Die Peter-jasie Patriot

 

Nommer 39

'n Passie vir Afrikaans

16 Julie

DagsÍ !

Die ideale geskenk! Vriendin Anna Eksteen het twee fantasties eBoeke die lig laat sien, propvol Suid-Afrikaanse resepte. maklik om te stuur aan daardie spesiale persoon vÍr weg! Geen posgeld, stuur per ePos! Vir meer, klik hier!

Ek het 'n versameling van die beste van vorige nuusbriewe in 'n eBoek saamgevat, om te lees, regs klik net op die omslag hieronder en laai af.

As enigiemand iets in Afrikaans het (artikels, gedigte ens) en dit graag in 'n eBoek wil laat saamvat sal ek dit graag doen, en die koste is heel billik. Ek sal die omslag ook doen (sien voorbeeld hierbo) en dit gratis op my webwerf en nuusbriewe bemark

Vriendin Rosi stuur nou die dag die volgende:

Het julle al ooit ondervind hoe iets buite jouself oorneem en jou laat optree op 'n manier wat vreemd is aan jou aard? Dis iets wat sommer net gebeur sonder dat jy dit oordink het of spesifiek gewil het. Miskien is dit 'n sterk emosie wat jou aksie in jou onderbewuste aangespoor het, maar nogtans laat jou ongewone aksie jou agterna sprakeloos en half vreemd met jouself.

So bevind ek my onlangs in die poskantoor in 'n lang ry. 'n Pakkie moet afgehaal word en daar is geen ander keuse as om maar geduldig teen slakkespoed saam met twee dosyn ander mense te beweeg nie. Dit help nie om te frons of ongeduldig met die voet te tik nie. Niemand word daardeur beindruk nie en dit laat die tou ook nie vinniger beweeg nie.

Ek bestudeer maar die mede tougenote en verwonder my weer aan die metropolitaanse samestelling van ons nasie. Dis swart en wit en bruin en geel en benewens al die kleurverskille verteenwoordig die gelaatstrekke ook 'n verskeidenheid van oeroorspronge. Ook 'n verskeidenheid van ouderdomme is teenwoordig. Kleuters trek aan hulle mama's se hande en hang aan die kettings wat die menstoue tot 'n bepaalde orde van beweging beperk. Jongmense met mini's en jeans, oorringe en byderwetse grimering kou verveeld hulle kougom. Ouer mense wag gelate tussendeur sporadiese skuifelbewegings en sommige netjies geklede, opsigtelik werkende mense, wys hul ongeduld met irriterende tik-tik bewegings van voete en saaklike selfoonoproepe. Sommige mense klets luidrugtig met mekaar en ruil alledaagshede uit sonder 'n sweem van skuheid vir al die vreemde luisterende ore.

Vir 'n geruime tyd trek 'n ou, gryskop man, reeds derde van vooraf, my aandag. Krom skuifel hy geduldig vorentoe wanneer die ry beweeg, brief in die een hand en kierie in die ander hand om hom te stut.Ek wonder onwillekeurig waarom daar nie spesiale voorsorg getref word vir diens aan bejaardes of gestremdes nie. Dis skreiend dat hulle vir sulke lang tye in 'n ry moet staan en wag om gehelp te word.

Uiteindelik beland die man by 'n toonbankklerk en hy beduie met handgebare en onduidelike taal wat hy verlang. Die dame agter die toonbank verstaan nie en vra met 'n skerp ongeduldige stem wat hy wil hÍ. Die ou man praat weer en beduie na 'n koevert in sy hand. Die vrou antwoord weer en ek kan voel hoe haar stem en liggaamstaal 'n gevoel van spanning in my laat posvat. 'n Spiertjie in my slaap begin spring. Die ou man beweeg vorentoe met sy bolyf , draai sy kop skuins en vra weer iets terwyl hy na die brief wys.

Die geruis van stemme het verstil en die hele tou mense kyk nou na die ou man en die vrou agter die toonbank. Sy gryp die brief uit sy hand en praat luid en kwaai terwyl sy haar voorvinger herhaaldelik op die koevert druk. Hy skud sy kop en vra weer iets terwyl hy met die hande beduie.

Toe die poskantoorvrou nog haar mond wil oopmaak, toe staan ek al by die toonbank.

'Stadig mevrou', sÍ ek. 'Om vir 'n dowe persoon kwaad te word en te skree, gaan geen probleem oplos nie. Buitendien doen u die beeld van die poskantoor erg skade aan met u optrede.'

Sy gaap eers soos 'n vis op droŽ grond, word rooi in die gesig en kry dan haar stem terug.

'Doof? DOOF? Wat jy waar kry?!! En wie is jy in elk geval om hier te kom inmeng?'

Ek draai my rug op haar, kyk na die ou man en vat aan sy arm. Kan ek help? vorm my lippe. Ek wys na die brief in sy hand, trek my skouers op en maak vraagtekens met my oŽ, terwyl ek bemoedigend glimlag.
Hy wys weer na die brief...
Incwadi...E Gauteng ....kamsinya....vinnag mÍddem.

Ek sien die brief het geen adres op nie!

Wat nou? Ek grawe in my geheue rond na die bietjie Xhosa wat dalk nog daar rondsweef.

'I adres? Phi? Ngubani? Waar moet dit gaan?'
Ek haal 'n pen uit my sak en wys na die brief...trek weer skouers op. Toe kom daar 'n engel uit die ry te voorskyn.

'Dankie tog', sÍ ek vir die engel. 'Help tog asseblief hier, maar kyk mooi vir hom...hy kan jou nie hoor nie.' Sy praat en beduie en uiteindelik vroetel krom oumensvingers in 'n sak en sukkel 'n verfrommelde, vuil papiertjie uit. Gou skryf ek die adres neer op die koevert en betaal sommer die posgeld.

'DIT mevrou, is wat die publiek van die poskantoorpersoneel verwag. Goeie diens, maar veral deernis met mense wat oud en gestremd is'. Ek praat hard en duidelik. Sy word rooi, blaas haar wange op terwyl haar lippe 'n dun strepie is. Iewers agter ons begin iemand hande klap...

Ons plak die seŽls op en skuifel triomfantelik na die posbus buite. Met groot seremonie gooi ons die brief in. OŽ blink en en met 'n breŽ glimlag word woorde van dank uitgespreek. Enkosi..mÍddim. Ons vat hande in 'n groet.

Eers terug by die huis onthou ek dat ek eintlik 'n pakkie wou gaan haal...
Rosi Adendorff Stellenbosch Suid Afrika

Baie mooi, Rosi! Is trots op jou!

Skakels

Peter-jasie


Boererate


Aardklop


Stormpies


Danville Hulpgroep


Boeremusiek


Nianell


Musiek


'n Tikkie Humor

Met Zimbabwe so in die nuus deesdae, herhaal ek die een:

Die Sprinkaan en die Mier

Die sprinkaan en die mier het in dieselfde veld gewoon. Gedurende die somer het die mier dag en nag gewerk om voorraad vir die winter op te gaar en om sy huis voor te berei om hom warm te hou gedurende die koue winter maande. Intussen sing en spring die sprinkaan, eet al die gras wat hy nodig het en teel aan.
Gedurend die winter maande word dit baie koud en die gras gaan dood. Die mier is wel gevoed en warm in sy huis, terwyl die sprinkaan, wat geen voorbereidings getref het nie, vrek en 'n horde klein sprinkane agterlaat sonder kos of skuiling.

Die moreel van die verhaal is dat mens hard moet werk sodat jy agter jouself kan kyk.

Hier volg die Zimbabwiese weergawe:

Die eerste deel is dieselfde, maar omdat die gebeure in Zimbabwe plaasvind is daar implikasies.

Die sterwende nasate van die sprinkaan dring aan om te weet hoekom die mier toegelaat is om beskut en wel gevoed te wees terwyl, langsaan, hulle in haglike omstandighede sonder kos en klere moet leef. 
'n Televisiespan daag op en beeldsaai 'n program  wat die kontras toon van die mier se leefwyse, met sy gamaklike huis en spens vol kos teenoor die haglike omstandighede van die sprinkane. 
Die publiek is verstom! In die pragtige veld, hoe kan dit wees dat die sprinkane moet ly terwyl die miere 'n luukse leefwyse voer?
In 'n oogwink word die ZISU (Zimbabwiese Sprinkane Unie) op die been gebring. Die mier word aangekla van "species bias" en die stelling word gemaak dat die sprinkane die slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle protesteer voor die mier se huis en verwoes die straat. In 'n TV onderhoud dreig hulle dat as daar nie aan hulle eise gehoor gegee gaan word nie, hulle tot 'n lewe van misdaad gedwing sal word. Net vir die oefening, besteel hulle die televisiespan se toerusting en kaap hulle voertuig.
Die NHK (Neem en Herverdeel Kommissie) regverdig die optrede deur die houding in te neem dat dit die miere se erflating is as gevolg van hulle diskriminasie teen en onderdrukking van die sprinkane.
Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir sy optrede oor die jare en dat hulle die sprinkane vergoed vir al die ander miere in die geskiedenis wat soortgelyk opgetree het teen sprinkane. 
MTSM (Mense Teen Sprinkaan Misbruik) dreig dat hulle 'n heilige oorlog teen die miere gaan begin. Die President verskyn op die 8 uur nuus en verklaar dat hy alles sal doen vir die sprinkane wat vooruitgang wat hulle verdien misgun is deur diegene wat onregverdig bevoordeel is gedurende die somer. 
Die Staat bekragtig die EGMG Wet (Ekonomiese Gelykheid vir Minderbevoorregte Groenes) terugwerkend tot die begin van die somer. 
Die mier word beboet omdat hy nie 'n proporsionele aantal groen insekte in diens gehad het nie. Omdat hy nie meer geld oor het om sy belasting te betaal nie, word sy woning gekonfiskeer vir herverdeling onder die groenes. 
Ons verhaal eindig waar ons sien hoe die sprinkaan die laaste van mier se kos verslind terwyl die staatshuis waarin hy woon (die een wat aan die mier behoort het) om hom inmekaar tuimel omdat hy te lui is om dit te onderhou. 
Op televisie (wat hy van 'n mier gesteel het) staan die President voor 'n groep wild dansend en singende sprinkane en kondig 'n nuwe era van "gelykheid" aan . 

Die mier is nie toegelaat om te werk nie omdat hy histories voordeel getrek het uit die veld. In sy plek werk 10 sprinkane net 2 uur per dag en steel helfte van wat hulle oes. 

Sodra dit weer winter is en hulle nie genoeg kos het nie, staak hulle en dring aan op 'n 150% verhoging in lone sodat hulle kan kos koop, wat nou ingevoer moet work omdat hulle nie produktief genoeg was nie.

Die mier vat sy goed en trek na 'n ander veld waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy op die been bring. Hy word skatryk deur kos uit te voer na die veld vanwaar hy kom.
 

Nog Skakels


RSG


Kyknet


Eg Afrikaans


Die Knoop


Wat kyk jy


Wenke wat Werk


Minette Brink


Wegbreek


Geldmaak op die Internet?? Virseker!

Ek was ook maar skepties oor die geldmaakstorie maar na baie oplees en navorsing het ek tog afgekom op geleenthede waar mens 'n geldjie kan maak op die Internet, soos hulle sÍ, waar 'n wil is, is 'n weg, of in my geval, waar 'n nood is, is 'n weg. My nood is nou wel nie so groot nie, maar my gesonde verstand het my vertel dat hierdie groot netwerk van kompers tog geleenthede moet bied waar mens nie net hoef te betaal nie, maar ook iets kan terugkry.

Toe word ek bekend gestel aan die Clientele Life geleentheid, waar ek nie net spaar vir 'n neseier nie maar ook mense kry om dit vir my te betaal!  In 'n neutedop:

~ ek bou 'n neseier op
~ met 'n klein bietjie moeite kry ek mense om my maandelikse spaarpremies te betaal
~ met net 'n klein bietjie meer moeite begin ek elke maand geld inkry!

Kontak my per epos vir meer besonderhede

 
   

Die Resep

Hier is een van die smullekker resepte uit Anna se resepte eBoek wat hierbo genoem word  

SKAAPSKENKELPOTJIE:

100 ml olie                                               2 kg skaapskenkels
'n halwe groen soetrissie, gekap               1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus                         6 swoerdlose spekrepe, gekap
2 middelslag tamaties, gekap                    2 biefekstrakblokkies
sout en swartpeper na smaak                    250 ml witwyn
250 ml kookwater                                    5 wortels, geskil, in skywe gesny
12 klein aartappeltjies, gewas                  5 murgpampoentjies, in skywe
400 g sampioene.

Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 minute. Voeg biefekstrak, geur- middels, witwyn en kookwater by en prut vir 'n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.


Wenk: Moenie potjie tydens gaarmaakproses roer nie. Sit voor met rys, koring of potbrood.

 

 

Afrikaanse Lied

Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere. Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle self wil gaan kyk,klik op die skakel: Ons BlÍrkas van Afrikaanse Volksmusiek

ONS VLAG

Woorde: ERNST A. HARTWIG
Musiek: A. METHFESSEL; verwerk: ERNST A. HARTWIG

Nou waai ons Vlag en wapper fier!
Sy kleure is ons vreugde;
hul skoonheid spoor ons harte aan
tot ware, ed'le deugde.

Oranje dui op heldemoed
wat krag vind by die Here;
die Blanje eis 'n rein gemoed;
die Blou verg trou en ere.

Ons Vlag bly steeds ons eenheidsband.
Al kom ook sware tye:
dis God wat waak oor Volk en Land,
Suid-Afrika ons eie.
 

Dit en dat....

Die Danville Hulpgroep is nou ook betrokke by die President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis
(Die Danville Hulpgroep) ( Die Kleuterskool )

 
 
 

 
Potjiekoskompetisies, reŽls en beoordeling! Klik hier!  

 
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid Afrika, kontak my en dan ruil ons uit!  

 
op my webwerf  

 
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse lied, gaan kyk gerus in die Argiewe na vorige uitgawes  

 
Ek sal enige terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter  

 
 

Druk jou speld op my besoekerskaart!

 

Kontak - Teken in/uit

Epos: peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy: