|
 |
|

|
|
Nommer 86 |
Afrikaans KOOK!!! |
15 Feb 2006 |
|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare! Is julle dalk lus vir lekker broodpoeding? Gaan kyk by die
resep 'n bietjie laer af!
Annie Brand, is die
groen nou beter vir jou?
Ek wens al die
dames 'n wonderlike romantiese Valetynsdag toe!
As julle vinnig is
kan julle nog hierdie aflaai, daar is net beperkte aflaaie beskikbaar,
dis een van Tolla se stories,
klik hier en gaan laai dit af (dis nogal groot , 3623 kb)
My gunsteling
Namibiër is terug met nog 'n lekkerlees artikel. In alle geval, Minette is verbonde
aan die
Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in Namibië. Stuur
gerus vir Minette
epos as jy aanklank vind by haar artikel, sy hou daarvan om van
julle te hoor!
Verkeersligte
Minette Brink
EK het ʼn magdom
nuwejaarsvoornemens en nie een daarvan is positief nie.
Eerstens maak ek vrede met my 104 kilogram lyf en die feit dat die groot
40 op die horison flikker.
Tweedens sal ek nie ophou rook nie omdat ek swak is, geen wilskrag het
nie en nié wil ophou nie.
Ek sal vanjaar minstens een keer per dag lank en swaar op my kar se
hoeter lê vir elke pad-idioot wat my bloeddruk opjaag.
Instansies soos winkels wat bompa-bompa-whaa-haaa musiek teen
tienduisend desibels speel sal so oorval word met onophoudelike oproepe
en klagtes dat hulle later die prop uittrek. Net om mý gekerm stil te
kry.
Handelaars wat herhaaldelik items ‘per ongeluk’ by die verkeerde
stafiekodes op die rakke pak sodat dat jy dink die ding kos N$5, maar by
die kassier slaat hulle jou met N$15, sal gedagvaar word.
Swak diens sal met luide ontevredenheid begroet word ten aanhore van die
wêreld.
Onbeskofte mense wat indruk in rye, in jou ore kou in die fliek, selfone
laat skrou by formele geleenthede en lawaai in stiltetye gaan vanjaar ly.
Ek. Het. Genoeg. Gehad.
Ek sal nie meer miesies Niceguy ten koste van my gesondheid speel nie.
Ek sal nie meer op my tande byt en water oor akkers laat loop nie.
Sou iemand by die ontvangs van enige maatskappy, instansie of handelaar
die telefoon met ʼn ‘êêê’ beantwoord, gaan ek lostrek met ʼn luide Babelse
gebrabbel met baie teen-êêê tussenin.
Die lys is nimmereindigend en dit voel goed.
Ek gaan ook die persoon probeer opspoor wat duidelik nog nie gehoor het
van die sinchronisering van verkeersligte nie.
Kom ek verduidelik: gestel daar is 10 verkeersligte in ʼn straat, net
etlike meters uit mekaar. Jy wag geduldig by lig een en trek weg met die
groen. Jy kom egter nooit uit eerste rat nie, want lig twee het intussen
rooi geslaat. Jy hou weer stil. En wag geduldig. Die lig slaat groen. Jy
trek weg. En hou onmiddelik weer stil vir lig drie wat haai nooit rooi
geslaan het. Hallo! Was daar nie net die anderdag ʼn petrolkrisis in die
land nie?
Om nie te praat van die onnodige slytasie en verweer van jou karretjie
is binnegoete nie.
Ek gaan ook vanjaar verskriklik baie vrae vra. ʼn Vierjarige se hoekoms
sal nie ʼn kans staan teen myne nie.
Hoekom is daar ʼn hekpersoon by die internasionale lughawe se ingang? Wat
almal altyd vaal van verveeldheid met so ʼn pap hand inwaai.
Hoekom is daar so ʼn vieslike spoedwal voor daai selle hek wat jou kar se
onderstel kan afhaal as jy nie almal laat uitklim en die kar oorstoot
nie? Oorry kan jy beslis nie.
Hoekom mag taxis steeds die ingange, uitgange, sygange en oorgange by
Maerua Mall blokkeer?
Hoekom kry mense net piepklein boetes as hulle bome afkap? Dis nou AS
hulle ooit betrap word.
Hoekom mag mense brakke aanhou wat 24/7 teen jou kamervenster kef?
Hoekom moet mense N$3000 vir ʼn eenslaapkamer woonstel betaal? Water en
ligte uitgesluit?
Hoe kry die munisipaliteit dit reg om jou kragrekening van maand tot
maand drasties te laat verskil?
My kop is nou seer.
Ek gaan in my karretjie klim en ʼn sigaret opsteek. Dan lank op my hoeter
lê en ietsie gaan soek om te eet.
Dan weer terugkom en liewers van vooraf probeer. So kan gʼn mens die
nuwejaar aanpak nie.
Een: kry lidmaatskap by gym.
Twee: wees nice…
Ek het 'n rukkie
gelede probeer om 'n strokiesprent te maak, wat dink julle, moet ek
volhard of dit maar opgee!
Laat my
weet wat julle dink! Klik op die strokiesprent om 'n groter weergawe
te sien
|
Vlooimark  |
|
Ek word gereeld
gevra of ek bereid sal wees om op my webwerf te adverteer. Kom
ons kyk of dit aftrek sal kry, klik op die skakel hieronder en plaas
jou gratis advertensie of snuffel maar net rond. |
|
|

Suid Afrika se Afrikaanse soekenjin
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Wie
en wat bepaal hoe jou lewe verloop?
Daar is twee gebeurtenisse in jou lewe waaroor jy geen (of weining)
beheer het. Die een is jou geboorte en die ander een is jou dood. Tussen
hierdie twee gebeure is jou lewe.
Ja, daar is weliswaar eksterne gebeure - soos ‘n ongeluk, siekte,
politiese en ekonomiese gebeure - wat ‘n invloed het op jou lewe, maar
eventueel is jou lewe wat jy daarvan maak.
Waar word die “wat” en “hoe” jy met jou lewe maak, geformuleer en in
werking gestel? Dit alles gebeur in jou brein en gedagte.
Jy sien Peter, wat jy vandag is, watter werk jy doen, watter suksesse en
mislukkings jy ervaar, word alles in ‘n groot mate in jou brein bepaal.
En dis natuurlik op sigself ‘n wonderwerk. Ek was bevoorreg om by
geleentheid in ‘n anatomiese museum van ‘n mediese skool te kyk na die
brein. Daar word baie breine bewaar vir studiedoeleindes. Die breine
word op verskillende snitte en hoeke gesny, sodat jy die brein se
anatomiese samestelling kan bestudeer. Dis fantasties en ongelooflik
hoedat ‘n bondel vesel en senuweedrade dink, beplan, kreatitief wees,
memoriseer, persoonlikheid en emosies kan hê wanneer lewe daarin gesit
word. Tog is die brein eventueel ook maar bestem om tot stof terug te
keer.
Wat met jou lewe gebeur, hoe jy reageer op teenspoed, ongelukke,
uitdagings, geleenthede, geloof, teenoor ander mense optree, word alles
in die brein geaktiveer. Jou beperkinge, maar ook jou moontlikhede in
die lewe word bepaal op watter wyse jy jou brein en gedagte in werking
stel en toelaat om te funksioneer.
Jou brein stel jou instaat om te lewe, te dink, te praat, te beweeg, eet,
verlief te raak, te haat, aanpassings te maak, projekte aan te pak,
emosies te hê. Sonder jou brein is jy niks. Verloor jou hand en jy is
steeds jy. Jy kan self ‘n ander hart oorgeplant kry, en steeds jy bly.
Sonder jou brein is jy egter nie meer jy nie.
Jou brein bepaal alles. Jou brein en hoe jy jou brein inspan, is die
sleutel tot alles waartoe jy instaat is. Ons vergeet hierdie feit so
maklik.
Vandag het ek en jy weereens geleentheid om hierdie wonderlike brein -
wat ons as ‘n groot genade-geskenk ontvang het - positief te gebruik.
Dis wat die verskil in jou lewe maak, nie die petrolprys of die
intimidering van ander mense nie. Jy en jou brein gee betekenis aan jou
lewe en die wêreld rondom jou.
Sprankie Wysheid vir die Dag
“Jy kan die meester wees van jou bestemming, die kaptein van jou siel
deur ‘n eenvoudige proses om besit te neem van jou eie verstand en om
dit te gebruik om vir jou rigting te gee. Jy word net gebind deur die
patroon wat jy in jou eie verstand vestig - jy word deur niks anders
beperk nie.” – Napoleon Hill
Baie dankie vir al die lesers van wie ek briewe ontvang. Besoek my
webwerf www.pitkos.co.za om
die briewe te lees. Indien jy ‘n nuwe leser is wat nog nie my nuusbrief
ontvang nie, kan jy die webwerf besoek en aanteken – die nuusbrief is
heeltemal gratis.
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:
Die rusplek van Afrikaanse potgooie
Klik hier om na 'n potgooi
voorbeeld te luister of regs klik om af te laai.
Toe ek
begin navraag doen oor potgooie kry ek die volgende
van Phil Massyn af:
Hallo Peter,
Is jy bekend met 'n podcast, of die afrikaanse potgooi?
In een sin, dis 'n radio program wat jy aflaai van die
internet af in 'n MP3 formaat. So maklik soos dit. Wat
dit lekker maak is die subskripsie
feature. Wanneer jy 'n program soos Apple iTunes
gebruik kan jy inteken op die potgooi se RSS feed, en
dan so outomaties nuwe episodes kry wat aan jou
rekenaar afgelaai word. Een miskonsepsie is dat mense
dink jy't 'n iPod nodig om na 'n podcast / potgooi te
luister. Dis nie die geval nie. Dit kan op enige
rekenaar of MP3 speler gespeel word.
Die musiek wat ons speel is "podsafe", wat beteken dis
gelisensieer om op potgooie gespeel te kan word. Alle
kommersiele musiek het soveel regte en lisensies wat
betaal moet word om speel tyd te kry dat dit nie die
moeite werd is vir ons potgooiers om dit te speel nie.
As jy wil hoor hoe my potgooi klink, gaan kyk na
http://www.afrikaansinsydney.com Jy kan
ook na die ander Afrikaanse potgooie gaan kyk by
www.gesels.net
Die Afrikaanse musiek wat ons gebruik kom van Kraai
Promosies af van Raymond Greenburg. Besoek gerus
www.kraaipromosies.co.za
Kyk gerus daarna. Die Potgooi tegnologie is darem nie
so ingewikkeld nie, en omtrent enige iemand kan hulle
eie potgooi maak. Luister gerus na die ander potgooie
daar buite, en versprei die woord.
Laat weet maar as ons kan help.
O ja - op my Afrikaans in Sydney website is
daar 'n link (links bo) genaamd "Wat is Potgooi?" Dis
'n 4 bladsy PDF wat in 'n bietjie meer detail
verduidelik wat 'n potgooi is, en hoe om in te teken.
Groete!
Phil Massyn
|
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Die volgende stuk
kom by my aan via Melbourne in Aussie. Wie dit geskryf het weet ek nie,
waar dit ontstaan het weet ek ook nie, een van daardie goed wat maar
rondswerf op die internet van posbus na posbus. In alle geval, geniet dit!
Ek weet nou nie
hoe jy oor spinnekoppe voel nie maar ek ry eerder 'n fiets sonder 'n
saal as om een te konfronteer.
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, bedlampie brand baie domesticated
en sag met die komplimente van Wetherley's, minding my own business toe
ek so 'n geskarrel in die kamer hoor. Dog eers dis die mot wat wil
selfmoord pleeg teen die bulbpie en skerm. Kyk. Nee, mot sit ook rustig
teen die beige muur. Net weer terug by die boek toe wéér! Skarrel.
Skarrel.
(Kriewel in die nek af). Probeer lees. Skarrel. (My oë vernou). Probeer
konsentreer. Lig brand. Skarrel. Kyk, kyk, kyk. En skielik! Ek skrik
alles regop en weg en pap en styf wat kan! 'n Onaardse gedrog van 'n
spinnekop wat as weltergewig kan inweeg by 'n boksgeveg snol teen
100km/h oor die vloer en teen die bedkassie. Ek k*k my beste linne in 'n
ander kleurskakering in. Daar gaan die boek, bedlamp, bakkie met afgeëte
druiwetrossie, koeldrankglas, flits, bottel water, name it. tot die
selfoon. En die Doom is in die kombuis!
In 'n ommesientjie flits ek soontoe en terug in die Adamspakkie, nie nou
tyd vir mooimaak en aantrek nie...terug. Daar sit ta nog. Ek spuit. Hy
kyk my met daai "OK-bring-nou-vir-my-die-rattex-en-jou-suster" kyk. Die
harige duiwelsvloek verdwyn agter die bedkassie in. Met die wegtrek van
die muur af om nou te kyk jy sien, skielik hol daai aardsgedrog teen die
muur uit, reg voor my oë. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë
swik, my longe vul, lippe parteer van mekaar, 'n kreet verlaat my
binneste, ontsnap oor my trillende labias.
GIL! Maria Callas het in haar beste Lucia Mad Scene nog nie so
performeer nie. Bure se kinders ruk regop in hul beddens. Ma's en pa's
maak groot-oë vir mekaar. Honde blaf onrustig... Met dié spuit ek weer
verwoed. Arachnida se kind plof grond toe - of eerder - spring. Ek sê
dankbaar 'n gebed boontoe vir die uitvinder van Doom Super (vir alle
crawling insects - alhoewel die ding nie crawl of 'n insek is nie - vir
my is dit meerdoelig!)
Of dit nou die gif self was of die gesig van 'n beserkte malmens met
angswekkend gesperde kakebene, vasgevang op 'n C# drie oktawe bo middel
C sal ek nou nie kan sê nie. Op daai stadium het my brein nie meer
gewerk nie. Afgeskakel. Voorbereid op my laaste oomblikke op hierdie
planeet..in 'n flitsoomblik besef ek, ek het nie eers 'n testament nie.
Maar dit is nou maar tot daarnatoe. Meer belangrik, ek het nog nie eers
my boek klaargelees nie! Ewentewille. Intussen het die spider laat
spaander na die en-suite toe. Nog is het einde niet. Voor die wasbak op
die vloer vind ons mekaar. Sy 8 onverskrokke oë pen in my 4 vas (dra mos
bril as ek onthou! - dankie tog vir die sielkundige voordeel anders was
dit 8 teen 2!) Hy: gewapen met miljoene hare, magtige mandibels, 'n vet
vieslike agterlyf, ek weet nie eers hoeveel bene nie, en die feit dat hy
'n spinnekop is!!
Ek: gewapen met slegs 'n Doom blikkie (al gevaarlik laag in inhoud) in
my bewende, dog ferm hand. Niks anders nie. Nie eers 'n lende-kleed om
my lieste om my van moontlike vernedering te beskerm sou ek nou die
tydige met die ewige verwissel nie, en die polisie op my sou afkom twee
weke later nie. (Ek sien al die koerantberig: The bloated, naked body of
a confined recluse was discovered late last night in a quiet JHB
suburb).
Op een gebied is ons twee egter gelyk: spoed. Voordeel (vir spinnekop):
ek is buite myself van angs vir spinnekoppe. Ek kon net sowel Jakobus
Arachnophobia Pretorius gewees het. Waar spinnekoppe en ek saamkom kan
ek teen die spoed van wit fisant k*k beweeg. (Jy het waarskynlik nog
nooit wit fisant k*k gesien nie. Jy sal ook nie - dit beweeg te vinnig).
Terug by my stand-off. Op daai stadium besef ek dit is nou of nooit. Met
Lords of the Rings se horribale scene van 'n fenomenale spinnekop en
gemummifiseerde liggame vars in die wankelende Alzheimer-geheue (ek het
mos 'n spasma geskiet in my been in die fliek met die scene soos ek op
my stoel geklim het) besluit ek net f*k cfc's, f*k krimpende reënwoude,
f*k die osoonlaag en al die pikkewyne wat gaan sunburn, f*k Kaapstede en
Sydneys wat gaan versuip onder stygende oseane. My lewe is op die spel!
Ek sak soos 'n fighter jet op die vyand af, releasing my weapons of mass
destruction. Spinnekop lig sy pote en kake in die lug, aanvallend, kap
woes na my, sy sigbare vyand wat sopas 'n enema gehad het. 'n Quick
roundabout in die badkamer (ek het weer gevlug terug na die veiligheid
van my bed) en die vieslike satansbraaksel syg stikkend en roggelend
neffens die bedlamp neer. Ek verlekker my in sy uitmergelende rukkings
soos die gif sy tydelike bestaan met die ewigeverwissel. Op die bed dans
'n jubelende en oorwinnende, dog erg getraumatiseerde Afrikaner seun,
boereheld. Die skynbaar onmoontlike is vermag. Met geweldige inspanning
kry ek myself sover om die lyk op 'n moerse lang papier op te raap en
sonder veel seremonie in die toilet te "bere". Plunck! Vir oulaas en ook
om hom verder te verneder p*s ek sommer ook op hom . As hy NOU nog lewe...!
Met 'n welkome swoesh van die toilet verdwyn die harige gedierte uit die
oog oppad na die Rand Water suiwerings aanleg van die munisipaliteit om
later weer gedrink te word. Dalk sal hy tog weer so kan wraak neem?
Vir die oomblik, egter, het moi triomfanklik uit die stryd getree. Ek sê
stilletjies 'n gebed op vir spoelbare toilette en dat ek uitgespaar is.
Stadig begin ek die kamer tot sy oorspronklike vorm en toestand herstel,
voor ek uitasem, dog effe ontsteld nog, terugklim in die bed - die Doom
blik, bliksoldaat, my beste vriend, sleutel tot my verdere toekoms, 'n
armlengte ver. Ek kyk vir Mr Doom en hy vir my. Ons glimlag wetend vir
mekaar: Saam het ons al baie veldslae geveg, en gewen."
|
|
|
Die Resep(te) |
|
Weereens 'n stokou resep!
|
|
Tamatie komfyt
Gé dri snytjies in
elke tamati, druk di pitte daaruit, laat een nag in kalkwater lê, weeg
di tamaties, vir 4 lb. tamaties neem 3 1/2 lb. wit suiker, kook di
stroop mooi dik, en set di tamaties dan in, kook tot dit sag en deur
gekomfyt is; goed afskuim
Dit was sommer so 'n
ou afskeepreseppie, hier is nou iets (baie) lekkers:
Broodpoeding
220 g botter
190 ml suiker (3/4 k)
500 ml room (2 k)
500 ml melk (2 k )
5 ml vanielje essens (1 t)
5 eiers
15 ml fyn kaneel (3 t)
8 snye ou witbrood, korsies verwyder
250 ml vrugtekoekmengsel
Bolaag
3 eierwitte
50 ml strooisuiker (4 e)
Smelt botter en voeg
suiker by. Voeg room, melk, vanielje, 3 eiergele, 2 heel eiers, en 2.5
ml fyn kaneel by en meng goes. Plaas lae brood, afgewissel met kaneel en
vrogtemengsel in gesmeerde bak en giet roommengsel oor. Bak by 180ºC
(350ºF) tot ferm (ongeveer 50 minute). Haal uit en bedek met bolaag.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kalie de Jager
Tel. no. 012 5485654
Faks: 012 5485654
Cell.: 0825788907
E - pos: kalie@telkomsa.net
webadres.:
http://kaliesboeremusiek.viawias.com
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
Kontak asseblief vir
Elsabe as julle betrokke wil raak Sel: 082 8282 551
Faks: 012 991 2073
www.danvillehulp.co.za
elecnet@mweb.co.za
BANKBESONDERHEDE
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Verw: (Kos - of - Kersfees of dit waarvoor die donasie is asb)
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Vir hoofpyn:
Sny 'n aardappel an snytjies, sir langs di slaap van di hoof. Vlug
sout op ruik is ook goed. Klein mosterd pleister of Spaans vlieg agter op di
nek help ook.
Uit E J Dijkman se Kook-koek-
en resepteboek
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
KOM SAARTJIE,
LAAT ONS GAAN
Woorde: Tradisioneel
Musiek: Volkswysie; verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Kom Saartjie, laat ons gaan
met wandelskoene aan,
Kom Saartjie, kom Saartjie,
kom Saartjie, laat ons gaan.
Hoe noem jy nou jou kêrel
wat op die plaas daar woon?
Hoe noem jy nou jou kêrel
wat op die plaas daar woon?
My kêrel noem ek Kalie
wat op die plaas daar woon.
My kêrel noem ek Kalie
wat op die plaas daar woon.
Die posisies van "Saartjie" en "Kalie", sowel as "kêrel" en "nooientjie"
kan omgeruil word.
|
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
Koop nooit weer 'n
resepteboek nie. Kry 'n CD met 38 resepteboeke op (Engels) vir net R100
- klik hier en kry
ook jou gratis resepteboek |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. Gaan kyk ook na my ander
eBoeke |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Hulp met
skooltake??
Klik hier! |
|
|
Teken in op hulle
nuusbrief,
klik hier
en stuur leë epos. |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
|
Internetbesigheid?
Tuisbesigheid? Al die inligting wat jy benodig op een CD - klik
hier vir besonderhede (Engels) Kry ook jou gratis eBoek |
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer
en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|