|
 |
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer
46 |
'n Passie vir
Afrikaans |
3 Sept 2004 |
|
Wees gegroet!
Ek is op soek na 'n
regte egte skottelploegskaarbraai soortgelyk aan die tipe waarop ons
jare terug gebraai het voor die skottel gasbraaiers op die toneel
verskyn het. Die ou skottels het 3 pote aangesweis gehad en party het
nog 'n handvatsel ook gehad wat in die middel vasgedraai het. Word die
goed nog gemaak? Indien nie is hier die ideale geleentheid vir 'n
tuisbesigheid. In alle geval, ek sal dit waardeer as iemand my
kan vertel waar ek so 'n skottelbraai in die hande kan kry. Stuur my
ePos
sseblief.
Wel, dis tyd dat ek
weer een van Minette se artikels plaas. Sy dink seker al dat ek van haar
vergeet het, nog nooit gesien nie!
Hier is hy, geniet
dit, en stuur asseblief vir Minette
terugvoer!
Die artikel is
getileld "Magic". Hoeveel van ons soek nie ook daardie 'Magic" van die
lewe nie. Ek en Ertjie (dis wat Minette my vrou, Doraan noem) gesels
vanmiddag. Ek het vroeg afgetree en ons geniet aftrede. Ons reken toe
dat as alles goed gaan het ons ten minste nog 10 goeie jare voor, gaan
ons aangaan soos ons nou aangaan of gaan ons probeer om daai "magic" te
ontdek. Niks hou ons hier waar ons net suid van Johannesburg woon nie,
wat van Kaap toe trek. Doreen wil al die watervalle in die land gaan
opsoek en ek wil al die vuurtorings langs ons kus gaan afneem. Ons moet
nou net tot die punt kom on iets daaromtrent te DOEN!!!
Magic
deur Minette Brink
Ek wens, ek wens…
Vir ‘n klomp goed. Om saam met die man in my lewe op sy reise om die
aardbol te gaan. Om die wêreld se oë oop te kry. Om ‘n huisvrou te wees
wat bedags pottebakkers-meesterstukke skep en eksotiese kosse maak. Om
‘n alternatiewe geneser te wees. Om ‘n klomp goed.
Waar is die magic in die lewe heen? Wat het geword van kleintydse
verwondering oor sommer enige iets?
Ek is verslaaf aan Tolkien se wêreld waar ridders en elwe en hobbits die
duiwels met swaarde en towerkrag en geloof verdryf. Waar varings en
watervalle paleistuine skep en die maanlig ‘n anderste silwer skyn.
Ek is verveeld.
Met tegnologiese vooruitgang en die abstrakte woorde van e-posse. Met
die alewige geraas en verrotting in die lewe. Met myself. En ek wil nie
gaan gym, by die tennisklub aansluit of van voor af leer brug speel nie.
Ek wil pret hê, ek wil baie lag en ek wil myself permanent omvou hê met
arms en harte vol liefde en lewenslus.
Ek wil nie meer boeke oor kindermolestering, verkragting en die
armblankes van toeka se Jo’burgdae lees nie. Ek soek magic! Ek soek
hoop!
Hoeveel berigte kan ‘n mens oor vigwesies en vigsgevalle en weeskinders
en wie weet hoeveel ander in nood skryf?
Almal is depressief, almal is onvergenoegd, almal soek geld. Wie gee nog
om, wie stel werklik nog belang?
Ek wens, ek wens…
“Ek wens jy wil ophou kerm en begin werk,” skrou die baas oor die
rekenaarskerm.
“Ok, ok,” gooi ek wal en word deur die skrillende telefoon verder
teruggeruk in die wrede realiteit.
“Mêvrou Mênet, dis Albertina,” sê die stem aan die ander kant. “Ek wil
dankie vir die mense sê. Ons het nuwe klere en slaapgoed vir al die
kinders gekry. En baie, baie kos.”
Lank nadat sy koebaai gesê het, sit ek nog en peins. Sies vir jou, raas
Die Stemmetjie in die binneste.
Sies dat jy ophou glo het.
Daar sit Albertina in ‘n eenvertrek blikhuisie en pas 45 weeskinders met
raap en skraap op. En nog nooit was sy sonder daai spierwit en breë
glimlag nie. Elke keer wanneer ek daar besoek aflê word ek letterlik met
oop arms verwelkom, eintlik omsingel, want Albertina is ‘n groot vrou
met ‘n groter hart.
Terwyl ek nog my seëninge sit en tel, lui die telefoon weer.
“Ek gaan trou,” jubel my suster uit Pretoria. “En sal jy die
strooimeisie wees?” Ek sluk aan die huil wat skielik dwars in my keel
kom sit. Want dis my dertigjare babasussie wat sewe jaar gelede haar
liefde in ‘n verskriklike motorongeluk verloor het. Wat met soveel
hartseer en nog meer hoekoms elke dag moes opstaan en net aangaan, want
dis mos maar hoe die lewe is?
En toe sy op ‘n dag wakker word en besef die beklemming om die hart is
weg, was Eugene daar en nou is dit sulke tyd.
Ons praat oor die rokke en die skoene en die venue en die kos. Lag ons
besimpeld oor ons weet Moeder gaan soos altyd tevergeefs probeer om ons
woeste boskasies met krullers te tem.
Lank nadat sy afgelui het sit ek met ‘n droomverlore glimlag en wonder
oor die lewe. Met die snaakse, soms seer draaie wat hy met ‘n mens maak.
Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles, sê die Boek. Inderdaad.
En al waarvoor ek nou wens, is dat Ilana en Eugene vir altyd so verlore
in die verliefdgeit sal bly soos nou.
|
 |
|
'n Tikkie Humor |
|
Die ou verkoop stofsuiers maar sy besigheid maak nie baie geld nie
en hy besluit hy moet kyk of hy dit op 'n ander plek ook kan verkoop kry.
Hy pak toe sy Cressida stasiewa vol stofsuiers en sê vir een van sy
agente hy moet kyk of hy dit op die platteland verkoop kan kry. Die ou
is toe daar weg en die eerste dorpie wat hy kry is toe Pofadder.
Hy klop aan die eerste deur en 'n ou tannie maak die deur oop. Die agent
sê: "Tannie ek wil jou graag iets wys" Die Tannie nooi hom toe in en sê:
"Kom in en sit maar hier in die sitkamer terwyl ek vir ons gaan koffie
maak" en sy stap kombuis toe.
Die agent is toe daar in die sitkamer in met die boks waar die stofsuier
in is en begin om die stofsuier uit te pak en aanmekaar te sit toe daar
ewe skielik 'n klein hondjie in gehardloop kom en op die sitkamer mat
skeit.
Die ou kry so smile op sy gesig en dink by homself vandag verkoop ek die
een definitief. Toe die tannie met die koffie kom sê die agent:
"Tannie, kyk wat het daai hondjie gedoen" en hy wys na die plek toe en
sê verder: Tannie maar moet jy nie worry nie, as die stofsuier dit nie
heeltemal skoon maak nie eet ek dit persoonlik" Die Tannie sit die
skinkbord met die koffie neer en vat een lepeltjie suiker en strooi dit
oor die hopie wat die hondjie gelos het.
Die agent kyk haar so verbaas aan en vra " Tannie nou hoekom gooi jy
suiker op die stront" Die Tannie sê " Boetman dit behoort nou 'n bietjie
beter te smaak, jy kan maar begin eet, ons het nie elektrisiteit op
Pofadder nie" |
|
|
Geldmaak op die Internet??
Virseker! |
Is jy 'n skrywer en wil jou meesterstuk publiseer?
Ek doen dit vir jou in eBoek-formaat! Die koste verbonde aan so 'n
boek is minimaal en dit kan dmv ePos of 'n webwerf wêreldwyd
bemark word Kontak
my vir besonderhede.
|
|
Betaal jy dalk
teveel vir jou korttermyn versekering?
Klik hier vir 'n vinnige gratis aanlyn kwotasie en kyk
hoeveel jy kan spaar. Ek het persoonlik R600 per maand gespaar.
|
|
|
|
|
|
Klik hier vir meer
geldspaar/geldmaak moontlikhede op die internet!! |
|
|
|
Die Resep |
|
Hier is nog een van die lipleklekker resepte in Anna Eksteen se resepte
eBoek. Klik gerus hier
om meer van die eBoeke te lees. 'n Resepte eBoek maak die ideale
geskenk, geen posgeld om dit na daardie spesiale persoon selfs in 'n
ander land te stuur nie, stuur net per ePos! |
|
AARTAPPELKAASKOEKIES
3 aartappels, geskil
1 ui
1 eier, geklits
30ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
5ml bakpoeier
125ml gerasperde Cheddarkaas
10ml gekapte pietersielie
olie om in te braai
Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeelblom, sout,
peper en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by. Skep lepelsvol
van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei
kante. Dreineer dit op kombuispapier.
Bedien dit dadelik. |
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
|
|
Die eerste een is nogal oud!
Beroerte -
Di sike mak dagga laat rook, en as hy ni self kan rook ni, dan kan 'n ander
di rook in zijn mond inblaas tot syn tong los gaan, dan kan hy self rook.
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
|
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
DE WET!
Woorde: DANIE THERON; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: W. TOLSMA; verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Wie is die dapper generaal? De Wet!
Wie stry so dapper in Transvaal? De Wet!
Wie is dit wat die trotse Brit so telkens in die stof laat sit?
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet!
Wie kom, wie gaan net soos 'n gees? De Wet!
Wie word deur Tommie meer gevrees? De Wet!
Wie is dit wat so elke slag verskyn waar hul hom nie verwag?
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet!
Wie ken die pad om koers te hou? De Wet!
Wie is dit wat die moed behou? De Wet!
Wie laat hom van geen vyand paai? Wie toon hom immer ewe taai?
De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet, De Wet! |
|
|
Dit en dat.... |
|
Die Danville Hulpgroep
is nou ook betrokke by die
President Kruger Kinderhuis en die Margaretha Ackerman Tehuis asook in
Wolmer! Indien enigsins moontlik, verleen asseblief hulp, hulle sal dit
vreeslik waardeer!
(Die
Danville Hulpgroep) |
|
|
|
|
Potjiekoskompetisies, reëls en beoordeling!
Klik hier! |
|
|
|
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|