Gebore 24 Julie 1992
Oorlede 12 Julie 2006

 
     
 

 
 

Liefste Tjombie, my beste maaikie ooit!
Vandat ek jou as ses weke oue bondeltjie vasgehou het
tot jy van my weggeneem is was jy 'n plesier, vriend, vertroueling en maat!
Vaarwel, my kinnerkie, ek sal jou nooit vergeet nie!
Eendag speel ons weer saam.
Nonnie Nandi

 
 
 
 

TREASURED FRIEND

I lost a treasured friend today,
The little dog who used to lay
Her gentle head upon my knee
And share her silent thoughts with me.

She'll come no longer to my call,
Retrieve no more her favorite ball.
A voice far greater than my own
Has called her to His golden throne.

And though my eyes are filled with tears,
I thank Him for the happy years
He let her spend down here with me
And for her love and loyalty.

Author Unknown
 

 
 
 
 

 
     
 

IF IT SHOULD BE

If it should be that I grow weak
And pain should keep me from my sleep;
Then you must do what must be done,
For this last battle can't be won.

You will be sad, I understand;
But don't let grief then stay your hand.
For this day more than all the rest,
Your love for me must stand the test.

We've had so many happy years;
What is to come can hold no fears.
You don't want me to suffer so
The time has come, please let me go.

Take me where my needs they'll tend,
But please stay with me 'til the end
To hold me close and speak to me
Until my eyes no longer see.

I know in time you will agree,
It was a kindness done for me.
Although my tail its last has waved,
From pain and suffering I'm saved.

Please do not grieve that it was you
Who had this painful thing to do.
We've been so close, we two, these years;
Don't let your heart hold any tears.

Author Unknown
 

 
 
 
 

 
 
 
 

~Herrineringe~

 
     
  As sy wil gaan stap en sy sien ek trek my skoene aan, spring sy op en af en die hele ou lyfie swaai omtrent in die rondte en die stert klap alles af in sy pad. Dan hardloop sy sommer sulke ver ente voor my uit. As ek uit haar sig is, draai sy om, stap tot waar sy my sien aanstap en as sy sien ek kom nog, spring sy weer om en dan hardloop sy verder. So het ons kilometers ver gestap. Nou probeer sy nog spring as ek sien sy wil stap en gaan stap maar met haar. Maar die ou vlees is gewillig, maar die beentjies wil nie meer nie. Sy stap seker nie eers 200 m nie, dan is sy doodmoeg en val net daar neer en dan moet ek wag dat sy eers haar asempie terug kry om terug te stap huis toe.

Van die werk smiddae, sy kom haal my by die motor en dan s ek kom ons perdjie, dan spring sy soos n perdjie terwyl ons huis toe hardloop.


Wat sy ook nou doen, ek maak vir haar krappie met my hande en klap sy met haar voorpootjies op die vloer terwyl sy vir my blaf. En as ek aan haar raak, dan raak sy skoon uit haar vel. Sy probeer kamma my hand hap en knor en blaf vir my. Dan begin ek weer met krappie en sy klap weer met haar voetjies. Te dierbaar om te sien. Die stert klap ewe hard saam.


As sy haar vir jou gewip het as jy iets gedoen het wat nie na haar sin is nie, kry jy die vuilste kyk denkbaar. Sy gaan staan stil en gee jou so n dwars kyk voor sy wegstap met die stert in die lug. En moet dan nie probeer witvoetjie soek nie, sy het haar gewip en sy sal besluit wanneer sal sy weer iets met jou te doen wil h. Sy ignoreer jou geheel en al.


Kinnerkie was weer so bly om my te sien gisteraand. Toe ek stop, toe kom sy afgehardloop na my toe. Kry haar so jammer. As sy by die kar kom, is sy skoon uitasem en moet ek maar so stadig aanstap tot by die huis dat sy kan bybly. Wil nie vir haar wegloop nie, sy kom haal my dan spesiaal. Dan loop ons maar so stappie vir stappie tot by die huis. By die trappies moet sy eers tussen plante om bo te kom. Sy kan nie die trappies opklim nie. Ag en dan is sy doodmoeg as ons in die huis kom. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe ontsettend lief ek vir daai brakkie is nie!!


My ou kindjie het Saterdagaand gegly in die sitkamer. Ag,jy moes die ou gesiggie sien toe sy so kaplaks val. Sy l daar en kyk met so n ou hartseer gesiggie aan. Toe spring ek op en gaan tel haar op. Het haar so jammer gekry. My hart huil so as ek sien hoe my ou kindjie agteruit gaan.


So gelag vir kinnerkie gistermiddag. Toe ek by die huis kom, begin sy weer blaf en dan weet ek sy soek weer iets. Ek los haar toe en begin rys kook. Ek was bietjie vroeg tuis, so net voor 16:00. Toe sit ek op die bed en lees n tydskrif en wag vir die rys. Sy kom in en loer so oor die kant vir die bed vir my en begin so spring en as ek vra wat is dit, dan blaf sy vreeslik. Toe weet ek sy wil weer gaan stap. En hoe meer ek vir haar vertel ek kan nie nou loop nie, die rys moet eers kook, hoe meer spring en blaf sy. Het so gelag vir haar. Ek wou haar sommer opvreet. Toe die rys begin kook en ek dit kon afdraai, het ek gaan stap met haar. Toe moes jy sien hoe opgewonde was sy toe sy sien hier kom ek en ons gaan nou stap. Toe is die meisiekind baie gelukkig.


Gister het sy geval Toe sy my kom haal by die kar, spring sy weer so op en af en wil net perdjie toe swik haar voorbeentjie, want dis baie ongelyk en toe val sy op haar snoetjie. Die hele ou neusie sommer so vol grond. Het haar so jammer gekry. Het haar sommer net daar n stywe drukkie gegee. Hou nie daarvan as sy seerkry nie. Veral nou dat sy so oud is.

Ag, hoekom moet mens so gou afskeid neem van iets of iemand wat jy so verskriklik lief voor is? Hoekom moet mens sit en toekyk dat sy so vinnig agteruitgaan en sou vinnig oud word?


Kinnerkie is darem baie snaaks die laaste tyd. Wonder wat dit vir my moet beteken? Gisteraand weer. As ek by die huis kom, kom sy in, eet en drink water en gaan l op haar kussing. As ek dan in die kombuis besig is met die kos, dan begin sy blaf toe ek na haar toe gaan en by haar kniel en met haar praat en haar vashou. As ek loop, nie lank nie, dan begin sy weer blaf tot ek na haar toe gaan. Dan roep ek haar en loop saam met haar kombuis toe dat sy by my kan l. Dan is sy rustig. Dieselfde later. As ons voor die TV sit, dan begin sy blaf in die kamer. Dan moet ek opstaan, haar gaan haal en haar by my laat l en haar toegooi met haar kombersie. En sy is vreeslik bly as ek tuis kom. Sy l bo op die gras en as ek inry en sy sien dit is my motor, kom sy afgehardloop [tussen die plante deur ] en kom haal my en loop ons so stadig terug. Ek moet maar so stadig saam met haar loop, sy natuurlik weer deur die plante. Maar dis al waar sy kan oploop. Sy kan die die trappe klim nie. Sy val. Dis te veel en te hoog. En dan begin die blaffery.


6 Julie 06 - Kinnerkie was rustig gisteraand!!! Nie een keer gehuil nie. Is so dankbaar. By die huis gekom, toe is sy by die kar en ons is so op ons oumensie tyd boontoe. Haar kossies geet en heeltyd by my gel in die kombuis en toe weer toe ons TV kyk op my kombers kom l en heelnag deurgeslaap. Ek kon nie genoeg dankie s nie!


12 Julie 06 - Die dag wat ek gevrees het breek uiteindelik aan! Vandag het my maaikie my verlaat en is sy na 'n plek waar geen meer pyn en ongerief is nie. Dit is nou al amper 15 jaar dat jy 'n deel van my lewe was en ek gaan jou vreeslik mis! Dankie vir die aangename herrineringe, die lewe gaan leeg wees sonder jou!

Totsiens, liewe Tjombie!

 
 
 
 

Tjombie se Addendum

Moenie my teveel mis nie
die uitsig van hierbo is asemrowend!
My herrineringe wat in jou hart is
sal jou troos terwyl ons apart is.

Ek glimlag op jou van hierbo en s
"Dankie"
vir al die jare van vriendskap en liefde

 
 
 
 

 
 
 
 

When a furchild dies, a cloud turns into an angel and flies up to tell God to put another flower on a pillow. A bird gives the message back to the world and sings a silent prayer that makes the rain cry. Our furchildren may disappear from our lives, but they never really go away. Their spirits put the sun to bed, wake up the grass, and spin the earth in dizzy circles. Sometimes you can see the Rainbow Angels dancing in a cloud during the daytime when they're supposed to be napping. They paint the rainbows and the sunsets. They tug at the tide and make the waves splash. They toss shooting stars and listen to wishes. And when they sing windsongs, they whisper to us,
"Don't miss me too much. The view is nice, and I'm doing just fine."
Ashley Rice
(Pet Version)
 

 
 

 
     
 

If tomorrow starts without me,
And I'm not there to see,
If the sun should rise and find your eyes
All filled with tears for me;

I wish so much you wouldn't cry
The way you did today,
While thinking of the many things,
We didn't get to say.

I know how much you love me,
As much as I love you,
And each time that you think of me,
I know you'll miss me too;

But when tomorrow starts without me,
Please try to understand,
That an angel came and called my name,
And took me by the hand,

And said my place was ready,
In heaven far above,
And that I'd have to leave behind
All those I dearly love.

But as I turned to walk away,
A tear fell from my eye,
For all my life, I'd always thought,
I didn't want to die.

I had so much to live for,
So much left yet to do,
It seemed almost impossible,
That I was leaving you.
I thought of all the yesterdays,
The good ones and the bad,
I thought of all that we shared,
And all the fun we had.

If I could relive yesterday,
Just even for a while,
I'd say good-bye and kiss you
And maybe see you smile.

But then I fully realized,
That this could never be,
For emptiness and memories,
Would take the place of me.

And when I thought of worldly things,
I might miss some tomorrow,
I thought of you, and when I did,
My heart was filled with sorrow.

But when I walked through heaven's gates,
I felt so much at home.
When God looked down and smiled at me,
From His great golden throne,

He said, "This is eternity,
And all I've promised you."
Today your life on earth is past,
But here life starts anew.

I promise no tomorrow,
But today will always last,
And since each day is the same way,
There's no longing for the past.

So when tomorrow starts without me,
Don't think we're far apart,
For every time you think of me,
I'm right here, in your heart "

 

 
     
 

Dierehemel

Duskant die Hemel is n brug by die plek met die naam renboogrif.

Diere wat n spesiale plek in hul eienaars se hart het, gaan hierheen wanneer hul laaste dae aanbreek.

Hier is groen gras en heuwels waar al ons spesiale dierevriende kan baljaar.

Kos en water is volop en die diere is goed versorg.

Siek, seer en ou diere word hier weer springlewendig, bloedjonk en gesond.

Presies soos ons hulle onthou uit die dae toe hulle ons geliefde troeteldiere was.

Almal speel en hardloop saam. Maar skielik, eendag, staan een stil en kyk die verte in. Haar o verhelder en haar liggaam begin bewe. Dan spring sy met n vaart daar weg en hardloop al vinniger en vinniger oor die groen gras. Sy het jou raakgesien ... julle omhels mekaar in bly weersiens. Jy streel oor die geliefde kop en kyk in die getroue o. Jy is herenig met die vriend van wie jy so lank geskei was, maar wat jy nooit vergeet het nie.

Dan stap julle saam oor die brug by die renboogrif ...