|
Wees gegroet!
Welkom aan alle nuwe
intekenare!
Ek het 'n webbladsy
gemaak wat maklik met 'n selfoon beloer kan word, dis net 'n bietjie
teks so sal maklik aflaai, gaan kyk gerus, ek het dit opdateer:
http://funkymunky.co.za/sel.html
Nog 'n Suidwes nooi
skryf vir ons! Estelle de Bruyn is ook verbonde aan die
Republikein, die enigste
Afrikaanse dagblad in Namibië. Ek het al voorheen van Estelle se
artikels geplaas, so geniet die een ook! Laat gerus vir Estelle weet dat
julle haar artikel gelees het en wat
julle daarvan dink, sy
hoor graag van julle! Rêrig!
Groot gesukkel
OUERSKAP is ’n
wonderlike ding. Om my slaan ek die stelselmatige omwenteling van
kollegas wat onlangs ma of pa geword het, gade met hernude verwondering.
Dis asof daar ’n sagtheid deurskemer, ’n nuwe bewustheid van die wonder
van ’n nuwe lewetjie wat sy intrek in die harde ou wêreld kom neem het.
’n Eerste Kersfees, ’n eerste verjaarsdag, die eerste keer dat jy vir
jou kind ’n olifant in Etosha kan wys en opnuut deur ’n kind se oë die
massiewe ou dier beskou, die liggies aan ’n Kersboom, die genot van ’n
eerste sappige perske in die mond, dit alles word ook vir die nuwe ouer
opnuut ’n belewenis.
Maar kom ek wees maar eerlik. Moederskap kom nie altyd natuurlik nie.
Soos my buurvrou nou die dag tereg opmerk. Party kinders maak ’n mens
groot, en ander sukkel jy groot. Arnold Mol het dit so mooi in die titel
van een sy boeke opgesom: Ouerskap is nie kinderspeletjies nie.
Amen en Sela, is al wat ek hierop kan sê.
Hulle breek jou hart meer keer as wat jy gedink het moontlik is en dan
maak hulle dit weer heel met ’n eenvoudige "mamma, ek is baie lief vir
jou".
Deur die storm en drang van my eie spruite, die trane en die bekommernis,
die nagte wat jy op jou knië bly en hulp en leiding en sommer ook
regstreekse ingryping van Bo in jou kind se lewe afsmeek, is daar niks
so belonend soos wanneer jou grootgesukkelde seunskind, op ’n dag by die
kombuis instap, sy mansmensarms om jou vou en sê "ek het na jou verlang
en net gou kom inpop, my ou klein mammatjie", nie.
As ek soms na hom kyk sien ek die klein blonde seuntjie met die blou oë
wat met blink ogies vertel dat hy ’n girlfriend het. Haar naam kan hy
nie onthou nie, maar sy het pers hare. En jy weet die kind raak
deurmekaar met sy kleure en dat hy nog nie oranje en pers onder die knie
het nie. Met ander woorde die girlfriend met die pers hare is inderdaad
die fraai klein rooikoppie met die sproetjies in sy kleuterskoolklassie.
Jy onthou hoe ontsteld hy was toe ’n maatjie per geluk of per ongeluk ’n
voëltjie met ’n Bibi-gun raakgeskiet het, en die geveerde lyfie uit die
boom getuimel het. Jy onthou die manier waarop hy op en af gespring het
van opgewondenheid as dit tyd word om die Kersfeespersente onder die
boom oop te maak, sy verknogdheid aan die geel beertjie en hoe ’n groot
oomblik dit was toe julle die kantwieletjies van sy eerste fietse
afgeskroef het en sy op twee wiele kon ry.
Maar dan onthou jy ook hoe boosaardig kwaad jy was oor jou kar wat hy
sonder rybewys "geleen" het en in die middel van die nag om ’n lamppaal
loop staan en vou het; die dikbek tienernukkerigheid en die sonde met sy
manierlose pêlle wat jou nooit aanspreek nie, maar bel en vra of hy by
die huis is.
En so groot soos hulle nou al is, voel dit of hulle steeds nie die
nodigheid besef om leë koeldrankglase uit die sitkamer terug te dra
kombuis toe nie, en dat nie nodig is om elke keer wat hulle koeldrank
drink, ’n skoon glas te gebruik nie.
Ek kyk weer op en sien die nuwe mamma's en pappa's op die redaksie met
hulle nasate en die sagte wollerigheid van hul emosies en wens hulle
alles van die beste toe. Met ’n lied in my hart kan ek in opregte
eerlikheid sê dat ek diep dankbaar is, myne is groot, grootgemaak of
groot gesukkel. Die wa is deur die drif. Hopelik. Touch wood.
Potch bly Potch -
teken die petisie
Ekke Leke
Ek lyk leke want eke is leke,
Leke lyk…. proe leke,
Leke proe, smaak leke,
Leke smaak, maak die eet leke,
Leke eet maaki magie leke,
Vol magie, maaki slaap leke,
Lekke slaap maaki droom leke,
Leke droom maaki lewe leke,
Leke lewe maki leker leker…..
……jy maak my leke
Erna Boyder
(epos)
Hou jy daarvan
om te skryf? Wil jy jou werk publiseer? Dis makliker as wat jy dink!
Begin deur jou werk in eBoekformaat te publiseer en dan oor die internet
te verkoop. Die koste is absoluut minimaal en biljoene mense wêreldwyd
het toegang tot jou werk. Stuur net jou skepping in en sit terug, alles
word vir jou gedoen!
Klik
hier vir meer besonderhede!
Ek het 'n
reisigersforum begin. Enigiemand wat wil gaan rondry of pas teruggekom
het van 'n lekker vakansie kan of 'n vraag vra of van hulle vakansie
vertel,
klik hier en
gaan lees wat ander alreeds geskryf het.
Mebos
1.5kg droë appelkooshelftes
kookwater
15ml sout
1.5kg suiker
ekstra suiker
Plaas die appelkooshelftes in 'n groot skottel, bedek dit met kookwater
en laat dit 10 minute lank week. Moet dit nie langer laat lê nie, anders
word dit te pap om mee te werk. Dreineer die appelkose en spoel dit
onder lopende koue water af. Druk dit so droog moontlik met 'n
papierhanddoek. Maak die appelkooshelftes fyn in 'n voedselverwerker, of
maal dit 2 maal deur 'n vleismeul. Voeg die sout by die appelkoospulp en
meng dit goed. Voeg die suiker by die appelkoosmengsel en meng deeglik.
Bedek die bak met 'n lap en laat staan vir 'n uur. Vorm die mengsel in
balletjies, rol dit in die ekstra suiker en druk dit plat. Pak die mebos
in lae in 'n blik met botter of waspapier en 'n lagie suiker tussenin.
Ek luister mos
een Saterdagoggend na Amore Bekker op RSG waar sy 'n onderhoud voer met
Braham van Zyl. Ek kontak hom toe en is nou op sy poslys, hier volg een
van sy vertellings. Kontak hom gerus en vra om op sy poslys te kom. (Eposdres
onderaan die artikel) Hy beoog om 'n gereelde nubrief uit te stuur.
Suid
Afrikaanse agterpad reisnotas - versamel deur Braham van Zyl
NYLSTROOM en ons eie NYLRIVIER, Limpopo Provinsie
Dis vir my eintlik jammer dat Nylstroom se naam na Modimolli verander
is, want die storie oor hoe Nylstroom sy naam gekry het, is so eg Suid-Afrikaans
en sonder politiese verbintenisse dat hy maar sy naam kon behou het.
Heelwat van ons Saterdagoggend RSG luisteraars het inligting oor daardie
geweste aan my gestuur.
Een daarvan is Francois Pretorius wat van Krugersdorp af geskryf het. Hy
vertel dat ‘n groep Voortrekkers, wat as die Jerusalemgangers bekend
was, vanaf die Engels beheerde Kaapkolonie, wat hulle as die land van
slawerny beskou het, na die beloofde land van Kanaän op soek was. Hulle
kom toe by ‘n rivier met ‘n groot vlei en dag toe dat hulle die delta
van Egipte se Nylrivier begreik het, en noem toe daardie rivier terstond
die Nyl.
Deur: deur Braham van Zyl
Posbus 1259, Durbanville, 7551
Faks 021-975-4466
Sel 082-457-0019
Skryf vir Braham
en vra om op sy poslys geplaas te word en ontvang sy reisbeskrywings
direk van hom af!
e-pos : info@explore-sa.com
Laat
jou wildste drome waar word, kry 'n kaartjie in die UK Lottery,
klik net hier
Die boerpot is gereeld om en by £11 miljoen, (
R140,000,000), sjoe, dis darem maar baie nulle!!
Boererate en
Boerekosresepte saam in een eBoek vir net R75. Geen posgeld om te betaal,
stuur dit as 'n geskenk per epos! Twee boeke in een!
Kontak my vir betalingsbesonderhede.
Dis nog steeds
koelerig hier in die aande op die Hoëveld en sop gaan nog steeds baie
lekker af. Hier is'n artikel oor sop deur Lompies Lambaard:
Nou dat die winter op ons is met sy volle mag is daar niks lekkerder op
’n koue aand as ’n warm gebakte brood, met botter en ’n paar koppies
warm sop. Die sop moet natuurlik heeldag staan en stadig stowe. Dit is
wanneer ek sommer alles vergeet en myself so eet dat my maag so
rondstaan soos ’n karakoel skaap se maag.
Sop se geskiedenis trek ook baie lank terug. Sowat 5 000 jaar gelede het
die mense begin om kos warm te hou met kookwater. Dit kon hulle net
regkry met hitte bestande en water digte houers. So as die man moeg
agter die wild aangehardloop het en by die huis aangekom het die warm
stomende kos vir hom gestaan en wag. Dit het nie daar gebly nie.
Mense het agtergekom dat die water met al die kos in aanraking kom en
dan gaarmaak. Hulle het ook agtergekom dat om met water te kook, het
hulle ’n laer kook temperatuur nodig om hulle kos gaar te kry. Maar dit
is nog die einde niet. Hulle het ook agtergekom dat dele van die vleis
wat normaal weg nie gaar gemaak kan word nie, heerlik sag is wanneer dit
lankl gekook word. Al die voedsaamheid van die vleis wat gekook word bly
behoue in die water.
Plantsoorte wat gewoonlik ook nie normaal weg geeet kan word nie, word
ook heerlik sag wanneer dit gekook word. Later het die mense ook
uitgevind dat jy sekere graan soorte in die water kan gooi. Wat dan
gebeur id dat die water dik word. Hierdie kokery het ook natuurlik ’n
hele nuwe smaak sensasie na vore gebring. As die groente en vleis wat
gekook is, kan jy nie indivudieel proe nie, want die bestanddele
“verloor” hulle smaak en kombineer dan om ’n heel nuwe smaak te vorm.
Sop is in Turkye geeet sommer enige tyd van die dag of nag. In die
middel eeue het die mense een bak sop in die middel van die tafel gesit.
Almal het dan die bak geneem en uit die bak gedrink. Die kuns was om nie
te veel te mors as hulle sop drink nie. Daar was ook ’n mense wat sommer
die stukke vleis wat in die sop was met hulle hande uitgehaal en dan
verder gedrink. Gelukkig later het die lepel sy verskyning gemaak.
Die Engele weer het ook sop gemaak, maar meestal was aartappels die hoof
bestanddeel gewees. Hulle het daarvan gehou om hulle sop oor brood te
gooi en dan te eet. Nou wonder ek of ek Engelse bloed in my are het want
ek eet ook graag my sop so.
In
Amerika het die sop maar sy ontstaan van die Engelse resepte afgekry.
Maar daar was baie ander invloede in die Amerikaanse sop geskiedenis.
Die Duitsers het van ’n tipe aartappel. Hulle het ook sop gekook van
skaapkoppe en kalfskoppe. Ek is net bly ek het nie in daardie tyd geleef
nie.
Regoor die wêreld het sop maar aangehou om van krag tot krag te gaan.
Elke land het maar die sop aangepas na hulle eie omstandighede. Die
oumense het mos altyd geglo dat wanneer jy siek is moet jy hoendersop
eet. Dit sal jou glo help om vinniger aan te sterk. Almal het gedink dat
dit ’n ouvrou storie is. Maar so ’n rukkie gelede het wetenskaplikkes
navorsing gedoen oor die hoendersop en agtergekom dat die sop wel iets
in het wat help om jou gouer aan te laat sterk.
ePos Vriende - In die ou dae voor die internet het ek vele
penvriende regoor die aardbol gehad. Jy moes weke wag vir 'n antwoord op
jou brief! Vandag, met ePos gaan dinge sommer blitsvinnig! Mens moet
egter in baie gevalle betaal om jou naam op 'n penvriend lys te kry. Ek
glo nie daarin om vir vriendskap te betaal nie, dus gaan ek 'n gratis "ePos
Vriende" afdeling begin. Al wat jy hoef te doen om jou gegewens op die
lys te kry is om
HIER te klik en jou besonderhede in te tik. As jy soek na 'n
vriend, klik
HIER en gaan deur die lys en stuur 'n epos aan iemand met wie
jy wil korrespondeer,
so maklik soos dit!
st
se pitkos
Klik hier om st
se webwerf te besoek
en om in te teken op sy weeklikse nuusbrief
“Die weeklikse nuusbriewe van Dr Potgieter is my dosis lewens
vitamiene en het weer kleur en motivering vir my lewe gegee” – ‘n leser.
Nog
gevleuelde woorde van ST:
Selfvertroue is moontlik
Dis reg ja! – selfvertroue is moontlik wanneer dit by toesprake kom.
Maar hoe kry ek die nodige selfvertroue wanneer dit kom by toesprake of
praatjies hou? Hier volg enkele wenke:
Een duidelike boodskap: Kry net een enkele boodskap wat jy wil oordra en
bou jou toespraak rondom daardie een gedagte. Baie mense dwaal af op
allerhande paadjies en dit bring net verwarring in hul eie gemoed. Met
ander woorde wees presies in dit wat jy wil oordra aan die gehoor.
“Vervoer in Suid-Afrika” is dalk ‘n te wye veld. Waaroor gaan jy praat?
Die verskillende vervoerstelsels of oor hoe dit ontwikkel het? Gaan jy
praat oor treine, vliegtuie, motors, skepe, trokke of wat? Gaan jy praat
oor die vervoer in watter provinsie? Of hanteer jy die nasionale
begroting vir vervoer? Wanneer jy egter ‘n onderwerp kies soos
“Spitsverkeer in Kaapstad” is jy al reeds meer gefokus. Of ‘n onderwerp
soos “Oplossings vir die stygende petrolprys” is dalk makliker
hanteerbaar.
Ken jou onderwerp: Moenie gaan praat oor dinge waarvan jy weining weet
nie. Praat oor iets wat jou na aan die hart lê. En waar jy nie weet nie,
doen navorsing om die nodige feite, statistieke en inligting te kry.
Wanneer jy praat uit persoonlike kennis en ondervinding is dit soveel
makliker. Wanneer jy elke oggend moet pendel en die frustrasies belewe
van spitsverkeer in Kaapstad is die onderwerp “Spitsverkeer in Kaapstad”
makliker om oor te praat, as wat jy dalk gaan praat oor “Internasionale
regulasies in vraghouer verskeping”. Maak jou praatjie meer persoonlik
en bou jou selfvertroue.
Skryf jou toespraak uit: Veral as jy ‘n beginner is, help dit om jou
toespraak volledig uit te skryf. Dit struktueer jou gedagtes en help met
die logiese vloei van jou toespraak. Nie almal nie, maar daar is selfs
meer gesoute sprekers wat hul toespraak volledig uitskryf. Vir ‘n meer
ervare spreker is dit wel steeds belangrik om die hoofpunte te skryf in
voorbereiding van die praatjie.
Sny groot woorde uit: Haal die groot en ingewikkelde woorde uit jou
toespraak uit. Dit plaas onnodige spanning op jou. Kies vir jou
eenvoudige gemaklike woorde waarmee jy vertroud is. Ingewikkelde woorde
en definisies plaas onnodige spanning op jou. Kies vir jou eenvoudige
gemaklike woorde waarmee jy vertroud is. Jy beïndruk niemand met
grootdoenerigheid nie.
Twyfel, los dit: Wanneer jy iets in jou toespraak wil sit soos
byvoorbeeld ‘n gewaagde grap of ‘n vertelling wat dalk deur die gehoor
verkeerd opgeneem kan word en jy twyfel of jy dit moet insit of nie, is
my raad aan jou: haal dit uit!!
Oefen: Oefen voor ‘n spieël. Ky na jou handbewegings, jou houding en
postuur, hoe jy glimlag. Tweedens oefen jou praatjie voor ‘n klein groep
soos jou gesin of vriende. Derdens sluit aan by ‘n organisasie soos
Toastmasters waar jy geleentheid kry om jou toesprake te oefen en te
verbeter. Oefen, oefen en oefen jou toespraak.
Voorkoms: Of ons dit nou wil weet of nie – jou voorkoms is belangrik vir
selfvertroue. Is jy by ‘n praatjie en jy voel jou kleredrag is nie in
pas nie en jy voel ongemaklik, syfer selfvertroue uit jou soos water
deur ‘n sif. Maak seker vooraf by die mense wat jou uitnooi wat die
kleredrag vir die geleentheid is. Trek eerder ‘n stukkie beter aan en
sorg dat jy op jou beste lyk, as wat jy dalk swakker gekleed is as die
gehoor.
Visualiseer jou sukses: Moenie fokus en heeltyd loop en dink hoe jy gaan
stamel nie of waar jy gaan vashaak nie. Raai wat? – fokus jy op slegte
dinge wat kan gebeur, gaan dit gebeur. Visualiseer eerder hoe jy met
selfvertroue na vore loop, hoe jy stelling inneem, hoe jy met gemak en
sukses praat, hoe die gehoor jou applous gee.
Daar is sekerlik meer wenke en idees oor selfvertroue wanneer dit by
praatjies en toesprake kom, maar ek is seker dat bostaande wenke sal
help om selfvertroue by jou as spreker te kweek.
n Sprankie wysheid vir die dag
“Moed is nie die afwesigheid van vrees nie; moed is om bang te wees en
tog voort te gaan.” - Pericles
Dr ST Potgieter
Tel: 021 949 5007
Sel: 083 227 3683
Epos:
st@pitkos.co.za
|