit af te laai. Daar is ook inligting oor 'n CD gelaai met nuttige eBoeke oor die onderwerp. (jammer dis alles in Engels maar ek het nie die tyd om dit te vertaal nie)

Ek het ook nog interessante eBoeke wat ek aanbied, sommige gratis, ander nie, gaan kyk gerus hier.

Teken in op Peterjasie Yahoo Groep
Powered by finance.groups.yahoo.com

Hier is nog 'n artikel van een van my Namibiese vriendinne Estelle de Bruyn wat ook verbonde is aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibi. Die boodskap wat vir my hier deurkom is dat jy jou ouers moet waardeer terwyl jy kan, as hulle nie meer daar is nie sal jy wens jy het!

MA KOM KUIER

MY Ma kom kuier. Die eerste keer sedert ek in 1997 teruggekom het Namibi toe.
By my huis gaan dit dol. Die spreekwoordelike lente skoonmaak is n vulletjie teen die diep skoonmaak wat nou daagliks daar aan die gang is. Die kaste word reggepak, die vrieskas ontvries en skoongemaak, die garage se vloer is tot gewas.
Haar kamer is reg. Die bed is met kraakvars wit linne oorgetrek. Die sagte wit handdoeke hang in die badkamer en daar is lekkerruikseep en sjampoe, handeroom en bederfies by die wasbak. By die perkuleermasjien in haar kamer is koffie en tee asook daardie besondere Duitse kersfeeskoekies.
My kruidenierskas is vol en so ook die vrieskas met die spesiale Uhlenhorst skaapvleis, wildswors van Dordabis en Swakopmund krewe. Nog net die Kersfeeskalkoentjie kort.
Die damask tafeldoek en servette is gewas en gestryk en reg vir die kerstafel. Die kersfeesklappers is gekoop, die kersboom is op en die hond is geskeer. Die stukkende vadoeke waarmee n mens so sonder raaksien, saamleef, het plek gemaak vir spinternuwes.
Op die dag wat sy aankom sal ek n groot bos vars blomme in haar kamer sit en vir oulaas seker maak dat alles reg is. Teen daardie tyd moet ek al die kersgeskenke toegedraai h en onder die boom gepak het, die vensters van die huis moet nog gewas word en so ook my motor. Sorg dat die tenk vol petrol is en daar n verskeidenheid heerlike Duitse brode en koue vleis in die huis is. Sy was nog altyd baie lief daarvoor.
Wat n ongelooflike voorreg om op my ouderdom nog n Ma te h en nog meer van n voorreg dat sy vir my kom kuier. Vir eenkeer het ek die geleentheid om haar te bederf soos sy oor al die jare wat ek en my kinders op haar huis toegesak het vir die Kerstyd, ons bederf het.
Haar spyskaart is lank voor die besoek uitgewerk. Dit bevat net geregte waaroor die kinders dol is. Tuisgemaakte hamburgers, frikadelle, visvingers, spinasiekoekies en hotdogs. Nie n enkele skeppie pampoen of patats nie. Kinderkos, nie oumens kos nie.
Die lysie van wat elke dag gedoen moet word, l op die kombuiskas. Dag een hoef ons niks te doen nie en kan net ontspan. Op dag twee moet ons haar motorlisensie gaan hernu, op dag drie biblioteek toe gaan om haar boeke te gaan omruil, op dag vier by al die tannies gaan tee drink en groet, op dag vyf bak ons beskuit en so gaan dit aan.
My beplanning is nie naastenby so goed nie. Tog maak ek my eie lysies. Waarsku dat sy moet kyk waar sy loop dat sy nie oor die worshonde, wat immer onder n mens se voete is, val nie. Skryf die werk se telefoonnommer en ProForce se nommer op n papiertjie by die telefoon sodat sy my enige tyd kan kontak as sy iets nodig het of daar probleme is. Koop bestandele sodat sy vir ons beskuit kan bak.
Maak nie saak hoe lank sy of ek lewe nie. Tien leeftye is nie genoeg om vir haar dankie te s vir alles wat sy oor soveel jare vir my en my kinders beteken het nie. Nog minder sal ek ooit finansiel in staat wees om haar terug te betaal vir alles wat sy al vir my gedoen het en die kere wat sy my gehelp het.
My enigste belofte aan haar is dat ek my bes sal doen om haar na te doen en net so goed vir my kinders te wees. Ek dink sy sal verstaan.
  


 
Suid Afrika se nuutste en beste soekenjin


Dis doodmaklik om 'n kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10 miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!! Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is nie!
Boerpotte is gereeld 5 miljoen of meer, dis darem 'n allemintige klompie Rand!


st se weeklikse pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Nuwejaar-voornemens
Miskien is dit goed dat ons hier so met die wegspring van die nuwe jaar n bietjie gedagtes wissel rondom die bekende gedagte van nuwejaar-voornemens. Ek wil hierdie term egter verander en s ons moet vir 2006 doelwitte stel. Voornemens is tog maar eintlik doelwitte wat jy in die oog het.

Hoekom is dit nodig om vir jouself doelwitte te formuleer? Want doelwitte gee vir jou die energie, motivering en n rigting om in te beweeg. Doelwitte gee vir jou sin en n doel vir jou bestaan. Sonder n doelwit raak jy doelloos en dobber jy eintlik op pad na nrens. Sal jy in n vliegtuig klim en nie jy of die loods weet nie waarnatoe julle vlieg nie? Dis mos gekkigheid nou maar hoekom sal jy dan n jaar ingaan sonder om te weet die bestemming met jou lewe? Jou lewe is immers meer belangrik as n vliegtuigrit.

Daar is dinamiese krag in die aksie om oor jou doel na te dink en waarom jy sekere dinge wil doen. Een van die belangrikste kenmerke van n gelukkige en suksesvolle mens hy is gerig op n doel. Ongelukkige mense is weer dwalend, rigtingloos en mor omdat hulle nie iets bereik nie.

n Belangrike vraag wat jy jouself moet afvra is hoekom jy n sekere doelwit kies. n Doelwit vervaag gou wanneer jy nie n sterk motivering het waarom jy dit in die eerste plek gekies het nie. Soos jy weet verdamp meeste nuwejaar-voornemens soos mis voor die son en is gou vergete.

Kies vir jou praktiese en konkrete doelwitte wat vir jou betekenis en n beloning inhou wanneer jy dit bereik. Baie mense maak voornemens om sekere dinge te doen, maar dit kom nie regtig uit die diepte van hul hart en verstand nie. In sulke gevalle verdwyn die voornemens gou en kom jy nrens.

Jy het een lewe om te leef. Spandeer dan tyd om deeglik oor jou doelwitte na te dink en te bepaal wat jy graag wil verwesenlik.

Daar is al meermale ges n doelwit is n droom met n tydsbeperking. Wanneer jy n visie of droom het, stel n tydskedule in wanneer jy sekere doelwitte wil bereik en take afhandel. Doen jy dit nie bly jou drome in die lug hang en raak mense gefrustreerd omdat hulle niks bereik nie. Vele mense het al vir my ges dat hulle hierdie groot drome en wonderlike idees had, maar voel soos n mislukking want daar het niks van gekom nie.

Moenie ander mense blameer wanneer jy n tekort aan doelwitte en n oorvloed van mislukking het nie. Moenie die skuld op ander pak wanneer jy saai bestaan voer en nie jou potensiaal uitleef nie. Jy is verantwoordelik vir jou doelwitte in 2006.

Wat is jou drie groot doelwitte hierdie jaar? Het jy dit al bepaal, of gaan jy maar elke dag vat soos wat dit kom? In laasgenoemde geval kan jy kosbare tyd van jou lewe verkwis. Maar wanneer jy doelwitgerig leef, is daar stukrag van sin en betekenis in jou lewe. Dan leef jy proaktief en wag nie maar dat dinge met jou moet gebeur nie.

Nog n jaar is aan ons gegee. Kom ons streef ons doelwitte met oorgawe en toewyding na. Beste wense en sterkte vir hierdie jaar wat voorl.

 Dr ST Potgieter, sielkundige webwerf http://www.pitkos.co.za

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za


Betaal jy teveel vir motorversekering?  
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!

Al wat jy dan moet doen is om te besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
 

Skakels

Peter-jasie

Boererate

Stormpies

Danville Hulpgroep

Boeremusiek

Nianell

Musiek

Woes

Eg Afrikaans

Die Knoop

Wat kyk jy

Wenke wat Werk

Minette Brink

Die Wreld

STOF

Pretoria Akkommodasie

Wat van 'n lekker koppie boeretroos!

www.digiTAAL.co.za

Vakansieverblyf?
Hier is die
oplossing

 

Webwerf soeklig

Met elke uitgawe sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:

 

My Webwerf se Soekenjin

Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens. Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf

 

Wat's Nuut?  

Soek op die webwerf deur FreeFind

 

'n Tikkie Humor

 'n Omie van in die 80 gaan na die dokter vir sy jaarlikse ondersoek. Toe die dokter hom vra hoe dit gaan, antwoord hy trots: "Ek het nog nooit beter gevoel nie. Ek het 'n agtienjjarige bruid en sy verwagons eersteling! Wat dink jy daarvan?" Die dokter dink vir 'n oomblik en s toe: "Ek het 'n vriend wat 'n toegewyde jagter is. Eendag gryp hy sy kierie in plaas van sy geweer en gaan veld toe. Toe hy in die bos kom, sien hy yslike ratel wat langs die stroom sit. Hy lig toe die kierie, l aan en s Bang! Op dieselfde oomblik slaan die ratel morsdood agteroor. Wat s jy daarvan?" Die ou omie dink so bietjie en s " wel ek dink iemand anders het die ratel geskiet!" Die dokter antwoord "Dis presies wat ek wou s!"

Van: www.grapgat.co.za

 
 
 
 
 

 

 
 

Die Resep(te)


Ek skaf toe mos vir myself  E.J. Dijkman se Kook-, Koek- en Resepteboek aan. Ek verneem dit was die eerste respteboek in Afrikaans en sien die lig in 1891. Ek het dit gekry deeur www.abebooks.com gaan kyk gerus daar as julle na ou boeke soek. Hier is een van die resepte uit die boek. 


Kluitjies Vlys

Neem 3 lb vlys,sny mooi klein, was af en sit in di pot met 'n beker water, 1 klein gesnyde ui, 1 blaartki foelie, 10 kruinagels, 'n halwe gerasperde neut, 'n bietji sout en peper. As alles gaar is, neem dan 'n 1/2 lb meel, roer 'n halwe teelepe "baking powder" daarin, maak dit an mer warm water styf genoeg vir kluitjies, maak di kluitjies met 'n teelepeltji
 

 

Vriende van Boeremusiek

 

Kontak vir Wia en Kalie  van Vriende van Boeremusiek

082 578 8907 of 012 362 7097 of kalie@telkomsa.net ofwia@telkomsa.net of hoor-nou-net@yahoogroups.com

 

 
   

Die Danville Hulp Groep

Kontak asseblief vir Elsabe as julle betrokke wil raak

Sel:  082 8282 551
Faks:  012 991 2073

www.danvillehulp.co.za
elecnet@mweb.co.za

BANKBESONDERHEDE
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek:   620 546 34128
Verw:  (Kos - of - Kersfees of dit waarvoor die donasie is asb)
 

 

Boereraat van die Week

!! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie, ek plaas die rate suiwer as interessante inligting.  !!

Klik hier vir inligting oor my Boererate eBoek!

As imand vergewe is: Drink soveul melk as jy kan; nog iets, 10 tot 15 druppels Crofts Tinctuur met 1/2 kelki water ing. Of wilde dagga sterk gekook lat drink

 

Afrikaanse Lied

Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blrkas van Afrikaanse Volksmusiek

OU KAROOLAND

Woorde: THEO W. JANDRELL
Musiek: H. KROME; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
van Kaap tot Oranje se wal.
Ek sing van die boomryke Boland,
van Vrystaat, Transvaal en Natal;
maar liewers van jou, ou Karooland,
want jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou brandende sonlig,
van blomme gedrenk met jou dou;
ek smag na jou wolklose lugruim...
die hemel se suiwerste blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar nooit nie soveel as van jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as donders na lang droogte knal,
as storms oor jou velde weer losbreek,
en gousblomme bloei overal.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou rustige vlaktes,
as rooidag sy glorie ontvou,
en arende sweef deur jou hemel,
totdat hul verdwyn in die blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar ruil hul tog nimmer vir jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as hoog teen die rooikant daarbo
die aalwyn op brandwag staan, eensaam,
met ganna, harpuis en kambro.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar meeste van my ou Karoo!

 

Snuffelhoekie

Ek versamel yskasmagnete van buite Suid Afrika, kontak my en dan ruil ons uit!  

 
Koop nooit weer 'n resepteboek nie. Kry 'n CD met 38 resepteboeke op (Engels) vir net R100 - klik hier en kry ook jou gratis resepteboek  

 
As jy nog nie jou eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie, klik hier vir meer besonderhede. Gaan kyk ook na my ander eBoeke  

 
bukhuki is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.  

 
op my webwerf  

 
Hulp met skooltake?? Klik hier!  
Teken in op hulle nuusbrief, klik hier en stuur le epos.  

 
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, di mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.  

 

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

 

 
Internetbesigheid? Tuisbesigheid? Al die inligting wat jy benodig op een CD - klik hier vir besonderhede (Engels) Kry ook jou gratis eBoek  

 
"Making Diabetic Cooking Easy" Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer inligting, kontak Anna by 0822946799 of per epos by anna_se_kombuis@yahoo.com 
Vir nog meer van Anna se resepteboeke, klik hier
 

 
Jy geniet gratis toegang tot internet bankdienste met 'n bluebean kredietkaart doen nou aansoek !  

 
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse lied, gaan kyk gerus in die Argiewe na vorige uitgawes  

 
Ek sal enige konstruktiewe terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter  

 
 

Druk jou speld op my besoekerskaart!

 

Kontak - Teken in/uit

Epos: peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy: