|
 |
|

|
|
Nommer 91 |
DIS mos
Afrikaans! |
14 Junie 2006 |
|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Kan jy 'n lekkerlees
Afrikaanse storie skryf? Iets soortgelyks soos wat Minette en Estelle
hieronder skryf?
Stuur dit vir my aan en ek plaas dit, 'n hele paar honderd
mense kry dit dan te lees en hopelik kry jy ook dan terugvoer. Wie weet,
dit kan die begin wees van 'n roemryke skrywersloopbaan!
Estelle de Bruyn wat
verbonde is aan die Republikein, die enigste Afrikaanse dagblad in
Namibië, het die volgende aan my gestuur. Daardie land lyk tog nou so
mooi na al die reën wat hulle gehad het, gaan maak gerus daar 'n draai
as julle lus voel vir 'n lekker vakansie.
In alle gaval,
Estelle skryf as volg:
Goggas
Estelle de Bruyn
ONS jubbel en jeug
oor die heerlike reën en geniet elke oomblik wat dit sag oor Windhoek
neersif. Maar daar is een ding wat ek nie mooi kleinkry van reën nie.
Dit voel vir my, saam met die mildelike neerslae, reën dit ook gogga's,
want waar anders kom hulle so skielik in hul hordes vandaan?
Dis krieke wat kriek en miere wat by die duisende uit die suikerpot
wriemel, daar's skielik kakkerlakke in elke kas wat jy oopmaak en teen
elke muur is 'n duisendpoot of drie besig om op sy eie slakkepas op te
kruip.
My dierbare vriend, Marc, kom soggens doodmoeg en omge-ellie by die werk
aan. Die rede: hy was skynbaar heelnag uit die slaap gehou deur 'n
enkele verlore kriek wat in sy tuin, net daar naby sy kamervenster kom
nesskop het. Sy eerste probleem is om die swerkater van 'n kriek op te
spoor, want
wanneer hy snags in sy pajamas buite toe sluip om klaar te speel met die
kriek, bly die kriek stil. Sodra hy terug is in sy bed, skree die kriek
weer. Sy voorneme is dus om die kriek in te wag en sodra dié weer sy
voorpootjies teen mekaar begin skuur en sy kriekgeluidjies begin maak,
sal Marc soos die heks van Endor en die besetene van Gedara op hom
neerdaal en uitwis. Sterkte, Marc.
In my eie huis het ek nou die nag deur die slaap badkamer toe toe
gestrompelen die volgende oomblik soos 'n paalspringer in die lug
opgeskiet toe my kaal voet op 'n reuse (dit smaak my meter lange)
duisendpoot trap. Dis sulke tye wat jy bly is dis donker en niemand kon
sien hoe rats en atleties jy jou
40 plus-jarige lyf in die lug kan ingooi nie.
Waar die verspotte klein swart miertjies ook skielik vandaan kom, weet
g'n mens nie. Dis ook nie daardie langbeen bruinerige suikermiere wat ek
ken nie, dis piepklein swartetjies wat in die honde se koekies en die
kat se melkbak, die toe stroopblik in die kas en die suikerpot wat hoog
bo op 'n rak staan, skynbaar oornag hul verskyning maak. Hulle krioel om
die skottelgoed in die wasbak en loop in lang rye teen die mure uit met
hul buit.
En die aaklike kakkerlakke. Moenie vir my sê dis eintlik vreeslike skoon
insekkies nie, want my assosiasie met hulle is dat hulle in vuil
agterstrate in die donker rondloop met hul antenna-agtige voelers in die
lug, op soek na 'n asblik of ashoop of enige iets vuils.
My huis is skoon en Mathilda werk hard om al die kaste gereeld uit te
was, maar na die reën, kan jy maar weet hulle verras jou en uitoorlê jou
met hul alomteenwoordigheid, hetsy in die kombuis of die badkamer.
En dan snags, in die dieptes van remslaap, is daar immer die muskiet wat
soos 'n torpedojaer op jou niksvermoedende slapende gesig afpeil. Maar
hy peil nie net af nie, hy maak eers seker dat jy wakker is deur so
entjie van jou oor af in die lug te briek en te begin zzzzzzz. As jy
geïrriteerd wakker
skrik en met jou arms in die lug begin waai, ritterreer hy tot net buite
jou arms se reiklengte. Sit jy uiteindelik die lig aan, is hy skoonveld.
Hy is 'n uitgeslape kalant, want na jy weer die lig af het, maak hy nie
dadelik sy verskyning nie. Hy wag, geduldig, gedienstig, gedweë in die
donker tot jy
weer insluimer en dan, slaan hy weer toe.
Maar nou ja, as dit die prys is wat ons moet betaal vir die heerlike
reën, dan is dit maar seker so en sal ek dit verduur.
Ons kampeer nogal
gereeld en ek het nou besluit om 'n kampkos resepte eBoek saam te
stel. Maar ek het hulp nodig,
stuur
vir my asseblief van julle lekker kampeer resepte en ek sit
dit saam in een boek. Elkeen wat 'n kampeer resep vir my stuur kry 'n
gratis afskrif van die boek sodra dit gereed is.
Ek het 'n
reisigersforum begin. Enigiemand wat wil gaan rondry of pas teruggekom
het van 'n lekker vakansie kan of 'n vraag vra of van hulle vakansie
vertel,
klik hier en
gaan lees wat ander alreeds geskryf het.
Werk van die
huis - ek is nou al vir 4 jaar op kierieverlof (pensioen) en in
daardie tydperk het ek 'n punt gemaak om in te gaan op maniere om geld
van die huis te verdien. Nie dat ek dit nodig het nie, my pensioen is
oorgenoeg, maar net uit belangstelling. Nog nie iets raakgeloop wat
volgens my kan werk nie. Die punt wat ek probeer maak is dat daar altyd
iets te betale is voor jy die nodige inligting kan kry. daardie
inligting is dan meeste van die tyd waardeloos. Wat ek nog nie
teëgekom het nie is die instansie wat so oortuig is dat hulle produk 'n
sukses is dat jy eers uit jou wins uit vir hulle hoef te betaal! Ek dink
nie daardie dag sal gou aanbreek nie.
Hier is die ideale geskenk vir jou vriende oorsee (en ook plaaslik!),
Boererate (Home Remedies) nou as eBoek, ook in Engels! Ek stuur
dit aan jou per epos en jy stuur dit dan ook per epos, geen duur posgeld
om te betaal nie. Net R75 vir bykans 2000 Boererate. Stuur my
epos vir betalingsbesonderhede.
Die Home Remedies is ook tesame met my Traditional South African Recipes
op CD beskikbaar teen R96 (US$22) posgeld ingesluit. Sttur vir my
epos vir betalingsbesonderhede.
Engelsman (67) in
Londen, (grootgeword in Stellenbosch en kosskool in Wellington) onthou
sy gelukkige jeugjare en wil graag iets teruggee.
As jy Afrikaanssprekend is en Londen toe kom, of inligting benodig oor
Londen wat nie op Google beskikbaar is nie, is hy bereid om probeer
help. Sy naam is Andrew Taylor en sy eposdres is
ampers@gmail.com.
Sy Afrikaans is egter na 52 jaar maar sleg, so in Engels asseblief.

Suid Afrika se Afrikaanse
soekenjin
ePos Vriende - In die ou dae voor die internet het ek vele
penvriende regoor die aardbol gehad. Jy moes weke wag vir 'n antwoord op
jou brief! Vandag, met ePos gaan dinge sommer blitsvinnig! Mens moet
egter in baie gevalle betaal om jou naam op 'n penvriend lys te kry. Ek
glo nie daarin om vir vriendskap te betaal nie, dus gaan ek 'n gratis "ePos
Vriende" afdeling begin. Al wat jy hoef te doen om jou gegewens op die
lys te kry is om
HIER te klik en jou besonderhede in te tik. As jy soek na 'n
vriend, klik
HIER en gaan deur die lys en stuur 'n epos aan iemand met wie
jy wil korrespondeer, so maklik soos dit! Die eerste 20 inskrywings kry
elkeen 'n gratis kopie van my Tradisionele SA Resepte eBoek!
Dis doodmaklik om 'n
kaartjie vir die UK Lotto te koop. Die boerpot is selde minder as R10
miljoen en gereeld naby die R90 miljoen!!
Klik hier en kry jou kaartjie! Jy kan nie wen as jy nie in is
nie!
Boerpotte is gereeld £5 miljoen of meer, dis darem 'n
allemintige klompie Rand!
Ek het nou die dag 4 nommers ingehad, hulle betaal dit sommer aan jou
per tjek in Rand!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Dit
alles begin met ‘n droom
Ek wil vandag vir jou ‘n baie belangrike vraag vra:
Indien jy nie ‘n droom het nie, hoe gaan jy jou drome laat waar word?
Sal jy sal saamstem, dis nogal ‘n vraag. Immers, hoe gaan jou drome waar
word as jy nie drome het nie? Hoe gaan jy jou planne volvoer, indien jy
nie planne het nie? Hoe gaan jy dinge bereik, indien jy nie weet watter
dinge jy wil bereik nie?
Alles begin met ‘n droom.
En ek praat nie van ‘n halfhartige droom nie. Of vae drome wat jy in die
newels van die nagtelike ure gelê en uitdink het nie. Ek praat van ‘n
droom wat jy met jou hart en verstand anker in die diepste diep van jou
siel en menswees. ‘n Droom geskryf in die warm helder sonlig van
realiteit en objektiwiteit. ‘n Droom waaraan jy glo met jou hart en lewe.
Alles begin met ‘n droom.
Wat is ‘n droom? ‘n Droom is ‘n visualisering wat jy wil hê gekombineer
met jou passie daarvoor. Soos ‘n vergrootglas duisend sonstrale opvang
en dit deur die lens konsentreer op een punt, so vang jy menigte
invloede en emosies van baie dinge op om dit deur die lens van jou
menswees op een punt, naamlik “jou droom” te fokus. En daar waar die
sonstrale fokus ontstaan ‘n brandpunt, instaat om ‘n vuur aan te steek.
Is die invloed en strale deur jou lens so gefokus dat dit ‘n brandpunt
van passie vir jou droom laat ontvlam. ‘n Passie wat jou nie met rus sal
laat voordat jy jou droom uitleef en bereik nie. Indien dit nie die
geval is nie, dink weer na oor jou doel en sin van jou lewe, en dit wat
jy nou eintlik wil hê.
‘n Droom bestaan uit twee aspekte / komponente. Die een komponent is om
iets te wil hê. Dit is dinge soos geld, besittings, huis, ‘n motor,
graad of diploma of wat ookal. Die tweede komponent van ‘n droom is iets
wat jy wil doen soos die Comrades te hardloop, Argus te ry, Europa te
toer, Mount Everest uit te klim.
Alles begin met ‘n droom.
Ek nooi jou graag uit om my te vertel van jou droom. Skryf vir my – ons
plaas dit op die webwerf, waar jy dit weer en weer kan lees. Want ‘n
droom weggebêre kan vergete raak in die onderste laai en voor jy jou kom
kry, is tien jaar verby en het jy nooit by jou droom uitgekom nie. Kom
vertel my van jou droom, ek nooi jou uit.
Indien dit moeilik is vir jou, maak ‘n lys van drie dinge wat jy wil hê
of doen en stuur dit vir my. So baie mense praat met jou, oor allerhande
nonsens en dinge, maar vra hulle jou regtig uit na jou droom? Vra hulle
met opregte belangstelling wat jou visie en wense in die lewe is?
Ek stel belang, deel dit met my.
Elke mens het ‘n droom. Jy het ook ‘n droom. Miskien is lê dit versteek,
weggebêre onder die stoflae van daaglike roetine, pligte, aktiwiteite en
derglike afleiers. Miskien het jy vergeet jy het ‘n droom. Haal jou
droom uit, vee die spinnerakke af, blaas die stof af. Die tyd hiervoor
is nou. Haal jou droom uit.
Alles begin met ‘n droom.
‘n Sprankie Wysheid vir die Dag
“Ek het ‘n droom.” – Martin Luther King, Jr..
Hierdie boonste aanhaling en ook betiteling van King se toespraak is
seker een van die beroemdste toesprake van alle tye. Dit kom uit sy “I
Have a Dream”-toespraak, gehou op 28 Augustus 1963 by die Lincoln
Monument in Washington DC
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|
|
|
Webwerf soeklig |
|
Met elke uitgawe
sal ek van nou af die soeklig plaas op 'n webwerf met Afrikaanse
inhoud. Hierdie keer is dit die beurt van:

Dis nou my soort webwerf
hierdie, iets waaroor die meeste van ons net kan droom!
|
|
|
|
My Webwerf se Soekenjin |
|
Vind enigiets op my webwerf, tik 'n sleutelwoord
in die blokkie en Klik. Soek resepte, bestanddele, plekname ens.
Klik op webkaart vir 'n kaart van my webwerf |
|
|
|
|
|
|
'n Tikkie Humor |
|
Die ou tannie in die kerk fluister in haar man se oor: "Ek het 'n lang
sagte poepie gelos, wat moet ek doen?"
Man: "Kry nuwe batterye vir jou gehoortoestel!"
Waar di wyn en
brandewyn in di mens kom, gaat di wysheid uit!
Jonas gaan vir
die hernuwing van sy Swaarvoertuig Bestuurderslisensie.
TOETSBEAMPTE: Goed Jonas, kom ons toets jou algemene kennis. Jy ry teen
'n afdraend af. Voor jou is 'n ander vragmotor, wat jy wil verby gaan.
Wat doen jy ?
JONAS: Is reg, Morena. Ek kyk hom die left mirror, die pad is skoon. Ek
kyk hom die right mirror, die pad is skoon. Ek slaan die indicator, trap
die petrol, kom buitekant, ek gaan verby.
TOETSBEAMPTE: Toe jy nou so besig is om verby te gaan, kom daar 'n ander
vragmotor van voor af. Wat doen jy ?
JONAS : Isnie mulatto nie, Morena. Weer ek check die left mirror, es
skoon, kyk hom die right mirror, es skoon. Sit hom die indicator to the
left, vang bietie briek, dan steek ek die neus agter die ander lorry in.
TOETSBEAMPTE: Raait, maar toe jy nou in die spieel kyk, het 'n ander
trok van agter die gaping toegemaak. Wat maak jy nou ?
JONAS: Dan maak ek mar Piet wakker.
TOETSBEAMPTE : Nou hoekom wil jy vir Piet wakker maak.
JONAS: Au Morena, ek dink nie Piet hy het al so moerse ongeluk gasien
nie.
|
|
|
Die Resep(te) |
|
Vir die volgende paar maande gaan ek resepte hier weergee uit die
verslete ou boek wat Estelle de Bruyn vir my gegee het. Die boek is
verslete met geen buiteblaaie, so ek het geen besonderhede oor die boek
nie, net dat dit geel is van die ouderdom. Direspte hieronder is presies
getik soos dit in die boek verskyn.
|
|
Muisiis in Kool
(hierdie resp is op bladsy 17 van die boek, weet iemand dalk wat die
titel van die boek is?)
Neem koolblarekook
dit op of gooi kokende water daaroor dat dit ferlep worde, haal di harde
stronke daaruit, smeer elke blaar met botter of fet, maak
frikkedelletjiis en bind dit toe met di koolblaar, sit dit in 'n potwat
gesmeer is met vet, maak gaar, skep uit, en maak een van die souse wat
hiir in di boek staan.
Gesmelte
botter sous
1/2 pond botter,
1 dessertlepel meel, knypi sout, 1/2 bottel water, meng die meelen water
mooi glad,sit dit in 'n kastrol, roer daarby di botter en sout, altyd
een maniir omroer, laat dit 'n paar minute kook
Die volgende dis
het ons Bobby se Hoender genoem. Dit was 'n gunsteling van ons
toe ons in Barclays bank se enkelkwartiere in Mahalapye, Botswana gebly
het. Ek sien nou weer die resep op die
Voetspore webwerf, dis basies dieselle as wat Bobby vir ons
gemaak het.
Die doel van ‘n
eenskottelhoender is om alle met eens klaar te maak. Braai ‘n bietjie
uie, en natuurlik knoffel. Sit die ander speserye na smaak by. Bietjie
rissies of kerrie kan nie pla nie. Bruin dan die hoender in die uie
mengsel in ‘n klein bietjie olyfolie. Sny aartappels in kleinerige
stukkies, en voeg dit by. Sommer ook ‘n koppie rys of twee, en genoeg
water vir die rys. Sit nou die deksel op, en wag vir ‘n uur of so
tot alles saam gaar is.
|
|
|
Vriende van Boeremusiek |
Dagsê
Boeremusiekvriende,
Hierdie is net ‘n vriendelike aanmaning dat ek my webblad se adres
verander het na:
http://kalie.boeremusiek.net
Hierdie is ‘n vereenvoudigde adres van die vorige een. Dit is ook
voorsien met ‘n hoofstuk vol konsertina inligting. Daar kom nog ‘n nuwe
gedeelte: Wat is nuut? Waar ek graag die huidige verval in Boeremusiek
wil aanspreek. Die blad behoort teen einde volgende week klaar te wees.
Kyk gerus ook op die blad na puik CD’s wat te koop is!
Nogmaals dankie vir u ondersteuning!!
Boeremusiekgroete,
Kalie de Jager
Tel.: 012 5485654
Faks.: 012 5485654
Sell.: 0825788907
E-pos: kalie@telkomsa.net
Webblad:
http://kalie.boeremusiek.net |
|
|
|
|
|
Die Danville Hulp Groep |
|
.
Vandag skyn die son weer helder vir/oor ons projek - voel amper ek moet
'n donkerbril opsit! BAIE, BAIE DANKIE aan almal wat gehelp het om die
projek weer op spoor te sit. Dankie dat ons weer kos, medisyne en klere
vir ons minderbehoeftige mense kan gee! DANKIE DANKIE!
Die Mathys Roets funksie het goed afgeloop - ek dink daar was ± 200
mense en die vertoning was puik. Ons kon al ons kostes dek en daar was
nog oor vir kruideniersware! = Baie dankie Walda, Ananda en Arina vir
julle harde werk en puik organisasie. Dit het gehelp om die wa deur die
drif te trek verlede naweek.
Die Steve Hofmeyr vertoning was ook 'n groot sukses - Ons het nog nie al
die somme gemaak nie maar ek weet dat daar ook heelwat fondse sal wees
vir kruideniersware ens. Baie dankie aan Wynand en Elvira wat alles
georganiseer het en baie hard gewerk het.
Dit was 'n geseënde week - en vir 'n verandering helder die mense se
gesigte op wanneer hulle my bakkie sien! Die vorige paar weke het dit
maar baie swaar gegaan.
Ons het redelik borge vir komberse gekry en kon nou die meeste mense met
tenminste 1 kombers voorsien (party was baie klein - maar ons sal later
nog uitdeel soos wat dit inkom) Baie dankie ook aan almal wat hiermee
gehelp het.
Ons is besig om die website op te dateer met foto's - gaan loer gerus
daar en sien waar al die donasies heengaan. www.danvillehulp.co.za
Ek moet hierdie met julle deel. Ek kry 'n oproep van 'n man - hy klink
nogal so bietjie streng! Wil weet wat die projek nou doen en so aan. Om
'n lekker lang storie kort te maak sê hy vir my "Ek kry jou netnou by
Trade Centre dan koop ons gou kruideniers" Nou raak dit al te lekker vir
my - as ek kan kos koop is my lewe volmaak! (lekker laf nê) So kry ek
weer 'n oproep waar hy sê "Ek is nou daar - gaan begin solank en laai
die trollie met wat jy nodig het" - Nou kyk as jy dit darem vir enige
vroumens sê waag jy baie - veral vir my !!!
Ek begin toe solank en laai, en laai, en laai. 'n Jong man kom stel hom
voor met nog 'n leë trollie by hom en ons laai! Kyk broers en susters so
lekker het ek nog nooit "geshop" nie!!! en ek dink ook my oë het
lanklaas so geblink. Ons ry uiteindelik daar weg met 2 bakkies vol
kruideniersware en my hart sing "HOW GREAT THOU ART"!!
Weereens aan almal wat gehelp en donasies gemaak het BAIE DANKIE - ek
kan nou nie alles op die e.mails uiteensit nie maar elke donasie is
bitter belangrik en baie, baie welkom!
Onthou asb dat die kos maar gou klaar raak, dit is nie soos klere wat
darem bietjie hou nie - so moet ons aaneen bymekaar maak. Die insameling
kan nie stop omdat ons nou op die oomblik genoeg kos het nie. Die winter
lê nog voor en ons moet voorsorg tref.
Ons medisyne rekening het ook die hoogte in geskiet. Lone moet betaal
word, petrol, telefone en al die gewone uitgawes van so 'n projek.
Dit is belangrik dat ek al die goeie dinge wat met die projek gebeur met
julle deel, sodat julle kan sien dat ek nooit vir hulp sal vra solank as
wat ons kan aangaan en dit wat nodig is het nie. Ek sal net vra wanneer
dit werklik swaar begin gaan!
Bankbesonderhede:
Danville Hulp Projek
FNB - Brooklyn
Takkode:- 251 345
Tjek rek: 620 546 34128
Swiftkode: FIRNZAJJ926
Aflewerings adres:-
286 Cliffendale rylaan
Faerie Glen
Tel 012 991 3914 Sel 082 8282 551
E.pos - elecnet@mweb.co.za
Webwerf: www.danvillehulp.co.za
PS Bel asb voor jy ry |
|
|
Boereraat van die Week |
| !! Ek beveel sterk aan dat 'n apteker of dokter se
raad eers ingewin word voordat veral die medisinale rate gebruik word, ek
kan ongelukking nie verantwoordelikheid aanvaar as iets verkeerd gaan nie,
ek plaas die rate suiwer as interessante inligting. !!
Klik hier vir
inligting oor my Boererate eBoek!
Toe ek in Windhoek by
vriendin Estelle de Bruyn kuier geee sy vir my hierdie stokou en verslete
respteboek, geen buiteblaaie en geel van die ouderdom. Agter in is Boererate,
vir die volgende jaar of so sal ek van hulle hier plaas:
Beroerte: Di sike
mak dagga laat rook; en as hy ni self kan rook ni, dan kan 'n ander die rook
in sy mond inblaas tot syn tong los gaan, dan kan hy self rook
|
|
|
|
Afrikaanse Lied |
Hier is iets nuuts! Iemand wat in Melbourne woonagtig is
stuur vir my nou die dag die skakel na 'n webwerf wat Afrikaanse midi's
op het asook die woorde van 'n hele klomp Afrikaanse volksliedere.
Johann Lochner, die eienaar van die webwerf verleen toe goedgunstiglik
toestemming dat ek van die woorde vir my nuusbrief kan gebruik. As julle
self wil gaan kyk,klik op die skakel:
Ons
Blêrkas van Afrikaanse Volksmusiek |
|
Woorde: G.G. CILLIÉ
Musiek: "Old Folks at Home", STEPHEN C. FOSTER; verwerk: DIRKIE DE
VILLIERS
Daar op ons plasie in die Boland, lieflik en skoon,
daar is die plek van my geboorte, het ek as kind gewoon.
Weereens sien ek in my gedagtes bome in blom,
saans hoor ek nog die diergeluide, skape wat kraal toe kom.
[REFREIN]
Oral waar ek heen mag swerwe, nêrens voel ek tuis.
Waar is 'n mens tog so gelukkig soos by sy ouerhuis?
Heerlik die lente daar as blomme kleurvol verskyn,
oral versprei hul soete geure, helder die sonneskyn.
Saans sak die son daar oor die heuwels, rooi is die lug.
Al's op die werf is so bedrywig, kon ek maar daarheen vlug!
[REFREIN]
Oral waar ek heen mag swerwe, nêrens voel ek tuis.
Waar is 'n mens tog so gelukkig soos by sy ouerhuis?
O, neem my saam oor berge en dale. Ver hier vandaan
staan daardie huis waar ek gewoon het, daar by die eikelaan.
O, kon ek net weer eenmaal daarheen, tuiste van my;
daar maak die vrede my gelukkig, daar wil ek altyd bly.
[REFREIN]
Oral waar ek heen mag swerwe, nêrens voel ek tuis.
Waar is 'n mens tog so gelukkig soos by sy ouerhuis? |
|
|
Snuffelhoekie |
|
Ek versamel yskasmagnete van buite Suid
Afrika,
kontak my
en dan ruil ons uit! |
|
|
|
|
Koop nooit weer 'n
resepteboek nie. Kry 'n CD met 38 resepteboeke op (Engels) vir net R100
- klik hier en kry
ook jou gratis resepteboek |
|
|
|
|
As jy nog nie jou
eksemplaar van my Boererate eBoek gekry het nie,
klik hier vir
meer besonderhede. Gaan kyk ook na my ander
eBoeke |
|
|
|
|
bukhuki
is 'n annerster boekwinkel in Somerset-Wes, Wes-Kaap, met boeke en
verwante produkte gemik op kinders en jongmense tot ongeveer 14 jaar oud.
|
|
|
|
op my webwerf |
|
|
|
|
Hulp met
skooltake??
Klik hier! |
|
|
Teken in op hulle
nuusbrief,
klik hier
en stuur leë epos. |
|
|
|
|
Vakansieverblyf is altyd 'n probleem, dié mense maak dit makliker om te
kry,
klik net hier.
|
|
|
|
|
Soek jy plek om te gaan kampeer?
Klik dan hier!
|
|
|
|
|
Internetbesigheid?
Tuisbesigheid? Al die inligting wat jy benodig op een CD - klik
hier vir besonderhede (Engels) Kry ook jou gratis eBoek |
|
|
|
"Making Diabetic Cooking Easy"
Die boek bevat 177 resepte en kos maar net R65. Vir meer
inligting, kontak Anna by
0822946799 of per epos by
anna_se_kombuis@yahoo.com
Vir nog meer van Anna se resepteboeke,
klik hier |
|
|
|
|
Jy geniet gratis toegang tot internet
bankdienste met 'n bluebean kredietkaart
doen nou aansoek !
|
|
|
|
|
Elkeen van my nuusbriewe bevat 'n goeie Afrikaanse artikel, 'n tikkie
humor, 'n Tradisionele Afrikaanse resep en die woorde van 'n Afrikaanse
lied, gaan kyk gerus in die
Argiewe na vorige
uitgawes |
|
|
|
|
Ek sal enige
konstruktiewe
terugvoer
en/of voorstelle waardeer!. dankie - Peter |
|
|
|
| |
Druk jou speld op my besoekerskaart! |
|
|
Kontak -
Teken in/uit |
Epos:
peter@funkymunky.co.za
Teken in en uit bo aan hierdie bladsy:
|
|