|
Peterjasie se Selspasie |
||
|
Wees gegroet!, Hierdie is 'n webblad wat
maklik met 'n selfoon beloer kan word, sal probeer om dit gereeld op te
dateer. Laas opdateer: 31 Aug 2006 |
||
|
Grappe |
||
| Die eend loop by die kroeg in en
vra die kroegman: " Het jy brood?" Kroegman: Nee Eend: Enige brood? Kroegman: Nee Eend: niks brood nie? Kroegman: Nee, ons het nie enige &*^%$ brood nie!!! Eend: Nie eers ou brood nie? Kroegman: Is jy doof of wat? Ons het nie &*^%$ brood nie!! As jy my weer vra, gaan ek jou &*^%$ bek aan die kroegtoonbank vasspyker Eend: Het jy spykers? Kroegman: Nee Eend: En brood? |
||
| Ai die somme....! Die onderwyser sê vir die klas dat hy hul kennis van wiskunde wil toets. Hy vra die seuns: "As Wellington 10 km van die Paarl af is, hoe ver is die Paarl van Wellington af ". Hy kyk rond in die klas maar nie een waag 'n antwoord nie. Dis tjoepstil in die klas . . . "Kom nou seuns dis mos maklik". Niemand waag 'n antwoord nie. Die onderwyser besluit om een van die seuns reguit te vra. "Jannie gee jy nou vir ons die antwoord". Ou Jannie skud sy kop en skop teen sy bank. "Jannie maar dit is mos logies. As Wellington 10 km van die Paarl af is, is die Paarl mos 10 km van Wellington af. Dit spreek vanself!" Jy kan eintlik hoor hoe Jannie somme maak in sy kop. "Nee Meneer dit spreek nie vanself nie. Van Krismis tot Nuwejaar is 'n week, maar van Nuwejaar tot Krismis is ' n "moeviese" lang tyd!" |
||
|
Resepte |
||
| SOUSBOONTJIES 500 ml gaar, gespikkelde bone 125 g spekvleis, fyngesnipper 1 ui, gekap 50 ml bruin suiker 15 ml mosterdpoeier 5 ml sout 2 ml swartpeper 30 ml wynasyn 200 ml water of bone-aftreksel Meng al die bestanddele saam en plaas in 'n vuurvaste oondskottel. Bak dit vir 1 uur in 'n voorverhitte oond by 180C. |
||
| BOEREJONGENS: Verhit 500g rosyne, 250ml water, 200g witsuiker en 1 stokkie pypkaneel stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Kook dit vir 10 minute oor matige hitte. Giet die stroop af en en plaas die rosyne in warm glasflesse. Vul die flesse met skoon brandewyn of om die helfte stroop en die helfte brandewyn. Bedien met roomys. | ||
|
Ou Boererate: |
||
|
DORINGS. Skraap bietjie sunlight seep af en meng met witsuiker en spoeg…verkieslik die persoon wat die doring het se spoeg. Sit die mengsel nou op die plek waar die doring is en maak met pleister toe en laat trek vir ‘n paar dae. Die doring sal dan baie maklik uitdruk en met ‘n klein tangetjie verwyder word…dit is ook baie goed vir dorings wat baie diep insteek.
DORINGS… As 'n doring in jou voet steek en dit breek af…krap 'n bietjie geel was uit jou oor en sit op die doring, Draai toe met 'n lap en die volgende dag sal die was die doring uitgetrek het.
DORINGS…As
jy in 'n doring getrap het, of vir 'n wond wat septies geraak het: Meng 1
teelepel koeksoda en en teelepel zamboksalf. Sit 'n lekker homp daarvan op
die seer en maak toe. Vervang soggens en saans. DORINGS…Droog die gal van ‘n vark uit so asof jy soutlose biltong maak. Maal die gal baie fyn sodra dit heeltemal droog is…en bere in ‘n lugdigte houer. As jy ‘n doring moet behandel…dan vat jy so klein bietjie van die gedroogte gal en maak met net ‘n klein bietjie water aan tot ‘n pap…sit die nou op die doring ….en heg vas met pleister en laat dit net daar vir ‘n paar dae om te trek. Die doring sal baie maklike uitgedruk kan word.
DORINGS…Maak 'n pap aan van 'n stukkie brood, 'n bietjie blouseep en 7 vlieë. Maak nat met bietjie spoeg en sit aan. Binne 8 uur is hy ryp en jy kan hom uitdruk.
DORINGS…Maak pleister van eiergeel en sout goed geklits daarop om te trek. |
||
| Kontak my: peter@funkymunky.co.za | ||