| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 9 |
'n Passie vir
Afrikaans |
28 November
|
|
Hallo almal!
Hier's ek weer!
Die volgende is deur Petra, wat nou in
Melbourne, Ausie woon, aan my gestuur:
My
Vingerafdrukke!
"Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Daar is nie wegkomkans nie,
waar ek vat plaas ek 'n teken van my identiteit.
"Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan
hartafdrukke na te laat.
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
van begrip en liefde,
van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en
van opregte betrokkenheid.
Mag my hart 'n ander hart aanraak
en 'n afdruk van U liefde laat.
"En as iemand sou sê:
"Jou aanraking het my vandag versterk"
laat hulle agterbly met die wete dat dit
U liefde was wat hul in my ervaar het."
Afrikaans laat
dit darem spesiaal klink, nie waar nie?
|
|
|
'n Tikkie
Humor |
|
Die karate-brak
MISDAAD vier hoogty in ’n sekere woonbuurt in die buitewyk van die stad.
’n Egpaar wat ’n huis daar laat bou het, is doodbenoud nadat by drie van
hul bure se huise ingebreek is. Hulle besluit om ’n waghond te kry.
Die vrou gaan toe na die naaste troeteldierwinkel en sê: ''Kan julle my
help, asseblief? Ek het ’n goeie waghond nodig.''
''Dit spyt my, mevrou,'' sê die klerk wat haar bedien, ''maar al ons
waghonde is uitverkoop. Al wat ons het, is hierdie steekhaarbrakkie.
Maar hy ken darem karate.''
Die vrou glo dit natuurlik glad nie, maar die winkelklerk sê: ''Karate
daardie stoel!'' En die steekhaartjie storm op die stoel af en kap dit
net daar in duisend stukkies.
Vervolgens sê hy vir hond: ''Karate daardie tafel.'' Waarop die hond ’n
stewige houttafel bespring en dit summier in twee stukke breek.
Tevrede dat die klerk nie vir haar jok nie, koop die vrou die hond en
neem dit huis toe na waar haar man wag op die groot waghond wat hy
gereken het sy sou koop. Hy is skoon uit die veld geslaan -- en baie
kwaad -- toe hy die steekhaarbrakkie sien.
''Maar, liefling, hy ken karate,'' probeer die vrou haar optrede
regverdig.
Dog haar man wil niks verder hoor nie. ''Karate?!'' skreeu hy. ''Karate,
my agterent!''
Hy lê nou al geruime tyd in die hospitaal.
. |
|
|
|
|
Die Resep |
Hierdie resep
kom van Anna Eksteen se uitstekende aflaaibare resepteboek, Vir meer
uithaler Suid Afrikaanse resepte soos die een, kontak Anna soos volg:
Sel: 0822946799
|
|
AARTAPPEL VULKAAN
750g aartappels, geskil
30ml margarien
50ml koekmeelblom
500ml melk
2 eiers geskei
500ml gerasperde Cheddar-kaas
5ml sout
1ml mosterdpoeier
knypie peper
gerasperde kaas & broodkrummels gemeng
Kook aartappels tot gaar en maak kapokaartappels. Smeer dit op die boom
en teen die kante van ’n gesmeerde bakskottel. Stel oond op 200°C. Maak
witsous van botter, meel en melk. Klits eiergele en roer by witsous.
Haal van stoof af en roer kaas, sout, mosterdpoeier en peper by. Klits
eierwitte tot styf en vou liggies in witsousmengsel in. Gooi bo-op
aartappels in bakskottel. Strooi kaaskrummels bo-oor en bak 25-30
minute. Dien dadelik op.
|
|
|
|
|
|
Brokkies |
|
Danville Kersboom
Elsabe is kliphard
besig met die nodige reëlings vir die Kersboom op die 6de Desember. Hou
maar die webblad en die Kersboom bladsy dop vir verwikkelinge, skakels
hieronder .
Komende Saterdag kom al die helpers by Elsabe bymekaar om presente toe
te draai, honderde presente! Klink na pret! Meer daaroor volgende keer!
....en as iemand miskien 'n pop het wat piepie, 'n hele paar van die
dogtertjies het een op hulle wenslys!
(Kersboom en kinders se
wenslys) (Die
Danville Hulpgroep) (Kersboom) |
|
|
|
|
Komper
Ek het my eerste DVD geskryf! Het die video wat ek in Kruger
geneem het op my (nou vinnige) komper gelaai en soos 'n wafferse
deskundige gekap, gesny, gelas, byklanke bygesit, titels voor en agter,
hulle "scroll" ook nogal! Na die hele storie is dit toe te groot vir 'n
DVD skyf, daar moet ek toe alles oordoen en nog MEER van my meesterstuk
uitsny...grrrrrrrrr!
Maar uiteindelik werk dit, sit net die skyf in 'n DVD speler en siedaar!
Al te oulik! |
|
| |
|
| |
|
|
|
|
.Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
Peter-jasie |
|
|