|
 |
| |
Die Peter-jasie Patriot |
|
|
Nommer 75 |
Afrikaans KOOK!!! |
14 Sep 2005 |
|
Wees gegroet!
Welkom alle nuwe
intekenare!
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede.
My CD wat
Boererate sowel as Boeremusiek bevat, Rate en Plate, is
uiteindelik beskikbaar! Bestel jou eksemplaar sommer NOU!
Klik hier vir
besonderhede!
Is "smoothie"
(die vrugtemengeldrankie) al in Afrikaans vertaal? Indien jy weet,
vertel vir my ook asb,
per epos. Tussen hakies, ek sien vonkpos word ook nou
gebruik as 'n ander beskrywing vir epos, is dit reg?
Hier is 'n
spesiale storie van my vriendin in Namibië, Minette Brink. Ek is seker
baie van ons het ook 'n spesiale persoon uit die verlede geken en moes
dan na vele jare besef dat daar niks van die vriendskap kan kom nie. En
toe gaan sit Minette dit so mooi in woorde....
Swakopseer
deur Minette Brink
DUSKANT Swakop
het ek hom die eerste keer gewaar. Skuins agter Wessel Lubbe se bonkige
seunslyf het hy uitgelag. Spierwit glimlag, amper so wit soos sy
windverwaaide kuif.
Sy hemelsblou oë het my siel daardie dag gevangene geneem. Soos ‘n
meermin in die skatkis van ‘n gesonke skip. Tannie, wou hulle weet, kan
sy saam met ons in die see gaan speel. Ja, het my ma gelag, maar teen
donker is julle terug. En een van julle moet die vuur kom aansteek. Ek
was pas elf, hy skaars twaalf. En
die vuur kon niemand tot nounog toe blus nie.
Ek sit by die Mole en die laaste winterson bak lui. Lanklaas het ek my
kinders so uitbundig gelukkig gesien. Rooi wange, oop monde vol jil,
roomysspatsels oor die ranklyfies, bibberend blou van ons wil nog swem,
nog net vyf minute, al klap ons tande soos kastanjette op ‘n Spaanse
volksfees.
Dis reg, sê ek met ‘n deernisvolle lag. Ons eerste seevakansie alleen,
sonder vriende, familie, kêrels, maats.
Net ons drie, soos die afgelope sewe jaar. Ons drie.
Wanneer hulle gillend van plesier die branders inhol, huil ek binnetoe.
Oor dit wat was en nooit weer kan wees nie. Oor ‘n eerste liefde wat
nooit sal sterf nie. Oor die onkunde van grootmense wat ‘n ewigheid se
seer kan los.
Want hy was nie goed genoeg nie. Nie vir dié prinses in ‘n glaskas
beskerm teen die pleb nie. Soms het ek ontsnap uit die rykmansbuurthel.
Om net asem te skep, mens te wees saam met Dylan en Cohen, rooiwyn en
vuur, kaalvoet onder die sterre Prinses Boemelaar te speel.
Wanneer hy my laatnag met sy pa se Landrover onwettig met agterpaadjies
teruggesmokkel het, het ons nie gepraat nie.
Wat was daar om te sê?
Saamwees was wéés.
Die jare het ineen verstrengel, die weersiens altyd onverwags,
hartrukkend reg, altyd so rég. Totdat tyd, ons beste vriend en grootste
vyand, te veel geraak het, of dalk te min, en elkeen sy rigting elders
gekoers het.
Huwelike, kinders, loopbane, die gang van die lewe. Maar altyd was hy
daar in die verste hoekie van my geheime binnekamers.
Vakansies op Swakop was van toeka vol seer. Dis ons plek, vol van ons
goed, van ons wéés.
Altyd sou ek hom soek, in die grys van die seemis, die deining van die
branders, die sand onder my kaalvoete, die wind teen my gesig. Maar in
my hart het ek lankal geweet, te laat, te laat, te laat, soos die oeroue
ritme van ‘n liefde versaak.
Ons was te jonk, te dom, te swak, om te verstaan, om teë te staan. Want
waar sou ons die reg verdien om te sê: ons is een, al is ons klein in
julle grootmensoë.
Ons liefde was groter as die heelal, ouer as die skepping.
Waarna soek jy, vra hulle. Waarom jaag jy na niks, wil hulle weet.
Sal hulle ooit verstaan? Ek het alles en nog meer. Net soms, soms vang
die alleen my eenkant in my peinshoekie. Konfronteer my met die
rustelose wat nou.
Dan kan ek nie anders as om te beweeg nie, die duine te klim en my
liefde van doer bo uit te skreeu nie. ‘n Vuur te maak en te dans op die
hartseermaat van die te laat-wals nie. Here, gee vanaand vir my lief die
volmaan...
Ons sien mekaar so in die verbyry. Waai en groet, stop, gesels oor hoe
gaan dit en jis, die kinders is darem groot. Groete vir jou beautiful
vrou en sê hi vir jou pa. Lag op die leë vlaktes van die niksseggende,
want wat anders bly oor?
Maaaaaaaa! Skrik terug in die Mole. ‘n Klein ekke kom oor die sand
aangehardloop. Op haar hakke volg ‘n onbekende witkoplat. Kan Stefan my
dryfer leen?
Ek bekyk die twee so oor die opblaas van die dryfer. Klappertand
klonkies, sorgvry, gelukkig, suur gestolde roomysblertse op die neuse,
die bolippe.
En skielik is daar vrede in my hart. Want die lewe is ‘n sirkelgang en
ons almal net toeskouers in die teater van die absurde.
Toe die twee met sandholle weghol, lag ek vir die eerste keer in 25 jaar.
In my hand lê Demetrius se verweerde omkrul vers.
“Dis lekker om te kyk, jou te kyk, want kyk, ék kyk.”
Nou weet julle
hoekom ek so lief is vir Afrikaans, kan mens in enige ander taal met
sulke gevoel skryf? - Peter
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
Melkweg - Dit is
as 'n vrou 'n "Cleavage" het.
Intelligensiemengsel - Dubbel Rum en Coke.
Bekotsenswaardig - As iets regtig sleg is.
Wolfdrol - 'n Lekker woord vir 'n patat.
Melk-en-koekie-doekie - 'n Bikini
Kombikraal - 'n Ander woord vir 'n taxirank.
Flaterwater - 'n Mooi Afrikaanse woorde vir Tip-ex
Plooipleister - 'n Minder mooi woord vir "makeup"
Strikkie griep - MIV/VIGS.
Gemoedsbekakking - Dit is as jy depressief is.
Bergieparfuum - Brandewyn.
Ponkerlong - 'n Ander woord vir liefdemaak.
Doefpoef - 'n Plaas toilet of longdrop.

Suid Afrika se nuutste en
beste soekenjin
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ontvang Dr ST Potgieter se gratis nuusbrief: Verskaf jou besonderhede
deur te klik op die volgende skakel:
http://www.successsecrets.co.za/signup_form.html
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Betaal jy teveel vir motorversekering?
Klik hier vir 'n gratis aanlyn kwotasie!
Al wat jy dan moet doen is om te
besluit wat om met die ekstra geldjie te maak
My vriendin, Anna Eksteen het 'n paar oulike resepte eBoeke
saamgestel.
Die 5 Beste van Alle Suid Afrikaanse Resepte,
The 5 Best of All South African Dishes,
101 Onweerstaanbare Poedings en
101
Kraakvars Slaaie.
NUUT Nou
ook 110 Spyskaarte
Hier is letterlik honderde puik resepte en wat nog meer is, daar is geen
posgeld betrokke nie aangesien hulle afgelaai kan word of per ePos
aangestuur kan word. Klik hier vir meer inligting.
|
En nou, na vele
versoeke, Anna se nuutste boek - "Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna@minimax.cc |
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:
Vir julle wat van die Psalms hou: besoek
gerus my webwerf
http://www.psalms.nl/ met alle
melodieë!
Groete,
Maria Jonsson in Swede
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Die man is lank van die huis weg en hy sluit sy brief aan sy vrou af met
V V V. Sy vra in haar brief wat die V V V beteken. Hy laat weet:
Voëltjie verlang vreeslik. Sy sluit haar volgende brief af met sewe V's:
V V V V V V V.
Wat beteken dit?, vra hy.
Sy antwoord: Voëltjie verlang verniet vreemde voëls vreet vreeslik
Kallie lê een
aand rustig en slaap toe 'n geklop aan die voordeur hom wakker maak. Hy
rol om en kyk na sy wekker: dis half-vier die oggend. Se moer, dink hy,
en slaap verder.
'n Minuut later begin die geklop weer, hierdie keer harder.
"Gaan jy nou oopmaak of nie?" wil sy vrou weet. "As dit so aangaan kry
niemand vanaand slaap nie."
Dus sleep hy homself maar uit die bed uit, af met die trappe, en maak
die deur oop. In die donkerte staan 'n vreemdeling.
"Hello daar!" sê die vreemdeling. "Kan jy kom help stoot?"
"Nee, dis half-vier, ek was aan die slaap. Gaan weg!" brom Kallie en
slaan die deur toe. Terug in die bed wil sy vrou weet wat gebeur het.
"Kallie, jy's 'n vark," sê sy na hy haar vertel het. "Onthou jy daai
keer toe ons kar in die middel van die nag in die reën gaan staan het,
en jy by vreemdelinge vir hulp moes gaan aanklop? Daai ou omie en sy
seun het ons met liefde gehelp. Wat sou gebeur het as hulle jou
weggejaag het?"
Kallie se gewete pla hom nou, so hy staan maar weet op, trek sy kamerjas
en pantoffels aan, en stap af ondertoe. Hy maak die voordeur oop, en
skree: "Haai, moet ek nog help stoot?"
In die verte antwoord 'n stem: "Ja, asseblief!"
Kallie kan die vreemdeling nog steeds nie sien nie. "Waar is jy?"
"Hier na regs, op die swaai!"
|
|
|
Die Resep |
|
Frik Lombaard het
nou die dag by ons kom kuier, hy stuur daarna vir my hierdie resep:
|
|
BROOD
Bestanddele
1 kg Koekmeel
1 Pakkie Droë gis
2 e Olie
2 e Asyn
20 ml Sout
10 ml Suiker
1 l Water
Metode
Meng al die droë bestanddele saam.
Meng die water met die olie en asyn.
Meng nou die water en die meel.
Verdeel nou tussen 2 broodpanne.
Bak teen 180C vir 12 uur. (Sien asb Wenk).
(Seker 1 of 2 uur???-Peter)
Wenk
Die brood kan in 'n koue oond geplaas word, direk na dit gemeng word.
Skakel nou die oond aand. Die brood sal rys.
Indien jou oond vinnig warm word, skakel die oond aan teen sowat 50C.
Plaas die twee broodpannetjies in die oond, totdat die brood gelyk met
die pannetjie gerys het.
Om die brood anders te maak, kan gerasperde kaas, of gekapte sondroog
tamaties oor die brood gestrooi word.
Ek het nou die dag
potbrood gebak,
klik hier om
die resultaat te sien - Peter
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
|
Kontak vir Wia
en Kalie
van Vriende van
Boeremusiek
082 578 8907
of 012 362 7097 of
kalie@telkomsa.net
ofwia@telkomsa.net
of
hoor-nou-net@yahoogroups.com
Boeremusiek Dagboek
Elke laaste Saterdag van die maand vir die res
van die jaar! Manie Erasmus: Dans by
Voortrekker Monument
10 Desember - Vriende van Boeremusiek -
afsluitfunksie vir 2005!
Vir meer inligting, klik
hier
Maak ook
sommer ‘n knoop in die oor vir ons Byeenkomste by die Voortrekker
Monument op 10
Desember 2005…
Wia
Kontabesonderhede:
Posbus 75144
Lynnwoodrif, 0040
Tel: 012 361 7097
082 5788907
E-pos:
wia@telkomsa.net
|
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
TERUGVOER KINDERHUIS SEUNSKAMP
Wat 'n wonderlike voorreg om weereens BAIE DANKIE aan almal te kan sê
wat
gehelp het om hierdie kamp onvergeetlik vir die seuns te maak!
Verskoning omdat ek nog nie vroeër kon terugvoer gee nie.
Die Donderdag aand voor die kamp steek daar 'n storm op en binne minute
hael
dit so erg dat ek benoud was dat die tente dit nie gaan hou nie!
Gelukkig
oorleef die tente dit en toe sak daar 'n bui reën uit 17mm! Ons was so
dankbaar vir die reën want dit is kurkdroog oral waar jy kyk!
Vrydagoggend skyn die son en lyk die hele wêreld sommer pragtig! Ons rol
die
tente se sykante op en die hele kampterrein lyk sommer feestelik! Alles
is
in rep en roer vir die kinders se aankoms! Min weet ons dat die weer ook
weer besig is om sy eie planne te maak!!!! 6 uur begin die wind waai
soos
wat ek nog nooit vantevore beleef het nie! die storm van alle storms!!!
Jy sien net hoe takke en blare en enige iets wat los staan deur die lug
trek! en toe ons weer sien skep die wind die 3e tent en daar lê hy plat
op
grond!. Konsternasie - maar gelukkig het Phil en die werkers vinnig
ingespring en met die spoed van witlig was die tent weer terug op sy
plek -
En net toe ons dink dat alles wat kon skeefloop nou gebeur het tref die
volgende - die krag is af!!! Gelukkig was ons voorbereid en die seuns
arriveer by 'n kampterrein wat lyk soos kersfees!!. Gaslampe, flitse,
vure,
enige iets wat kon ligmaak was ingespan!
Die outjies se ogies het geblink en die opgewondenheid was hoog!. Net
toe
ons almal mooi onder die dakke het - sak die reën uit! Maar glo my niks
kon
hulle geesdrif demp nie! Hulle het gegil en gelag! Uiteindelik kon hulle
begin braai!
Dit was nou vir jou lekker! Die vaardighede en wyshede wat oor die
braaivleisvure gehoor en gesien is, het jou hart geruk. En terwyl ek vir
hulle staan en kyk voel ek hartseer en kwaad dat hierdie outjies nie by
hulle eie ouers kan wees en die seuns nie saam met hulle eie Pa's kan
staan
en vleis braai nie! Hulle het 'n stewige eetlus gehad, daar het nie 'n
krummel kos op die borde oorgebly nie! Na ete het ons hulle toe met
groot
moeite tente toe - slaaptyd!!! "
Saterdagoggend net na 5 uur hoor ons hulle lag en gesêls! Die lug is
oopgetrek en die aarde vars. Omtrent almal is uit die tente - aangetrek
-
en besig om die plaas te verken! Wat 'n lekkerte om buite te staan en te
sien hoe die kinders sorgvry en veilig kan rondharloop en gil!
Eenkant sit 'n klein 7 jarige seuntjie met 'n rondloper hond van een van
die
statte af! Hy hou die hondjie op sy skoot vas en gesêls land en sand met
hom. " Jou naam is nou Felix"! hoor ek hom vir die hond sê! Die hond gee
hom 'n lek oor die gesig en hy lag en lag en lag... dat jy hom wie weet
waar
kan hoor!. en my keel trek heeltemal toe!. Vir die hele dag het die hond
net aan hom behoort!
Nadat hulle ontbyt van "bokspap" ( sommer 4 soorte pap in een bord!)
gehad
het, het die dag se aktiwiteite begin! Boeresport, skyfskiet,
vierwielmotorfiets ens. Maar die lekkerste van alles was kleilat gooi!
Dit
was al wat hulle vir die hele dag wou doen!
Net voor middag ete was daar 'n slang en reptiel demonstrasie en
praatjie en
wou die seuns omtrent stuipe kry oor die luislang! Toe Quites vra of
hulle
weet wat se slang dit is - het die een 7 jarige outjie wat vreeslik sy "rre"
brei, verklaar dat dit 'n "Phantom" is - hy weet want hy het hulle al
baie
gesien!!!" Ons het besluit om hulle die namiddag te los sodat hulle net
kan
speel en "chill" soos die groter seuns sou sê.
Die kleinste outjie in die kinderhuis is maar net 3 jaar oud! Maar het
hy
nou vir jou 'n gladde mond op hom! - te dierbaar. En hy het ewe lekker
saam
met ons gekamp en homself baie goed laat geld tussen die groter kinders.
Wat jou hart geruk het, was om te sien hoe die groter kinders na die
kleintjies omsien! - hulle het die kleintjies opgepas, gehelp om te
stort,
te eet ens.
Eetgoed was volop en heerlik en Saterdag aand moes hulle weer hulle eie
vure
maak en vleis braai! Party kleintjies was so moeg dat hulle sommer op
die
mat aan die slaap geraak het!. 2 Outjies suig vreeslik duim en dit maak
jou
hart seer as jy 'n 7 jarige seuntjie sien wat lê en slaap met sy duimpie
in
sy mond!
Sondagoggend wou niemand opstaan nie (te bang om dalk te vroeg al huis
toe
te moet gaan!) Hulle het lui, lui aangekom vir ontbyt en daarna moes
hulle
begin opruim. Nadat hulle klaar opgepak het, die tente en die terrein
skoongemaak het, het Phil, Danie en Tony hulle verras met 'n heerlike
ontbyt
van Spek, eiers, worsies, broodjies ens.
En toe was dit tyd om huis toe te gaan! - Party outjies het onder by die
damme gaan sit en wou nie ry nie!. Met 'n belofte van nog 'n kamp voor
die
jaar om is het ons hulle sovêr gekry om bus toe te gaan! Die gesiggies
het
darem opgehelder toe hulle heerlike kos en lekkerny pakkies gekry het
vir
die terug rit.
BAIE BAIE BAIE DANKIE!!! weereens. Wanneer ek vir die kinder sit en kyk
en
sien hoe hulle die kampe geniet - wens ek altyd dat die persone wat so
getrou help en bydra om dit vir die kinders moontlik te maak ook daar
kon
wees om dit te sien! Glo my dit word opreg waardeer.
JEUGKAMPE
24- 26 September 2005 Pres Kruger Kinderhuis dogterskamp
28 - 30 Oktober 2005 Danville dogterskamp
25 - 27 November 2005 Danville seunskamp.
Dit is die kampe wat ons beplan vir die res van die jaar. Die kostes sal
weer R250 per kind wees. Ons probeer om gemiddeld 60 kinders op 'n kamp
te
neem indien ons borge vir hulle kan kry.
Hou asb hierdie 4 kampe ingedagte.
Ons kruideniersware insameling is
prioriteit nommer 1 - 10!! Versprei maar die woord na almal en op die
manier kan ons help om die hongerpyne te stil.
Ek is tans nog by die huis en julle is welkom om my enige tyd te skakel
by :
Cell; 082 8282 551 e.pos elecnet@mweb.co.za
Gebruik asb hierdie e.pos adres vir enige korrespondensie.
286 Cliffendale rylaan Faerie Glen.
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode: 251 345
Tjek rek: 62054634128
Verw: Kos
webwerf:
www.danvillehulp.co.za
Gaan loer gerus op die webwerf - die nuutste fotos van die kos insamel
en
verspreiding is daarop onder "Danville Algemeen"
Mooi dag
Elsabe
|
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Kokkerotte - Sit bakkies met
koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens.).
Die kokkerotte eet dit (en dra dit na hul nes toe). Die vog binne hul lywe
maak die koeksoda bruis en laat die kokkerot vrek. Dit voorkom ook dat 'n
volwasse kokkerot eiers le voordat hulle doodgaan.
Werk ook vir MIERE.
|
|
|
Klik
hier vir nog meer
Boererate |
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
LAND, VOLK EN TAAL
Woorde: A.G. VISSER; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: "Finlands Wald"; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1976
Land van die eike met heldergroen lower,
ruisende graanveld en perlende wyn,
waar elke môre met sonnegoud tower,
skitt'rend die Suiderkruis nagliks verskyn.
O, heerlik sonnig Land, aan u gasvrye strand
bring ek die hulde van hart en verstand,
O, heerlik sonnig Land, aan u gasvrye strand
bring ek die hulde van hart en verstand.
Volk uit die helde van eeue gebore,
duldend geen dwingland, gehard in gevaar,
waardig die vaders, die Geus, Hugenote--
wie kan u dade van durf ewenaar?
O, stoere Voorgeslag, aan mannemoed en krag
bring ons nou dankbare hulde vandag,
O, stoere Voorgeslag, aan mannemoed en krag
bring ons nou dankbare hulde vandag.
Taal van my Moeder, geleer as my eie,
staamlend gelispel as kind aan haar knie,
wat ek geglo het, bemin en gely het
ruis in u klanke as 'n soet melodie.
O, dierbaar Moedertaal, as eens my dag ook daal
hoor ek u nog weer vir laas, liefste taal,
O, dierbaar Moedertaal, as eens my dag ook daal
hoor ek u nog weer vir laas, laaste maal.
|
|
|
Dit en dat.... |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit onder aan hierdie bladsy:
|
|