Nommer 90

DIS mos Afrikaans!

30 Mei  2006

Wees gegroet!

Welkom aan alle nuwe intekenare!

Sjoe, ek is uiteindelik trug na weke se gerondryery! Dis darem maar so lekker om op kierieverlof te wees! Ons is sopas trug van 'n aangename reis deur Namibië, sommer 'n baie mooi plek daardie!

Lees alles omtrent ons reis (jammer dis Engels) en gaan kyk na die fotos ook, hier

Terwyl ons so lekker daar rondgery het, het ek ook mede reisgers ontmoet en lekker staaltjies en inligting uitgeruil. Net daar en dan besluit ek toe om 'n Reisigersforum te begin waar mense soos ons wat daarvan hou om te skuur met mekaar kan praat, raad vra en ook vertel van onlangse reise (in Afrikaans). Klik hier om te gaan kyk en dalk ook sommer deel te neem.

Onse Minette wat so lekker skryf het mos nou Stellenbosch toe verhuis maar ek het darem nog een van haar artikels wat ek nog nie geplaas het nie. Lekker lees!

Sport en Politiek
Minette Brink

HIER volg een van my briljante visioene.
Met alle respek gesê en uit die diepte van my hart.
Vervang politiek met sport. Dis al hoe wêreldvrede gevestig kan word.
Voor almal nou weer hulle oë rol en ag ja “whatever”, vroumens, sug, dink eers.
Vergelyk ʼn bietjie die aantal mense wat dag na dag na sportuitsendings kyk met dié wat politieke debatte volg.
Hoeveel mense ken jy wat die wekker vir skuins na middernag stel om tog NET NIE die openingsrede van die Verenigde Nasies se Veiligsraad te mis nie?
Hoeveel mense slaap vir dae in die gietende reën voor regeringsgeboue om “ringside seats” tydens die opening van die parlement te kry?
Wie het ʼn ondertekende fotoplakkaat van al die kabinetslede teen sy of haar kamermuur?
WIE het al ʼn doktersbrief ‘bekook’ om weke ‘afgeboek’ te wees net sodat jy die President se besoek aan China kan volg? In China. Nie op TV nie.
Politiek lok skares om verwarrende redes. Politiek is ʼn ongesonde sport waarvan min die reëls ken en volg. Dis nou waar daar wel reëls in plek is. Politiek is die duurste sport in die wêreld met in die meeste gevalle, belonings vir eie gewin. Politiek roem om ʼn spansport sonder vergelyk te wees, maar is selde indien ooit.
Politici inspireer nie sommer met kleurvolle uitrustings, neon-sonskerm, punt innie wind hare en “funky” sonbrille nie. (Nou goed, ek moet erken ons het wel ʼn minister of twee wat die stylding met oorgawe doen.)
En dan is daar die troefkaart: kaalnaelers.
Ek kan my nie indink dat iemand kaalbas agter ʼn “MP” in die hoofstraat gaan afhol en dieselfde gewaardeerde impak as ʼn bleekboud Bok-ondersteuner oor Nuweland sal hê nie.
Inteendeel. Die “honourable member” én sy “ondersteuner” sal tien teen een met gesperde neusvleuels in geskokte stilte verafsku word. En in die koerant lees dat die gewaardeerde lid stil-stil bevorder is. Drimiopsis toe. As bokwagter.
En dink net die reaksie as nartjies vol vodka oor die Parlementsvloer moet vlieg na ʼn nare optrede. Of iemand uit blydskap die Mexican Wave tussen die gewyde mure moet begin. En wanneer laas het ʼn bierbrouery die nasie laat “rock” met ʼn hiper-cool advertensieveldtog oor aand-parlementsittings.
Okei, okei, ek ruk nou hande uit. Grappies op ʼn stokkie. Ek vra verskoning indien dit mag voorkom dat ek geen respek het vir ons landsleiers nie. Dit is nie die geval nie.
Ek wil net probeer om bietjie woema in die andersoortige spansport te gee. Politiek het nou een maal nié die oemf van ʼn nasionale sokker-oorwinning in die verre nie, of die aardskuddende impak van ʼn Wêreldbekereindstryd nie.
Is maar net oor al daai lipgimnastiek dat u so ʼn beperkte kykertal het.
“Howzat!”

En nou wil ek van my speelgoed verkoop, die speelding word nie ten volle benut nie en iemand anders sal dit beter kan gebruik. Dit behels 'n (verskoon die Engelse terme) 'n HP iPAQ POCKET PC 2490 tesame met 'n GARMIN GPS-10 BLUETOOTH GPS RECEIVER wat in effek 'n GPS van die PDA maak. Daarby het ek ook die Emaps sagteware (Digi-Nav 2006) wat vir jou 'n roete kan beplan en vir jou stap vir stap vat tot by jou bestmming enige plek in Suid Afrika. Daar is ook 'n oulike damesstemmetjie wat vir jou meedeel wanner jy moet afdraai! Baie handig! Dis nog nie al nie. Die pakket sluit ook die volgende sagteware in: Sasol eBirds, eGuide to African Mammals, eSnakes, Sasol eWildlife wat Insects, Spiders/Arachnids, Frogs, Reptiles, Birds, Mammals, Grasses, Trees en Wildflowers bevat.  Die pakket is so te se splinternuut (begin April aangeskaf) en om dit vandag aan te koop sal R8700 kos. Hierdie is die ideale pakket vir die reisiger en buitelug entoesias, en dis joune vir net R4,500 kontant. Kontak my as jy wil gesels!  peter@funkymunky.co.za


Dan het ek ook 'n baie goeie Sony DSC-F717 ( 5 megapixel) digitale kamera om te verkoop. Dit het nuut by die R9000 gekos en spog met 'n Carl Zeiss lens. Dit kom met spaar battery, ekstra 128 mb geheue skyfie en drasak, ook die nodige USB kabels  om na jou rekenaar af te laai.
Net R2,500 kontant, ware winskoop
Stuur vir my
epos vir meer inligting


 

 

 
Suid Afrika se Afrikaanse soekenjin


ePos Vriende - In die ou dae voor die internet het ek vele penvriende regoor die aardbol gehad. Jy moes weke wag vir 'n antwoord op jou brief! Vandag, met ePos gaan dinge sommer blitsvinnig! Mens moet egter in baie gevalle betaal om jou naam op 'n penvriend lys te kry. Ek glo nie daarin om vir vriendskap te betaal nie, dus gaan ek 'n gratis "ePos Vriende" afdeling begin. Al wat jy hoef te doen om jou gegewens op die lys te kry is om HIER te klik en jou besonderhede in te tik. As jy soek na 'n vriend, klik HIER en gaan deur die lys en stuur 'n epos aan iemand met wie jy wil korrespondeer, so maklik soos dit! Die eerste 20 inskrywings kry elkeen 'n gratis kopie van my Tradisionele SA Resepte eBoek!


Dis doodmaklik om 'n kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10 miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!! Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n allemintige klompie Rand!
Ek het nou die dag 4 nommers ingehad, hulle betaal dit sommer aan jou per tjek in Rand!


st se  pitkos

Klik hier om st se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief

“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.

Nog gevleuelde woorde van ST:

Survivor South Africa
Met al die realiteits-reekse op televisie het ek nog nooit werklik belanggestel om in te skryf nie. Ek sien byvoorbeeld nie kans vir ‘n reeks soos “Big Brother” nie. En vir vasvra-kompetisies soos “Flinkdink” en “The Weakest Link” is ek te dom of te stadig. En vir “Noot vir Noot” is my musiekkennis te min.

Maar ek het nog altyd vir vriend en familie gesê wanneer Survivor die dag na Suid-Afrika kom, sal ek daarvoor inskryf. Met die wete egter dat hierdie Amerikaanse reeks van oorlewing, fisiese uitdaging, manipulasie en rugstekery op ‘n afgeleë eiland nooit as ‘n Suid-Afrikaanse produksie vervaardig sal word nie, want dit verg waarskynlik ‘n enorme begroting. Dus is ek heeltemal veilig met my leunstoel bravade van “ek sal inskryf wanneer Survivor die dag na Suid-Afrika kom.”

Verkeerd.

Survivor kom toe Suid-Afrika toe.

En ‘n man hou mos by sy woord. Jy verstaan.

Ek skryf my toe in. Stuur my foto’s en vorm in. Ek weet ek is maar een van derduisende en derduisende regoor die hele land, en uit al die tienduisende inskrywings word 600 vir ‘n kortlys gekies. Net 600. Die persentasie moet iets wees soos 0.0003%. En ek is oud en lelik en niks besonders. Realisties gesproke is my kans dus zero. En ek is steeds veilig.

Verkeerd.

Ek is een van die 600 regoor die hele Suid-Afrika, uit al die derduisende. Dis ongelooflik, ek weet. Maar dis waar.

Die afgelope Saterdag (6 Mei) is my onderhoud in Kaapstad geskeduleer. Ek ontmoet van die ander moontlike survivors. WOW – wat ‘n ondervinding!! Gaan deur die hele prosedure wat ure neem. Ek struikel met my Engels voor die tv-kameras en sê verkeerde goed op verkeerde tye. Dus is ek veilig en nie een van die 14 wat begin Julie na Panama vir die opname van Survivor vertrek nie. Nog nie die uitslag gehoor nie, maar ek weet. Jy verstaan.

Maar nou kom ek by die les wat ek geleer het. Wanneer ‘n geleentheid aan jou deur kom klop, gryp dit met albei hande aan. Moenie verskonings soek van ek is te swak, lelik, oud, dom, onfiks, kranklik, te min ervaring of ander mense is beter as ek nie. En jy hoef ook nie altyd net te wen nie. Net om deel te neem, net om die kans te gryp en te kyk wat jy daarmee kan doen, is alreeds ‘n oorwinning.

Staan op uit jou gemakstoel, klim uit jou gemaksone, skud jou vrese en fobies af en begin om te lewe. Jy het net een lewe, leef dan jou lewe. Want jy gaan aan die einde van jou lewe kom en spyt wees oor die geleenthede wat jy nie gebruik het nie. Jy gaan spyt wees oor dinge wat jy nie wou waag nie, plekke wat jy nie wou besoek nie, avonture waarvoor jy nee gesê het. Kaggelvure wat jy nie op koue wintersaande wou aansteek nie, want dit bemors die plek. Sonnige somersdae met die lug helderblou, en jy lê die dae om voor die televisie - eerder as om die berge uit te klim en jou voete in die waters van die groot oseaan te druk.

Moenie bang wees nie. Gryp geleenthede aan.

Om in te skryf vir Suvivor South Africa vir Panama was vir my een heerlike lekker ondervinding en avontuur wat ek vir die res van my lewe sal saamdra en koester. Ek het nooit ooit in my wildste drome kon dink dat ek sover sou kom nie.

Nou wag ek vir “Big Brother” en “The Amazing Race” en… wel noem maar op, ek is reg!!

‘n Sprankie Wysheid vir die Dag
“As die lewe nie ‘n avontuur is nie, is dit betekenisloos.” – Helen Keller

Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za

Skakels

Peter-jasie

Boererate

Stormpies

Danville Hulpgroep

Boeremusiek

Nianell

Musiek

Woes

Eg Afrikaans

Die Knoop

Wat kyk jy

Wenke wat Werk

Minette Brink

Die Wêreld

STOF

Pretoria Akkommodasie

Wat van 'n lekker koppie boeretroos!

 

Vakansieverblyf?
Hier is die
oplossing

 

 

Webwerf soeklig

Met elke uitgawe sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:

Die Steenkamp Familie
Hier is sommer 'n lekker familieblad. Met net 'n klein bietjie moeite kan enigeen 'n plekkie op die internet hê!

 

My Webwerf se Soekenjin

Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens. Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf

 

Wat's Nuut?  

 

Soek op die webwerf deur FreeFind

 

 

 

'n Tikkie Humor

Ek moes lag, ons toer mos nog so deur Namibië en op 'n dag, na 'n LANG eentonige stuk pad waar absoluut NIKS te siene is nie, vlieg daar 'n tor teen die voorste ruit vas, kaplaks!

Merk Doreen ewe koel op: "Ten minste het ons nou derem iets om na te kyk!"


Mens kry mos Namibiese houtskool hier in SA te koop, en waar is my verbasing groot toe ek sien dat ek in Tsumeb in Namibië "Blue Bull" houtskool te koop kry. Weet nie of dit maar net my verbeelding was nie maar die houtskool se fut was maar gou uit, het maak gesukkel om die vleisie gaar te kry. Ek wonder maar net of daar dalk 'n boodskap in steek?

Daar verloor ek nou alweer 'n klomp intekenare!
 

 
 
 
 
 

 

 
 

Die Resep(te)


Die volgende "resep" was aan my per epos gestuur, ek weet nie of dit werk nie, moet dit tog nie probeer voordat jy jou dokter geraadpleeg het nie, maar hier is dit vir wat dit werd is. (Ek self het vandag daarmee begin, ek sal volgende keer terugvoer gee.

VETVERBRANDINGS DIEET

Hierdie dieet kom van die “Special Memorial Hospital” en word gebruik om oorgewig hartpasiente vinnig gewig te laat verloor.

BASIESE SOP:
900g Tamaties
6 Uie
2 Biefblokkies/Hoenderblokkies
1 Pakkie Wit Uie Sop
1 Bondel Seldery
2 Blikkies Groenboontjies
1 1/2kg Wortels
1 Groenpepper

Geur met sout, peper en pietersielie.
Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water. Kook vinnig vir 10 minute en verlaag dan die temperatuur sodat dit prut. Prut tot groente sag is. Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel E E T D I E  S O P!!! . Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil. Die sop sal nie kaloriee byvoeg nie. Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor. Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees. Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink.

DAG1
Eet slegs sop en vars vrugte. Enige vrugte behalwe piesangs.

DAG2
Eet slegs sop en groente. Geen vrugte nie. Eet soveel van beide as wat jy wil. Geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself vanaand met ’n GROOT! gebakte aartappel en botter.

DAG3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil. Moenie ‘n aartappel eet nie. (Teen hierdie tyd behoort jy 2 – 3kg te verloor het as jy nie gekul het nie.)

DAG4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet ten minste 3 piesangs. Piesangs het hoe kaloriee en koolhidraad inhoud. Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodige hê om die “cravings” teen te kant.

DAG5
Eet sop, biefstuk/vis/hoender en tamaties. Jy mag 500g biefstuk/vis/hoender eet en 6 tamaties.

DAG6
Eet sop, groente en biefstuk. Jy mag soveel eet soos jy kan. Geen gebakte aartappel nie.

DAG7
Eet sop, bruinrys en groente – soveel as wat jy wil. Jy mag onversoete vrugtesap drink.

Teen hierdie tyd behoort jy 5 – 8kg te verloor het as jy nie gekul het nie. Jy kan solank aanhou met die diet as wat jy wil. Hierdie diet is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaaam van gifstowwe te reinig. Dit is heeltemal veilig – dit word immers vir hartpasiente gebruik voor ‘n groot operasie. Dit is belangrik dat jy ten minste 24 uur voor jy alkohol inneem met die diet staak.

Jy kan slegs EEN van die biefstuk dae vervang met hoender of vis.

ONTHOU: HOE MEER JY VAN DIE SOP EET, HOE MEER SAL JY VERLOOR!!!

Ons het die sop [groente] alles baie fyn opgesnipper in ‘n “versapper” – DIT IS REGTIG HEEEEEERLIK!!!

Ek sal enige terugvoer waadeer, stuur my asb epos
 

 

Vriende van Boeremusiek

Dagsê Boeremusiekvriende,
Hierdie is net ‘n vriendelike aanmaning dat ek my webblad se adres verander het na: http://kalie.boeremusiek.net
Hierdie is ‘n vereenvoudigde adres van die vorige een. Dit is ook voorsien met ‘n hoofstuk vol konsertina inligting. Daar kom nog ‘n nuwe gedeelte: Wat is nuut? Waar ek graag die huidige verval in Boeremusiek wil aanspreek. Die blad behoort teen einde volgende week klaar te wees. Kyk gerus ook op die blad na puik CD’s wat te koop is!
Nogmaals dankie vir u ondersteuning!!
Boeremusiekgroete,

Kalie de Jager


Tel.: 012 5485654
Faks.: 012 5485654
Sell.: 0825788907
E-pos: kalie@telkomsa.net
Webblad: http://kalie.boeremusiek.net

 
   

Die Danville Hulp Groep

.
Ons was gsiet by die Musaion by Tukkies waar ons die Mathys Roets/Helené Bester vertoning ten bate van die Danville Hulpgroep bygewoon het. Het dit vreeslik baie geniet! Kyk hier na van die fotos wat ek geneem het.


Bankbesonderhede:

Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926

Aflewerings adres:-

286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za

PS Bel asb voor jy ry
 

Boereraat van die Week

!! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie, ek plaas die rate suiwer as interessante inligting.  !!

Klik hier vir inligting oor my Boererate eBoek!

Vir hoofpyn - Sny 'n aardappelan snytjies,sit langs di slaap van di hoof. Vlug sout op ruik is ook goed. Klein mosterd pleisterof Spaans vliegagter op di nel help oek.
 

 

Afrikaanse Lied

Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek

DIE BANGBROEKVRYER

Woorde: EITEMAL
Musiek: Volkswysie; verwerk: ANDRIES WASSERMANN

Jy kan vra, neef, dis vry, geen mens kan dit keer nie;
en weier daarby kan niemand verweer nie.
Wat weeg jy en wik jy, wat hakkel en hik jy?
Die vra is tog vry en die weier daarby.

Maar hy praat oor die oes wat amper vergaan is,
oor droogte en roes wat nou in die graan is.
Wat meet hy en mik hy, wat stotter en stik hy?
Die vra is tog vry en die weier daarby.

As die moed hom verlaat, kwansuis is hy dorstig;
hy dwing om te praat, maar o, só aamborstig!
Dan hoes hy en hik hy, dan bloos hy en blik hy.
En dan vra hy my of hy water kan kry!

Die onsekerheid, Jan, kan ek nie verdra nie.
Wat doen met 'n man wat nie eers kan vra nie!
Koos Meintjies die sluk nie, hy stotter en stik nie,
maar vra sommer vry--en hy sal my nog kry!
 

Snuffelhoekie

Ek versamel yskasmagnete van buite Suid Afrika, kontak my en dan ruil ons uit!  

 
Koop nooit weer 'n resepteboek nie. Kry 'n CD met 38 resepteboeke op (Engels) vir net R100 - klik hier en kry ook jou gratis resepteboek  

 
As jy nog nie jou eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie, klik hier vir meer besonderhede. Gaan kyk ook na my ander eBoeke  

 
bukhuki is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.  

 
op my webwerf  

 
Hulp met skooltake?? Klik hier!  
Teken in op hulle nuusbrief, klik hier en stuur leë epos.  

 
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te kry, klik net hier.  

 

Soek jy plek om te gaan kampeer? Klik dan hier!

 

 
Internetbesigheid? Tuisbesigheid? Al die inligting wat jy benodig op een CD - klik hier vir besonderhede (Engels) Kry ook jou gratis eBoek  

 
"Making Diabetic Cooking Easy" Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer inligting, kontak Anna by 0822946799 of per epos by anna_se_kombuis@yahoo.com 
Vir nog meer van Anna se resepteboeke, klik hier
 

 
Jy geniet gratis toegang tot internet bankdienste met 'n bluebean kredietkaart doen nou aansoek !  

 
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse lied, gaan kyk gerus in die Argiewe na vorige uitgawes  

 
Ek sal enige konstruktiewe terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter  

 
 

Druk jou speld op my besoekerskaart!

 

Kontak - Teken in/uit

Epos: peter@funkymunky.co.za